kletskous mei 2013
DESCRIPTION
Laerskool Lydenburg KoerantTRANSCRIPT
2 DIE KLETSKOUSDIE KLETSKOUSEERSTE UITGAWEEERSTE UITGAWE 11 APRIL 201311 APRIL 2013
Our products are super our prices are fairLydenburg: 013 235 4510 Burgersfort: 013 231 7975
GUESTS GLASSESFunction supply, Hire & Decor
.Celebrate Life .Have an Extravaganza .Make a memory
.Unique table settings .Event Coordinator .Party planner
Cell: 083 662 0166 e-mail: [email protected]
Specialising in:Starters, Alternators, Wiring, Rewiring,
Fault finding,Alarms, immobilisers,
Anti-Hijacking system and Central Locking,
Service Exchange Units available
10 Koöperasie StreetLydenburg1120
PO Box 6451Lydenburg
1120
- Zanri Hanekom gr.4DP
SPYKERS IN DIE
MUUR
Eens was daar 'n seuntjie met 'n baie vinnige
en slegte humeur. Sy pa het vir hom 'n sak vol
spykers gegee en vir hom gesê elke keer as hy
sy humeur verloor, moet hy 'n spyker neem en
in `n muur inkap. Die eerste dag het die seun
sewe-en-dertig spykers ingekap. In die
volgende paar weke het hy begin leer om sy
humeur te beteuel en die spykers wat elke dag
ingekap is, het minder geword. Hy het iets
ontdek: dat dit makliker is om sy humeur te
beheer as om spykers in die muur te slaan.
Uiteindelik het die dag aangebreek dat hierdie
seun nie meer sy humeur verloor het nie. Hy
het dit aan sy pa vertel. Die pa het toe vir hom
gesê om nou elke dag een spyker uit te trek as
hy sy humeur beheer. Tyd het verby gegaan
en die seun kon al die spykers uittrek. Hy het
dit aan sy pa vertel. Die pa het sy seun aan die
hand geneem en hom na die muur geneem.
“Jy het goed gedoen, my seun, maar kyk na al
die gate in die muur. Die muur sal nooit weer
dieselfde wees nie. Wanneer jy iets in woede
sê of doen, los dit 'n merk, net soos hierdie
een. Jy kan 'n mes in iemand steek en dit
uittrek, maar dit maak nie saak hoeveel keer jy
sê, ek is jammer nie, die wond sal nog steeds
daar wees.”
Mag jy hierdie gedagte saam met jou dra deur
2013.
Links: me Annetjie Kruger ( ons gereelde aflos), Sue Steyn
en Marléne de Meyer (het kom uithelp in me Anneen vd
Merwe se klas tot 31 Januarie 2013)
Al drie aflospersoneel is bekwame onderwysers met baie
jare se onderwysondervinding.
Me Annetjie Kruger is gebore in 1943 in Middelburg,
Mpumalanga. Sy begin haar onderwys loopbaan in 1964 by Ls
Pelgrimsrus. Sy hou 40 jaar lank skool. Kan jy raai hoe oud
juffrou Annetjie hierdie jaar is. Ja, reg geraai! Juffrou is ̀ n volle
70 jaar oud! Juffrou Annetjie, ons salueer u !
Links: Margaret Barnard gr.5MB, Stacey Wantenaar (student), Hein de Jongh gr.6HD, Mariska Haasbroek gr.2MH
Links voor: Anzéle Eksteen gr.3AE, Alet Prinsloo gr.3AP (English) en Julize Maritz gr.6DV (inlas)
ONS GROET MET TRANE, MAAR VERWELKOM MET GLIMLAG
Van wanneer af gee u al skool ? Ek het in 1985 klaar gestudeer aan die destydse PU vir CHO en het in 1986 begin skoolhou by Hoërskool Naboomspruit. Net so 'n groentjie soos die Standerd sesse vir wie ek Afrikaans gegee het !Hoe lank gee u al skool by Laerskool Lydenburg ?
