23 april 2017 30 april 2017 -...

4
23 APRIL 2017 30 APRIL 2017 23 April 2017 08:00 Oggenddiens in die kerk Ds. Johan Olivier Skriflesing: Lukas 24:36 en 1 Joh. 3 Tema: Wie is jy? 09:00 Leraarsontmoeting Al die Leraars 09:30 Gesinsdiens in die kerk Ds. Louis Lemmer 09:30 Oggenddiens in die saal Ds. Johan Olivier 10:30 Leraarsontmoeting Al die Leraars 17:45 Aanddiens in die kerk Ds. Corné Bootha 30 April 2017 08:00 Oggenddiens in die kerk Ds. Corné Bootha 09:30 Gesinsdiens in die kerk 17:45 Aanddiens in die kerk Prop. Meiring de Wet GROEIGROEPE 23 APRIL 2017 GROEP TYD LOKAAL Connect Kids 09:30 Kleuterkerk (3 j. Gr. 00) Kleuterlokaal 09:30 Kinderkerk (Gr. 0 Gr. 6) Kerksaal Connect 18:45 Groeigroepe (Gr. 7 11) Verskillende lokale GEEN GROEIGROEPE OP 30 APRIL 2017 NIE Datum: 23 April 2017 LERAARSONTMOETING Ons nooi alle lidmate asook nuwe intrekkers hartlik uit om vanoggend die leraars te ontmoet. Hierdie ontmoeting vind om 09:00 en 10:30 direk na die oggenddienste in die kerk voor die preekstoel plaas. PINKSTER 2017 – 4-11 JUNIE Vanjaar gaan ons saam met ons buurgemeentes Overkruin en Montana Pinkster vier. Ds. Elza Meyer gaan dit lei. Die oorhoofse tema gaan wees “Die Heilige Gees werk in en deur ons”. Daar is ‘n 50-dae dagboekie deur ds. Meyer hieroor geskryf. Om voor die tyd voor te berei kan jy die boekie by die kerkkantoor koop (in die week) teen die koste van R100. Daar is ook ‘n DVD beskikbaar teen R100. Kontak ds. Alkmaar Swart (012-548-1565 of 073-266-0196).

Upload: vutuyen

Post on 06-Feb-2018

229 views

Category:

Documents


8 download

TRANSCRIPT

23 APRIL 2017 – 30 APRIL 2017

23 April 2017

08:00 – Oggenddiens in die kerk Ds. Johan Olivier

Skriflesing: Lukas 24:36 en 1 Joh. 3 Tema: Wie is jy?

09:00 – Leraarsontmoeting Al die Leraars

09:30 – Gesinsdiens in die kerk Ds. Louis Lemmer

09:30 – Oggenddiens in die saal Ds. Johan Olivier

10:30 – Leraarsontmoeting Al die Leraars

17:45 – Aanddiens in die kerk Ds. Corné Bootha

30 April 2017

08:00 – Oggenddiens in die kerk Ds. Corné Bootha

09:30 – Gesinsdiens in die kerk

17:45 – Aanddiens in die kerk Prop. Meiring de Wet

GROEIGROEPE – 23 APRIL 2017

GROEP TYD LOKAAL

Connect Kids 09:30 – Kleuterkerk (3 j. – Gr. 00) Kleuterlokaal

09:30 – Kinderkerk (Gr. 0 – Gr. 6) Kerksaal

Connect 18:45 – Groeigroepe (Gr. 7 – 11) Verskillende lokale

GEEN GROEIGROEPE OP 30 APRIL 2017 NIE

Datum: 23 April 2017

LERAARSONTMOETING

Ons nooi alle lidmate asook nuwe intrekkers hartlik uit om vanoggend die leraars te ontmoet. Hierdie ontmoeting vind om 09:00 en 10:30 direk na die oggenddienste in

die kerk voor die preekstoel plaas.

