nn 20 3 issuu

12
MOKOPANE: 112 Thabo Mbeki Dr., Unit 5, Mokopane, 0600 Tel: 015 491 3082 Fax: 086 614 6209 Email: [email protected] LEPHALALE: Shop E, Onverwacht Business Centre, 0557 Tel: 014 763 5132 www.noordnuus.co.za Find us on Facebook! OORDELIKE UUS ORTHERN EWS N N Die waarheid sonder voorbehoud! The truth without prejudice! 20 Maart 2015 Distribution: 8 000 www.noordnuus.co.za FREE / GRATIS Deur Jasper Raats ([email protected]) MOKOPANE - Die teorie dat ‘n ondeurdring- bare kleilaag die grondwater en die opper- vlakwater in die Nyl-vloedvlakte skei word in ‘n verslag deur Dr. Rainier Dennis en sy span van die Noordwes Universiteit se af- deling vir waterstudies en bestuur (CWSM) bevraagteken. Dié instansie het die beoogde myn se omgewingsimpakstudieverslag op versoek van die Nyl Aksiegroep hersien. Dit is juis op grond van die kleilaag teorie dat Sylvania Platinum meen dit is veilig om ‘n oopgroef myn in die vloedvlakte so 15km suid van Mokopane op te rig. Die omgewingskonsultant wat deur Sylvania Platinum aangestel is om die omgewingsimpakstudie te behartig, E-Science & Associates, het tot onlangs LEPHALALE - Hardus van Emmenis, oud- polisie kaptein en welbekende inwoner van Lephalale is verlede Dinsdag oorlede in die Meulmed Mediclinic in Pretoria nadat daar komplikasies ingetree het terwyl hy in die Intensiewesorgeenheid opgeneem was. Hardus is oorgeplaas vanaf die Lepha- lale Mediclinic na die Meulmed Mediclinic na wat as ‘n frats-ongeluk bestempel word toe sy pistool twee weke gelede geval het en ’n skoot afgevuur is wat hom in die bors getref het. Die koeël het glo minimale skade aangerig soos wat x-strale en skanderings Meer navorsing nodig vir myn volgehou dat oppervlakwater in die Nyl, ‘n nie-standhoudende rivier, geen impak op grondwatervlakke het nie. Daar is aangevoer dat ‘n kleilaag die twee waterbronne skei. Toetsboorgate het egter die teendeel aange- dui tydens verlede jaar se vloed. Dr. Giep du Toit wat die hidrologiese studie vir E-Science behartig het sê nou dit is die rivier wat wyer as die kleilaag vloei wan- neer dit in vloed kom en so die grondwater- bron aanvul. Maar Dennis meen die kleilaag teorie en die interaksie tussen oppervlak en grondwater verg meer navorsing voordat ‘n besluit geneem kan word. Die CWSM se verslag sê ook daar is nie genoeg water in die Nylrivier sisteem vir hui- dige gebruikers én die beoogde myn nie. Hoewel Dennis in sy hersienningsverslag aandui dat die E-Science verslag tegnies korrek is, meen hy daar is leemtes in veral die aannames oor die beskikbaarheid van water, die impak wat die myn op grondwater bronne gaan hê en die risiko vir besoedeling. Hy waarsku dat die beplande oopgroef myn katastrofiese gevolge vir die omgewing se grondwater beskikbaarheid kan inhou. Hy meen dié waterbron is alreeds onder druk en word waarskynlik oorbenut. E-Science se Theo Fischer het boere in die omgewing vroeër daarvan beskuldig dat hulle meer water uit hul boorgate onttrek as wat hulle aan die departement van water- wese verklaar. In sy mees onlangse impakstudie voorleg- ging het Fischer egter aangedui dat boere minder water onttrek as wat hy aanvanklik gedink het en dat daar genoeg grondwater beskikbaar is. Lephalale verloor 'n geliefde wat in Pretoria gedoen is gewys het en hy sou waarskynlik teen die naweek ontslaan word. Hardus was besig om te herstel toe hy na afloop van ‘n skandering en klein o- perasie vermoedelik ‘n infeksie in sy longe opgedoen het. Hy is kort daarna oorlede. Hardus het in 2013 uitgetree as polisie lid na 15 jaar diens en het geboer op sy plot buite Lephalale. Hy laat sy vrou, Ma- delyne, kinders: Stefan en Rolinda, agter. Hardus sal onthou word vir sy passie as polisiebeampte, sy liefde vir sy gesin, familie en vriende. ... volg op bl. 2

Upload: helena-raats

Post on 08-Apr-2016

246 views

Category:

Documents


4 download

DESCRIPTION

Limpopo-based newspaper - Lephalale & Mokopane

TRANSCRIPT

Page 1: Nn 20 3 issuu

MOKOPANE: 112 Thabo Mbeki Dr., Unit 5, Mokopane, 0600 Tel: 015 491 3082 Fax: 086 614 6209 Email: [email protected] LEPHALALE: Shop E, Onverwacht Business Centre, 0557 Tel: 014 763 5132 www.noordnuus.co.za Find us on Facebook!

oordelike uus orthern ewsN NDie waarheid sonder voorbehoud! The truth without prejudice!

20 Maart 2015 Distribution: 8 000 www.noordnuus.co.za FREE / GRATIS

Deur Jasper Raats ([email protected])

MOKOPANE - Die teorie dat ‘n ondeurdring-bare kleilaag die grondwater en die opper-vlakwater in die Nyl-vloedvlakte skei word in ‘n verslag deur Dr. Rainier Dennis en sy span van die Noordwes Universiteit se af-deling vir waterstudies en bestuur (CWSM) bevraagteken.

