police gazette 1-02

27
Die Polisieveteranekoerant Die Polisieveteranekoerant Die Polisieveteranekoerant Die Polisieveteranekoerant – The Police Veterans’ Gazette The Police Veterans’ Gazette The Police Veterans’ Gazette The Police Veterans’ Gazette Die Polisieveteranekoerant Nuusbrief vir SAP-Veterane en – Familielede Newsletter for SAP-Veterans and – Family The Police Veterans’ Gazette Nie-Amptelik Vol 1 No 2 Versprei verder na Hartelus! Sondag 13 Junie 2010 Sunday 13th June 2010 Not Official Vol 1 No 2 Copy and send along! Editor/Redakteur: Hennie Heymans [email protected] Pretoria 012 -329-4229 Primary Objective The primary objective of the newsletter is to maintain true comradeship between the men and women who served within the South African Police Force, their families and other interested persons and parties that have an interest in the former South African Police Force. This newsletter, although originating from the Republic of South Africa is not in any way an official mouthpiece of the former South African Police Force. This newsletter is the voice of police veterans, their dependents and their family and friends. Secondary Objective The secondary objective is, to foster and to promote interaction between veterans and their various vested interests. PLEASE NOTE that the opinions expressed in this newsletter are not necessary the opinion of the EDITOR. Names of the persons submitting articles or letters are shown. 1. WELKOM Baie welkom by ons tweede uitgawe van ons “Internasionale” Polisiekoerant! Ons hoop steeds u gaan deelneem sodat hierdie poging geslaag sal wees. Ons is verstom oor die netwerk van SAP-Veterane en oud-polisiemanne wat oor die aardbol versprei is. Ons het almal vreeslik baie kontakte en wanneer ons almal met almal konnekteer het ons ‘n yslike netwerk reg om die aardbol!!! Lees gerus wat u wil lees en ignoreer dit waarin u nie belangstel nie! Ons sal probeer om vir almal se smaak ietsie beskikbaar te stel. 2. GEDAGTE VIR DIE WEEK: Word aan u gebring deur brig (ds) Jan Venter – Kaapstad: Gaan, met die Woord in jou hand en die Here in jou hart. Liewe vriende en kollegas: Toe Genl Booth op sy sterfbed lê, het 'n skare buite gewag. Toe hy sy laaste asem uitblaas het iemand 'n kennisgewing in sy venster geplaas: Die generaal het sy laaste swaard neergelê. Hierdie buitengewoon begaafde mens, spreek tot elkeen van ons. As ek my laaste asem uitblaas, dan eers is my taak afgehandel. Toe Gideon, bewus van

Upload: hennie-heymans

Post on 14-Mar-2016

315 views

Category:

Documents


15 download

DESCRIPTION

police Gazette Volume 1 Issue 02

TRANSCRIPT

Page 1: Police Gazette 1-02

Die Polisieveteranekoerant Die Polisieveteranekoerant Die Polisieveteranekoerant Die Polisieveteranekoerant –––– The Police Veterans’ Gazette The Police Veterans’ Gazette The Police Veterans’ Gazette The Police Veterans’ Gazette Die Polisieveteranekoerant Nuusbrief vir SAP-Veterane en –

Familielede Newsletter for SAP-Veterans and –

Family

The Police Veterans’ Gazette

Nie-Amptelik Vol 1 No 2

Versprei verder na Hartelus!

Sondag 13 Junie 2010 Sunday 13th June

2010

Not Official Vol 1 No 2

Copy and send along!

Editor/Redakteur: Hennie Heymans

[email protected] Pretoria 012 -329-4229

Primary Objective The primary objective of the newsletter is to maintain true comradeship between the men and women who served within the South African Police Force, their families and other interested persons and parties that have an interest in the former South African Police Force. This newsletter, although originating from the Republic of South Africa is not in any way an official mouthpiece of the former South African Police Force. This newsletter is the voice of police veterans, their dependents and their family and friends. Secondary Objective The secondary objective is, to foster and to promote interaction between veterans and their various vested interests. PLEASE NOTE that the opinions expressed in this newsletter are not necessary the opinion of the EDITOR. Names of the persons submitting articles or letters are shown. 1. WELKOM Baie welkom by ons tweede uitgawe van ons “Internasionale” Polisiekoerant! Ons hoop steeds u gaan deelneem sodat hierdie poging geslaag sal wees. Ons is verstom oor die netwerk van SAP-Veterane en oud-polisiemanne wat oor die aardbol versprei is. Ons het almal vreeslik baie kontakte en wanneer ons almal met almal konnekteer het ons ‘n yslike netwerk reg om die aardbol!!! Lees gerus wat u wil lees en ignoreer dit waarin u nie belangstel nie! Ons sal probeer om vir almal se smaak ietsie beskikbaar te stel. 2. GEDAGTE VIR DIE WEEK: Word aan u gebring deur brig (ds) Jan Venter – Kaapstad: Gaan, met die Woord in jou hand en die Here in jou hart. Liewe vriende en kollegas: Toe Genl Booth op sy sterfbed lê, het 'n skare buite gewag. Toe hy sy laaste asem uitblaas het iemand 'n kennisgewing in sy venster geplaas: Die generaal het sy laaste swaard neergelê. Hierdie buitengewoon begaafde mens, spreek tot elkeen van ons. As ek my laaste asem uitblaas, dan eers is my taak afgehandel. Toe Gideon, bewus van

Page 2: Police Gazette 1-02

sy eie nietigheid, twyfel aan sy eie vermoë, het die Here vir hom 'n tweërlei boodskap gegee: Rigters 6:14: "Gaan met die krag wat jy het." Gebruik die gawes wat die Here jou gegee het. Gaan in die krag van jou ontmoeting met die Here. Gaan, met die Woord in jou hand en die Here in jou hart. En die tweede: (vs.16) "Ek is by jou." Juis wanneer jy magteloos voel, wanneer die uitdagings te veel word: "EK is met jou." Kom ons dink in ons gebede aan hulle wat elke dag hulle lewens waag vir andere se veiligheid. Dink aan die pad wat u geloop het. U stryd is nog nie klaar nie. Die kennisgewing is nog nie in die venster nie!!! Hierdie beriggie is vir ons oudkollegas wat ver in die wereld moet dien. Maak nie saak waar u is nie; die SAP-kapelaan sal u vind! 3. VOORBIDDING – WEL EN WEE 3.1 STERFGEVALLE 3.2 DIE SIEKBOEK Ons dink aan die volgende en dra hul in ons gebede op aan Ons Hemelse Vader:

• Johan Ferreira – is besig om te herstel van kanker in sy kolon. Hy reageer goed op die behandeling wat bestraling en chemo insluit. Sterkte aan Johan en Nettie.

• Genl en mev JV van der Merwe – hulle het beide griep onderlede. • Royce Merton – herstel goed na sy operasie. • Die redakteur – hy sien alles net met een oog! Abses bokant sy oogtand. Die tand is

verwyder en die gesig het opgeswel. 3.2. VERJAARSDAE - Tertia van der Walt - 10 Junie 2010 - Brig (Ds) Jan Venter – 17 Junie 2010 - Luit-kol Sakkie Kotze- 16 Junie 2010 - Dossie Bell – 18 Junie 2010 Verwittig asb die redakteur van enige sterftes, siektes en verjaarsdae. 4. SAP 55 – VERMISTE KOLLEGAS: WAAR IS HULLE NOU? 4.1 Fritz Rost “Probeer steeds die ouers van Konst. H. Kuhn van Germiston opspoor wat in 1982 tydens grensdiens die hoogste prys betaal het! Indien jy weet waar hulle is of hulle ken kontak my asb! Copy en paste dan ook op jou profiel asb! [email protected]” 4.2 Brig Duveen Botha: Is daar miskien iemand wat ons kan vertel hoe dit met Tannie Duveen, daardie sprankelnde persoonlikheid van die Mag, gaan? Ek het voorreg gehad om saam met haar te Veiligheidshoofkantoor te werk. Sy was toe ’n tydelike lid en kon by die teetafel wonderlike stories oor die Mag en sy Dames vertel. 5. AANGELEENTHEDE WAT ONS RAAK

Page 3: Police Gazette 1-02

5.1. Die Oud SAP-lede Liefdadigheidstrust (NOW/NPO 006-532) Vriende word gevra om die 11 de September 2010 DV te dagboek vir die jaarlikse skaapbraai. Hoogste bod: Ons het twee boeke deur Paul Els en deur hom geteken, asook deur die Trustees en die skenker van die boeke, Willie du Plessis. Meer inligting volgende week! 5.2. Genl JV vd Merwe: Boek: Trou tot die Dood Genl Van der Merwe se boek "Trou tot die Dood" gaan DV hierdie maand verskyn. Meer inligting volg sodra dit van die uitgewer beskikbaar kom. 5.3. Ons oud-Koevoet-lede op Vingerkraal ’n Welsyn Organisasie, Cradle of Hope (NPO 062-511; PBO 930-027-742) het nou uitgereik na hierdie nedersetting te Vingerkraal. Sommige van hierdie mense verkeer in nood. Hulle was nie staatsamptenare nie – maar dagloners. Leon Bezuidenhout het gereel dat ’n monument te Vingerkraal opgerig sal word. Ons soek steeds twee borge: (1) Om ’n reuse graniet klip van Brits na Vingerkraal te vervoer. Die vragmotoer moet verkieslik met ’n hyskraan toegerus wees en (2) Om ’n stukkie plaveisel waar die klip geplaas sal word, beskikbaar te stel . Kommentaar: Die elende is hoog. Foto’s is te Vingerkraal geneem. Cradle of Hope sien om na 32Bn se mense en sal ook hier help. Cradle of Hope het in hulle boeke ’n spesiale rekening vir Vingerkraal geskep.

160 van hierdie oud-Koevoet lede het tydens die bosoorlog gesterf terwyl 949 beseer is. Ons het die name van hierdie lede intussen bekom.

