moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike...

27
VrydagNuus 28 NOVEMBER 2014 www.kaapkerk.co.za Teken In II Teken Uit WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF Advent ... Calm us to wait for the gift of Christ. Cleanse us to prepare the way for Christ. Teach us o contemplate the wonder of Christ. Anoint us to bear the life of Christ. – Keltiese gebed. SINODALE NUUS 1. 16 Dae van Verset teen Geweld teen Vroue en Kinders 1.1 Taakspan Seisoen van Menswaardigheid In pas met die Seisoen van Menswaardigheid, duur die 16 dae van Aktivisme teen geslagsgebaseerde geweld van 25 Nov-10 Des. Elize Morkel, voorsitter van NG Wes-en-Suid-Kaapland Sinode se taakspan van die Seisoen van Menswaardigheid, laat weet dat die nasionale taakspan Gender as een van die terreine geïdentifiseer het wat bewusmaking vereis. Inligting oor die temas van 2014 se veldtog is hier te krye. Oorweeg gerus om waar moontlik in die volgende twee Adventsondae tydens eredienste ook aan dié saak aandag te gee. 1.2 Sentrum vir Publieke Getuienis: Mediaverklaring In ’n mediaverklaring rakende die 16 dae van protes teen geweld teen vroue en kinders, spreek die Sentrum vir Publieke Getuienis volle ondersteuning uit vir hierdie uiters belangrike veldtog. “Geweld teen vroue het onaanvaarbare vlakke in die samelewing bereik. Ons aanvaar dat die kerk ’n enorme rol te speel het om die psigologiese letsels wat daar tans onder ons mense bestaan, te heel.” Die

Upload: doanthuan

Post on 31-Jan-2018

237 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

VrydagNuus28 NOVEMBER 2014www.kaapkerk.co.za

Teken In II Teken Uit

WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF

Advent ...Calm us to wait for the gift of Christ.Cleanse us to prepare the way for Christ.Teach us o contemplate the wonder of Christ.Anoint us to bear the life of Christ. – Keltiese gebed.

SINODALE NUUS1. 16 Dae van Verset teen Geweld teen Vroue en Kinders1.1 Taakspan Seisoen van MenswaardigheidIn pas met die Seisoen van Menswaardigheid, duur die 16 dae van Aktivisme teen geslagsgebaseerde geweld van 25 Nov-10 Des. Elize Morkel, voorsitter van NG Wes-en-Suid-Kaapland Sinode se taakspan van die Seisoen van Menswaardigheid, laat weet dat die nasionale taakspan Gender as een van die terreine geïdentifiseer het wat bewusmaking vereis. Inligting oor die temas van 2014 se veldtog is hier te krye. Oorweeg gerus om waar moontlik in die volgende twee Adventsondae tydens eredienste ook aan dié saak aandag te gee.

1.2 Sentrum vir Publieke Getuienis: MediaverklaringIn ’n mediaverklaring rakende die 16 dae van protes teen geweld teen vroue en kinders, spreek die Sentrum vir Publieke Getuienis volle ondersteuning uit vir hierdie uiters belangrike veldtog. “Geweld teen vroue het onaanvaarbare vlakke in die samelewing bereik. Ons aanvaar dat die kerk ’n enorme rol te speel het om die psigologiese letsels wat daar tans onder ons mense bestaan, te heel.” Die volledige verklaring is hier op www.kaapkerk.co.za en aangeheg beskikbaar in Afrikaans en Engels.

1.3 Badisa kan Help om Geslagsgeweld te Stuit!Die jaarlikse 16 Dae van Aktivisme-inisiatief gee aan verskillende rolspelers ’n geleentheid om aan projekte deel te neem en programme te ondersteun wat bewustheid sal verhoog, gedrag sal beïnvloed en hoë-vlak politieke verbintenis sal verseker om geslagsgeweld te bekamp en stuit. Badisa is uiters waardevol vir die proses in gevalle waar plaaslike owerhede nie die opleiding of hulpbronne het om sulke

Page 2: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

situasies te hanteer nie. Voorkoming is altyd beter as genesing en die Badisa-maatskaplike werkers werk binne die gemeenskappe met verskillende programme en inisiatiewe om vroue en kinders op te voed oor hul regte en oor voorkomende maatreëls. Lees gerus onderaan meer en ondersteun Badisa se werk: klik hier.