Dié instansie het die beoogde myn se omgewingsimpakstudieverslag op versoek van die Nyl Aksiegroep hersien. Dit is juis op grond van die kleilaag teorie dat Sylvania Platinum meen dit is veilig om ‘n oopgroef myn in die vloedvlakte so 15km suid van Mokopane op te rig.

Die omgewingskonsultant wat deur Sylvania Platinum aangestel is om die omgewingsimpakstudie te behartig, E-Science & Associates, het tot onlangs

LEPHALALE - Hardus van Emmenis, oud- polisie kaptein en welbekende inwoner van Lephalale is verlede Dinsdag oorlede in die Meulmed Mediclinic in Pretoria nadat daar komplikasies ingetree het terwyl hy in die Intensiewesorgeenheid opgeneem was.

Hardus is oorgeplaas vanaf die Lepha-lale Mediclinic na die Meulmed Mediclinic na wat as ‘n frats-ongeluk bestempel word toe sy pistool twee weke gelede geval het en ’n skoot afgevuur is wat hom in die bors getref het. Die koeël het glo minimale skade aangerig soos wat x-strale en skanderings

Meer navorsing nodig vir mynvolgehou dat oppervlakwater in die Nyl, ‘n nie-standhoudende rivier, geen impak op grondwatervlakke het nie. Daar is aangevoer dat ‘n kleilaag die twee waterbronne skei. Toetsboorgate het egter die teendeel aange-dui tydens verlede jaar se vloed.

Dr. Giep du Toit wat die hidrologiese studie vir E-Science behartig het sê nou dit is die rivier wat wyer as die kleilaag vloei wan-neer dit in vloed kom en so die grondwater-bron aanvul. Maar Dennis meen die kleilaag teorie en die interaksie tussen oppervlak en grondwater verg meer navorsing voordat ‘n besluit geneem kan word.

Die CWSM se verslag sê ook daar is nie genoeg water in die Nylrivier sisteem vir hui-dige gebruikers én die beoogde myn nie.

Hoewel Dennis in sy hersienningsverslag aandui dat die E-Science verslag tegnies korrek is, meen hy daar is leemtes in veral

die aannames oor die beskikbaarheid van water, die impak wat die myn op grondwater bronne gaan hê en die risiko vir besoedeling.

Hy waarsku dat die beplande oopgroef myn katastrofiese gevolge vir die omgewing se grondwater beskikbaarheid kan inhou. Hy meen dié waterbron is alreeds onder druk en word waarskynlik oorbenut.

E-Science se Theo Fischer het boere in die omgewing vroeër daarvan beskuldig dat hulle meer water uit hul boorgate onttrek as wat hulle aan die departement van water-wese verklaar.

In sy mees onlangse impakstudie voorleg-ging het Fischer egter aangedui dat boere minder water onttrek as wat hy aanvanklik gedink het en dat daar genoeg grondwater beskikbaar is.

Lephalale verloor 'n geliefdewat in Pretoria gedoen is gewys het en hy sou waarskynlik teen die naweek ontslaan word. Hardus was besig om te herstel toe hy na afloop van ‘n skandering en klein o-perasie vermoedelik ‘n infeksie in sy longe opgedoen het. Hy is kort daarna oorlede.

Hardus het in 2013 uitgetree as polisie lid na 15 jaar diens en het geboer op sy plot buite Lephalale. Hy laat sy vrou, Ma-delyne, kinders: Stefan en Rolinda, agter.

Hardus sal onthou word vir sy passie as polisiebeampte, sy liefde vir sy gesin, familie en vriende.

... volg op bl. 2

Page 2: Nn 20 3 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 20 MARCH 20152

Government mourns the untimely passing of the Minister for Public Service and Administration, Ohm Collins Chabane.

Minister Chabane passed away on Sunday, 15 March 2015 in a car accident together with his protectors, Sergeants Lesiba Samuel Sekele and Mareme Lawrence Lentsoane.

Minister Chabane will be laid to rest on Saturday, 21 March 2015 at 08:00 in Xikundu village, near Malamulele in Limpopo.

Government extends its heartfelt condolences to the Chabane, Sekele and Lentsoane families.

May their souls rest in peace!

Honourable Minister Ohm Collins Chabane, MP

1960 – 2015

Sylvania beplan om die grondwater wat deur die walle van die oopgroef insypel uit te pomp, te stoor en dan vir mynbedrywighede te gebruik.

Dennis sê hierdie water se volumes kan die beskikbare bron oorskry as dit teen ‘n koers van 21m2 per dag by die oopgroef van meer as 100m diep invloei.

Hy waarsku ook dat die impaksone van die oopgroef op die watertafel groter kan wees as net die onttrekkingskegel soos wat in die omgewingsimpakstudie aangedui word. Hy verduidelik dat so ‘n onttrekking-skegel (die waterleemte wat vorm rondom

Deur Mariska Ehlers ([email protected])

LEPHALALE – ‘n Bekende veearts op Le-phalale is byna uit duisende rande verkul deur swendelaars wat besigheidseienaars teiken met hul nuutste skelmstreek.

Verlede Donderdag het Dr Daniël Kriel ’n SMS- en epos-boodskap van sy bank ont-vang dat daar ‘n tjek van R200 000 in die Mogol Dierekliniek se bankrekening inbetaal is. Kort na hy die boodskap ontvang het, het die Mogol Dierekliniek ‘n oproep van ‘n on-bekende man gekry wat versoek dat die geld terugbetaal moet word, aangesien dit glo per ongeluk in sy rekening gedeponeer is.

Kriel se ontvangsdame besluit toe om eers ondersoek in te stel en bel die kliënt van wie die tjek glo gekom het aangesien die naam aan hulle bekend was. Die kliënt het toe aan hulle bevestig dat hy geen betaling aan Mogol Dierekliniek gemaak het nie.