5.4 International Police Association (IPA): Denn Alberts: Huis Johan Rissik: Pretoria Lidmaatskap tov die IPA beloop R115 pj. Johan Rissik-huis is 7 dae per week oop. Etes en drankies is beskikbaar teen "Polisie" pryse. Die huis word weekliks gebruik vir konferensie - die buitelig lapa word verhuur (aan nie lede) vir troues funksies ens ens . 5.4.1 IPA Vereer Piet Byleveld: Denn Alberts: Die alom bekende Brigadier Piet Byleveld is op 2010/5/20 deur die IPA Hoofkantoor by Nongqua tak Pretoria met die gesogde "IPA WORLD POLICE PRICE" bekroon wat betrekking het op sy sukses met reeks-moorde . Piet Byleveld tree die einde van hierdie maand uit die Polisie uit. 5.5 Louis Lubbe: Boek oor die Grens Louis Lubbe is ook besig met ’n boek oor die Polisie op die grens. 5.6. Mnr Bruce Jones: Geskiedenis van Pretoria-Noord Die Pretoria Biblioteek het Bruce Jones na ons verwys. Hy doen navorsing tov die geskiedenis van Pretoria-Noord. Mense soos brig MJ “Jackson” van Zyl het ’n groot rol in Pretoria-Noord gespeel. Op sy dag was hy die takbevelvoerder van die KOD en hy het bykans ‘n 100% oplossingssyfer vir misdaad gehad. Brigadier Jackson het homself beywer vir ’n landdroskantoor vir Pretoria-Noord. Ook is daar ’n polisie-distrik geskep. Andre

Page 4: Police Gazette 1-02

Beukes het ons vertel van die leggandariese Dr Fritz wat ’n leeu daar gehad het. Die leeu het soms ’n karretjie getrek en dan was daar niemand in Pretoria- Noord nie!!! Die winkels het dan by die polisie gekla. Enige inligting tov die geskiedenis tov Pretoria-Noord sal waardeer word. 5.8. Die Bejaardesorgfonds vir Personeel van die SAPD bestaan al vir 25 jaar! Op 23 Februarie 1983 is die Bejaardesorgfonds vir Personeel van die SAPD (BSF) in die lewe geroep. Die eerste fondinsamelingsfunksie in die vorm van ‘n Kaas- en -Wyn ete, is van alle plekke, by ‘n vulstasie gehou! Danksy hierdie funksie en ‘n straatverkoping is die Fonds se eerste R3000 ingesamel. Oor die afgelope 25 jaar het die BSF in ‘n Artikel 21 Maatskappy ontwikkel. Hierdie is ‘n nie-winsgewende maatskappy wat a-polities is. Die hoofdoelstelling van die BSF is om die maatskaplike welsyn van die afgetrede personeel van die Suid-Afrikaanse Polisiediens te bevorder en om dienende lede voor te berei op aftrede. Die Bejaardesorgfonds vir Personeel van die SAPD is die enigste fonds wat nasorg bied aan sy afgetrede werknemers. Geen ander departement, organisasie of instelling is begaan of bekommerd oor hul werknemers na aftrede nie. Dink hier byvoorbeeld aan ‘n persoon wat by ‘n bank gewerk het en met pensioen uittree – hy kry miskien net ‘n handdruk maar daar is verder geen bemoeienes nie. Die BSF word daagliks gekonfronteer deur afgetredenes met onvoldoende fondse om in hul basiese behoeftes te voorsien, wat dikwels die gevolg van omstandighede buite hul beheer is. Vroeë aftrede en swak gesondheid is maar enkele voorbeelde hiervan. Oorlewing kan nie losgemaak word van finansies nie en dus is gebrekkige inkomste ‘n geweldige stresfaktor in die lewe van menige bejaardes. Hierdie bejaarde, dikwels sonder die nodige innerlike kragte of ondersteuning, is die bejaarde wat by ons om hulp aanklop. Sommige van dié bejaardes het geen onmiddellike familie nie. Sommige het kinders, maar dié is self al bejaard en het ook nie die nodige finansies om te ondersteun nie (bejaarde is 95 jaar oud en haar dogter 75 jaar oud). Die BSF word ook gekonfronteer met situasies waar hul kinders oorlede is en die bejaarde na die kleinkinders moet omsien. In die praktyk vind ons dat kinders oor die algemeen nie hul bejaarde ouers finansieel kan bystaan nie. Hulle het waarskynlik nog kinders op skool/universiteit en bou self aan hul aftrede. Ander hulp word dus van die kinders verwag bv. vervoer, versorging, koop van kruideniersware. Die Direksie en personeel poog om vanuit ‘n holistiese benadering na die behoeftes van afgetrede personeel (bejaardes) van die SAPD om te sien en waar nodig intervensie te doen. Die BSF plaas ‘n hoë premie op persoonlike kontak aangesien ons ‘n pad met so ‘n bejaarde stap. Die feit dat ons werklik betrokke is by die bejaardes en hulle nie slegs finansieel ondersteun nie, verleen uniekheid aan die Bejaardesorgfonds. Die toestaan van finansiële hulp is aan ’n vasgestelde kriteria onderworpe. Ons ontvang aansoeke om noodleniging vanuit verskeie bronne bv. “word of mouth”; bejaarde self; deur persoonlike besoeke, gereelde telefoonoproepe; Instansies soos bv die Bond. Aansoekers se finansiële situasie word deeglik ondersoek, daar word gekyk na alternatiewe, sekere dokumente word verlang en ‘n komitee maak ‘n beslissing wat dan 1

Page 5: Police Gazette 1-02

jaarliks hersien word – indien die bejaarde se omstandighede drasties verander het, sal die moontlike toekenning weer oorweeg/aangepas word. Hier kan ons net noem dat finansiële hulp nie ‘n pensioen is nie, nie vir skuld aangewend word nie en ook nie vir luukses nie. Ons finansiële ondersteuning is uitsluitlik aanvullend en is bedoel om kos op die tafel te plaas, ‘n dak oor die kop te hê en klere aan die lyf, met ander woorde om menswaardig te kan leef. Afgesien van finansiële ondersteuning aan bejaardes in nood, lewer die BSF verder uitgebreide dienste wat onder andere die volgende insluit: Skakeling met mediese- en pensioenfonds Gereelde skakeling met Tehuise vir Bejaardes en Versorgingsoorde Hier hou ons ‘n adreslys by van alle aftree-/versorgingsoorde. Waar moontlik sal die bestuurder / matrone besoek word en saam met die bejaarde en sy familie sal besluit word oor moontlike plasing. Hulp met die verkryging van hulpmiddels soos byvoorbeeld rolstoele en doeke, word geïdentifiseer tydens gereelde kontak; besoeke of telefonies. Ondersteuning en hulp met die afsterwe van ‘n lewensmaat. Die verlies van ‘n lewensmaat bring nie net hartseer mee nie maar dikwels ook kommer oor finansies. ‘n Diens waarop ons dus baie gesteld is, is ons betrokkenheid ná die afsterwe van ‘n lewensmaat. Hier verleen ons, indien nodig, tydelike oorbruggingshulp en praktiese hulp met afhandeling van dokumente soos byvoorbeeld Pensioen en Polmed. Adri besoek elke Vrydag die kantore van Pensioene en Polmed om te verseker dat pensioen inbetaling sonder haakplek verloop en om navrae/rekeninge met Polmed uit te klaar. ‘n Paar voorbeelde: 1. Eggenoot is oorlede, weduwee is nie in staat om dokumente te voltooi nie en 10 maande na die afsterwe word ons kantoor in kennis gestel. Hier is nie finansiële nood nie maar in die tydperk na die afsterwe is die water en elektrisiteit afgesny, algemene verwaarlosing het ingetree en Polmedlidmaatskap is gestaak. ‘n Dogter woon baie ver maar sal nou aandag gee. Die weduwee is 3 keer deur ons kantoor besoek voordat dokumente gereed was vir indiening. 2. Deur die betrokkenheid van die IPA kon ons ‘n bejaarde behulpsaam wees met plasing by ‘n versorgingsoord – lys van oorde. 3. ‘n Ander voorbeeld om BSF se betrokkenheid te beklemtoon: ‘n bydraer was al vir ‘n paar maande oorlede, maar het steeds bygedra. Ons kon telefonies in verbinding tree met sy seun en die bankrekening is gesluit. 4. Werklike geval: Dag-tot-dag/Akute medikasie limiet is uitgeput, konsultasie, inspuiting en medikasie beloop gou R1 000. Waar moet die siek, sorgbehoewende bejaarde heengaan? Voortgesette kontak en emosionele ondersteuning deur middel van besoeke en telefoonoproepe. Met ons klub 80, 90 en 100 is die oogmerk om persone vanaf 80 jaar en ouer te besoek wanneer moontlik en gedurende die jaar met telefoongesprekke op te volg.Van hierdie bejaardes ontvang geskenkies/ sertifikate en boodskappe van Radio RSG, om erkenning aan die besondere persone te verleen.

