theewaterskloof gazette 15 jan 2013

8
Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier Year 3 • Tuesday 15 January 2013 | Tel. 028 214 1294 LICENSED BY THE WESTERN CAPE GAMBLING AND RACING BOARD. NO PERSON UNDER 18 YEARS ALLOWED IN THE CASINO. WINNERS KNOW WHEN TO STOP. NATIONAL RESPONSIBLE GAMBLING PROGRAMME PHONE 0800 006 008 TOLL-FREE. 028 214 5100 | www.thecaledon.co.za Competition rules available on www.thecaledon.co.za or the casino club desk. Terms and conditions apply. in cash & casino Extra Credits exclusive to club card members Wanneer gaan dit eindig? ANNETTE THERON Besigheidseienaars op Villiersdorp het gis- ter hul deure gesluit gehou nadat gerugte die ronde begin doen het dat betogers nou groot besighede wil teiken. Teen druktyd gister is Protea Drankwinkel kort tevore geplunder. Ao. Sylvester de Long van die polisie op Vil- liersdorp sê kleiner ondernemings was oop, maar die groter winkels het nie oopgemaak nie. Hy sê sowat 500 betogers, waarvan sowat 300 nie vir hom plaaslik gelyk het nie, het in Buite- kantstraat byeengekom klein groepies reeds van 04:00 af begin saamdrom het. “Die gerugte wat die ronde doen is dat die betogers die groot winkels wil plunder. Verskeie kleiner handelaars is oop, maar die groter besighede is gesluit.” Die polisie het ’n skare wat Protea Drankwinkel geplunder het, met rubberkoeëls uitmekaargejaag. Plaaswerkerstakings het verlede week weer hervat ná ’n opskorting sedert Desember, en Villiersdorp en Grabouw bly brandpunte ter- wyl boere en werkers op ’n dooiepunt bly en die stakings voortsleep. De Long sê verlede week se protes het onder meer gepaard gegaan met boomstompe, buite- bande en selfs ’n stuk veld wat aan die brand gesteek en verskeie paaie wat versper is. ’n Groot groep betogers het ook Donderdag die polisie met klippe bestook. Die polisie het skokgranate en rubberkoeëls gebruik om die ongeveer 300 betogers uiteen te jaag. De Long sê van die boere het die polisie die nag gehelp om die dorpsgebied te patrolleer aangesien daar gerugte was dat die pakstore Betko and Arbeidsvreugd afgebrand sou word. De Long sê al die ligte in Buitekantstraat is uitgegooi en duisende rande se skade aan paaie aangerig. Die onrus in Goniwepark duur voort. Lt. Raldeen Atson van die Grabouw-polisie het gister gesê verskeie paaie in die woonge- bied in Pineview is met brandende buitebande en klippe versper. “Daar is baie minder mense as verlede week wat vandag staak.” Groot skade is verlede week op die dorp aan- gerig. Chep in die nywerheidsgebied, wat krat- te vir die landbou vervaardig, het skade gely toe betogers hul kratte aan die brand gesteek het. Voertuie op die N2 is Woensdag met klippe bestook en die U-Save in Pineview is geplunder en die buitedeure afgebreek. Spaza-winkels in Pineview is ook geplunder. Volgens Atson is die betogers almal plaaslik. Nadat Marius Fransman, provinsiale leier van die ANC, verlede week ’n beroep op unies gedoen het om die stakings te beëindig en ’n vreedsame oplossing te soek, het Manie Da- mon, voorsitter van die ANC in die Overberg, gesê “die ANC ondersteun die feit dat daar pro- bleme is, dat mense te min geld verdien en dat die omstandighede op sekere plase nie na wen- se is nie, maar ons voel ook dat mense na die onderhandelingstafel moet kom”. Volgens Damon kan die ANC nie die staking stopsit nie. Dít die unies se verantwoordelik- heid. Daar is sprake dat die staking kan verer- ger. Tony Ehrenreich, Cosatu se Wes-Kaapse sekretaris, sê betogers het ander werkers in die landbousektor gisteroggend (Maandag) aange- moedig om by die staking aan te sluit. Nosey Pieterse, leier van Bawusa, het aan die Gazette gesê die versoek van die ANC is on- moontlik, omdat geen ooreenkoms bereik is nie. Ehrenreich sê werkers sal terugkeer as boere tot verhoogde daglone instem. “Ons vra ook dat die regering kom ingryp sodat stakings vreedsaam kan plaasvind,” aldus Ehrenreich. Die departement van arbeid en ander rolspe- lers is tans besig met ’n sektorale vasstellings- proses wat ’n nuwe minimumloon vir die land- boubedryf sal vasstel. Enige nuwe loon sal op 1 April in werking kan tree. Maar terwyl werkers eis dat ’n hoër mini- mumloon dadelik van krag moet wees, duur stakings voort. Polisiebeamptes hou ’n wakende oog oor betogers in Villiersdorp, waar geweld en plundering sedert verlede week voorkom. FOTO: VERSKAF

Upload: boland-gazette

Post on 10-Mar-2016

285 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Theewaterskloof Gazette 15 Jan 2013

TRANSCRIPT

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 3 • Tuesday 15 January 2013 | Tel. 028 214 1294

LICENSED BY THE WESTERN CAPE GAMBLING AND RACING BOARD. NO PERSON UNDER 18 YEARS ALLOWED IN THE CASINO. WINNERS KNOW WHEN TO STOP.NATIONAL RESPONSIBLE GAMBLING PROGRAMME PHONE 0800 006 008 TOLL-FREE.

028 214 5100 | www.thecaledon.co.za

Competition rules available on www.thecaledon.co.zaor the casino club desk.

Terms and conditions apply.

STAND A CHANCE TOSTAND A CHANCE TOSTAND A CHANCE TOWIN YOUR SHARE OF OVERWIN YOUR SHARE OF OVERWIN YOUR SHARE OF OVER

in cash & casino Extra Credits

11 JAN - 29 MAR 201311 JAN - 29 MAR 201311 JAN - 29 MAR 2013

exclusive to club card members

Wanneer gaan dit eindig?ANNETTE THERON

Besigheidseienaars opVilliersdorphet gis-ter hul deure gesluit gehou nadat gerugtedie ronde begin doen het dat betogers nougroot besighede wil teiken. Teen druktydgister is Protea Drankwinkel kort tevoregeplunder.

Ao. Sylvester de Long van die polisie op Vil-liersdorp sê kleiner ondernemings was oop,maardiegroterwinkelshetnieoopgemaaknie.Hy sê sowat 500 betogers, waarvan sowat 300nie vir homplaaslik gelykhet nie, het inBuite-kantstraat byeengekom ná klein groepiesreeds van 04:00 af begin saamdrom het. “Diegerugte wat die ronde doen is dat die betogersdiegrootwinkelswilplunder.Verskeiekleinerhandelaars is oop, maar die groter besighedeis gesluit.” Die polisie het ’n skare wat ProteaDrankwinkel geplunderhet,met rubberkoeëlsuitmekaargejaag.