PINKSTER 2017 – 4-11 JUNIE

Vanjaar gaan ons saam met ons buurgemeentes Overkruin en Montana Pinkster vier. Ds. Elza

Meyer gaan dit lei. Die oorhoofse tema gaan wees “Die Heilige Gees werk in en deur ons”.

Daar is ‘n 50-dae dagboekie deur ds. Meyer hieroor geskryf. Om voor die tyd voor te berei

kan jy die boekie by die kerkkantoor koop (in die week) teen die koste van R100. Daar is ook

‘n DVD beskikbaar teen R100.

Kontak ds. Alkmaar Swart (012-548-1565 of 073-266-0196).

_____________________________________________________________________________________________________________________

VERGADERINGS 1. BLOKKERKRAADSVERGADERINGS – Die

C-Blok vergader op 25 April 2017 in die kerksaal. Kuiermark inligting word uitgedeel vir verspreiding in wyke. Agendas is elektro-nies versend/in vakkies geplaas.

______________________________________________________

BEDIENING NA BINNE 2. VERKIESING VAN KERKRAADSLEDE – Op

die Blokkerkraadsvergadering van 20 April 2017 is die volgende persone verkies:

Diakens: BW18B Christa Wiese, Bougainvilla AO 2105

3. HOSPITAAL- EN SIEKESORG – Ons kom

weer op 4 Mei 2017 om 10:30 in die konsistorie bymekaar. Kontak ds. Johan Olivier (012-548-1300/082-979-6552).

4. NUWE INTREKKERS – Die volgende lidmate het met bewys van lidmaatskap/attestaat na ons oorgekom: Petrus Gabriel FLEMING, Estelle Laetitia GRUBER (nou FLEMING) en dooplidmate Christia FLEMING en Gretchen FLEMING. Nuwe intrekkers wat nog nie aangemeld het nie, kan die nodige vorms en inligting Sondae by die navraetoonbank en in die week by die kerkkantoor verkry.

5. SIEKES EN BEPROEFDES – U word hartlik uitgenooi om die kerkkantoor (012-548-1245), enige leraar of u wyksouderling te kontak indien u of u familielede siek is of gehospi-taliseer word.

A-Blok: Ds. Alkmaar Swart B-Blok: Ds. Corné Bootha

C-Blok: Ds. Louis Lemmer D-Blok: Ds. Johan Olivier

Ons wil u vra om vir die volgende persone te bid wat onder ons aandag gekom het:

Bezuidenhout, Bronwin Nel, Marie

Bezuidenhout, Lauren Shandoss, Chris

Cronjé, Marié Shandoss, Elmarié

Davel, Dirk Steyn, André

De Klerk, Adri Strauss, Makkie

De Villiers, André Terblanche, Evelyn

Dohse, Carl Van der Merwe, Ungi

Du Toit, Francois Van Gerve, Ellen

Franzsen, Ingrid Van Niekerk, Anna

Kruger, Anna Viljoen, Manja

Lock, Lorraine Visser, Hennie

Oosthuizen, Ria West, Lizbie

Myburgh, Rina Willemse, Kobus

Myburgh, Gert Zietsman, Zanro ______________________________________________________

BEDIENING NA BUITE: UITREIKE 6. MUNTE PROJEK – Onthou hierdie

insameling. Help asseblief om hierdie projek lewendig te hou deur u munte gereeld te skenk. Sodoende sal die aankoop van die Bybels vir kinders in lande waar Christene vervolg, gemartel en tereggestel word, aktief bly. Enige navrae kan aan Dottie Botha (012-548-0863/083-458-8154) gerig word.

_______________________________________________

PROGRAM VIR DIE VOLGENDE WEEK

DATUM TYD AKTIWITEIT KONTAK

Ma. 24 18:30 Kuiermarkvergadering – in die jeugsaal. Stalletjieleiers en leraars word versoek om teenwoordig te wees.

Janine Joubert – 012-548-1245

Di. 25 09:00 19:00

Toerusting: Verdiep jouself in die Woord – in die konsistorie.