Page 6: Police Gazette 1-02

Deur middel van volgehoue kontak word die BSF-personeel bewus van behoeftes en is ons daar om in moeilike tye uit te reik en hulp te verleen om probleme op te los wanneer nodig. Met die hulp van instansies soos die Bond vir Oud Polisiebeamptes, die Generaalsklub, Brigadiersklub, damesklubs, SAPD, IPA en vele meer, word bejaardes in nood by ons kantoor aangemeld. In samewerking met genoemde instansies word sulke bejaardes ondersteun. “Betrokkenheid by ons bejaardes,” is ons leuse en om dit gestand te doen, word daar op die uitbreiding en instandhouding van netwerke gefokus. Ons wil graag nuwe projekte loods wat die lewens van bejaardes sal verryk en vereensaming sal teenwerk. Die BSF is afhanklik van donasies wat gemaak word deur dienende en afgetrede personeel van die SAPD, sowel as finansiële ondersteuning wat vanuit die privaatsektor ontvang word. Elke donateur wat die BSF met so min as R15 per maand ondersteun, kom vir die volgende donateursvoordele in aanmerking: Afslag op vakansies by Port Edward Vakansieoord te KwaZulu-Natal Afslag op BSF-items wat by die Waterkloof Hoewes perseel verkoop word, byvoorbeeld ID-kaart houers; dagboeke, beursies, stewels, kluise, holsters en resepte boeke. ‘n Geleentheid om kontantpryse te wen tydens maandelikse prystrekkings. Kontantpryse word persoonlik aan pryswenners oorhandig wat die BSF ‘n ander geleentheid bied om bemarking te doen. Prima Donateurs (persone wat ‘n donasie van R50 of meer per maand maak) ontvang jaarliks ‘n gratis dagboek sowel as addisionele afslag op artikels wat te koop aangebied word. Om fondse verder aan te vul is die BSF ook met die volgende gemoeid: Die verkoop van nisse in samewerking met die Voortrekkermonument Projek. Begraafplase het onveilig geword om te besoek en word ook nie in stand gehou nie. Die gedenkmuur by die Voortrekkermonument is veilig met 24 uur sekuriteit, word pragtig in stand gehou en bied ‘n mooi, rustige atmosfeer. Die verhuring van ons Waterkloof Hoewes perseel wat ‘n ideale lokaal is om bekostigbare funksies, vanaf troues tot konferensies, aan te bied. Die BSF nooi u hartlik uit om by ons betrokke te raak. Adri Harmse: Veldwerker Bestuurder: Rina van Niekerk

5.9 POLNUUS : KWAZULU-NATAL (No 2) 1.NUUSBROKKIES...VAN KWAZULU NATAL Dana Kruger rapporteer dit heelwat terugvoering ontvang was van oudlede wat die eerste nuusblad ontvang het....en het te kenne gegee dat hulle meer oud lede sal kontak om die weeklikse nuusbrief te kan ontvang. Oud lede kan ook met Dana Kruger op [email protected] kontak maak vir die plasing van artikels en nuuswaardighede. 1.1. DANA KRUGER VERSAMELING VAN POLISIE “MILITARIA”: Dana Kruger is opsoek na na die volgende : 1.1.1 Ou SAP uniformstukke, kamoefleerdrag, offisierspette/ hoede ( mans en vroue) , knope ,

Page 7: Police Gazette 1-02

petwapens ,uitrusting en toerusting ens. , 1.1.2 Ou polisie tydskrifte en fotos, 1.1.3 Enige ornament item of plaque van die S.A.P. Dana Kruger is besig om artikels bymekaar te maak om 'n 'mini museum' in te rig en sal enige bydrae verwelkom....hierdeur verseker hy dat dit bewaar sal word as deel van “ons” GESKIEDENIS. Dana Kruger kan op [email protected] of op FB gekontak word. 2 DANA KRUGER HET DIE VOLGENDE GROEPE OP FB BEGIN:- 2.1 SOUTH AFRICAN POLICE DOG TRAINING CENTRES- 335 LEDE: Die Suid Afrikaanse Polisie honde-afdeling is een van die oudste polisiemagte ter wêreld wat honde as hulpmiddel in die bekamping/ondersoek van misdaad aanwend.Die eerste polisiehonde wat opgelei was het op 1907 begin op die plaas by Irene deur Mnr. Cornelius Kuyper. Van daardie tyd het die honde in die SAP net gegroei tot 'n Mag wat oor verskeie tipes honde beskik wat vir vele misdaad situasies aangewend kan word. Ek sal weekliks die verskillende aspekte rondom polisiehonde in die SAP met u bespreek, vir oud lede wat nie op hoogte is oor hierdie aspek van polisiëring in die SAP.

Ek dink die Natal Police was die eerste om polisie-honde in Suid-Afrika aan te wend. Henry het ook vir die Natal Police die Vingerafdrukstelsel begin. Op ’n stadium het die Natal Police meer vingerafdrukke as Scotland Yard gehad! – Hennie Heymans

2.2 SOUTH AFRICAN POLICE TRANSPORT _ YESTERDAY ,TODAY AND TOMORROW - 491 LEDE: Vervoer is en was nog altyd die grootste hulpmiddel vir polisie beamptes in die SAP om hul taak te kan uitvoer. Sonder vervoer , is dit maar moeilik om misdaad te bekamp en misdadigers aan te keer. Hierdie groep het dit ten doel om u weer 'n terugblik te gee oor vervoer en die rol wat dit binne die SAP speel en gespeel het oor dekades....Later sal die rol wat diere in die SAP ook hierby ingesluit word...diere was en word nog steeds van onskatbare waarde geag in die SAP 2.3 SOUTH AFRICAN POLCE DOG UNITS KZN – 149 LEDE: Hierdie groep handel hoofsaaklik oor al die honde-eenhede in KWAZULU NATAL waaroor Dana Kruger bevel gevoer het.Hierdie eenhede is van onskatbare waarde in die S.A.P. en suksesse deur hierdie eenhede speel 'n belangrike rol en is enorm. Deur hierdie groep wil Dana Kruger erkenning gee vir die rol wat die lede daagliks in KWAZUL NATAL speel. 2.4 SOUTH AFRICAN POLICE DOG UNIT BENONI (EAST RAND) – 118 LEDE:

Page 8: Police Gazette 1-02

Hierdie groep deel hoofsaaklik met die honde–eenheid te Benoni en was dan ook die eerste honde-eenheid waar Dana Kruger diens as hondegeleider begin het. 2.5 SOUTH AFRICAN POLICE : MONUMENTS, POLICE GRAVES AND POLICE STATIONS – 299 LEDE: Dana kruger het die groep op FB begin wat ondermeer fotos van polisiestasies in Suid Afrika en ou Suidwes Afrika ,polisie monumente en grafte van polisielede dek.Daar kan selfs fotos van naamborde/rigtingswysers van polisiestasies geplaas word.Die groep het alreeds 299 lede wat oor die laaste paar dae aangesluit het.Kom sluit aan en stuur asb.uitnodigings aan al jul vriende en plaas asb. fotos van polisiestasies en ook fotos van ou polisiestasies wat alreeds toegemaak het sal verwelkom word.

Ek het ‘n Nongqai van 1924 ontvang en tov van polisiestasies die volgende: 1. ‘n Polisiestasie is te Swinburne geopen. (Ek het onlangs daar foto’s geneem van die ou polisiestasie aldaar.) 2. ’n Polisiestasie is te Onseepkans geopen. Naaste spoorwegstasie: Louisvale Siding. Ek lees die volgende in die Magsorder: “Distance from Railway Station: 170 miles. Postal address: SA Police Onseepkans, via Kakamas, District Kenhardt. Class Station: C.” Kan van die ou manne ons vertel hoe het die nuwe polisiekonstabel van die Depot af op Onseepkans uitgekom het? – Hennie Heymans.

3. MAAND BRAAI VIR OUD LEDE IN DIE DURBAN OMGEWING : Die maand braai vir die oud lede in die Durban omgewing was op 11/06/2010 by die IPA huis in Durban gehou. Die volgende oud kollegas het die braai bygewoon : 1. Fritz Brand 2. Frans Wilmans 3. Schalk Pienaar (Pine) 4. Frans Terreblance 5. Renier du Rand 6. Rodney Hilligan 7. Dana Kruger 8. Manie Kotze 9. Chips van Rooyen Hoe lyk dit met ‘n foto? Ek is seker ‘Chips’ en ek was saam op offisierskursus?- Red Die opkoms was nie goed nie maar kan dalk toegeskryf word aan die “sokker” ....en die feit dat dit na reën gelyk het hier in Durban......Daar is baie ou kollegas in Durban wat gerus die maandelikse braai kan bywoon....daar is regtig min geleenthede om nog met oudkollegas te kan

Page 9: Police Gazette 1-02

“social” ...daar word lekker gesels oor vergange se dae. GRAP VAN DIE DAG!! Mike was taking his two small dogs for a walk. A passing pedestrian paused and said, “nice dogs. Are they Jack Russels?” “No,” said Mike, “They're mine.” GROETNIS UIT NATAL DANA KRUGER 5.10. Ander Facebook Groepe Vir ‘n nostalgiese besoek die volgende webtuistes op Facebook. Hier laai ons ons foto’s op en u kan dit na hartelus besigtig: Hennie Heymans bestuur die volgende polisie-webtuistes op Faceboek: 5.10.1 Suid-Afrikaanse Polisie Afgetrede Lede – ons het 369 lede met generaal JV van der Merwe as beskemheer. Dit is ‘n geslote groep en ons het 1528 “polisie” foto’s al geplaas. 5.10.2 South African Police - Hall of Fame / Suid-Afrikaanse Polisie Heldesaal – ons het 1691 lede (30 meer hierdie week) met 559 foto’s op die webtuiste. Ons vriende van heinde en verre oor die aardbol versprei. C - Kolonel Eugene de Kock: 5.10. 3 Friends to free Col. De Kock. Ons het 1600 lede en dit is ook ‘n geslote groep. Indien u vir Eugene de Kock wil skryf of enige boeke wil skenk kontak gerus die redakteur vir nadere besonderhede. (Volgens persberigte het Pik Botha by Eugene de Kock besoek afgele. Ek het’n ‘gevoel’ dat Eugene de Kock binne die afsienbare toekoms moontlik vrygelaat gaan word.) D – Servamus: kyk gerus na die volgende webtuiste op Facebook en ondersteun brigadier Peet Nieuwoudt en sy direksie met: 5.10.5 SERVAMUS COMMUNITY-BASED SAFETY & SECURITY MAGAZINE - Annalise Kempen is die redakteur van Servamus. Hierdie is ook ‘n nuttige webtuiste om te besoek. Inskrywingsvorms vir Servamus is ook by by die Redakteur op aanvraag beskikbaar.