Amper uit R200 000 gekulDie ontvangsdame het toe die man wat

gevra het dat die geld aan hom terugbetaal word teruggeskakel met die hoop dat sy meer inligting oor hom kan kry. “Hy wou net heeltyd weet hoekom ek vrae vra," sê sy. Hy het egter geen inligting gegee nie.

Romada Strydom, verhoudingsbestuur-der by Eerste Nasionale Bank in Lephalale, het aan Noordelike Nuus verduidelik dat die soort foefie gereeld gebruik word om mense te kul om geld oor te betaal wat eintlik nooit inbetaal is nie. Dit is gewoonlik ’n tjek wat nie geldig is nie en na ‘n paar dae word die transaksie omgekeer omdat daar nooit regtig geld inbetaal is nie.

Strydom verduidelik dat van die inligting op die tjek uitgehaal en vervang word met ander gegewens. “Kliënte moet versigtig wees en indien iemand jou kontak en sê 'n groot som geld is verkeerdelik in jou reken-ing inbetaal, kontak jou bank dadelik dat hulle kan ondersoek instel," sê Strydom.

Meer navorsing nodig vir Nylmyn...volg van bladsy 1

die myn) ook ‘n opvangs zone het vanwaar die water heeltyd invvloei.

Dit strook met boere in die omgewing se waarnemings dat boorgate baie verder op mekaar impakteer as die geskatte impak van tussen 300m en 600m in die impakstudie-verslag.

Dr. Du Toit stem saam dat daar waar-skynlik meer grondwater onttrek word vir landbou as wat in die studie aangedui is. Hy wys egter daarop dat boere nie bereid was om konsultante toe te laat om watermeters te installeer om so die werklike gebruik te bepaal nie. Besproeïngsvolumes is geskat op grond van aanplantings.

Deur Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - During a meeting on Wednes-day, municipal workers at the Mogalakwena municipality were introduced to an 'inter-vention team', believed to be appointed by Pravin Gordhan, minister of Cooperative Governance and Traditional Affairs (COGTA) to mediate between the municipality and its employees.

The team was introduced by acting

Municipal 'intervention team' appointedmunicipal manager, Phuledi Selepe, who explained that their role would be to under-stand what has happened at the municipality to cause the turmoil, the reason behind it and the way forward.

Malepa informed employees that Tokiso Consulting would be consulting with munici-pal officials and union leadership to try to re-instate service delivery and smooth operation of the municipality in the next two weeks. Malepa informed employees that a mediation process would follow.

An intervention team appointed by Pravin Gordhan, minister of Cooperative Governance and Traditional Affairs (COGTA) to act as mediator between the Mogalakwena Municipality and its employees. From the left, Samantha Phumaphi (Tokiso Consulting), Nox Ntuli (Tokiso Consulting), Tefo Radiatapole (Tokiso Consulting), Phuledi Selepe (acting municipal manager Mogalakwena Municipality), Tebogo Motlashuping (COGTA) and Jacky Maepa (COGTA).

MARAPONG - Three suspects were arrested on Tuesday after a plantation was discovered in their back-yard in Marapong. Warrant officer Frans Mokoena estimates the street value of the dagga at R2000. “The suspects will have the option to pay a fine or to defend themselves in court if they deny that the dagga belongs to them,” says Mokoena.

Dagga seized

Page 3: Nn 20 3 issuu

20 MAART 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

Deur Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - Twee gewapende reaksie lede van Strikeforce word as dapper beskryf nadat hulle verlede Saterdag hul lewens op die spel geplaas het. Hulle het op versoek van die polisie, bystand gebied en ’n ge-wapende man vasgetrek.

Willem Harmse en David Pieters het flink opgetree en sonder aarseling ’n gewapende man wat vir die polisie probeer weghardloop het, oorrompel. Dié verdagte is na berig word

Dapper reaksie lede trek verdagte vasvroeër saam met twee ander makkers deur die polisie agternagesit.

Die verdagte het 'n vuurwapen op Harmse gerig, waarop hy (Harmse noodgedwonge ’n waarskuwingskoot geskiet het.

Die verdagte het sy wapen laat val en dit probeer optel. Harmse het met mini-mum geweld die man gestuit waarna die verdagte in hegtenis geneem is.

Frik Wagner, die eienaar van Strikeforce het die lede geprys vir hulle knap werk.

Regs: Die dapper reaksie-lede, Willem Harmse en David Pieterse van Strikeforce in Mokopane het hulle eie lewens op die spel geplaas deur ’n gevaarlike verdagte by ’n onlangse voorval te ontwapen en in hegtenis te neem.

Deur Helena Raats ([email protected])

Na jare se soebat het inwoners in die Swartwater en Tom Burke omgewing besluit dat hulle nie langer vir SANRAL of die re-gering kan wag om die stuk R572-pad reg te maak nie. “Die pad word daagliks deur drie van Laerskool Unitas se skoolbussies gebruik asook ouers wat hul kinders gaan af- en oplaai,” sê Johan (Tank) Hendriks, lid van die Swartwater Boerevereniging.

Die Koedoesrandgemeenskap het ’n besluit geneem om die pad self te herstel. Hendriks sê dat ongeveer 100t teer nodig is teen ’n koste van R250 000. Die oopstoot en skoonmaak van die pad gaan ook sowat R250 000 kos. “Die totaal beloop ongeveer R500 000 sonder arbeidskoste en die teer se vervoer,” sê Hendriks.