Ek het net eers afgelos en vanaf 2004 het ek 'n Beheer-liggaampos gehad en later 'n Departementele pos .Hoekom tree u uit ?Almal het drome. Dit is wat jy doen met daardie drome wat belangrik is. Wanneer jy besluit om iets daaraan te doen, word drome 'n werklikheid. Ek gaan my droom uitleef.Wat gaan u die meeste mis van Laerskool Lydenburg ?Ek is baie lief vir Afrikaans. Ek gaan my vak mis; ek gaan kinders mis wat sê: “Ag, juffrou, lees vir ons nog 'n storie”; ek gaan die skooltee mis ! (Ek is baie lief vir tee) en ek gaan my kollegas baie mis, veral my “yskas” – vriendinne!!
UIT DIE PEN VAN DIE REDAKTEUR
- Christiaan Engelbrecht gr.7RJ
Rolene Joubert gr.6 Afrikaans
- Janeldi de Vries gr.5CJ
OUMAS HOU OOK SKOOL
Ons dink ons weet baie, maar ons skool se oumas weet baie meer!!!Hulle maak ons harte vol liefde en vreugde. Ons oumas van Laerskool Lydenburg is baie gaaf en behulpsaam. Hier by ons skool is nie net een ouma nie, maar vyf! Juf. Koba de Visser, Christina van Eck, Annetjie Kruger, Sandra de Lange, Marinda Niemann en Delene de Souza.Juf. Koba hou al 40 jaar skool en sê dat haar kleinkinders haar baie besig hou. Hanco Smith sê: “Dis lekker om `n ouma by die skool te hê, want ek kan enige tyd na haar toe gaan en sy help my met my huiswerk in die middae.”
- Gabi van der Merwe gr.4ES
Geduldig help juffrou Sandra vir Hanco Smith, haar kleinseun, met sy huiswerk
Juffrou Liezl Grix kom van die klein, bekende dorpie, Benoni, naby Johannesburg. Sy is nou tuis in Lydenburg en sien uit na die geboorte van haar baba dogtertjie in Mei.Die dogtertjie se naam gaan Larike wees.Juffrou Liezl sê: “Ek gaan vir haar Lala stories met slaaptyd lees.” Ons wens vir die nuwe gesin baie seëninge toe en alles van die beste!!!
VAN JUFFROU TOT MAMMA - Gabi van der Merwe gr.4ES
NAAM Stacey Mariska Anzelé Alet
GEBORE 2 September 1988 8 Oktober 1989 10 Julie 1990 22 Oktober 1982
Johannesburg Lichtenburg Groblersdal Sabie
GESTUDEER UNISA Potchefstroom Potchefstroom UNISA
EERSTE POS 2011 2012 2013 2012
Kempton Primary LS Burgersfort Ls Lydenburg Ls Lydenburg
HOE LANK IN ONDERWYS
3 jaar - as student 2 jaar 1ste jaar ± 6 maande
HOEKOM LYDENBURG
My fiance stays in Lydenburg and we want to settle.
Ek hou van die gemeenskap. Vir my sport.
Ek het gebid vir `n goeie pos en het dit hier gekry.
Werksgeleenthede vir my man in die elektriese bedryf.
Julize Hein Margaret Sue (aflos) Marlene (aflos)
25 Julie 1983 30 April 1983 3 Mei 1985 26 April 1966 2 Februarie 1953
Pretoria Kimberley Evander Engeland Bethal
Potchefstroom Noordwes Universiteit
Potchefstroomse Universiteit
Wits Universiteit NKP en Universiteit van Pta
2006 2010 2007 1990 1974
London Engeland Ls Komatipoort Ls Hennopspark Hs Lydenburg Ls Lydenburg
5 jaar 3 jaar 4 jaar 23 jaar 22 jaar
As gevolg van my man se werk.
`n Goeie werks- geleentheid. Hou van Lydenburg.
Vir my man se werk.
Want ek het met Tommie getrou.
Saam met kinders Lydenburg toe getrek.
'n Hartlike welkom aan almal, hoop almal het 'n heerlike vakansie gehad en het lekker uitgerus. Ons is alreeds volstoom aan die gang met die tweede kwartaal se werk, reg om al ons takies te verrig en hard te werk. Rugby en Netbal is die hoogtepunte van hierdie kwartaal.Sterkte aan almal, hou ons Vader naby en Laerskool Lydenburg se naam hoog.