Page 10: Police Gazette 1-02

(Ek kan nie hierdie spasie weg krynie!)

5.11. Brigadiersklub van die Suid-Afrikaanse Polisie: 10 jaar oud: Brigadier Johnnie Zinzerling

Brig. Theuns Arlow (regs) ontvang 'n sertifikaat vir uitmuntende diens van brig. Willie Marais. Die sertifikaat is toegeken vir sy onbaatsugtige diens en leiding oor die afgelope 10 jaar. Die Brigadiersklub is die breinkind van brig. T B Arlow wie dan ook sedert stigting op 27 Mei 1999 die Voorsitter daarvan was. Die ‘ou’ rekenaar en die drukkersduiwel het hierdie foto nie verlede week nie by alle nuusbriewe geplaas nie – daarom word dit herhaal. 6. Research: Police History: 6.1 Police History: The Dillon-family in the SA Police Recently Hennie Heymans visited his paternal family in Van Reenen – Swinburne- Harrismith area. He paid a visit to the Farm Waterfall, near the little hamlet of Van Reenen

Page 11: Police Gazette 1-02

but Waterfall is situated in the Free State. The farm belongs to the Dillon Family. General Pat Dillon and his siblings grew up on this Free State farm. The Dillons are of Irish decent and the General’s father, as a Free State burger fought on the Boer side during the Anglo-Boer war!! I met Maureen Blignaut the daughter of the late Mickey Dillon. Mickey was the General’s brother. During the Second World War all Mr Dillon’s sons – there were four – fought “Up North”. Two sons, Pat and Mickey were members of the South African Police and they took the Red Oath and joined up. General Dillon was a 2/class Sergeant in the South African Police and went on UDF Officer’s Course. After training he was in the Police Brigade for a short period and then sent to a British Regiment. General Dillon was only made prisoner of war during 1944. Both Dillons who were in the Police became famous in their own right. On 26th August 1966 General Pat Dillon, then a Colonel, was in charge of the first clash with SWAPO at Umgulambashe in the North of south-west Africa. Some of my friends were also there: Major FLC Engels, Capt JJ Viktor, W/O “Sterk-Gert” Smit, Sergeant Des Welthagen and No 43607 Constable Johan Visage. (I was part of this Durban platoon but, to my regret, was not nominated to serve in the then South West Africa.) Later Pat Dillon became a General and was the first General to be in-charge of the “Opruk-eenheid.” General Dillon was a Roman Catholic and as such the first South African Police General of that denomination. He was “huisvriende” with the then Minister of Police, Adv BJ Vorster. Mrs Dillon teached Mr Vorster Afrikaans! Mickey Dillon was also a hero in his own right. One only has to read his obituary in the Moth Magazine and Free State Newspapers. One of his claims to fame is he served in the Police Motor Cycle Squad in Abyssinia and later in the Desert. He shot down two German attack aircraft with his Bren-guns that were mounted on his Motor-cycle. (He was never mentioned in dispatches or anything. ) Captain Billy Cox – one of our happy band of former SAP Members has told me about his father who also served in the SAP Cycle Squad with the SA Armour in Abyssinia and in the Desert. Maureen was quick to show me a Troop Photo of our Men. I recognized quite a few – amongst them Head-Constable WB “Bill” Joyner and also there was Billy’s father on the picture as well. We are waiting for a copy of Mickey’s diary because he also mentions Billy’s father, Const Cox, in his memoirs. What makes the research so interesting is that four young recruits from Van Reenen joined the South African Police – they were Pat and Mickey Dillon, AJ ‘At” de Villiers – son of the local Station Commander – and my father. My father loved the police from an early stage – once my grandfather put all my father’s personal property on a wheelbarrow with my Dad’s rooster right on top of the luggage and sent the servant with everything down to the local police station. A message was relayed to my father that he should relocate to the

Page 12: Police Gazette 1-02

police station. “Oom At” later became my officer in Durban South and the fact that I knew him was regarded as extenuating circumstances! He gave me a very hard time – but he was very fair!! “Oom At” was also present when Lieut Jonker and a Police Constable were murdered at Witsieshoek. He told the story to my Father but I cannot recall the finer details. “Oom At’s” father and his two brothers slipped away from their farm – also Waterfall next to the Dillons – and joined their father at Spioenkop during the Anglo-Boer War. On their way the “penkoppe” who had one rifle amongst them succeeded into “hensopping” an armed Tommie. One of our great detectives in Durban, Oom Daan Wessels, also comes from this area from the farm Kiesbeen – but he was a few years younger than the other four! For those interested in the exploits of our men in Abyssinia please also refer to “Military History Journal” Vol 10, No 1 and SA ISSN 0026-4016: Harley’s in Khaki: South Africa’s Harley Davidsons in the Second World War – E Mendel (pp 20 - 24). This is fascinating reading.

• Oom Daan het intussen Kiebeen naby Swinburne, weens mediese redes verlaat. Hy is intussen met Magda getroud en hulle woon in Durban op die Bluff. Oom Daan het een van die moordsake op die polisie in Cato Manor ondersoek. Dana kan gerus hierdie ou veiligheidsman en speurder besoek!

6.2 Polisie Geskiedenis: Paul Els Paul Els wat die wonderlike gawe ontdek het om te weet wanneer om op te hou met sy navorsing en wanneer om te begin skryf!! - is besig met ‘n boek oor bekende “Generaals en Sersante-majoor”. Hy vra hulp van die polisie se kant. My twee kandidate sersante-majoor (hoofkonstabels) is mnr Bill Joyner en Oom Fred Geldenhuis. Oom Fred Geldenhuis was onder andere genl “Sterk-Hans” Dreyer se troepsersant. Oom Fred het na aftrede by die SAW aangesluit en daar ook grensdiens in Prince Alfred’s Guard verrig. Hy het benewens die trouediens medlajes, en oorlogsmedaljes ook die MM, die MMM, ’n eervolle vermelding in die oorlog en ’n sertifikaat van genl Pierre van Reyneveld ontvang. Oom Fred was ook op sy dag die tromboermajoor in die Depot. Generaals sonder twyfel: genl’s IP de Villiers, Bobby Palmer, John Keevy, Lang-Hendrik van den Bergh, Pat Dillon, Mike Geldenhuis, Johan Coetzee en Louis Snyman om ’n paar te noem. In die SA Polisie is daar wel ook ’n paar adjudant-offisier helde – die redakteur wag vir nominasies en geskiedenisverslae. 6.3 “Suiker” Brits se Boek: Suiker se boek se titel sal waarskynlik "Aquila Muscas non Capit" wees – sien die possak vir verder besonderhede oor die boek.

Page 13: Police Gazette 1-02

6.4 Len Els: Boek: Humor in die Hof. Stuur gerus staaltjies in mbt petaljes in die Hof. 6.5. Koevoet: The Men Speak: Jonathan Pittaway Johnathan Pittaway is besig met ‘n boek oor Koevoet. Beginselgoedkeuring is by die voormalige kommissaris van polisie, genl JV van der Merwe en by generaal Dreyer self gekry. Die boek vorder fluks met Hennie Heymans en Sakkie van Zyl wat behulpsaam is. 6.6 KOD: SAP Hillbrow: Koot van Schalkwyk dink terug: Oom Koot gesels oor Hillbrow polisiestasie: Oud-kolonel Du Plessis was die distrikspeuroffisier van Hillbrow in die 70-tiger jare, hy het altyd gese: "Hillbrow is ‘n Paradys vir n jong speurder want in Hillbrow vind alles plaas”!! Hy was ook nie verkeerd nie, daar was alle misdaad onder die son gepleeg en daar het baie dinge gebeur om oor te skryf. Op Hillbrow was daar elke nag ‘n speurder op versoekdiens. Die speurder is verantwoordelik vir alle sake wat daardie aand gerapporteer is. Ek was een nag gedurende 1974 die speurder op versoekdiens. Ek kry toe ‘n oproep dat ‘n vrou selfmoord gepleeg het deur van ‘n gebou af te spring. Op die toneel het ek ‘n vrou gekry wat geklee was in ‘n rok, sy het ‘n pruik gedra met lang blonde hare. Nadat ek die nodige ondersoek werk gedoen het en die nodige vorms ingevul het (Geslag: Vrou) en die lyk aan konst. Niemand uitgeken en oorhandig het, is ek terug na Hillbrow speurderskantoor. Ek was skaars daar toe Konst. Niemand van die lykshuis my bel en se ek moet kom kyk, daar is komplikasies met die lyk wat hy van my ontvang het. Daar het konst. Niemand die kaal liggaam aan my getoon. Die geslag was manlik en nie vroulik nie. Hy het ook die pruik afgehaal en ek het gesien dit was ‘n man. Ek het toe die geslag op die vorm verander na manlik. Met verdere ondersoek is vasgestel dat die oorledene homself soos in vrou vermom en met mans verkeer het. “Haar” huidige kerel het vas geglo dat sy ‘n vrou is. Ek is ook deur haar voorkoms oortuig dat dit ‘n vrou is. Hy was nogal “baie mooi” soos hy homself vermom het. Die volgende dag is die nadoodse ondersoek dossier ook aan my toevetrou vir verdere ondersoek. Ek sal graag van Gert Niemand van Hillbrow Lykshuis wil hoor oor hierdie storie. Gert Niemand het ook afgetree as uniform adj./offisier. Miskien is daar van die oud-kollegas soos Billy Cox wat weet waar Oud Adj.Off. Gert Niemand hom tans bevind, ek sal graag van hom wil hoor.!!!

- Vir die wat vergeet het: die “KOD” is die kriminele ondersoek departement. Wat noem hulle die speurders/speurdiens vandag? Is dit MOD?