Plaaswerkerstakings het verlede week weerhervat ná ’n opskorting sedert Desember, enVilliersdorp en Grabouw bly brandpunte ter-wyl boere en werkers op ’n dooiepunt bly endie stakings voortsleep.De Long sê verlede week se protes het onder

meer gepaard gegaan met boomstompe, buite-bande en selfs ’n stuk veld wat aan die brandgesteek en verskeie paaie wat versper is.’n Groot groep betogers het ook Donderdag

die polisie met klippe bestook. Die polisie hetskokgranate en rubberkoeëls gebruik om dieongeveer 300 betogers uiteen te jaag. De Longsê van die boere het die polisie die nag gehelpom die dorpsgebied te patrolleer aangesiendaar gerugte was dat die pakstore Betko andArbeidsvreugd afgebrand sou word.De Long sê al die ligte in Buitekantstraat is

uitgegooi enduisenderandeseskadeaanpaaieaangerig.DieonrusinGoniweparkduurvoort.Lt. Raldeen Atson van die Grabouw-polisie

het gister gesê verskeie paaie in die woonge-

bied in Pineview ismet brandende buitebandeen klippe versper. “Daar is baiemindermenseas verlede week wat vandag staak.”Groot skade is verlede week op die dorp aan-

gerig. Chep in die nywerheidsgebied,wat krat-te vir die landbou vervaardig, het skade gelytoe betogers hul kratte aan die brand gesteekhet. Voertuie op dieN2 isWoensdagmet klippebestookendieU-Save inPineviewisgeplunderen die buitedeure afgebreek. Spaza-winkels inPineview is ook geplunder. Volgens Atson isdie betogers almal plaaslik.Nadat Marius Fransman, provinsiale leier

van die ANC, verlede week ’n beroep op uniesgedoen het om die stakings te beëindig en ’nvreedsame oplossing te soek, het Manie Da-mon, voorsitter van die ANC in die Overberg,gesê “dieANCondersteundie feit dat daar pro-bleme is, dat mense te min geld verdien en datdie omstandighede op sekere plase nie nawen-se is nie, maar ons voel ook dat mense na dieonderhandelingstafel moet kom”.

Volgens Damon kan die ANCnie die stakingstopsit nie. Dít die unies se verantwoordelik-heid. Daar is sprake dat die staking kan verer-ger. Tony Ehrenreich, Cosatu se Wes-Kaapsesekretaris, sêbetogershetanderwerkers indielandbousektor gisteroggend (Maandag) aange-moedig om by die staking aan te sluit.NoseyPieterse, leiervanBawusa,hetaandie

Gazette gesê die versoek van die ANC is on-moontlik, omdat geen ooreenkoms bereik isnie. Ehrenreich sê werkers sal terugkeer asboere tot verhoogde daglone instem. “Ons vraookdatdie regeringkomingryp sodat stakingsvreedsaam kan plaasvind,” aldus Ehrenreich.Die departement van arbeid en ander rolspe-

lers is tans besig met ’n sektorale vasstellings-proseswat ’n nuweminimumloon vir die land-boubedryf sal vasstel. Enige nuwe loon sal op1 April in werking kan tree.Maar terwyl werkers eis dat ’n hoër mini-

mumloon dadelik van krag moet wees, duurstakings voort.

Polisiebeamptes hou ’n wakende oog oor betogers in Villiersdorp, waar geweld en plundering sedert verlede week voorkom. FOTO: VERSKAF

Theewaterskloof Gazette General - Algemeen Tuesday 15 January 20132

19 & 20 January 2013)ClassicCarandBikeShow.Forfurtherinfor-mation contact Jo Huysamen on 021 797 2582,[email protected] or 082 518 3932. Also seewww.classiccarandbikeshow.co.za.

) Die jaarlike Kansa Relay for Life vind op23 en 24 Februarie by Hoërskool Overberg sesportterrein plaas. Die organiseerders be-plan vanjaar ’n talentkompetisie met grootpryse. Die eerste prys is R1 000, die tweedeprys R300 en die derde prys R200. Al wat jynodig het om deel te neem, is ’n begeleiding-snit op CD of ’nmusiekinstrument. Bel gerusvir JacquesUngerer by 084 688 9295 vir verde-re besonderhede.Die sluitingsdatum is 16Fe-bruarie.

) As of 14 January The Shuntin’ Shed inBot Riverwill only be open for lunch and din-ner on Friday, Saturday and Sundays. Book-ings are always advisable on 028 284 9443.Theywill however open at any time for tablesof ten or more.

) The Big Blues music festival in Klein-mond on 1 and 2 March is a unique eventowned and coordinated by the Hangklip-Kleinmond Tourism Bureau, with the aim ofpromoting their beautiful coast. General fes-tival facilities include a 1 050 m² marquee forshade, safe parking, a buddy bus to get yousafely home, a kiddies club, accommodationspecials, shops, galleries and restaurants inthe trendy Kleinmond Harbour Road. Thefull main stage line-up is available onwww.bigblues.co.za. Ticket prices vary fromR130 to R250 per person and are availablefrom Computicket.

Caledon skud vere reg vir RomanzRomanz besoek Caledon vir ’ntweede keer binne twee jaar op 7Februarie. Ná verskeie navraehet Stephanie Visser besluit omdie groep weer te nooi ten batevan ’n fondsinsamelingsprojekvir die NG Moedergemeente inCaledon. “Die groep sal weer indie kerk optree,” sê Stephanie,want dit verleen ’n besondere at-mosfeer aan die geleentheid.

Nadat Romanz in 2011 in Caledongekuier het, het ’n lid vandie groep,LouisLoock,besluit om ’nsolo-loop-baan te volg enChristopher-LeeVil-joen het aangesluit. Hul platemaat-skappy, Select, kan met groot trotsvan hulle sukses getuig.

Die vier jongmanne het reeds ’npaar keer oorsee gaan draai en tus-sen al hul optredes in Suid-Afrikahet hulle hul nuutste CD, Hou Vas,opgeneem.VolgensStephaniehetAndréVen-

ter van Romanz gesê hulle sien ge-weldig daarna uit om weer in Cale-don op te tree. “Hy sê dat hulle nooitdie oorweldigende ontvangs in diekerk sal vergeet nie.”Stephanie nooi Caledon en die he-

le Overberg uit na hierdie spogge-leentheid. Kaartjies is teen R100 perpersoon beskikbaar by die VensterApteek in Caledon en enige navraekan gerigword aanEsné Coetzee by028 2121202 of Stephanie Visser by082 921 4971. Romanz kom kuier weer op 7 Februarie.