Ds. Johan Olivier – 082-979-6552 Paul Fick – 071-380-8752

Di. 25 09:30 Nerina Oggendgroep – in die jeugsaal. Bring plathakskoene saam en word FIKS EN VROLIK saam met Petro Archer.

Rini Martins – 083-459-7217 Celia Maré – 084-583-8655

Di. 25 10:00 Visvanger Dissipelmaking – die Woord word bedien, toebroodjies word uitgedeel en Bybels word verkoop.

Ds. Alkmaar Swart – 012-548-1565

Di. 25 18:30 L!nk = Connect (tieners) en ReConnect (jong volwassenes – in die jeugsaal.

Ds. Corné Bootha – 082-786-4834

Wo. 26 09:00 Gebedsgroep vir uitreike – Dabchickstraat 889

Annette van Niekerk – 083-609-7953

Wo. 26 09:00 Mannegespreksgroep – in die konsistorie. David Spamer – 012-524-3821

Wo. 26 14:00 Vaardigheidsbediening – in die kerksaal. Rhona von Schlichting – 082-940-4168

Sa. 22 06:30 Gebedsgeleentheid – in die jeugsaal. Kom bid saam as gelowiges.

Ds. Johan Olivier – 012-548-1300/ 082-979-6552

ADMINISTRATIEWE INLIGTING

• Doop in 2017 – Die doopgesprek om in Junie te kan doop, vind op 3 Mei 2017 plaas. Doop-registrasie MOET vooraf by die kerkkantoor plaasvind. Registrasievorms is by die navraetoon-bank of op ons webwerf beskikbaar. Kontak ds. Lizette van Rooyen ([email protected]

of 084-690-1971). • Koster – indien u die koster benodig kontak die volgende nommer: 082-852-9325.

• MAGALIESKRUIN NOODLYN – 060 661 1870 – Gemeentelede kan Isabel le Roux, ons Barmhartigheidsvoorsitter, by die bogenoemde nommer per sms of oproep kontak indien daar behoeftes is ten opsigte van kruideniersware, klere en maatskaplike krisisse. Versoeke word anoniem hanteer en bydraes word grotendeels uit ons klere- en koskamer voorsien.

LIDMATE SE LIEF EN LEED

• Inligting oor lief en leed – Alle gemeentelede word gevra om die kerkkantoor in kennis te stel van sterftes sowel as geboortes sodat ons met mekaar die hartseer en vreugde kan deel. Skakel die kerkkantoor weeksdae tussen 07:30 en 13:00, stuur ‘n e-pos na [email protected] of meld dit Sondae by die navraetoonbank aan.

• In Memoriam – Skip van Niekerk van Montana Aftree-Oord is die afgelope week oorlede. Die begrafnis vind Maandag 24 April om 14:00 vanuit ons gemeente plaas. Ons bid sy vrou Beatie, hulle familie en vriende die troos van die Here toe.

DIE VOLGENDE WORD DRINGEND BENODIG

• Uitstaande biblioteekboeke – lidmate wie boeke uitgeneem het en nog nie teruggebring het nie, word versoek om dit asseblief terug te besorg. Daar is boeke wat baie lank uitstaande is.

• Danville uitreik – Ons wil begin met ‘n Vaardigheidsbediening by Danville. Daar is ‘n behoefte aan breiwol, hekelgare, brei- en hekelnaalde, afvallappe, naalde en gare om hierdie bediening te begin. Bydraes kan in die week na die kerkkantoor gebring word of Sondae by die navraetoonbank ingehandig word. Merk asseblief u bydraes “Danville uitreik”. Kontak Renske Scheepers (081-525-3085).

• Verstelbare Hospitaalbed – Baie dankie aan die persone wat met hierdie behoefte gehelp het.