6.7 Geskiedenis van die Veiligheidstak van die Suid-Afrikaanse Polisie Hennie Heymans is besig om die geskiedenis van die Veiligheidstak van 1900 tot 1990 (toe die ANC ontban is) na te speur en aan te teken. Die geskiedenis van die Zarp’s se Geheime Diens is vir ’n doktorale verhandeling reeds deur brig-genl Kamfer (van die SANW) voltooi. ’n Reuse taak le voor en die meeste van die geskiedenis is reeds nagevors. Die Spesiale Taakmag van die Suid-Afrikaanse Polisie was aanvanklik ’n integrale deel van die Veiligheidstak. Hierdie geskiedenis moet ook aangeteken word. Die eenheid was ook by koverte oorlogvoering betrokke. Omdat baie van die veiligheidstak se werk in waterdigte kompartemente geskied het, is sekere dele redelik van die veiligheidstak se werksaamhede en

Page 14: Police Gazette 1-02

suksesse onbekend. Dit is bekend dat kol Robbie Jubber met ’n medalje deur die staatspresident vereer is vir sy rol in teen-spioenasie. Daar is min oor die meer “moderne” teenspoienasie-afdeling bekend. ’n Groot deel van brig TJ “Rooi Rus” Swanepoel se werksaamhede is ook onbekend. Miskien is daar iemand wat kan help? Hierdie offisier het reuse werk verrig en groot dele daarvan is onbekend. Die geskiedenis van Vlakplaas is ook al goed nagevors – sekere dele van die plaas se geskiedenis ontbreek egter. Die plaas het aan brig Vic Stewart en sy broer behoort. Goeie samewerking is al ontvang van oudlede. Een van die veiligheidstak se probleme is die wan- persepsie wat oor hierdie elite eenheid bestaan. Na die polisie-geskiedenis moet daar eerlik en objektief gekyk word sonder enige sweem sensasie. Die realitiete van die werklikheid wat die polisie in die gesig gestaar het, moet ook nie buite rekening gelaat word nie. Die veiligheidstak het ongeveer 3 000 lede gehad en was ’n ware Gideonsbende waarop die regering kon staatmaak! Word die wandade objektief ontleed is daar maar ’n geringe persentasie lede wat hulle aan wandade skuldig gemaak het, aldus ’n navorser by die Universiteit van die Witwatersrand. 6.8 Die konflik van die Verlede: Genl JV van der Merwe Om die veiligheidstak se probleme in perspektief te sien het genl van der Merwe ’n dokument opgestel in beide Afrikaans en Engels oor die konflik van die verlede. Die Suid-Afrikaanse Polisie het ’n reuse taak in die teen-rewolusionere konflik vervul. Juis omdat die veiligheidstak so suksesvol was, is dit deur die linkse media beswadder!!! Onthou net ons was nie meer boos as enige ander volk in die wereld nie!! Daar is ander partye in dieselfde oorlog wie se hande ook nie skoon is nie! Meer oor waar u hierdie dokument kan bekom sal later bekend gemaak word. 7. Redaksioneel: “Hennie se Lessenaar” Hierdie blad het een soutsuur toets, nl: “Is dit in die belang van ons oud-lede?” Natuurlik verwelkom ons ook dienende lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat in die wel en wee van die “ou” mag belangstel. In die Nongqai lees ek dat die ‘ou’ South African Constabulary 40 jaar na sy ontbinding in 1908 steeds jaarliks ’n dinee gehou het om die destydse Mag te bestaan te vier. So het die FMAP ook vir jare vergader tot die lede in die niet verdwyn het. Ek het die aantreklike spyskaarte in die museum te Fort Beaufort bestudeer en afgeneem. Vele van die spyskaarte is onderteken deur gewaardeerde kollegas.

- Net ’n gedagte: Ek was vir ’n leeftyd ‘n offisier in die Suid-Afrikaanse Polisie. Ek mis die Pretoria Polisie-offisiersklub en al die bydrywighede wat daarmee gepaard gegaan het. Is daar ook iemand wat soos ek, wat nostalgies is oor die verlede? Bestaan daar nog iets soos ’n offisiersklub?

Dit lyk of daar wel ’n behoefte vir die “Polisie se Veterane-koerant” bestaan. “It is still early days” – ons mag later sekerlik ’n ander naam kry? Niks is in beton gegiet nie. Mens gaan maar met groeiepyne deur met so ’n nuusbrief om te leer om die kaf van die koring te skei.

Page 15: Police Gazette 1-02

Mens leer ook tov van lettertipes. Hoe mens die koerant by jou tuiste per epos wegstuur is nie te se dat hy so by die naderkant gaan uitkom nie! Ek hoop iemand sal vir ons al die nuusbriewe kronologies bewaar? Iets anders: Ons moet trots wees op ons herkoms en ons verlede! Onthou ons “Boere” (soos ons vyande ons genoem het) is nie boos nie – ons verskil nie in wese van ander mense nie! Elke nasie het al geveg. Misdaad, oorlogvoering en die bedryf van inligting is so oud soos die mens self! Ek dink die polisie het hopeloos te min medaljes gekry! Mens lees gewoonlik ’n vegter se CV op sy bors. Ek kyk nou die dag na ’n deurwinterde senior offisier, wat in baie lewens-gevaarlik operasies betrokke was se medaljes en hy het maar min erkenning vir sy diens ontvang! 6. Skakeling, possak, korrespondensie 6.1 Luit-genl JJ Viktor is steeds aan die gang. Hy het Sondag-aand geskakel van sy plaas op Brits. Met hom gaan dit goed – die ‘suiker’ pla so bietjie. Die Generaal is besig om die internet onder die knie te kry. Hy is ’n ou troepmaat van genl Bert Wandrag. Die ideee vir die naam van ons nuusbrief kom eintlik van genl Wandrag af. Jare gelede het hy gese dat indien hy sy sin kry sal daar net twee koerante in die land wees: “Die Staatskoerant en Polise Gazette!” 6.1.1 Snor Vermeulen wat ook saam saam met genl Viktor gewerk het, het by die redakteur aangedoem. Ons het genl Viktor geskakel om oor die ou dae te praat. Mens verlang terug na die polisie as mens die “ou” Generaal se stem hoor. 6.1.2 Snor Vermeulen help die redakteur om die Geskiedenis van Vlakplaas se Valskerm-eenheid te boekstaaf. Ons het nie eersgeweet dit het bestaan nie!! Praat nou van ’n geheime valkskerm afdeling met sy “eie” vlerkies, hier is een!!! Hierdie is werklik geskiedkundig. So terloops Snor nadat hy by my weg is, het ek vasgestel dat hy ook die Suid-Afrikaanse Polisie Silwerkruis vir dapperheid ontvang het! Daar is nog baie geskiedenis wat aangeteken moet word. 6.2 Luit-genl Hennie Westraat: Hy het ook geskakel van daar uit Hermanus se wereld. Hy het belowe om ook ’n bydrae te stuur. Hennie Westraat is ’n oud-kwartiermeester. 6.3 Oom Pieter Swanepoel skryf per epos: Dankie Hennie. Ek dink dit was ‘n puik idée om so ‘n koerant te begin. En verbaas oor al jou kontakte dwarsoor die wêreld. Net jammer julle was meesal blougatte. Was verbaas om te hoor Ziets het die S.A.Police Gazette gesluit. Altyd gewonder wat van die koerant geword het. Ook verbaas dat Hester, sy vrou, die eerste meisie is wat ‘n erebaadjie van Port Natal Hoërskool gekry het. Sy en ek was saam in een klas in Vryheid voordat haar ouers Durban toe is. Sy woon steeds in Pretoria en speel rolbal. (‘n Nonquai, tussen hakies, is ‘n berede polisieman). Sterkte en groete. Swanie. (No. 21977 (M) Detective Probationer Constable P.C. Swanepoel a.k.a “Pietertjie”.)

Page 16: Police Gazette 1-02

- Vir ons lesers: Oom Pieter Swanepoel was ‘n majoor in die Suid-Afrikaanse Polisie en is na die destydse Buro vir Staatsveiligheid verplaas. In sy jong dae was hy die Nongqai se korrespondent in SWA. Hy is die skrywer van twee boeke – Polisie Avonture in Suid-Wes en “Really Inside Boss”

Oom Pieter is ’n troepmaat van genl Johan Coetzee en hulle was saam ondersoekbeamptes van die Hoogverraadsaak van 1956. Ander troepmaats was genl Manie van Zyl. Oom Pieter is ook bekend aan die “ou” Durban-manne. Hy is een van die beste veiligheidsnavorsers wat Suid-Afrika nog ooit opgelwer het. By NI is hy op pensioen as ’n baie senior beampte en na aftrede het hy gespesialiseerde sake vir ’n ander staatsdepartement in ministiele opdrag in die buiteland ondersoek. Sy motor motor se reg nr is ook sy SAP Magnommer. Hy is ook die man wat die president van Namibie, mnr Sam Nujoma gearresteer het. Hy het president Nujoma gearresteer en oornag in die selle aangehou. In opdrag van Dr Verwoerd is mnr Nujoma die volgende oggend baie vroeg gedeporteer. Ek persoonlik het sy dagboek gelees waarin hierdie besonderhede voorkom. Tannie Marina het vir de Nujoma-geselskap koffie in ’n fles en toebroodjies gegee. Oom Pieter “kla” dat die President hom ’n koffiefles skud!!! 6.4 Rudy van Vuuren skryf op Facebook: Hallo Hennie, Dit was nou aangenaam om met die groep kontak te maak en ou vriende se name raak te loop. Ek is bly om te sien dat jy nog aan die gang is en dinge daar organiseer. My broer Chris het my die kontak aangestuur. Ek is nou al 13 jaar in die VSA en woon tans in Charlotte, North Carolina. Hier is gladnie 'n IPA nie maar daar is wel een in Virginia. Te ver om te ry. Die polisie is op hulle tone hier en ons weet van bitter min misdaad. Ons het ook geen heinings tussen ons huise nie behalwe waar iemand 'n swembad het. Ek toets tans sagteware vir Toyota Racing Development en geniet die tegniese deel daarvan so op my oudag. Tog verlang ek baie dae na die tye daar in Durban met al die goeie vriende wat ons daar gemaak het. Sterkte vir jou en die SAP Groep en laat weet gerus hoe dit daar gaan nadat jy van jou virus ontslae geraak het. Laai vir jou Mozilla Firefox af en gebruik dit as jou internet blad i.p.v. Internet Explorer. Mozilla het sy eie virus program en laai niks met virusse af nie. Dit is 1000 keer veiliger as Internet Explorer plus ekstra virus programme. Ek het dit die harde manier geleer. Mooi bly en vriendelike groete. Ek dink Rudy het in die SAP Kollege groot geword saam met Piesang Nel as ek reg onthou? Ja ons gaan ook na na ’n half-eeu terug!! 6.6 Patrick Coetzee (Oud-SAP Hillbrow) van Kimberley skryf: Hi almal. Ek forward hierdie Polisieveteranekoerant aan julle. Christine was jou pa of oupa by die diamante- en goudtak? Oom Hennie: Hierdie is 'n baie goeie idee. Geluk hiermee!!! Baie dankie. Patrick 6.7 Billy Cox van Brixton: Geluk met die eerste uitgawe....Billy 6.8 Ronnie Beyl (Kemptonpark): Dankie Hennie dit gaan 'n groot leemte wat al 'n geruime tyd bestaan, vul. Sterkte (Ronnie kan jy miskien ook onder die oud-SASP-lede versprei?)