Jonges verdwaal ná uitstappie in bergOp Sondagnag (6 Januarie) het 14jongmense ’n nag in die Sonderend-berge in Riviersonderend deurge-bring nadat hulle verdwaal het.Die groep het Sondagmiddag om-

streeks 14:00 by die Poort naby Oli-fantsbosgaanswementoebesluitomop ’n uitstappie in die Sonderendber-ge te gaan.Volgens JohanPhilander,die pa van die 16-jarige Dudley, hetdie groep jongmense in ’n grot gaansit en gesels en toe hulle buitentoegaan, was dit reeds donker.Ao. Gerhard Mars van die Rivier-

sonderend-polisie sêhulle is om23:00uitgeroepomnadie jeugdiges tegaansoek.Mars,ennog’n polisiebeampte,vier EMS-reddingswerkers en die ei-

enaar vandie plaas het nahulle gaansoek.“Onshetperselfoonkontakmethulle gehad en hulle het verduidelikwaarhulle is.Toeonsdiepuntbereikwat hulle aan ons verduidelik het,washulleniemeerdaarnie,wanthul-le was glo bang vir bobbejane wat indie omgewing was. Hul selfoonbatte-rye het ook pap geraak en ons het toeallekommunikasieverloorenbesluitom terug te keer en die helikopter tekry om na hulle te soek.”DiehelikopterhetMaandagoggend

omstreeks 08:20 die jongmense ge-waar en in groepe van drie terugge-bring na die rugbyveld in Rivierson-derend. “Niemand is beseer nie,” sêMars. Die jongmense het aan hom

vertel dat dit maar koud was in dieberge, enhulle styf teenmekaargesiten probeer slaap het.

Philander sê hullewas erg emosio-neel toe hulle die tyding kry dat hulseunverdwaalhet.“Hullegaanswemgewoonlik in die Poort, so vier kilo-meter buite die dorp, maar dié keerhet hulle besluit hulle gaan van diePoort af op ’n uitstappie.” Hy sê hyisverligdatsyseunongedeerdenvei-lig teruggekeerhethuis toe. “Ekdinkhulle het almal ’n groot les geleer.”

Mars wil graag alle jongmensewaarsku om nie alleen in die berg tegaan stap nie, en om te alle tye hullefamilie in kennis te stel as hulle welbesluit om te gaan stap.

The McLaren Circus iscoming to Caledon onMonday 28 and Tues-day 29 January. Twolucky readers standthe chance to win twodouble tickets to seethe trapeze artists,clowns and beautifulperforming animals.This is a show for thewhole family. The tick-et office will be openon showdays at10:00. For bookingsand enquiries, call0827475726. Toen-ter our competitionsimply answer thiseasy question andSMS your reply to33675before21 Jan-uary. SMS costsR1,50. “What is thename of the circuscoming to Caledon?”

NOBEL WINNERS EXHIBITION: The Caledon Museum is hosting a tempo-rary exhibition of South Africa’s four Nobel Peace Prize laureates. Theprize, which is referred to as “the world’s most prestigious prize”, hasbeen awarded to Albert Luthuli, Desmond Tutu, FW de Klerk and NelsonMandela, for the significant role that they played in South Africa’s history.The exhibition is on display at the museum at 11 Constitution Streetuntil the end of March. The museum is open on week days from 09:00to 16:00. For further enquiries: 028 212 1511.

Dieresorgsoek nadonasiesCaledon Dieresorgse snuffelwinkel inDonkinstraat langsKontrei Printing,is dringend op soekna enige donasies.Enige items is wel-kom– van die klein-ste glasie tot diegrootste houtraam-deur. Dieresorg be-dank gereelde do-nateurs. Donasiesvan enige aard iswelkom. Alle winsword in die ge-meenskap terugge-ploeg om weerloseen mishandeldediere ’n tweedekans op ’n beter le-we te gee.

Theewaterskloof GazetteNews - NuusTuesday 15 January 2013 3

Overberg se graad 12’sderde beste in W-KaapDie Overberg se matriekslaagsyfer van 2012 isdie derde beste in die Wes-Kaap.

Tog het dié distrik se slaagsyfer volgens BertramLoriston, direkteur van die Overberg-onderwysdis-trik, van 87,1% in 2011 met 1,3% tot 85,8% gedaal.“Ons slaagsyfer is steeds beter as die provinsiale

gemiddeld van 82,8% en ons mikpunt vir 2013 is om’n90%-slaagsyfertebehaal.Daarisgeenonderpreste-rende skole in ons distrik nie en dit word toegeskryfaan die insette en intervensies van ons skoolhoofde,onderwysers en distriksamptenare. Daar is goeie sa-mewerking tussen hierdie rolspelers.”In Bredasdorp was die slaagsyfer by Albert My-burgh Senior Sekondêr 60% en 99% by HoërskoolBredasdorp 99%. Op Caledon het Hoërskool Over-berg 96,8% behaal en Swartberg Sekondêr 66,2%.Hoërskool De Villiers Graaff in Villiersdorp se syferis 100% en Villiersdorp Senior Sekondêr s’n 78,1%.HoërskoolRiviersonderendhet ’n96%-slaagsyferbe-haal. In Grabouw het Hoërskool Grabouw 100% ge-kry,GroenbergSeniorSekondêr 81,9%enHoërskoolUmyezo Wama Apile 76,9%.Die hoogste punt in die distrik is behaal deur NitaWiegman van Hoërskool Hermanus, wat aangewys

is as die topkandidaat in dieWes-Kaap. Sy het ondermeer 100% vir wiskunde behaal.“Tweevanons leerlingeverbondeaanQhayiyaSe-

nior Sekondêr in Hermanus het ten spyte van hulsosiale uitdagings baie goed presteer en verskeieA-simbole behaal.” Agt van die 17 leerlinge wat deelwas van die Universiteit van Stellenbosch se Hoop-projek, het beurse verwerf om daar te gaan studeer.Loristonsê ’nprioriteitvir2013gaanweesomweer

temikvirdieeersteposisie. “Volgensdie2011-uitslaewas die Overberg-onderwysdistrik die topdistrik indieWes-Kaap en beklee ons tans die derde plek. Onsintervensiesvir2013saldaaropgeskoeiweesomweerdie nommer een-posisie te beklee.”Hy sê die distrikkantoor gaan elke skool onder-

steun volgens sy spesifieke behoeftes en areas vanontwikkeling, gebaseer op die distrikkantoor en dieskool se ontleding van die uitslae. “Ons voorspel datons leerlingtalvirdiegraad12-klasvan2013salgroei,wat daarop dui dat meer van ons leerlinge graad 12bereik. Een van die kwaliteitsaanduidings wat onsgaannastreef, is ommeer leerlinge teondersteunomte kwalifiseer vir B-graad-toelatings. Alle skole is ge-reed vir die akademiese jaar wat voorlê en sal ookhul eie prestasieteikens vir 2013 stel.”

