mahindra bederf die manne vodacom super rugby …...2016/07/15  · force vs stormers in nat en...

1
p 16 15 July 2016, PLATINUM WEEKLY, 50 Marais Street, Tel: 014 592 9686, Fax: 011 252 6669, E-mail: [email protected] Are you battling with DEBT and struggling to make ends meet? You want to earn an EXTRA INCOME? Here is a chance to change your life – Attend a business seminar at 56 Nelson Mandela Drive (next to Nando’s), Rustenburg on Sunday, 31 July, 15h00. Come witness life changing testimonials. To book your FREE seat contact Tshepo on 073 724 9699 or Cornelius on 073 070 0266 BUSINESS SEMINAR Blues vs Brumbies In Auckland ransel die Blues die Brumbies behoorlik af en wen 40-15. Kommerwekkend vir Aussie ruggas is die feit dat die Brumbies hul nommer een span is, en die Blues is tans laaste op die puntetabel ou grote. Die Blues speel volgende tuis teen die Waratahs in Auckland terwyl die Brumbies teen die Force in Canberra gaan uitdraf. Reds Vs Chiefs Op hul tuisveld in Brisbane word die Queens manne verneder met die Chiefs wat hulle 50-5 klop met skitter spel. Die Chiefs is nou slegs een punt voor die Crusaders op die NZ Konferensie. Die Chiefs se laaste game teen die Highlanders in Dunedin gaan ‘n riller wees ou grote. Die Reds draf teen die Rebels uit in Brisbane. Leeus vs Kings In Jo’burg klop die tuisspan op ‘n drafstap die Kings 57-21 en wen sodoende die Konferensie-trofee vir die eerste keer. Met hierdie prestasie speel die Leeus ook dan in ‘n tuis Kwart-finaal. Die Leeus speel volgende met ‘n “B” span teen die Jaguares in Buenos Aires. Akker wil dat sy sterre ‘n ruskans kry, wat dalk in sy gesig kan ontplof ou grote. Die Kings reis volgende Kaapstad toe om die Stormers op Nuweland te gaan frustreer. Crusaders vs Rebels Die Crusaders verwoes en verneder die Rebelle in Christchurch en wen met 85-26, en druk nie minder as dertien drieë nie. Die Saders speel volgende teen die Hurricanes in ‘n Kiwi-derby wat vir groot opwinding gaan sorg. Die Rebels speel volgende teen die Reds in Brisbane. Waratahs vs Hurricanes In Sydney word die swart Aussie naweek voortgesit met die Hurricanes wat die tweede beste Aussie span met 28-17 troef. Die Canes speel volgende teen die Saders in Christchurch met die Tahs wat teen die Blues in Auckland moet gaan uitdraf. Force vs Stormers In nat en winderige toestande slaag die Kapenaars darem daarin om die Force 22-3 te klop. Die Stormers eindig dan bo-aan die Afrika-Konferensie 1. Hulle speel volgende teen die Kings op Nuweland met die Force wat teen die Brumbies in Canberra gaan uitdraf. Bulle vs Sunwolves Op Loftus klop die Bulle die Japannese hansworse 50-3. Die Bulle se drome om in die uitspeel rondtes te speel is vir eers verby ou grote. Die Bulle se laaste game is teen die Cheetahs in Bloemfontein met die Wolwe wat Durban toe reis om gepynig te gaan word in die Haaitenk. Haaie vs Cheetahs Die Haaie gaan deurdring tot die kwarteindrondte ondanks ‘n teleurstellende vertoning teen die Cheetahs. Die Durbaniete wen 26-10 ou grote, maar is regtig nie op standaard nie. Die Haaie speel volgende teen die hansworse uit Japan met die Cheetahs wat tuis gaan uitdraf teen die Bulle. Jaguares vs Highlanders In Buenos Aires loop die Argentyne hulle vas teen die verdedigende kampioenspan en verloor 34-8. Die Highlanders het gewys hulle gaan moeilik van hul troon afstand doen. Die Jaguares se laaste game is teen die Leeus in Buenos Aires met die Highlanders wat terugreis NZ toe om tuis in ‘n Kiwi riller uit te draf teen die Hurricanes. Nag ou grote… Rustenburg/ Thabazimbi – Mahindra Rustenburg en Mahindra Thabazimbi het elkeen agt van hul kliënte bederf met ‘n heerlike uitstappie in die bosveld. Stof, 4x4 aksie en ietsie koud vir die dorstige kele was aan die orde van die dag! Die manne het Maandag, 11 Julie 2016, die Mahindra 4x4 uitstappie by Rossouwspoort 4x4, net ‘n klipgooi buite Thabazimbi, meegemaak. Die 1300ha plaas laat mens die skoonheid van die natuur weer van voor af waardeer. Elke man het beurt gekry om die Mahindra voertuig van hul keuse te bestuur om die uitdagende 4x4 roetes aan te pak – en na verwagte het hulle dit terdeë geniet! Vodacom Super Rugby 2016 – Week 16 Mahindra bederf die manne Die manne wat Rossouwspoort 4x4 aangepak het. Die wille Mahindra THAR 4x4.