Page 17: Police Gazette 1-02

6.9 Alec Carte het ook van ons “Polisiekoerant” gehoor en wil inteken. Hy vra dat Wouter Mentz hom by [email protected] kontak.

6.10 Len Els van die Militere Veterane skryf onder meer soos volg in ‘n paar eposse:

Saluut!! Jou raakgeles op Mil Vet Nuusbrief. Ek beplan 'n “Humor in die Hof” bundel. Dalk skietgoed vir jou nuusbrief? Ek sit tans op 'n paar stoele, oa waarnemende regter en militere regter (burgermag). PS: Diensplig gedoen by Dir Teen-Inligting onder Ernst Nieuwhout. Dalk het ons mekaar iewers al raakgeloop?

Ja, natuurlik het ons saam gewerk. Ek onthou vir Ernst Nieuwoudt en kol Allers goed en ook vir Martie Maartens en ’n paar ander van Teen-Inligting.

6.11 Dana Kruger, Durban: Baie geluk meteerste uitgawe..vind dit baie interesant en het dit aan ongeveer 20 oud-lede gestuur...sal begin werk aan tweede uitgawe, sterkte...bel later

6.12 Charl Steyn van die VSA: (Charl was vroeer op Kompol se personeel en SB in die Kruger Wildtuin. Hy is ’n kunddige op medaljes.) Dagsê Hennie - Baie dankie vir die interessante nuusbrief. Ek is seker dit word orals baie waardeer. 'n Gedagte ten opsigte van die formaat. Ek dink as die nuusbrief 'n integrale deel van die e-pos is, gaan meeste mens dit in verskillende vorms ontvang, afhangende van hulle rekenaar en e-pos stellings. Indien elkeen nie al die verskillende 'fonts' op hulle rekenars het nie, gaan dit uiteraard verskillend lyk. Aangeheg is 'n pdf om te wys presies hoe dit op my rekenaar lyk. Ek is seker die nuusbrief lyk baie anders op jou rekenaar. Ten einde dit vir almal dieselfde te laat lyk, sou dit dalk die beste wees om dit as 'n .pdf dokument te versprei. Laat weet as ek kan help met die formaat of die omskakeling daarvan. Nogmaals dankie. Groetnis Dankie – Paul Els en Johan Ferreira het my hierop gewys. Ek sal dit later op PDF-formaat uitgee. Mooi bly daar in die VSA! 6.13 Herman “Claasie” Claasen in die Kaap en oud-lid van Koevoet - Brigadier, vir die mense van Colorado, het ek slegte nuus, dit is nie die ou SAP in Hartswater!! Ek werk vir ‘n MPY wat ‘n projek daar het. Oral werk ons saam met SAP, hulle is magsvermedegvuldigers, maar nie daar.Groete. Claassie. 6.14 Paula Roeland: Baie dki vir die nuus brief... dit was so lekker om weer nuus op te vang van oud lede. Dankie Paula. Daar was ’n paar Roelands te Welkom en te Veiligheid. Wat is nuus? Vanwaar deesdae? 6.15 Denn Alberts (Pretoria): Beste Hennie. Dit is nou wat ons wou gehad het-baie dankie, waardeer. Sterkte. Groete.

Page 18: Police Gazette 1-02

6.16 Peet Nieuwoudt (Pretoria) : Rina - Hennie Heymans se polisieveteranekoerant vir jou ter inligting. Sal jy asb soos wat afsterwes aan jou (Die BSF) gerapporteer word dit per e-pos aan Hennie stuur. Hennie sal dit dan weer dmv sy koerant verder bekend maak. Dankie. 6.17 Toffie Risk (Midrand) : Baie dankie. ‘n Baie volledige nuusbrief met net baie inligting en nuus ! Groete. Toffie 6.18 Militere Vetrane Nuusbrief : Hello Hennie. Uitstekende begin. Hoop jy sal dit kan volhou. Jy sal later agterkom die byhou van die adreslyste raak ‘n uitdaging van sy eie! Goeie wense. Johann 6.19 Nicholaas Vermeulen: Nog niks van jou gesien op die mails nie, slegs die vetranekoerant, ek het terugvoer gehad van my maats in die buiteland. Hulle geniet die inligting. Ek is nog tot Sondag toe hier. Ek is besig om met Klein Blacky de Swardt te reel om jou te sien. Hy kan die regte inligting oor veral Koevoet voorsien en ook van die Spes.Taakmag. Dankie Nicholaas (alias Snor) ons is besig met die Geskiedenis van die Taakmag. Dana Kruger was ook die dag by die Volkskas-beleg. Hier het die Taakmag die eerste keer opgetree. Ek het by mev Wandrag genl Wandrag se verklarings edm gekry. Genl Blackie de Swardt het ook hier opgetree. 6.20 Toffie Risk: Brig Hennie ek sal graag vir Nick op afgetrede lede wil kry. ( Snorre ...C1 ...Taakmag. ) Hy is tans op FB terug van Kabul ...nou weer terug in die RSA! Kan jy asb behulpsaam wees ! Groete. Baie dankie vir die kontak Toffie – Snor het met my kontak gemaak en hy help met sekere aspekte van die geskiedenis. 6.21 Derick du Preez: Hello Hennie dis ‘n blink gedagte hierdie en sal graag ingesliut wil word. 6.22 Denn Alberts: (Eers aan Oom Willie Fourie en dan aan die Koerant) Hallo Oom Willie: Hoop dit gaan goed daar - ek forward u e-mail adres vir Brig Hennie en hy sal dit verder neem. Sou u iets van ou Noord Tvl betreffende die Polisie aan die hande kry en of enige nuus sal dit deur Hennie verwelkom word. Ek hou kontak. Groete. Denn Beste Hennie - ek versprei die nuusbrief sover moontlik. Hier is oud Kol W Fourie - Pietersburg voorheen ook Lebowa Polisie se e-pos. Dankie Denn – die netwerking word waardeer! So groei ons. 6.23 Mara Drury : Goeiemore Hennie. Baie dankie vir al die inligting ons kom net huistoe om die diere te versorg so Hilton het nog nie alles gelees nie. So ons gaan D.V. more by die huis weer bly en rustig raak. Groete aan almal. Mara. 6.24 Wicus Hattingh: Ek sal waardeer as ek ook op jou verspreidingslys kan wees.

Page 19: Police Gazette 1-02

6.25 Piet van Zyl: Brigadier, Skitterend…’n Groot begin …ek het dit werklik geniet en het aangestuur vir al die manne wat ek ken. Ek is die week in die bos maar keer Vrydag terug ...... Walk Tall!! Piet baie dankie en ons hoor graag van jou wedervaringe in Uganda. Ek hou van jou “Walk Tall!!” 6.26 Louis Kriel vanuit die VSA – (1) More / middag Hennie. Het die nuusbrief via 'n vriend in RSA gekry. Fantastiese idee, baie dankie vir die inisiatief. Dit sal 'n groot sukses wees, en 'n goeie anker om weer ou kontakte te behou. Ek en my man is bykans 5 jaar in die VSA - Peachtree City (suid van Atlanta). Ek self was bykans 22 jaar in die polisie. My man werk tans vir die Georgia Bureau of Investigation (GBI) se crime lab in Atlanta. Hy was grotendeels verbonde aan die SAKB en toe Crime Scene Management (Misdaadtonele) in die SAPD. Hou ons asb op die nuusbrieflys!!! Amerika groete Polla en Louis Kriel (2) O gaats, nou kan ek nie die ontmoeting onthou nie, maar kon gewees het, Welma Nortje en Sharon Schutte is my beste chommas in Pretoria. Moontlik kon dit via deur een van hulle gewees het, weet nie. Nietemin, ek is beter met gesigte dan name. Kom maak 'n draai as u dalk weer Atlanta toe moet kom. Ja, dis al 'n gespot oor die radio hier omdat als in Atlanta 'n "Peachtree" after effect het. Dis Peachtree Ave, Peachtree NE, NW, SE, Peachtree park, en talle meer. Johann Claassen - voorheen verbonde aan die FWL ('n Brigadier gewees), is ook in die VSA, en sal ek hom ook die nuusbrief aanstuur. Ons sien en praat gereeld. Sien, die HELE voormalike polisiemag is al klaar weer opnuut herbou , danksy die puik idee. Vanuit 'n sonnige en warm Peachtree City. Polla: Dankie vir jou lekker gesels brief. 6.27 Reinier du Randt van Durban: 1) Hi Hennie - Ek het so pas die nuusbrief vanaf Dana gekry en wil jou baie gelukwens met die eerste uitgawe. Dit is uiters omvattend en die reaksie van die “ou manne” toon dat daar ‘n groot behoefte is om kontak te behou. Ek sal baie graag die nuusbrief as ‘n weeklikse uitgawe wil sien en hoop en vertrou dat die ou manne hul kant sal bring met inligting/insetsels om dit moontlik te maak. Ek sal bly wees as jy my by jou adreslys kan insluit asseblief. Baie sterkte en groete. Reinier du Rand. Reinier du Rand aan Dana Kruger: Soos in die ou dae : Afskrif ter inligting, dankie vir die aanstuur van die nuusbrief. Sien jou Vrydag by die IPA. Reinier. Reinier: Was ek en jy nie saam in die kollege / veiligheid nie? Daar was 'n Billy Du Rand saam met ons in troep 7 (B) 1964. Baie groete. 2) Hallo Hennie. Dankie vir jou vinnige antwoord. Jy is heeltemal reg, ons was saam in veiligheid in Pietermaritzburg. Dit is dieselfde tyd wat Johan Dysel, Paul de Kock, Jerry Fourie en Chris Wolhuter, onder andere, daar was.