Kampeerders beroof in Greyton-parkToe Sandra Cupido van Steenberg in Kaap-stad saammet haar verloofde en sy familiein Greyton gaan kamp opslaan het, het synie geweet hulle sou die slagoffers vanmis-daad word nie.Hulle het op Kersdag by die Silky Oaks-karavaanpark gaan kamp opslaan.Sandra sê hulle het laterig, omstreeks19:00, op Greyton aangekom en namidder-nag eers gaan slaap.Omtrent 03:00 die volgende oggend, toe

een van die vroue wakker word om badka-mer toe te gaan, het sy gemerk die een bak-kie staan oop. Sy het haar medekampeer-

ders wakker gemaak en dit is toe dat hullebesef hulle is van al hul waardevolle itemsberoof – onder meer Cupido se handsakmet haar beursie, kredietkaarte en kon-tant, haar vriend se beursie, twee Nokia-selfone, twee Glider-sonbrille, en tweedagboeke van Cupido wat sy in haar werkgebruik en baie nodig het. Hul klere, skoe-ne en ’n rottang-piekniekmandjie met alhul kos en kampbenodigdhede was ookweg. Die waarde van die gesteelde itemsword deur die polisie op R11 000 geraam.Volgens Cupido het die polisie hulle ge-

rusgestel dat wie ookal dit gedoen het, vin-

nig opgespoor en gevang sal word aange-sien daar nog soortgelyke voorvalle in dienabye omgewing plaasgevind het.Hulle hoop om die meeste van hul waar-

devolle items terug te kry en is bereid om’n beloning te gee aan enigiemandwat vanhul itemskan terugbesorg. Sandrahet ver-al ook haar kosbare dagboeke nodig metal haar belangrike afsprake in.Kapt. Gustav Tamboer, stasiebevelvoer-

der op Genadendal, het by navraag gesêdatniemandnog inhegtenis geneemisnie.Cupido kan by 082 395 8139 gebel word

met inligting.

NOG ONTEVREDENES: Sowat 300 betogers het Vrydagoggend (11 Januarie) in Rivier-sonderend se hoofstraat betoog oor behuising. ’n Memorandum met griewe is aan ’nverteenwoordiger van die Theewaterskloof-munisipaliteit oorhandig. FOTO: VERSKAF

Tweeling (2 jaar) op Caledon vermoorANNETTE THERON

Diemoord op ’n jong tweeling vanCaledon hetin Desember skokgolwe deur die gemeenskapgestuur.Lt. Cryil Coetzee van die Caledon-polisie sêdie tweejarige tweeling, Rainetha en RaineciaNeelse, is op 14 Desember met ’n mes doodge-steek nadat hul ma se vriend na bewering pro-beer het om haar aan te rand. Sy het haarselfin die badkamer toegesluit voor die tweelingaangerand en vermoor is.Die verdagte is kort ná die voorval in hegte-nis geneem en volgens die polisie was tik globy die voorval betrokke. Diemanhet in die hofverskyn en is steeds in aanhouding. Hy salweer op 18 Januarie in die hof verskyn.

ApostelJacquesBrinkhuysvanNewRevivalin Christ Ministries in Caledon het die begraf-nis vandie tweelingwaargeneem.Hy sê die ge-meenskapisbitteroordiewreedaardigemoordop twee sulke jong kinders.“Waarop ek sterk klem gelê het tydens die

diens, is dat ons as gemeenskap moet saam-staanombooswigteuit onsgemeenskap tekry.Hierdie kinders is dood as gevolg van die in-vloed van tik.“Met sy hofverskyning het ons as gemeen-

skap saamgetrek enmet behulp van die polisieis een tikhandelaar uit hul huis gesit. Daar isna bewering nog huise vanwaar dwelms ver-koop word en as gemeenskap gaan ons saam-staan sodat hierdie euwel uit ons gemeenskapuitgeroei kan word,” het Brinkhuys gesê.

VolgensCoetzeewas daarminvoorvalle vanmisdaad op Caledon tydens die feesseisoen.Opanderdorpe indie omgewinghet ookmin

voorvalle van misdaad plaasgevind. Volgensao. Kevin Abrahams van die Botrivier-polisiewas daar een verkragting net ná Nuwejaar eneen inbraak by ’n huis. “Die area was rustig.”Lt. Pieter du Toit van die Riviersonderend-

polisiesêhullewasweerbedrywigmetinbrakewat toegeneem het. “Veediefstal was ook rede-lik hoog, maar verder was dit redelik stil.”Ao. Sylvester de Long van die Villiersdorp-

polisie sê een moord en een verkragting is ty-dens die feesseisoen aangemeld.Lt. Raldeen Atson van die Grabouw-polisie

sê daar was een moord tydens die feesseisoen.Verder was dit stil wat misdaad betref.

Theewaterskloof Gazette Leader - Hoofartikel Tuesday 15 January 20134

Werklik getoets?“Moenie jou matriekpunte te ernstig opneemnie; jy sal teleurgesteld wees.” Harde woordevan prof. Jonathan Jansen van die Universiteitvan die Vrystaat, maar ’n nugter waarskuwingaan matrikulante en ouers.

Hy is, per slot van sake, nie die enigste eenwat skepties is oor die matriekuitslae van van-dag nie. Die lae standaarde gaan nie ons jong-mense op die lange duur help nie. Dit gaan ooknie ons land op die lange duur help nie.

Dit is ooglopend dat ’n beter manier nodigis om alle matrieks te toets – nie net dié watgetoetsworddeuruniversiteiteenwerkgewerswat twyfel of die senior sertifikaat hul werkli-ke vermoëns weerspieël nie. Solank die huidi-ge situasie nie verander nie, bedrieg ons ons-self en loop ons ons kinders in.

Met dié boodskap wil ons nie afbreuk doenaan die vreugde van matrieks en ouers wat in2012 hard gewerk het nie; ons wil net prof. Jan-sen se woorde beaam wanneer hy sê: “Wees ge-lukkig met jou kind se toppunte op skool, maarhou hulle voete op die grond.”

Moeë 2012 groetMoeë 2012 groet2012 het op haar rug gaan lê,na die maan en sterre gekyk en gesê:“Ek is moeg, ek is gedaan,laat alles nou tot ’n einde kom,laat die sirkus maar nou verbygaan.My vingers is stomp,my arms lomp,my rug krom,my bene lam,my oë tam.”Sy het haar oë toegemaaken stilletjies aan die slaap geraak.

GRAHAM HENDRICKS, Caledon

Dankie vir vreedsame oordra van grieweDankie vir vreedsame oordra van grieweOns lees en sien nou al ’n geruime tyd in die koe-rante en op die nuus hoe die optogte handuit rukin verskillende dorpe om ons. In plekke soosSwellendam ,Grabouw, De Doorns, waar besig-heidseienaars niks met die oorsprong van dieoptogte te doen gehad het nie, het hulle skadeaan eiendom gehad, hul besighede verloor endaar was selfs lewensverlies. Ons het op 24 No-vember op Caledon ook so ’n oorhandiging van

klagtes aan die dorpsbestuur gehad. Hiermeewilonsasbesigheidseienaarsdiesakekamerbe-dank vir hul onderhandelings met die betrokkepartye, die polisie vir hul bystand en optrede,en aan almal wat bygedra het tot die vreedsameafloop van die verrigtinge. Ook die gebede watopgedra is van almal. Ons opregte dank. Groete.MANDI’S LIQUORS, 7 ELEVEN, BEE-HIVE EN WONDER

LAND, STEVEN EN ENGELA GERMISHUYS, Caledon

Vererf vaders se swakhede aan nasate tot in lengte van dae?Ek kry onlangs twee skilpaaie langs diepad – een regop, een op sy rug. Dis weerpaartyd en wyfies skynbaar steeds skaarsen onwillig. Mnr. Regop het die ander vryermet sy ploegskaar omgedop en was nouhaastig op pad om die dames daarbuite mi-nus minstens een konkurrent aan te durf.