Die pad, waar die teer plek-plek nie eers meer bestaan nie, is al vir meer as vier jaar onder bespreking – in 2012 het Noordelike Nuus reeds berig dat regeringsamptenare uitgespreek het oor kontrakteurs en konsul-

Keelvol vir stukkende R572-padtante wat verantwoordelik is vir onderhoud van paaie, maar nie presteer nie. Twee jaar later kan die pad beswaarlik ’n teerpad genoem word.

Noordelike Nuus het die maatskappy Superway geskakel wat gelys is as die kon-trakteur wat deur SANRAL (wat die paaie in 2014 oorgeneem het) aangestel is vir die onderhoud en instandhouding van die betrokke stuk pad. ‘n Woordvoerder het erken dat hulle wel verantwoordelik is vir die pad, maar het verkies om nie te bev-estig of daar wel enige geld en indien wel, hoeveel, hiervoor beskikbaar gestel is nie.

“Die pad is in ’n haglike toestand,” het Hendriks gesê, “almal wat die pad gebruik lei skade as gevolg van die slaggate en swak sig.”

Enige donasies en skenkings sal waar-deer word. 'n Spesiale trust is gestig wat deur 'n prokureursfirma oorsien sal word. Belangstellendes kan Hendriks skakel by 076 649 5220 of epos: [email protected].

Page 4: Nn 20 3 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 20 MARCH 20154

Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - A large number of Waterberg Technical Vocational Education and Training (TVET) College students were arrested ear-lier this week on charges of public violence while taking part in an illegal strike. They appeared at the Mokerong magistrate court on Tuesday.

“We are unhappy with the college’s administration standards and refuse to ac-cept that the National Student Financial Aid Scheme (NSFAS) lack funds to grant us the right to transport, stationary, textbooks and decent facilities,” said an angry group of stu-dents outside the court. They accuse of the police of going on a rubber-bullet-shooting-spree before arresting them.

Students accuse TVET College of maladministration

Lizzy Lekoloane, chief executive officer (CEO) of Waterberg TVET told Northern News that management was aware of the students' demands and added that they received no formal writing in form of a memorandum to confirm students dissatisfaction.

“No proper procedures were followed,” she said.

Lekoloane confirmed that management is trying to resolve issues internally. She admit-ted the shortage of textbooks and referred to a delay in procurement processes, but said that students were supplied with the neces-sary copies of textbooks to carry on with their studies.

Lekoloane said that the police and cam-pus management will be meeting to discuss the court’s outcome.

Deur Mariska Ehlers ([email protected])

LEPHALALE - Die 17-jarige Carre Lee Armstrong van Ellisras Hoërskool het al vele titels verower in die modelwêreld en is tans besig met haar deelname aan die bekende ‘Apprentices of Angelique Ger-ber’ kompetisie waar sy as die Limpopo ambassadeur aangewys is vir 2014.

Meer as 300 meisies het ingeskryf vir die kompetisie en Carre Lee was op 16 een van die jongste deelnemers. In haar hoedanigheid as ambassadeur is Carre Lee een van 12 meisies wat gaan deelneem het aan ‘n kalender-fotosessie in Mozambique. Hierdie foto’s gaan in tydskrifte versprei word en Carre Lee is die jongste model in die groep (sy moes deur ’n ouer vergesel word vir die fotosessie omdat sy minderjarig is).

Oor die geleentheid sê Carre Lee se ma,

Jongste 'apprentice' blom by die seeLouise, dat dit goeie ervaring is. “Ons het agter die bussie wat die ander modelle ver-voer gery en het die lang pad van 1200km begin tot by ons be-stemming in Praia Do Bilene,” sê Louise.

Hier is die groep met n boot oor die water gevat na die eiland waar die die foto’s geneem was. Die meisies het met sonsopkoms- en sonsondergang foto’s

geneem. Die modelle moes alreeds 04:00 opstaan om reg te wees vir die fotograaf met sonsopkoms. Bikinis, sonrokkies, broekies en t-hemde is voorsien.

LEPHALALE – Verlede Vry-dag is daar groot makietie gehou by KANSA se fond-sinsameling funksie waar die Juba broers gesorg het dat die dansbaan vol bly. Verskeie wyne asook wilds karkasse is opgeveil.

Die hoogste bod was vir die bottel Beyerskloof Pino-tage 2013. Hierdie 1.5l wyn is verkoop teen R3000! Elke tafel het sy eie gasvrou ge-had wat moes sorg vir haar tafel en ook vir die ete wat voorgesit was.

Marika van Zyl, KANSA voorsitter in Lephalale, het die organiseerders, borge en KANSA ondersteuners bedank.

Wyn kry goeie prys – KANSA

Bo: Mariska Ehlers by die Juba broers tydens die KANSA fondsinsameling verlede Vrydag. Regs: Hierdie bottel Beyerskloof Pinotage 2013 is vir R3000 opgeveil ten bate van KANSA.

Jong man sterf in sy fleurMOKOPANE - Anton de Vos (22) is verlede Maandag oorlede. Anton sal onthou word vir sy vriendelike glimlag, sy spontane persoonlikheid en sy onvoorwaardelike liefde vir sy medemens. Hy laat sy ouers, Francois en Magda en twee susters, Angelique en Anél agter. Hy is Saterdag uit die Potgietersrus Hervormde Kerk begrawe. Sy ouers bedank almal vir hul bystand en ondersteuning.

Page 5: Nn 20 3 issuu

20 MAART 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

Marius en Karlien Joubert (neé Correia) van Mokopane het op 7 Maart ewige trou aan mekaar beloof. Hulle is in die huwelik bevestig deur pastoor Richard Vigus vanuit die AGS Groeipunt gemeente. Die paartjie vestig hulleself in Mokopane. Foto: Memory Lane Photography.

Rudi van Jaarveld en Lounelle Kühn van Lephalale is Saterdag 7 Maart vanuit die Boeresaal Steenbokpan deur ds Bernard Prinsloo in die huwelik bevestig.