2. Belangrik! Geloofsbriewe!Hier is ’n belangrike herinnering: Gemeentes se geloofsbriewe moet asseblief teen Maandag 1 Desember 2014 by Salomi ([email protected] of faks 086

524 7117) wees. Klik hier vir meer inligting in Omsendbrief 1, wat reeds vroeër aan gemeentes gestuur is. Skakel Salomi by 021 957 7202 of [email protected] met navrae. Intussen vra ons ook graag elke gemeente en afgevaardigde se voorbidding vir die sinodesitting.

3. Dagboek! IMPAK-naweek 2015 in Jou Eie Gemeente!Vanuit die kantoor van die NG Algemene Sinode: Met wêreldbekende sprekers soos dr Brand Pretorius, dr Kobus Neethling, prof Nelus Niemandt, televisiester Leandie du Randt en ander wat optree, wil die Algemene Sinode se projekspan vir Lidmaatbemagtiging élke gemeente in staat stel om ’n Toerustingnaweek (wat saamval met Toerustingsondag 13 September 2015) aan te bied. Kreatiwiteit, leierskap, innovasie is nou meer as ooit aktueel. Hou asb daardie naweek oop en word deel van die missionale beweging! Meer inligting sal volg. Vir navrae, kontak Jannie le Roux by [email protected] of 072 127 5043.

4. VBO-program vir 2015 BeskikbaarDie volledige VBO-boekie en program is nou beskikbaar gestel. Laai dit gerus af, kyk na die kursusse en teken dit waarin jy belangstel om by te woon, nou reeds aan. Verskeie kursusse word volgende jaar in Engels saam met Ekklesia aangebied, en word so aangedui op die program. Klik hier en lees onderaan meer.

5. Sentrum vir PredikantebegeleidingCommunitas het nege noodsaaklike areas vir ’n predikant in die bediening geïdentifiseer en toe die Sentrum vir Predikantebegeleiding ontwerp om hulle sterkpunte, maar ook hulle groeipunte in die nege bekwaamhede te ontdek. Die ideaal is dat alle predikante die Sentrum vir Predikantebegeleiding êrens tydens hulle bediening sal bywoon. Lees hier verder …

6. Nuus oor NKST se 72ste Sinodesitting Die KGA skryf: “Ons susterskerk (die NKST) in Nigerië het vanaf 3 tot 14 November hulle 72ste sinodesitting te Mkar gehad. Hierdie jaar het hulle veral gefokus op hoe hulle as kerk vorentoe kan beweeg en hoe hulle hul talle uitdagings kan aanpak. Ds Azuana, die algemene sekretaris van die NKST, se opsomming van die belangrike vergadering is hier. Lees ook hier meer. Kom ons bid vir ons broers en susters in Nigerië – vir eenheid, saamstaan en die moed om

Page 3: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

op te staan vir reg en geregtigheid. Kontak Johan Botha by [email protected] vir meer inligting.

7. Biddag in Aansluiting by WêreldvigsdagWêreldvigsdag word op 1 Desember herdenk. Gemeentes word versoek om Sondag 30 November, of die eerste Sondag in Desember, in die besonder aan MIV en vigs en die pandemie aandag te gee. Die Christian Aids Bureau of Southern Africa (CABSA), versprei vanjaar die Ecumenical Advocacy Alliance (EAA) se liturgie. Kry dit by http://bit.ly/1ALFpmQ. Dit behoort ook binnekort in ’n vertaalde formaat op www.cabsa.org.za beskikbaar te wees.

8. NGK/VGK Kersvakansie 2014Die verskillende afdelings (taakspanne, diensgroepe en kommissies) van die NG Kerkfamilie word in die sinodale kantore in Belhar en Bellville, sowel as op Stellenbosch gehuisves. Die meeste afdelings sluit vanjaar vanaf Vrydag 19 Desember vir die Kersvakansie. Spesifieke datums vir die sluiting vir die Kersvakansie word aangeheg vir elkeen se gerief. Let asseblief daarop dat Dinsdag 16 Desember ’n openbare vakansiedag is.