Sonder om daaroor te dink, help ek dieonderstebo ou op die been, en weg is hy teendie spoed van warm heuning, neus in diewind.

Wonder toe skielik oor die wysheid vanmy weldaad – het ek nie nou die ordelikeverloop van sake belemmer deur die swak-ker mannetjie weer terug in die geenpoelte plaas nie?

Ek dink toe ook aan daardie professoralefilosoof op Maties, die ou wat ’n ruk terug’n hou in die gesig gekry het (meer oor sygesig as oor sy filosofie, sou ek skat) en wathom baie besig hou met mediese etiek, ver-al die hoe, indien wel en wanneer van diegenadedood.

Die hele kwessie van gesonde gene boei

my steeds. Tot so drie geslagte terug hetdie meeste mense sonder mediese hulp oordie weg gekom. Daar was natuurlik lankal vroedvroue en sjirurgyne om handjie byte sit, maar daar het dit omtrent geëindig.

My oumas se geslag het stokoud geword,maar dan moet dit bygevoeg word dat hulledie oorlewendes was uit groot gesinne waarsoms tot ’n derde van die babas nie hulletweede lewensjaar gehaal het nie.

Dié wat oorgebly het, was taai en kon(soos my ma en my ouma) sonder mediesehulp met gemak 90 haal.

Die ander verskynsel wat hom wêreld-wyd sigbaar maak, is dat vigs sy epidemie-se afmetings verloor en nou vanself aan dieafneem is. Hoekom sou dit so wees?

In die Middeleeue was daar die builepes,wat twee of drie keer tot ’n derde van Euro-pa se bevolking uitgewis het, maar danweer binne een geslag verdwyn het. Dieoorlewendes was almal dié wat natuurlikweerstandig was en hulle gene aan die vol-gende geslag oorgedra het, wat ook weer-

standig was. Vigs herhaalhierdie proses deur die vat-bares vroeg te laat sterf. Ras-siste wat hulle hoop op hier-die plaag gevestig het, gaanbinnekort langs hulle neuseafkyk.

Vandag gaan dit heel an-ders – in die ontwikkelde wê-reld trou mense later en kryhulle baie minder kinders.Die gevolg is dat elke outjiewat deesdae die lig sien tenalle koste moet oorleef, on-geag genetiese weerbaar-heid. Die mediese weten-skap kan deesdae “wonder-werke” doen en die koerante is vol van dieingrepe wat die mees verswakte nuutgebo-renes volwassenheid laat bereik. En hoe-veel ma’s kan nie deesdae hulle babas netmet keisersneë kry nie?

My vraag aan prof. Anton is dié: is daarnie iets filosofies te sê oor die mediese we-

tenskap se rol in die verswakking van onsgegoedes se geenpoel, en die pyn en lydingwat dit kumulatief aan die nageslagte saloordra nie, om nie eers te praat oor die ver-stommende koste verbonde aan die voor-siening daarvan nie?

[email protected]

RubriekRubriek

GazetteGazette help met opsporing van hondhelp met opsporing van hondOp Dinsdag 18 Desember 2012, net nadat dieGa-zette versprei is, het ek ’n oproep ontvang datiemand weet waar my hond, wat weggeraakhet, is.

Ek het onmiddellik vir ao. Fortuin van dieCaledon-polisie gebel. Hy het na die persoongegaan, wat hom gaan wys het waar die hondis. Fortuin het die hond na my vrou geneem,wat met ontsteltenis bevestig het dat dit onshond is. Sy het in trane uitgebars en hom on-middellik gaan bad.

Terwyl Whisky weg was, het ons nie ’n oogtoegemaak nie; ons kon nie slaap nie, aange-sien hy reeds deel van ons gesin was.

Ek het toe ons kinders laat weet, asook al onsvriende, wat saam met ons bly was.

Ons sê baie dankie aan die Gazette en al dielesers wat ons gebel het.

Dankie, Gazette, vir ’n puik koerant.Ons weet nou presies hoe mense voel wie se

diere wegraak.DAVY JULLIES, Caledon

Navolgers van GodNavolgers van GodIn Efesiërs 5:1 sê die Here dat ons sy navolgersmoet wees, en dan noem Hy van vers 2 tot 21 ’npaar duidelike eienskappe van ’n navolger.

Hierdie eienskappe kan ’n goeie riglyn vir onswees vir 2013.

Die eerste opdrag (v 2) is dat ons in liefde moetwandel, teenoor God en ons medemens. WareGoddelike liefde verdryf vrees en bring vrede envertroue in my lewe.

Dan moedig Hy ons aan (v 4) om ons nie besigte hou met dwase en onsinnige praatjies nie,maar liewer God te dank vir ons seëninge.

In vers 6 tot 11 maan die Skrif ons om nie verleite word deur Satan en mense nie, en om nie deelte wees van ander se sondes nie.

Vers 15 spreek van die wysheid waarin onsmoet wandel.

Ons het baie wysheid nodig in die tyd waarinons leef, maar wysheid kom van God en ons moetHom daarna vra.

Dan word ons vermaan in vers 16 om die tyduit te koop.

Ons leef in die laaste dae en dis wys om joubesig te hou met die Here en sy Woord, eerderas om by onbenullighede betrokke te raak.

Verder moet ons nie dronk word van wyn nie(v 17-18), maar ons moet met die Gees vervulword.

Ons lampe moet vol olie wees en ons lig moethelder skyn in ’n verlore gaande wêreld.

Laastens moet ons mekaar bemoedig, mekaardienenrespekteersooswatditChristenebetaam.

Mag jy ’n besonderse navolger van Christuswees in 2013.

PAST. GERT VISSER, Caledon Christen-gemeente

Police fail to respond, says residentPolice fail to respond, says residentOn 31 December 2012 at 20:45 I contactedthe police in connection with fireworks be-ing fired off from a back-yard. My concernwas for my animals, and our neighbour’sanimals, as they are terrified by the noise.There is also a thatched roof next to theback-yard in question.

The person who was firing off the fire-works is in the SAPS’s service. While hewas firing off the fireworks, one could hearhis police radio in the car.

I was told a police van would come outand I am still waiting, as nobody pitched.One would have thought that a police offic-er would know the law concerning fire-works in a residential area.

I just wonder: if it were a “normal” resi-dent, would the reaction from the policehave been the same?

TANYA WESSELS, CaledonCapt. Gerrit Botes from the Caledon policesaid the matter will be investigated.