• Ararat Behoeftes – Die volgende items word benodig: ▪ Skoene en tekkies, grootte 6, 7, 9 en 10. ▪ Mansklere in groottes 30-34. ▪ Reukweerders vir mans en dames en toiletseep. ▪ Ou selfone in werkende toestand met batterylaaiers. ▪ Die items kan by die kerkkantoor (012-548-1245) in die week of Sondae by die navraetoonbank

afgelewer word. ▪ Kan u asseblief u skenking merk “ARARAT”. ▪ Kontak Ds. Alkmaar Swart (073-266-0196) vir enige navrae.

• Koninkrykskinders – Ons benodig dringend speelgoed wat nog bruikbaar is. Merk dit asseblief “Koninkrykskinders” en lewer dit af by die kerkkantoor in die week of Sondae by die navraetoonbank. Kontak Mariana Ludike (012-567-3721).

NIE-GEMEENTELIKE AKTIWITEITE

• Florauna Senior Sorg & Ouetehuis – 24 uur mediese versorging, dagsorg, korttermyn vakansie sorg in ‘n veilige, liefdevolle omgewing. Kontak 083-227-3370 of [email protected].

KOM RAAK BETROKKE

Ons benodig dringend lidmate by die volgende aktiwiteite sodat die werk van die Here kan voortgaan:

• Danville uitreik – Persone wat betrokke wil raak by die kinderbediening of volwasse bediening wat vaardigheidsklasse insluit, kontak Madelein Heyns (082-959-9671) of Johan Ackerman (082-472-2153).

• Elektroniese Sangbord –Persone word stééds dringend benodig by die 08:00 diens in die kerk asook die 09:30 diens in die jeugsaal. Dit is ‘n baie eenvoudige program en opleiding word gedoen tot u heeltemal vertroud is daarmee. Hoe meer persone daar is, hoe minder beurte is daar vir elkeen. Ek vra asseblief dat u dit regtig sal oorweeg. Kontak Martie van der Walt – 082-744-5698.

• WhatsApp Gebedsgroep – Ons gemeente het ‘n WhatsApp gebedsgroep wat bid vir lidmate en sake in ons direkte omgewing. Almal bid saam maar op jou eie tyd. Geen “gevleuelde woorde” of gemorspos nie. As jy wil deel word van die groep, SMS jou naam en nommer na ds. Louis Lemmer (082-929-0244).

KUIERMARK NUUSBRIEF

Teken die datums aan: Drive-thru-ete: 26 MEI 2017 Kuiermark: 3 JUNIE 2017

• Stalletjies te huur – Indien jy belangstel om ‘n stalletjie by die Kuiermark te huur om items uit te stal en verkoop, kontak vir Janine Joubert (012-548-1245) tydens kantoorure (07:30-13:00). Geen kosstalletjies word uitverhuur nie.

• Kuiermarkinligting – Die kerkraadslede is besig om deur hulle wyke te beweeg met inligting

oor wat alles benodig word om van ons Kuiermark ‘n sukses te maak. Elke gemeentelid se positiewe bydrae is belangrik om van hierdie dag ‘n sukses te maak! Daar word nie net produkte en skenkings benodig nie, maar ook die hande en voete op die dag om die stalletjies te beman. Indien u geen kerkraadslid in u wyk het nie, kontak die kerkkantoor (Janine Joubert – 012-548-1245) om te hoor wat nog benodig word en waar nog hulp verleen kan word. Hou die afkondigings dop vir meer besonderhede.

• Pryse en Borge – Ons benodig dit vir die verskillende aktiwiteite en speelapparaat, ook om behoeftige kinders te borg (R150 per kind) om hulle sodoende die geleentheid te gee om hierdie dag saam met ons te kom geniet.

• Snuffelhoekie – Gemeentelede is welkom om reeds nou al gebruikte items soos bv. boeke, klere, kombuisitems ens. by die kerkkantoor te kom aflaai.

• Geskenketafel – Begin reeds nou om met vlytige handwerk items te maak vir die geskenketafel.