Upload: others

Post on 12-Jun-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Mahindra bederf die manne Vodacom Super Rugby …...2016/07/15  · Force vs Stormers In nat en winderige toestande slaag die Kapenaars darem daarin om die Force 22-3 te klop. Die

p 16 15 July 2016, PLATINUM WEEKLY, 50 Marais Street, Tel: 014 592 9686, Fax: 011 252 6669, E-mail: [email protected]

Are you battling with DEBT and struggling to make ends meet?You want to earn an EXTRA INCOME?

Here is a chance to change your life – Attend a business seminar at 56 Nelson Mandela Drive (next to Nando’s), Rustenburg

on Sunday, 31 July, 15h00. Come witness life changing testimonials.

To book your FREE seat contact Tshepo on 073 724 9699 or Cornelius on 073 070 0266

BUSINESS SEMINAR

Blues vs BrumbiesIn Auckland ransel die Blues die Brumbies behoorlik af en wen 40-15. Kommerwekkend vir Aussie ruggas is die feit dat die Brumbies hul nommer een span is, en die Blues is tans laaste op die puntetabel ou grote. Die Blues speel volgende tuis teen die Waratahs in Auckland terwyl die Brumbies teen die Force in Canberra gaan uitdraf.

Reds Vs ChiefsOp hul tuisveld in Brisbane word die Queens manne verneder met die Chiefs wat hulle 50-5 klop met skitter spel. Die Chiefs is nou slegs een punt voor die Crusaders op die NZ Konferensie. Die Chiefs se laaste game teen die Highlanders in Dunedin gaan ‘n riller wees ou grote. Die Reds draf teen die Rebels uit in Brisbane.

Leeus vs KingsIn Jo’burg klop die tuisspan op ‘n drafstap die Kings 57-21 en wen sodoende die Konferensie-trofee vir die eerste keer. Met hierdie prestasie speel die Leeus ook dan in ‘n tuis Kwart-finaal. Die Leeus speel volgende met ‘n “B” span teen die Jaguares in Buenos Aires. Akker wil dat sy sterre ‘n ruskans kry, wat dalk in sy gesig kan ontplof ou grote. Die Kings reis volgende Kaapstad toe om die Stormers op Nuweland te gaan frustreer.

Crusaders vs RebelsDie Crusaders verwoes en verneder die Rebelle in Christchurch en wen met 85-26, en druk nie minder as dertien drieë nie. Die Saders speel volgende teen die Hurricanes in ‘n Kiwi-derby wat vir groot opwinding gaan sorg. Die Rebels speel volgende teen die Reds in Brisbane.

Waratahs vs HurricanesIn Sydney word die swart Aussie naweek voortgesit met die Hurricanes wat die tweede beste Aussie span met 28-17 troef. Die Canes speel volgende teen die Saders in Christchurch met die Tahs wat teen die Blues in Auckland moet gaan uitdraf.

Force vs StormersIn nat en winderige toestande slaag die Kapenaars darem daarin om die Force 22-3 te klop. Die Stormers eindig dan bo-aan die Afrika-Konferensie 1. Hulle speel volgende teen die Kings op Nuweland met die Force wat teen die Brumbies in Canberra gaan uitdraf.

Bulle vs SunwolvesOp Loftus klop die Bulle die Japannese hansworse 50-3. Die Bulle se drome om in die uitspeel rondtes te speel is vir eers verby ou grote. Die Bulle se laaste game is teen die Cheetahs in Bloemfontein met die Wolwe wat Durban toe reis om gepynig te gaan word in die Haaitenk.

Haaie vs CheetahsDie Haaie gaan deurdring tot die kwarteindrondte ondanks ‘n teleurstellende vertoning teen die Cheetahs. Die Durbaniete wen 26-10 ou grote, maar is regtig nie op standaard nie. Die Haaie speel volgende teen die hansworse uit Japan met die Cheetahs wat tuis gaan uitdraf teen die Bulle.

Jaguares vs HighlandersIn Buenos Aires loop die Argentyne hulle vas teen die verdedigende kampioenspan en verloor 34-8. Die Highlanders het gewys hulle gaan moeilik van hul troon afstand doen. Die Jaguares se laaste game is teen die Leeus in Buenos Aires met die Highlanders wat terugreis NZ toe om tuis in ‘n Kiwi riller uit te draf teen die Hurricanes.Nag ou grote…

Rustenburg/ Thabazimbi – Mahindra Rustenburg en Mahindra Thabazimbi het elkeen agt van hul kliënte bederf met ‘n heerlike uitstappie in die bosveld. Stof, 4x4 aksie en ietsie koud vir die dorstige kele was aan die orde van die dag!Die manne het Maandag, 11 Julie 2016, die Mahindra 4x4 uitstappie by Rossouwspoort 4x4, net ‘n klipgooi buite Thabazimbi, meegemaak. Die 1300ha plaas laat mens die skoonheid van die natuur weer van voor af waardeer. Elke man het beurt gekry om die Mahindra voertuig van hul keuse te bestuur om die uitdagende 4x4 roetes aan te pak – en na verwagte het hulle dit terdeë geniet!

Vodacom Super Rugby 2016 – Week 16Mahindra bederf die manne

Die manne wat Rossouwspoort 4x4 aangepak het.

Die wille Mahindra THAR 4x4.