Wat gaan hierdieWat gaan hierdiejaar vir ons bring?jaar vir ons bring?2012 is verby en dis ’n nuwe jaar.Vir 2013 maak ons klaar.Wat gaan die nuwe jaar tog vir almal bring? Nu-wejaar is ons vrolik en wil net sing.Maar die toekoms kan ons nie voorspel.Ons kan net die maande tel.Twaalf maande lê nou nog voor.Met baie gaan ons wen en ook met baie verloor.Maar ons sien uit na alles wat wag. En hanteerdit elke dag.Voorspoed vir die nuwe jaar.

GERHARD DE BRUYN, Caledon

A WEEKEND OF MUSIC: The Synergy Live music festival on the banks of the Theewaterskloof Damattracted 7 000 visitors from 30 November to 3 December last year. Many top celebrities attendedthe festival – a first for Villiersdorp. International punk rock band Prodigy set the mood and pacefor a weekend during which 40 of South Africa’s top bands performed on three separate stages.

PHOTO: SUPPLIED

Theewaterskloof GazetteGeneral - AlgemeenTuesday 15 January 2013 5

WEDNESDAY BUFFET

Bookings Essential: 028 214 5338The Caledon Casino, Hotel and Spa

www.thecaledon.co.za

R9900 2, 16 & 30 Jan 2013

www.fishgate

.co.za

_BC_

3540

BURSARIESAVAILABLE

Registration has been extended to 18 January 2013.Make sure not to miss your chance to register atBoland College Caledon Campus.

National N-Diploma ProgrammesMinimum Requirement: Grade 12 or NCV(Level 4) CertificateDuration: 3 years (18 months theory and18 months practical)• Management Assistant• Business Management

National Certificate Vocational (NCV)ProgrammesMinimum Requirement: Dependent on programmeDuration: 3 years• Office Administration• Safety in Society• Electrical Infrastructure Construction

Boland College also has satellite campuses located inBredasdorp, Hermanus and Kleinmond. Please contact therelevant campus for programmes offered.

For more information visit www.bolandcollege.comor contact the following campuses on:

Caledon: 028 212 3270 • Bredasdorp: 028 424 2246Hermanus: 028 313 1154 • Kleinmond: 028 271 3246

Programmes offered include:

Wolmark spring sterk wegDie wolmark het op die eerste veiling van dienuwe jaar sterk vertoon in Port Elizabeth enCape Wools se Merino-aanwyser het ondanks’n heelwat sterker rand met ’n skrale 0,8% te-ruggesak en op R109,00/kg (skoon) gesluit.

Die mark het die afgelope tyd uitstekend ver-toon en op die laaste veiling voor die Kersfees-reses op sy hoogste vlak in jare en bykans 26%hoër as die openingsveiling van die seisoen ge-sluit. Daarwas uitstekendemededinging in dieveilinglokaal ondanks die redelike groot aan-biedingvan13 851baleen’nhoëverkooppersen-tasie van 99% is behaal.

Die rand het met 2,6% teenoor die Ameri-kaanse dollar verstewig vergeleke met die ge-

middelde koers op die vorige veiling in Desem-ber.Die meeste fynwoltipes was goedkoper, hoof-

saaklik omdat die gehalte in baie gevalle niehoogstaande was nie.Die gemiddelde skoonwolpryse van ’n paar

lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte het soosvolgdaaruitgesien:18mikronwas3,3%goedko-per op R118,71/kg, 19 mikron daal met 1,1% totR118,44/kg, 20 mikron sak met 1,2% terug totR110,03/kg, 21 mikron daal met 2,8% totR106,59/kg en 22 mikron styg met ’n marginale0,3% om op R107,99/kg te sluit.Sowat 13 000 bale sal op volgendeweek se vei-

ling aangebied word.

Mode, mimiek enmusiek in GreytonMode en die kuns van mimiek is vir diemeestemense’nonwaarskynlikekombina-sie – mimiekkunstenaars maak nie juis ’nmodestelling met hul meestal wit klere enwitgeverfde gesigte nie!

Vir die Kaapse modeontwerper CharleneSauermanwasdit ’nheerlikeuitdagingommi-miek en mode te kombineer.Sy ontwerp reeds 15 jaar lank klere vir mi-

miekkunstenaars en is met ’n mimiekkunste-naar getroud.MimeVoirCouturewordopSaterdag13April

onder die eeue-oue eikebome op die historieseplaaswerf van Die Oaks-landgoed in Greytonaangebied.Mime Voir Couture is die geesteskind van

Sauerman.Vandielandsetop-ontwerpersspansaammet Sauerman en ’n groep van Leigh theMime and the Association of Mime Workers –’nateljeewaarkunstenaars, jonkenoud, indiekuns vanmimiek opgelei word – om ’n uniekemode-ekstravaganzanadie loopplank te bring.Mime Voir Couture is ten bate van Ark* SA

(Act of randomKindness), ’n nie-winsgewendeorganisasiewat in die lewe geroep is ommede-menslikheid aan te moedig – ’n terugkeer nadie tyd toediegemeenskapbetrokkewasbydiewelstand van sy bure.Ark* SA nooi ook rolmodelle uit ommotive-

ringstoesprakebyskole tehou,soosdieonlang-se besoek van die Suid-Afrikaanse touspring-kampioen, Sibu Sodo, aan die vier skole inGreyton.Die opbrengs van die gala-geleentheid sal

aangewend word vir die bou van die eersteArk*SA-veeldoelige sentrum inGreytonom ’ngemeenskaptedienwatdeurarmoede,dwelms

en ander sosiale probleme geteister word.Die sentrum sal ’n crèche, jeugsentrum,

sportgeriewe, biblioteek, leeskamer, koffie-winkel en ’n broodnodige vaardigheidontwik-kelingslypskool insluit.Kaartjies is R300 per person om die galage-

leentheid by te woon, en sluit ’n mode- en mi-miekvertoning, ’n vyfgang-maaltyd, verskeieuitstallings en musiek in die teenwoordigheidvan bekende sportmanne en bekendes uit dievermaaklikheidswêreld in.Kaartjies is beskikbaar by Computicket en

Greyton Toerisme 0 028 254 9414.Vir meer inligting bel Coenie Visser by

082 576 2160 e-pos hom by [email protected]

Die opbrengs van ’n mimiek- en modefees wat inApril in Greyton sal plaasvind, sal vir die bou van’n gemeenskapsentrum in dié dorp aangewend word.

FAMILIETROUE: Op 15 De-sember is twee broers entwee susters in Genaden-dal in die eg verbind. Vanlinks is Chaslin Claasen,Rene Plaatjies, ds. Chris-topher Gordon en Christo-lene Claasen en JasonPlaatjies. Hulle is in dieMorawiese Kerk in die hu-welik bevestig deur ds.Gordon. Die Plaatjies-eg-paar bly op Greyton en dieClaasens op Genadendal.