MOKOPANE - Laer-skool Krugerpark se Graad R klasse het met ’n onlangse besoek van ‘n KANSA verteen-woordiger, geleer hoe om son slim te wees. Lezanne Abrahamse en KANSA vrywilligers het die kleingoed se hare met spuitverf verfraai en brosjures wat handel oor kanker bewusmaking is aan elkeen uitgedeel.

Regs: Die graad R-Uile klassie van Laerskool Krugerpark ver-staan nou mooi dat die son baie skadelik vir hulle kan wees en wys dat ’n goeie sonskerm en selfs ’n sonbril kan help teen die son se strale.

Krugies se Graad R klasse is 'son' slim

LEPHALALE - The OK Grocer Group (Marula) and Unilever donated soccer outfits to the Lephalale Primary School. The school thanked the store on behalf of all the learners and Eugene Dibakwane, the coach.

OK Grocer supports soccer team

Huweliksklokkies

Page 6: Nn 20 3 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 20 MARCH 20156

Ivanplats Community Commitments Scorecards - March 2015Ownership Transformation: B-BBEE PartnershipBackground• Ivanplats successfully implemented a B-BBEE Partnership in September 2014, transferring 26% of the ownership of the Platreef Project to people from local communities. The 26% partnership is divided as follows: o The Ivanplats Community Umbrella Trust owns 20% of the project; o Ivanplats employees own 3% of the project; o Local entrepreneurs own 3% of the project.• Ivanplats is a level 3 B-BBEE company, the forerunner in the mining industry in South Africa• Ivanplats’ host communities are represented in the Ivanplats Community Umbrella through the Trust Advisory Council (TAC).• The TAC consists of sixty (60) members who were independently elected from eleven (11) of Ivanplats’ host communities. Nine (9)

communities are still to elect their TAC representatives through elections observed by independent auditors.• Three (3) interim trustees were elected to represent the TAC. Once all the communities have appointed their TAC members, three (3) permanent trustees will be elected.• The TAC members and the permanent trustees will hold their offi ce for three (3) years after which communities re-elect their representatives and the TAC re-elect the permanent trustees.• Pending the successful selection of the outstanding community TAC members, the following elections will be made: o Two (2) members to serve on the Ivanplats Technical Committee; o Two (2) members to serve on the Ivanplats Management Committee; and o One (1) member to serve on the Ivanplats Board of Directors. • The task of these elected representatives is to ensure that the local communities, through the B-BBEE company, have a voice in the overall running of the Ivanplats operations and

that the interests of all shareholders in the B-BBEE company are represented at Board level.• Ivanplats is sponsoring an independently run Community Asset Mapping Process (CAMP) in its host communities. Participation in the CAMPS is voluntary and

individuals attending are taken through a process to help them identify viable projects in their community for possible submission to the trust for approval.• The Board of Trustees deciding over the implementation of community projects consist of: o Three (3) TAC elected trustees; o One (1) donor trustee; o One (1) professional trustee representing the independent trust administrator; o Two (2) independent trustees.• The trust is in the process of being registered as a Public Benefi t Organization for tax purposes.

Special Social ProjectsBackgroundIvanplats is committed to comply with both the letter and the spirit of the law to create shared value with its host communities. In the fi rst quarter of 2015, the company undertook several special projects in its host communities in line with the company’s Sustainability and Corporate Social Investment policies.

Special Projects ScorecardTargets Actual Progress March 2015Support vulnerable groups • Nutritional support to Thobela Disabled Care Centre, Madiba.

• Renovation of the Lesedi Community Centre, Kgobudi.• Donation of equipment to Mahlogonolo Senior Citizens, Vaaltyn;• Donation of fencing material to Ratanang Batsofe Senior Citizens, Mahwelereng;• Donation of a stove to the Mokgadi Sarah Crèche, Extension 20;

Special focus on education • Donation of sixteen Wendy houses with foundational support to Non-Profi t Organizations (NPOs) and schools in several host communities.

Support projects in line with the Integrated Development Plan of the Mogalakwena Municipality

• Rain Water Harvesting project in Kgobudi and Magongoa – three pilot units installed and more households are being identifi ed with the Department of Social Development.

• Community Sanitation project in Magongoa and Kgobudi – waterless sanitation units installed at thirty two public spaces in Magongoa and Kgobudi.

Support youth sports programmes • Co-sponsorship to Piet Potgieter High School to host the annual Bosveld Inter High Athletics;

• Donation of sports equipment to Masodi community;• Donation of sports equipment to SCORE in Moshate;• Donation of sports equipment to Jamaica Football Club in Masodi;• Donation of dance uniforms to Madiba TV3 Dance Group.

Project Development - Mining AreaBackgroundIvanplats received its mining right from the Department of Mineral Resources in November 2014 and is building a highly mechanized, safe underground platinum mine in Mokopane. The construction of Shaft One commenced in January 2015 and it will take approximately fi ve years to complete the mine and start with production. Ivanplats is also constructing a mine boundary fence to ensure the safety of the people in the adjacent communities whilst still providing access to mielie fi elds, grazing and grave sites to affected parties.

B-BBEE Partnership Community ScorecardTargets Actual Progress March 2015Trust Advisory Council member election in Baloyi, Hlongwane, Matjeke, Kgobudi-2 (Mzombane), Ga-Magongoa, Ga-Madiba, Masodi, Sekgakgapeng and Masehlaneng.

Dates set for March/April 2015.

Trust Advisory Council Training Pending successful election of outstanding TAC members. Election of Technical Committee B-BBEE member, Management Committee B-BBEE member and B-BBEE member on the board of directors

Pending successful election of outstanding TAC members.