Page 20: Police Gazette 1-02

Onthou jy Groenvlei? Ons het saam daar patrollies gery in Sterk-Hans Dreyer se tyd. Jou voertuig se “gearbox sump” is deur ‘n klip ‘n gat in geslaan. Billie du Rand was my broer, hy was later by Goud en Diamante in Johannesburg waar hy in die vroeë sewentigs in ‘n motorongeluk oorlede is. Op daardie stadium was ek ‘n leerling Hoefsmid in die Kollege. Baie groete. Reinier. Dankie Renier: Lekker om van jou te hoor!! Ek was onlangs by Groenvlei en het aan jou gedink toe jy ou "Groot Baklei" - die DK - se motor se 'sump' reggemaak het .Ja, Wollie Wolhuter is ook al dood en Jerry Fourie ook!!!! Jammer om van Billy te hoor – hy was in my troep. Saluut!! 6.28 Suiker Brits (Pretoria): Goeie dag Hennie. Ek merk op dat jy steeds ‘n organiseerder van formaat is, soos ons jou altyd geken het. Baie dankie vir die inisiatief, dit is wonderlik en ek en vele ander ondersteun jou ten volle.Ek sal graag van tyd tot tyd n bydrae wil lewer. Daar is so baie wat ons ou manne het om te vertel en wat ons met mekaar kan uitruil. Ek is self besig met n boek wat so binne 6-12 maande voltooi sal wees (hopelik). Dit is baie baie harde werk.Die boek se naam sal waarskynlik "Aquila Muscas non Capit" wees wat beteken "ARENDE VAN NIE VLIEE NIE". Ek beskou 99,99% van ons ou polisiemanne en vroue as "Arende wat nie vliee gevang het nie". Baie sterkte met jou inisiatief en soos alles wat jy aanpak sal dit n sukses wees. Net so tong in die kies "IN DIE OU DAE WAS DIE POLISIEKOERANT” die hedendaagse "Police File" waar ons die fotos en besonderhede van gesoekte kriminele geplaas het. Ek hoop nie as fotos van veral A... B...C (naam weerhou) geplaas word, hy hom nie dalk mag vasloop nie, Sterkte. Vriendelike groete. Suiker Britz. 6.29 Glenn Schooling (Durbanville): Geagte Hennie, Pragtige gebaar. Plaas my op die adreslys aub. Kan die tel no. van lede wat herstel van siekte aub. ook vermeld word want ‘n man sal graag wil bel en moed inpraat. Glenn Schooling - Kommissaris Afgetree 2008.04.30.

Wat dink die nader manne hiervan? Verstrek asb tel nommers by soekboek. 6.30 Johan Nel (alias Piesang) Kaapstad: Hallo Hennie: Vertrou dat dit goed gaan met jou…..ons ou vrind Johan Visage het jou nuusbrief aangestuur....wonderlike gedagte en goed om weer n paar ou bekende name te lees. Gaan goed hier in Kaapstad en sterkte met die inisiatief. Groete. Piesang Nel 6.31 Minnie Meades: 1) More Hennie, Ek het jou e-pos van Claassie ontvang. Ek stel regtig belang om die nuusbrief te ontvang. Baie dankie. 2) Hi Hennie, Ek was in 1973 in die Polisie Kollege. So ek is ‘n ou “antiek”. Ek was uitgeplaas Bethlehem toe, waar ek getroud is met Thys Meades en verplaas is Philippolis toe. Toe 2 jaar gesekondeer en gestationeer in Gobabis. Toe Dealesville toe vir 2 jaar. Daarna was ek in Koevoet tot en met die onttrekking , waarna ek verplaas is Parys toe. In Parys , 1992 is ek medies ongeskik verklaar. Baie draaie daarna gemaak. In 2000 het Kolonel Theuns Smit se vrou vir my werk in Johanneburg aangebied. Ek is nou nog in Johannesburg, werk vir boekhou firma, ek doen “payroll’s” van verskillende maatskappye.

Page 21: Police Gazette 1-02

Jissie dit is erg, my hele lewe in vier reeltjies. L Ek het nog kontak met Kolonel Schalk Huishamen, ek dink hy word 91 hierdie jaar. Groete. Dankie vir die skakelwerk Claasie – Minnie Meades dankie vir jou lekker gesels briefie. Onthou die Kolonel se verjaarsdag - sodat ons hom geluk kan wens. Wie onthou nog vir kol Schalk Huishamen? 6.32 Koot van Schalkwyk (Johannesburg): 1) Hennie ek het die eerste uitgawe van jou internationale Polisiekoerant vandag ontvang. Dit is ‘n puik koerant en ons sien uit na die volgende uitgawe, sodoende sal ons van vele ander kollegas reg oor die wereld hoor. Dit blyk of daar meer mense op internet is as op facebook, met hierdie koerant gaan jy baie terugvoering kry. Sterkte voorentoe met die volgende uitgawe. Groete. 2) Hennie ek het gisteraand vir brig. Ras ‘n afskrif van die Nuusbrief gestuur. Ek sal ook vir brig.Poolman en brig.Conradie albei ‘n afskrif stuur. Groete. 6.33 Tiny en Barbara Coetser van Jeffreysbaai: Hennie hier is so ‘n ietsie uit my en Billy Cox se verlede. Groete, Tiny. Tiny: Baie dankie vir die koerantfoto’s met jul uitpassering gedurende 1965! Ons sal die foto’s op Facebook plaas – “Suid-Afrikaanse Polisie – Afgetrede Lede”. 6.34 Riaan Bellingan: Naand Hennie. Ek het ‘n epos vanaf Piet van ZYL, in Uganda, ontvang waarin gemeld word van die moontlike verspreiding van Nuusbriewe deur jou. Ek dink dis n skitterende idée en sal graag dit wil ontvang. Miskien moet ek, Dave Baker en jouself bietjie koffie drink. Nogmaals dankie vir al jou moeite om die ou manne in verbinding te hou. Groete. Riaan ek dink die koffie is ‘n rein gedagte! 6.35 Senhor Joaquim Wilson de Castro Lopo (from somewhere in the Atlantic Ocean ) formerly from SNASP writes: Twenty odd years after the establishment of a democratic regime, makes it very difficult for some of us to understand why Col. De Kock remains a prisoner. Last 10th of June, Portugal celebrated its national day. During many years, after the fall of the colonial fascist regime fell, in Portuguese society there was a sort of pariah treatment towards ex-combatants of the colonial war. They were associated with the atrocities of the regime. Fortunately, on last June 10th Portugal’s National Day, Portuguese society made peace with itself. The Portuguese accepted (and realized) the fact that soldiers go to war, some out of conviction or belief, others because they were ordered to do so (regardless of their opinion on the justice or injustice of that war). It was the Government, the politicians, who gave the orders, who decided the wars. But the soldier served not the Government or the politicians, he served the community, he served the State. Governments change, but the State remains the same.

Page 22: Police Gazette 1-02

And the community, the People, the State, decided to honour and pay its respect to all soldiers of past wars. Veterans of WWI, WWII, they who fought in Angola, Guinea, Mozambique, those who served in Bosnia, Kosovo, Iraq, Timor and Afghanistan. They all serve the same State. This to say that, although the «apartheid» regime fell, and the government of those days is no more, the Sate of South Africa remains the same. Those who were soldiers during the former regime, fighting a war on direct orders and command of their government, did their duty to the State. I believe it is time for the People, the State to come to peace wit itself, bury old rusty hatchets, and pay receive in their bosom all soldiers. Just as matter of interest, in the public homage to soldiers of past wars, the same respect was paid to those soldiers who happen to have a different nationality now, due to the independence factor. I sincerely hope justice will be done, and Colonel Eugene De Kock will be released from prison and returned to his loving family. 6. 36 Koot van Schalkwyk aan mev Aucamp: Mev. Aucamp......Ons het nie vergeet van oud-kolonel Piet Aucamp nie.....Ek het met brigadier Hennie Heymans vandag 7 Junie 2010 gesels......Hennie wag nog vir u toevoering, dan gaan hy alle besonderhede op die “South African Police Hall of Fame”......Stuur dit vir hom sodra u alles gereed het Groete Koot Van Schalkwyk. 6.37 Sakkie Kotze – Somerset-Wes Ek het verskeie eposse van Sakkie Kotze ontvang. Hy spook steeds en ek sal eersdaags ’n vorderingsversalg plaas. Sakkie het ook met ’n voorstel gekom – ek hou dit voorlopig agterwee totdat ons meer lede het, waarna ek die voorstel sal versprei. Ek wil net vir Sakkie bedank vir alles wat hy ook ter wille van ons oudede doen.