FOTO: FREDDIE PETERS

Eleanor Papier en Anthony Moolman is op 3 Novemberin die Morawiese Kerk in Genadendal deur ds. Chris-topher Gordon in die eg verbind.

Suster Hazel Smith wat voorheen by die Cale-don-provinsiale hospitaal verpleeg het, het op11 Desember haar graad in gevorderde psigia-trie aan die Universiteit Stellenbosch behaal.

Theewaterskloof Gazette General - Algemeen Tuesday 15 January 20136

DOVES. Begrafnisdiens-te/Funeral Services. Givingcomfort. Taking care. Cale-don: 18 Plein St, 028-2123054. Hermanus: 64 DirkieUys St, Sandbaai, 028-3164205. Kleinmond: 27 MainRd, 028-271 4971.Gansbaai:61 Main Rd, 028-384 3344.

PERSOON-LIKEDIENSTEPERSONALSERVICES

FOREVERMEMORIES.Kontak Sharon Burger viralle foto-albums enscrapbooking toebehore.Tel. 028-212 2631/083 2935301.PADSTAL/RESTAU-RANT, DASSIES-FON-TEIN: Vir etes, funksies envele meer! Tel. 028-2141475.

TEKOOPFORSALE

71

Algemeen

Miscellaneous

AFRICANGREY babas tekoop. Skakel 083 488 3012.

85

Sport/Kampeer-toerusting

Sport/CampingEquipment

KARAVAAN te koop. 2006Jurgens Fleetline. Soosnuut. Skakel 079 732 9832/ 079 703 8357.

ALGEMENEDIENSTEGENERALSERVICES

108

Geld/lenings

Money/Loans

12 10 CASH LOANSLenings tot R200 000.Swartlys welkom. Goed-keuring in 5 min. Skakel021-696 0676.

113

te Huur/toHire

KRAGGEREEDSKAP. Virdie huur van hoë-drukspuite en kragge-reedskap, skakel Gabriëlvan der Merwe by Over-berg Dienssentrum by 083551 5406 alle ure.

1141

Algemene

Dienste

General Services

AUTOELECTRICAL-DIET-LOF'S. Gespesialiseerdeauto elektriese diens. 23Jaar ondervinding. Ookverskaffers van professio-nele weerstasies en solarpanele. New Cross straat,reg langs Overberg Supafit.Dietlof (Wên) van der Mer-we. Tel. 028-214 1614 of082 788 5276.

EIENDOMMEPROPERTIES

WOONSTEL te deel. Be-skikbaar vanaf 1 Februarie2012. Skakel Chantell by079 922 4573.

171

Woonstelle te Huur

Flats to Let

EENSLAAPKAMERwoon-stel te huur in Caledon,deel agterplaas, geenmotorhuis.Onmiddellik beskikbaar.R1600 deposito en R1600per maand vooruitbetaal-baar. Water en ligteuitgelsuit. Skakel 082 4202937 na ure.10 OFFICESwith walk-insafe and double receptionarea to let in Haw Street,Caledon. Contact XpertProperty on 028-3130132/082 870 5704.

Lentil curry dish at R70This delicious lentil dal issuitable for vegetarians,although meat can be add-ed. This meal serves tenand also freezes well.

Ingredients:500g speckled beans.500g red lentils.500g normal lentils.Boil beans and lentils sepa-

rately as per instruction onpacket.Sauté one punnet mush-

rooms and babymarrows un-til brown. Add mixture ofcurry.

Ingredients:3 tablespoons curry paste orpowder.1 tin coconut milk.5 tablespoons yoghurtHalf a cup old brown sherry.2 heaped teaspoons gratedginger.2 heaped teaspoons mincedcoriander.4 tablespoons soy sauce.

3 tablespoons hot chillisauce.Salt and pepper to taste.2 tablespoons lemon grass.2 heaped teaspoons greencurry paste.Add 2 teaspoons minced gar-lic if desired.1 cup low fat milk.

Method:

Add all ingredients to sau-teed marrow and mush-rooms and simmer stirringcontinuously. Mix lentilsand beans together in big potandaddcurry saucemixture.Simmer for ten minutes onlow heat. Serve with brownrice and fresh coriander anda dollop of greek yoghurt andcayenne pepper.

Lentil dal PHOTO: ANNETTE THERON

Wildekrans-span knap huisvan B’rivier-inwoner op“Ek kan nie genoeg dankie sê nie.”Ant Leen Pieters (79) van Botri-

vier is oorstelp en diep dankbaardat die plaaswerkers van Wilde-krans tans besig is om haar huis opdiehoekvanVleiwegenRose-singelop teknap.DitvormdeelvanWilde-krans-wynlangoed se inisiatief ommense in die gemeenskap te help.Braam Gericke, wynboukundige

by Wildekrans, sê die projek is in2010 tot stand gebring en die plaas-werkers identifiseer wie werklikhulp nodig het in die gemeenskap.AntLeen sehuisword omhein, ’n

nuwe hek word ingesit, die huiswordgeverf engate indiemuurreg-gemaak, die stoep word gepleister,die dak word skoongemaak en dietuin word ook verfraai.Braam het die hoop uitgespreek

dat ander wynplase in die omge-wing ook soortgelyke projekte salinisieer.

Die Wildekrans-span het vroeg Donderdagoggend beginwerk aan Ant Leen Pieters se huis. Links agter is BraamGericke, Hennie Stellenberg, Ant Leen en Clive Alwyn. Voorsit Angelo Thys, Eugene Henn, Samuel Louw, David Bruintjiesen Johnny Casper. FOTO: ANNETTE THERON

Theewaterskloof GazetteGeneral - AlgemeenTuesday 15 January 2013 7

UK kids donate books to farm schoolsSouth African fruit growershave delivered the first packag-es of English reading and text-books, donated by schools in theUK, to local farm schools.

The books were collected fromUK children along with their en-tries into the Help a South AfricanSchool competition. It is organisedby Hortgro, which representsSouth African growers of apples,pears, peaches, nectarines andplums, as a part of its promotionalcampaign.The competition saw schools in

the UK submit South Africanproject books with a donation ofEnglish books. The donationswerecollected from each entrant andshipped to South Africa to help ru-ral schools in fruit producing partsof the Western Cape.Jacques du Preez, product man-

ager at Hortgro, presented one ofthe first consignments of books at

the De Rust Futura Academy nearGrabouw.“It’s been fantastic presenting

the book donations made by UKchildren to farming schools aroundthe region, which are playing a vi-tal part in educating and support-ing farming families. The Help aSouth African School competitionis about creating links betweenthese schools and children in theUK – and making a contribution totheprocessof transformationinthefruit growing industry in the proc-ess,” said Du Preez.“This competition was the result

ofmanymonthsofcarefulplanningand execution, so it’s great to seeit finally come to fruition with thearrival of these books, which willbe an invaluable resource for theschools in rural parts of SouthAfri-ca.Weare looking forward tobuild-ing on the success of this project,whenwe launch it for a secondyearearly in 2013.”