Community Asset Mapping Process Four out of seven CAMPS completed in three communities.Form partnerships with other businesses to contribute to the Ivanplats Community Umbrella Trust

Major Drilling selected the Ivanplats Community Umbrella Trust as the benefi ciary of the Major Drilling B-BEE partnership and will be contributing to the trust fund.

Ivanplats aims to keep our stakeholders informed about our progress in meeting the commitments we made to our local communities.

We are proud to present our Community Commitment Scorecards to all our local stakeholders and want to thank our host communities for

their cooperation in meeting, and in some cases, exceeding ourtargets for the fi rst quarter of 2015.

Project Development Community ScorecardTargets Actual Progress March 2015 Shaft 1 construction First blasting completed, excavation of box

cut on-going. Mine boundary fence construction The mine boundary fence is 57%

completed.

Foundations for the 5-Mva power line construction

Excavation is in advance stage and civil works to follow.

Page 7: Nn 20 3 issuu

20 MAART 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

Ivanplats Community Commitments Scorecards - March 2015

Surface Lease Agreement Community ScorecardTargets Actual Progress March 2015Consultation with Department of Rural Development and Land Reform Planning meetings held. Consultation with affected communities Meetings planned for the second quarter of 2015. Identify alternative land for Livelihood Restoration once Surface Lease Agreement is signed Consultant appointed and working on alternative land report.

Environmental Management Plan Community ScorecardTargets Actual Progress March 2015Air Quality Monitoring • Air quality monitoring is conducted at 8 monitoring locations.

• At the construction site, dust suppression is done continually.Blasting Noise and Vibration Monitoring Noise and vibration monitoring was done during blasting to ensure that noise and

vibration levels are not over the legal limit. Water Quality Monitoring Ground and surface water monitoring is done on a continual basis.

Social and Labour Plan Community ScorecardTargets Actual Progress March 2015Local RecruitmentCompany Commitment: Source 70% of labour locally(skilled and unskilled).

Current local labour fi gure: 81.8%

Local Procurement Services - Company Target: 70% Capital Goods - Company Target: 40%Consumable Goods Company Target: 50%

89% of services procured locally. 73% of capital goods procured locally. 53% of consumable goods procured locally.

Enterprise and Supplier DevelopmentCrusher and Aggregates Project Project plan and structure has been approved. The Project team is busy with technical specifi cations.Employee Skills Development• Employee Adult Basic Education Training (ABET) 100% of identifi ed employees currently enrolled.• Employee Bursaries 5 employees have received bursaries from the Company in Hydrology, Strata Control, Human Resource

Development, Health and Safety Management respectively.

Community Skills Development• Non-core Technical Skills Training 78 learners currently in training at Ergo Maphelong, Masodi. Facilitated by a donation of construction training

materials to the centre.• Internships 7 local interns have been selected and employed in 5 different Ivanplats departments including Human

Resources, Metallurgy, Finances, Environmental and Safety and Health.• Bursaries 5 local bursars are being sponsored in Mining Engineering, Environmental Management and Finance and

Commerce respectively.• Community Adult Basic Education Training (ABET) A Memorandum of Understanding between Ivanplats and the Department of Education was signed to work

together to facilitate ABET in Ivanplats’ host communities.Local Economic DevelopmentLesedi Childhood Development and Business Centre Project • Project plan approved;

• Bill of quantities completed;• Company appointed to fi nd an underground water source for the centre;• Full tender process underway.

Together We Grow

Socio-Economic Development - Social and Labour PlanBackgroundIvanplats’ Social and Labour Plan was approved by the Department of Mineral Resources in November 2014.In its Social and Labour Plan Ivanplats makes commitments to its host communities with regard to the following socio-economic development issues: • Recruitment of local labour;• Procurement of local goods and services;• Development of local suppliers and enterprises;• Skills development of employees;• Skills development of people in Ivanplats host communities and,• Local economic development projects.

Land Use - Surface Lease AgreementBackgroundA surface lease agreement is an agreement for the use of a specifi c area of land. Ivanplats was granted a mining right by the Department of Mineral Resources to build an underground, mechanized platinum mine in Mokopane. The piece of land on which Ivanplats is building this mine, is used by the people in the adjacent communities for farming and grazing. Consultations with the affected communities and the Department of Rural Development and Land Reform started in 2014, and are continuing in 2015. The communities involved in the surface lease agreement consultations are Baloyi, Matjeke, Hlongwane, Ga-Madiba, Ga-Magongoa and Ga-Kgobudi. Once the surface lease agreement has been signed by all affected communities, Ivanplats and the Department of Rural Development and Land Reform, Ivanplats will commence with a Livelihood Restoration Programme to assist affected individuals to fi nd the same type of Livelihood in an alternative location.

For more information contact:Ivanplats Socio-Economic Development Department at the Ivanplats Offi ces in Mokopaneor e-mail the following staff members:- For Procurement queries – [email protected] For Enterprise and Supplier Development queries – [email protected] For Community Relations queries – [email protected]

Ivanplats aims to keep our stakeholders informed about our progress in meeting the commitments we made to our local communities.

We are proud to present our Community Commitment Scorecards to all our local stakeholders and want to thank our host communities for

their cooperation in meeting, and in some cases, exceeding ourtargets for the fi rst quarter of 2015.

Environmental Management PlanBackgroundAs a Responsible Mining Company, Ivanplats has an Environmental Management Plan which was developed based on environmental impact baseline studies carried out in 2013. This Environmental Management Plan, ensures that the environmental impacts of the development of the Platreef Project is kept to a minimum and the necessary measures are taken to mitigate the impacts that occur. To this end Ivanplats actively monitors the following: noise, air quality, vibrations, water quality, waste management and biodiversity.