6.38 Steve Seargent – Engeland:

“”””Hi Hennie - Drafted as a "dienspligtige" during a drive to get English ‘okes’ into SAP. Went to College 5th Jan 1976 platoon 28 E Company Lieut "Rekbek" Smith our ‘Company Loot’ A/O Strampe Company A/O, Sgt Mathee our platoon Sgt. Mediocre college life as I was a puny little sout-p**l but did well in Musketry and law I really enjoyed drill.

Originally platoon 26 but we were the last intake to have English only platoons 5 weeks into basics some bright spark worked out 6 English guys into six 36 man platoon goes quite ‘lekker’ and they will ‘sommer’ teach all the Afrikaans ‘okes’ how to speak English and vice-versa. ‘Ja well no fine’ - all that that did was to make 12 people from each platoon thoroughly p*ssed off! But we survived. Taken out the College on June 18th to help with the Soweto and Mamelodi riots and passed out on July 15th if I recall two weeks as temp instructors and from there to SAP Rundu and out stations back to Afd Oos Rand in 1979 to Riot unit with the two Killian brothers (then A/O's) back to SWA in 1981 and back to SAP Alberton in 1983 had a m*erse motorbike prang same year got married year after and bought

Page 23: Police Gazette 1-02

discharge. Served in reserves until I left SA in 1991 at Alberton Elsburg Germiston and Pinetown. That is about it - rolled two vans, got stabbed twice and shot once about par for the course for SAP at the time I think.””””

Steve – thanks, I had to do a bit of editing! What are you doing in the UK?

7. Netwerk: Kom ons ondersteun mekaar en ons eie! 7.1 Plaagbeheer: Willie du Plessis kan nie genoeg van plaagbestryding kry nie!!! Na misdaadbestryding het Willie ’n plaagbeheer maatskappy op die been gebring. Willie opereer vanaf Standerton en sy invloed strek van die Oos-Rand na die Wes-Rand en van Vereniging na Pretoria. Dan werk Willie ook in Wakkerstroom, Volksrust, Standerton, Groblersdal en Secunda. Die redakteur kan vir Willie aanbeveel – sy doepa werk – dis kokorot en mier se tier! Willie is ’n ou Jeppe-polisieman, daarna na Soweto, toe Standerton, Krugersdorp en Walvisbaai. Hy is ’n ou DK-Klerk van Walvisbaai. Sy kontak nommer is: 0834587564. 7.2. Gastehuis Nelspruit: Piet van Zyl en “Mama General” het ’n gastehuis – ondersteun asb. Kontak: www.beetleloop.co.za 7.3. International Police Association: Denn Alberts: Gastehuise 7.3. 1. Timour Hall Villa – Plumstead, Kaapstad / Cape Town Deon & Christine HUYSAMEN Tel : +27 +21 797 2582 Sel : 084 510 2516 Epos : [email protected] 7.3. 2. Johan Rissik – Arcadia, Pretoria Wilna Curtis Tel : +27 +12 343 5205 Sel : 0732825279 Epos : [email protected] 7.3. 3. Ben Stevens – Rossburgh, Durban Fritz BRAND Faks : 086 624 0945 Sel : 082 462 3782 Epos : [email protected] 7.3. 4. Basie Smit – Welkom, OVS James EARLE Sel : 072 483 8152 Epos : [email protected]

Page 24: Police Gazette 1-02

7.3. 5. Gamka – Beaufort Wes / West Jeanette SWANEPOEL Tel : +27 +23 414 3056 Sel : 073 431 9538 Epos : [email protected] 7.4 International Police Association: Denn Alberts: Ander Akkommodasie / Other Accommodation 7.4. 1. Richardsbaai, KZN. Joe BURGER Sel : 082 559 8748 Epos : [email protected] 7.4. 2. Coral Reef Gastehuis – Sedgefield, Cola Beach, Tuinroete / Garden Route Irene & David TAYLOR Tel : +27 +44 343 3133 Sel : 083 730 7050 Epos : [email protected] Tariewe beskikbaar by Gastehuise / Tariffs available at Guest Houses. 7.5. International Police Association: Fritz Brand: Buiteland Reis u oorsee? / Traveling overseas? – Reissekretaris / Travel Secretary: Fritz Brand: Sel/Cell 082 462 3782. 8. Humor in Uniform Ek sal my plig versuim as ek nie vir “Suiker” herinner aan sy troue bobbejaan nie!! Ek hoop hy vertel ons daarvan in sy boek. Ek vertel Suiker se storie soos ek dit onthou: Op sy dag was Suiker een van Suid-Afrika se mees deurwinterde Moord en Roof-speurders. Op ’n dag skaf Suiker vir hom ’n dooie, opgestopte bobbejaan aan!! Mooi toegerus met mikrofoon, wit stof jas met Lexington pakkie in die bosak en lee bottel brandewyn in die baadjiesak! Nou as Suiker agter sy lessenaar sit, dan sit die bobejaan op Suiker se kluis in die hoek. Hy en die bobbejaan kyk dus vir mekaar. Aan die nader kant is ’n deur met ’n ruit bokant die deur met eenrigting glas. Dis ’n ou kantoor en die glas venster bokant die deur kan oop en toe maak. Eendag is ’n moordenaar gevang en die man is maar taai om te praat. Hulle weet dis die regte man en die moet nog sekere uitwysings doen. Hulle bring die man na Suiker se kantoor. Hy ignoreer die verdagte en gaan met werk. Na ’n ruk verklaar Suiker aan die verdagte dat hy maar stil moet sit en aan sy sondes dink.

Page 25: Police Gazette 1-02

Suiker en sy swart kollega klim op stoele en kyk deur die glas venster bokant die deur. Hulle skakel die mikrofoon aan. Die bobbeljaan sit nou en kyk na die verdagte terwyl die verdagte met sy rug na die Bobbejaan sit. Die bobbejaan vestig sy aandag op die verdagte. Die verdagte lyk verdwaas en verbaas. “Ja” antwoord die bobbejaan, ”ek praat met jou! Wat het daardie dikg*t speurder vir jou gese?” Verdagte: “Nee, hy het gese ek moet maar hier sit en dink” Bobbejaan” “Dis ’n vreeslike man daardie speurder. Indien ek vir jou raad kan gee – maak jou hart skoon en vertel jou storie!!! Na ’n ruk kom Suiker ewe onskuldig in die kantoor en gaan aan met sy skryfwerk. Die spanning laai op en die beskuldigde besluit om sy hart skoon te maak. In die hof vra die regter: “Het jy die verklaring vrywillig gemaak?” Beskuldigde: “Ja U edele!” Regter: “Het die polisie jou geslaan?” Beskuldigde: “Nee U edele, maar die bobbejaan het my aangeraai om te praat.” Regter verbaas: “ Nou het alles gehoor!!! Eers was dit Sofie, toe is dit: dat en nou ’n bobbejaan!!” AS JY OOIT GEDINK HET JOU LEWE IS INGEWIKKELD, DINK WEER.... Liewe doktor Murray; My pa en ek woon saam in 'n woonstel en ons het 'n radio en 'n TV. Hy is 'n wewenaar en ek is ongetroud. Onder ons woon 'n weduwee en haar dogter, albei baie mooi en sonder 'n radio of TV. Hulle kom kuier gereeld by ons en ek raak toe verlief op die weduwee. Ons trou toe uiteindelik. Intussen raak my pa verlief op die dogter en hulle trou toe ook. Net daar begin my probleme. Omdat my pa met die dogter van my vrou getroud is, (ook my dogter), is my dogter nou my ma. Ek is ook terselfdertyd haar pa, omdat ek met haar ma getroud is. Verder is my pa my vrou se skoonseun en ek is dus sy skoonpa omdat ek met die ma van sy vrou getroud is. Toe kry my vrou 'n seuntjie. Dit is ook my seun en die broer van my skoondogter, omdat sy die dogter van my vrou is. Die seuntjie is ook ek en my pa se swaer. Ek is dus my eie seun se neef en ook die neef van my skoondogter, omdat sy my seun se suster is. Daarom is my skoonma ook my tannie. Toe kry my pa se vrou ook 'n seuntjie en hy word dus my broer. My seun is oom van my kleinkind, omdat hy die broer van my dogter is. My vrou is sy ouma grootjie, want sy is die kind van haar dogter. Ek is dus sy oupa grootjie.. Aangesien die oupa grootjie van my broer ook myne is, is ek dus my eie oupa grootjie! Doktor moet asb help, Wie is ek nou eintlik? Ek drink deesdae onbeheersd en sukkel met selfvertroue. Wie de emmers is ek nou eintlik en hoe beland mens in so 'n spul moeilikheid? Help tog. Willem. Springs.

Page 26: Police Gazette 1-02

Antwoord: Beste Willem! Baie dankie vir jou volledige uiteensetting van jou stamboom.Ek het in Amanzimtoti so 'n boom gesien wat meer wortels bo die grond gehad het as wat daar takke was. Ek kon dit nie uitwerk nie, so wat laat jou dink ek weet wie jy is? Wat ek wel weet is, wie ek is en dat ek nou: Nooit in 'n woonstel sal bly nie. Wye draaie om weduwees en mooi dogters gaan loop. My radio en TV gaan verkoop. Intussen moet jy lig loop dat jy nie in jouself vasloop as jy om 'n draai kom nie. Indien jy die problem ontrafel, moet my asseblief nie laat weet nie. Dr Murray 9. Afsluiting : Vertel gerus wie u is, wanneer u kontak maak en waar u is. Laat weet indien ons kan met iets kan help! Polisegroete tot volgende keer! U Redakteur – Your Editor No 43630 Wabestuurder & Wyksersant Hennie Heymans : SAP King’s Rest Nr 75 Durban-Suid. (Die lekkerste tyd in die Mag!)

Page 27: Police Gazette 1-02

Polisiekoerant 2