Jacques du Preez, product manager at Hortgro, presents the first of hundredsof books to Wandred Theunis, headmaster at De Rust Futura Academy.

Shoebox delightin GenadendalRoslin Brevis from Cape Town handed out 94shoeboxes to the pupils of L R Schmidt PrimarySchool in Genadendal as part of the Santa Shoe-box project. Her dad lived in Genadendal formany years and she still has aunts and cousinsliving there. Roslin says it was amazing to seehow happy the children were. “The excitementon their faces will stay with me for a very longtime.Wewerealsoblessedwith100viennas froma butchery in Brooklyn tomake hot dogs for thechildren.”Theyplantocollectenoughshoeboxesfor every pupil for Christmas this year.

The pupils of L R Schmidt Primary School in Genadendalweredelightedwiththegifts theyreceivedintheirshoeboxes.

KOM LAAT ONS SING: Die skoolkoor van LR Schmidt Primêre Skool in Genadendal het verskeiesang-items gelewer tydens hul gradeplegtigheid verlede jaar in die Morawiese Kerk.

FOTO: FREDDIE PETERS

R5 000 vir jouself en R5 000 vir jou skoolAlle leerlinge van Thee-waterskloof, Napier enBredasdorp word uitge-nooi om deel te neem aandieGazette en Harry Vil-joen Eiendomme se Geedie inkopiesentrum ’nnaam-kompetisie.Een gelukkige leerling

en sy/haar skool kanwegstap met ’n kontant-prys van R10 000 as wen-ner. Die leerling wat aswenner aangewys word,sal R5 000 in kontant los-slaan vir die skool waardie leerling onderrigword en persoonlik ’nverdere R5 000 ontvang.Dink aan ’n gepaste

naamvir die inkopiesen-trum met Pick n Pay asankerhuurder.Name vir die sentrum

moet fokus op ’n kombi-nasie van plaaslike his-toriese, kulturele en geo-grafiese aspekte wat spe-sifiek op Caledon fokus.Probeer om nie meer

as drie woorde te ge-bruik nie.SMS jou naamkeuse

na 33765. ’n SMS kosR1,50. Die sluitingsda-tumvir die kompetisie isDinsdag 29 Januarie. Die tyd raak nou min om in te skryf vir die Gazette en Harry Viljoen Eiendomme se kompetisie.

Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 3 • Dinsdag 15 Januarie 2013 | Tel. 028 214 1294

Dirtopia returns to TWKDirtopiawillpresent its third24-hourMTBteam relay at the Oak Valley Estate nearGrabouw on 19 and 20 January.

Dirtopia has done fourteen 24-hour eventssince 2003, but the organisers say this venueseems to offermuchmore for riders and camp-ers alike.The relay is described as a very social event

which caters for riders of all levels. Non-riderscanalsojoininthefunbysupportingthepartic-ipants at the transition zone.A limited number of solo riders are allowed,

as the main four-man-team category includesan open, mixed, veteran and schools competi-tion. There is also a fun category for teams offive to eight less serious riders who don’t wantto complete the full 24 hours.Onlypre-entries,whichclosetoday(Tuesday

15 January) will be accepted.The event lasts from Saturday at 12:00 until

Sunday at 12:00. A three-hour ride along thesame route as the 24-hour race can also be doneonSundaymorning. Entrieswill only be takenfrom 07:30 that morning.Gates for camping and registration opens

early Saturday morning.Non-riding spectators are welcome. Official

support crew (one or twoper team) are allowedto camp free.Go to www.dirtopia.co.za for more informa-

tion, email [email protected] or phone021 884 4752.

Dane Walsh from Somerset West was the winner of the2012 Dirtopia.

OEFEN HARD: Die Caledon-rugbyklub is reeds volstoom aan die gang met voorbereiding vir dierugbyseisoen. Die manne oefen elke Dinsdag, Woensdag en Donderdag vanaf 18:45 by die rugbyveld.Talle nuwe spelers het vanjaar by die klub aangesluit en die gees loop hoog. FOTO: HOWARD BRIKKELS

NEW VENUE: After four years in Kleinmond, the ProNutro AfricanX Trailrun, presented by New Balance,has moved to Houw Hoek between Bot River and Grabouw, and will take place from 19 to 21 April.“Runnerscan look forward to a fun-filled weekend of trail running,” says Michael Meyer, director of Stillwater Sport& Entertainment, the event organisers. “Our route designers have gone out of their way to identify themost spectacular route for each stage. With a new venue comes the excitement of new routes, new experiencesand new memories to be made.” For additional information or to enter, visit www.stillwatersports.com, phone086 138 3591 or email [email protected]. PHOTO: SUPPLIED

TOPPRESTEERDER: Chreslin Adonis (links) isop 15 Desember as die Genadendal-sport-klub se sportman van die jaar aangewys. Byhom is Bobby Beukes, ook ’n lid van die klub.

FOTO: FREDDIE PETERS

More runningfor the ladiesBoland Athletics have announced thatjuniorwomen participating in the 18- and19-year age group will be able to competein the 5 000 m event from now on.Junior women could previously only

participate in the 3 000 m long distanceevent at provincial championship events.This change is in line with the 2014 IA-

AF World Junior Championships Stan-dard, which will cater for junior womenin both the 3 000 m and 5 000 m events.For junior men, the long distance

events at the 2014 IAAF World JuniorChampionships will be 5 000 m and10 000 m.

Jong sportsterre gesoekSuid-Afrika se voorste sport-uitsaaier,SuperSport, sal vanjaar weer saam metdieGazette na jong sporttalent in dieTheewaterskloof-streek soek.Ja, dit is weer tyd vir die ge-

wilde Let’s Play Sportster-kompetisie om af te skop!Die Gazette nooi jou en jou

skool uit om jou prestasie opdie veld, baan of selfs in dieswembad aan die groot klok tehang.Ons wag vir nominasies van laer-

en hoërskole sodat daar elke maand ’nsportman of sportvrou gekroon kanword.Onthou, daar is ’n geskenkpak vir elke

maandwenner op die spel, asook ’n on-derhoud met die oog op ’n berig en fotovan jou in die koerant.Die wenners van elkemaand dring uit-

eindelik deur tot die eindronde aan dieeinde van die jaar, wanneer SuperSport

die algehele wenner uit die streek aan-wys.

Om in te skryf, vra dat jou skool jouof ’n pel nomineer met ’n kort op-somming van jou onlangse pres-tasies, asook jou kontakbeson-derhede en dié van ’n afrigterof onderwyser.Die Gazette sal die maand-

wenner kontak en ’n onder-houd reël.Nominasies vir Januarie moet

die Gazette teen 29 Januarie bereik.Sluitingsdatums vir elke nuwe maand

sal deurdie loopvandie jaar aangekondigword.Onthou net dat nominasies nie na die

volgende maand oorgedra sal word nie;sportsterremoet dus elkemaandwéér ge-nomineer word.Stuur nominasies na annette.ther-

[email protected]. Vir meer besonderhe-de, skakel 028 214 1294. Let’s Play!