Page 8: Nn 20 3 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 20 MARCH 2015

Firemen amuse little ones

MOKOPANE - Little ones at Mapinpana Daycare and Pre-School recently enjoyed an exciting show that was presented by the local fire department in town. The school thanked the team for the learning experience.

Getting it right: Northern News reported last week Crisna Vosser is the owner of Mapinpana Day Care and Pre-school. Gawie and Ann Britz (left) are the owners of the school and Vosser is the principal.

8

Deur Melt van der Spuy

Servaas kom met sy lang lyf om die hoek gestap en sonder om te groet val hy in die stoel op die stoep.

Ek gee hom net kans om lekker in die stoel weg te sak: “Nou toe, vir wat lyk jy al weer asof jy die lewe te ernstig opneem. Jy sal tog nie lewendig daaruit kom nie.”

Hy gluur my openlik aan: “Nee man. Dis net ongeskikte mense wat my so dwars in die krop steek. Hulle laat my behoorlik bloed sien.”

Toe laat waai ek met ’n stukkie wysheid: “Die lewe is nie regverdig nie – raak gewoond daaraan.”

Hy snork skuins weg: “Jy het nie ervaar wat ek nou die dag moes deurwerk nie. Dit maak my nou nog beswaard as ek net daaraan dink.”

Ek kan sien hy is nie lekker nie, maar tog bars hy om my te vertel: “Nou laat ek hoor wie of wat het nou weer aan jou kom krap waar dit nie jeuk nie.”

Om die kampvuur

“Have a nice day”Dis net waarop hy gewag het: “Nou goed.

Jy weet mos in die willetuin se kampe kry jy sulke losstaande kombuise waar mens kan skottelgoed was, ’n ietsie op ’n elektriese plaat kan gaarmaak en ook ’n klein, so 5-li-ter, geiser waar jy kookwater kan kry.”

Ek knik net instemmend en hy stoom voort: “Nou ja, ek dink weer vanmôre aan die ander dag toe ek en my aller-pragtigste laas in een so kamp was en ek toe die spesifieke môre kombuis te stap met my warmwaterfles om vir ons bietjie kookwater te loop haal.

“Ek kom toe by die kombuis aan en sien die water in die geiser is nie reg nie. Die geiser het so rooi en groen liggie. Brand die groene is die water koud. Brand die rooie is dit reg en kan jy tap. Toe ek daar kom, is die groen liggie aan en ek sit my fles langs die geiser neer. Ek draai sy prop af en leun toe sommer so met my rug teen die wasbak daarnaas terwyl ek wag vir die rooi liggie om aan te gaan.

“Terwyl ek so staan en wag, kom ’n mede kampeerder daar aan om skottelgoed te was. Die man is toe ewe vriendelik en terwyl hy sy

skottelgoed uitpak en dinge regkry vir die groot was, begin ek en hy gesels.

“Maar ek sien nooit die vroumens wat van die ander kant aangestap kom nie. Die eerste wat ek van haar bewus is, is toe ek hoor iemand karring hier agter my by die geiser. Ek draai om en daar staan hier-

die blink figuurtjie van kop tot tone in pers geklee. Sy lyk soos ‘n vroeë lenteblom wat skitter in die son.

“Ek staan haar nog so en aangaap, toe druk sy ewe saggies my warmwaterfles uit die pad, druk hare onder die kraantjie in en begin dit doodluiters volmaak.

“Ek onthou ek het nog gesien die rooi lig-gie is aan, maar ek gaap soos ’n vis op droë grond oor die astrantheid van die pers een.

“Ek staan nog en dink wat om te sê, toe is haar fles vol en die rooi liggie is morsdood gevrek en die groene brand.

“Sy draai haar fles se prop op, glimlag na my kant toe sê: ‘Have a nice day!’ Ek tog en paas uit!”

Ek proes van die lag: “Ja, sy was weer heeltemal te mooi vir jou en daarom kon jy nie woorde kry om haar aan te vat nie.”

Servaas glimlag verleë: “Daaroor praat ons mos nie.”

Span sê dankieMOKOPANE - Laerskool Kruger-park se o/10 rugbyspan bedank hulle borge vir hulle blink nuwe rugby uitrustings en ook omdat hulle as borge ’n pad met die spelers gaan stap vir die res van hulle laerskool loopbaan. Die borge is: Romans Mokopane, Goldwagen Mokopane, Arons Sport, Martins Begrafnisdienste, Strikeforce sekuriteit en Walkie en Karen Kruger. Afrigters van beide die A en B-span bestaande uit Wikus Janse van Nieuwenhuysen, Piet Botha, Barrie Pietere en Olf Collens is die spanne se dryfkrag.

MOKOPANE – Vier leerders van Hoërskool Piet Potgieter het verlede Vrydag aan die SAMF Wiskunde Olimpiade deelge-neem. Hulle gaan deur na die tweede rondte wat op 13 Mei sal plaasvind. Hier is Chrisna Malan, Eduard Barnard, Leshego Khaas en Emna Javed.

HPP maak slim somme

EHS se bobaas debat-spanLEPHALALE - Clarise Kritzinger, Christiaan Young en Nathalie Perrier in Graad 8 het die onlangse junior debat loshande gewen. Die onderwerp was die vraag of Suid-Afrika die Olimpiese Spele suksesvol sal kan huisves.

Swemmers behaal goeie tyeMOKOPANE - Miral Honiball en Heinrich Strydom het goeie tye behaal tydens die vlak 3 swem kampioenskappe in Port Elizabeth die afgelope naweek. Hoërskool Piet Potgieter wens ook die swemmers wat Donderdag aan die vlak 2 in Germiston deelneem, sterkte toe.

Links: Miral Honiball klief deur die water. Foto: Armanda Kruger.

Page 9: Nn 20 3 issuu

20 MAART 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 9

Cricketers ready for Limpopo leagueMOKOPANE - These young cricket players from Mokopane Primary School were selected to represent the provincial league at the Peter Mokaba Sport Stadium in Polokwane on Saturday. With them, their coach, William Khumalo.

MOKOPANE - Rhythmic Elegance Gymnastic Club in Mokopane is excited to be coaching rhythmic gymnastics classes to learn-ers of all grades at Mokopane Primary School during their sport period twice a week. “I am proud to achieve a next milestone by involving local schools,” said the club’s rhythmic coach, Elmien Landman. Here she is with organiser, Diana Mashamaite and some of the learners. Zulaikha Omar, coordinator joins them.

Gymnastics complete school’s sport offering

MOKOPANE - Atlete van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) wat gekies is om die provinsie te verteenwoordig vir deelname aan die eersdaagse SA kampioenskappe in Rustenburg is: CG Kruger (hekkies 100m en 300m, seuns o/15), Sello Nyawene (1500m, seuns o/17), Pontsho Ngobeni ( 3000m, seuns o/19), Mirieck Griessel (gewigstoot, dogters o/17), Marnus Uys (100m, 200m en aflos, seuns o/17), Peter Tau (800m, seuns o/19), Soretha Kruger (diskus en gewigstoot, dogters o/19) en Luzaan Taljaard (gewigstoot, dogters o/15). Die skool het Tau gelukgewens wat verkies is as spankaptein van die Limpopo seunspan.

SA’s wink vir Limpopo atlete

Rugga kids tref LimpopoLEPHALALE - Rugga Kids bestaan al vir 13 jaar in Suid-Afrika en het in 2014 uitgebrei na Limpopo. Lephalale het nou ook deel geword van die groepie.

Neels Brits, stigter van Rugga Kids, het agtergekom by spannetjies wat hy afgerig het dat die seuns nie altyd oor die nodige balvaardighede beskik nie. Die hoofdoel agter Rugga Kids se stigting is om vir seuntjies rugbyvaardighede en -veiligheid te leer, al duik hulle mekaar.

Besoeke word weekliks by die skole afgelê. Die afrigters is deur Rugga Kids opgelei en moet 'n afrigtings-kurses geslaag het om te kwalifiseer. Die lesse is vir kinders tussen 3-8 jaar.

Wanneer hy klaar is met Rugga Kids en o/9, moet die kind die nodige vaardighede hê sodat ‘n skoolafrigter met so kind begin werk aan spelpatroon en hoef hy nie die kind eers te leer balle uitgooi of duik nie.

Page 10: Nn 20 3 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 20 MARCH 201510

Page 11: Nn 20 3 issuu

20 MAART 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 11

WIMPY delivers in Ellisras and

OnVerwacht.Please phone

ALma on 082 879 1582

Page 12: Nn 20 3 issuu

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

U

Deur Fransa de Beer

LEPHALALE - Hoërskool Ellisras het verlede Saterdag ‘n vriendskaplike sport-dag teen Hoërskool Merensky van Tzaneen op hul tuisgrond aangebied.

Die Rassies se junior rugby het uitste-kend gevaar. 0/14 wen 15-10, o/15 21-10 en o/16 wen 29-12. Die Rassies se tweedes moes na ‘n titaniese stryd die knie buig en verloor 14-17 in die laaste minute van die wedstryd.

Die Rassies se eerstespan het vir hul spanmaat wat ‘n beroerte in Nederland gekry het met ‘n sewestoer in Desember 2014, ook ‘n eerstespantrui laat maak.

EHS gereed vir wintersport

Tiaan Geldenhuys het die span op die veld gelei. Daarna het hulle gekniel vir ‘n minuut se stilte uit eerbied vir hul spanmaat Stefan van Emmenis se pa, Hardus, wat oorlede is.

Die Rassies se drieë het van die “korter” spelers in die span gekom. Pieter du Plessis en Ruan Barnard het opwinding veroorsaak en groot gejuig op die pawiljoen met hulle drieë. Die Rassies het hard gespeel maar 15-26 verloor. Een ding is seker, rugby is ‘n

harde spel en mens hoor letterlik die ge-beendere klap as jy langs die veld staan.

Die netbal het gemengde welslae behaal met die o/14b’s wat 7-4 wen, o/15 17-4 en die o/16A 18-3. Die hok-kiebokkies het ook soos soldate geveg, Die eerstespanne en o/14’s speel gelykop. Die o/15 en o/16 verloor 0-2 elk.

Saterdag speel die Rassies teen Tuine Tegnies in Pretoria.

LEPHALALE – Last weekend Laerskool Bosveld Primary traveled to Mokopane for a rugby meet and provided every opponent with a formidable adversary. Even though team Bosveld had not been victorious in every game, they played well. The highlight of the day is the third team’s victory over Laerskool Krugerpark with a tremendous 36-0. The u/11 showed Heuwelkruin up with an final score of 15-12.

Bossie rugby shine

Sport op sy beste!Laerskool Krugerpark se rugby- en netbal dag verlede Saterdag het gesorg vir opwinding. Spelers het hulle beste voetjie voor-gesit terwyl ondersteuners die hittegolf langs die baan en veld getrotseer het. Die Krugies se o/13 A- netbal span spog met hul netbal drag wat deur KFC geborg is. Hulle afrigters, Retha Groenewalt en Retha du Toit vergesel hulle. Die o/13 B – netbal span met hulle afrigters, Retha Groenewalt en Retha du Toit pronk in hulle netbal drag wat geborg is deur BB Auto.