9. Logo’s en Sosiale MediaJy kan vir oulaas vir jou gunsteling logo in ons logo-kompetisie stem! Die stemproses eindig om 12:00 op Maandag 1 Desember 2014, met die twee wenners wat in VrydagNuus van 5 Desember, sowel as dmv die sinode se sosiale media, aangekondig word.Die 12 finalis-ontwerpe verskyn saam in ’n album op die sinode se Facebook-blad: sien dit hier. Stem gerus vir EEN ontwerp as jou gunsteling nadat jy die ontwerpers se verduideliking rondom simboliek gelees het.OF, vir diegene wat nie ’n Facebook-profiel het nie: Dieselfde 12 finalis-ontwerpe verskyn op die sinode se webblad, met die opsie om daar vir EEN ontwerp as jou gunsteling te stem.

          

ALGEMENE NUUS EN INLIGTING1. NG Gemeente Merweville 110 Jaar Oud!Op 29 November 2014 is dit presies 110 jaar sedert “die ringskommissie bestaande uit di P van der Merwe, RJ van Niekerk en SP Helm op 29 November 1904 op Van der Bylskraal byeen gekom het om die nuwe gemeente op Merweville te stig. Aanvanklik was die gemeente van Merweville deel van die gemeente van Beaufort-Wes, maar ook gedeeltelik van Prins Albert en Laingsburg. Lees gerus die pragtige geskiedenis en getuienis van 110 jaar se lief en leed! (En onthou om 1-3 Mei 2015, as hulle Dankfees hou, aan te teken )

2. VBO in Geestelike BegeleidingDeon Loots stuur inligting oor ’n kursus in die praktyk van Geestelike Begeleiding by die Shama Retraite Sentrum, 32km van Steytlerville af. Dalk is daar enkele

Page 4: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

van ons gemeentes vir wie dit nie te vêr is nie. Die kursus, in 10 blokke oor ’n tydperk van twee jaar aangebied, is nie bloot toerusting vir geestelike begeleiding nie, maar is ook gerig op die kursusganger se eie geestelike reis. Lees onderaan meer hieroor en reageer voor 31 Desember.

3. Alta du Toit Nasorg: GeskenkpapierAlta du Toit Nasorg het hierdie jaar weer drie pragtige nuwe geskenkpapier ontwerpe! Hartjies, Klokke en Engele @ R12 per rolletjie van 1 m x 70cm groot. Die ontwerpe kan op Alta du Toit se Facebook gesien word – “like” gerus die blad en bly ook dan op hoogte met alles wat gebeur by die Sentrum. Bestel geskenkpapier by Lelani Vermaak 021 913 2106 / [email protected]

4. Nagmaalboodskap van Dirkie van der SpuyBelangstellendes kan ’n video-opname van die Nagmaalboodskap wat tydens die NG Oostelike Sinode se onlangse sinodesitting deur hulle voorsitter, Dirkie van der Spuy, gelewer is, sien by https://vimeo.com/112366571.

PREDIKANTENUUS1. Gerrit Kritzinger gegroetGerrit Kritzinger tree op 30 November na bykans 25 jaar by die Bybelgenootskap van Suid-Afrika af, waarvan 17 jaar as Uitvoerende Hoof. Op Sondagoggend 30

November ontvang hy Demissie by Emeritaat in Parow-Panorama-gemeente. As hy en Marietjie terugkyk, sien hulle net die Heer se groot genade in hulle lewe. “Ons was in twee gemeentes (Algoapark en Cradock-Oos) waar ons baie gelukkig was. En om later by die Bybelgenootskap betrokke te kon wees, was uiters vervullend en een lang hoogtepunt. Dit was ’n uitnemende voorreg om die Koninkryk strategies te kon dien deur die Bybel in al ons tale vertaal te kon sien en te versprei

in druk-, oudio- en digitale formate.” Klik hier vir meer.

2. Robertson groet Pieter SteynIn Robertson het Pieter Steyn ook die besondere vooruitsig om op 30 November ’n rustiger seisoen te betree wanneer hy sy afskeidspreek lewer en demissie ontvang. Pieter was voorheen verbonde aan NG Namakwaland, Bellville-Vallei en was sedert 30 Oktober 1987 in Robertson. Lees gerus onderaan oor enkele hoogtepunte in sy loopbaan en meer. Pieter en Anna: vrede en vreugde in oorvloed julle toegewens – red.

Page 5: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

NUUSBRIEWE EN PAMFLETTE1. CLF: November = Maand vir Mense met Gestremdhede Mense met gestremdhede word nog baie maal oor die hoof gesien, selfs in ons kerke! Kyk Sondag bietjie deur die oë van ’n gestremde na jou gemeente. As jy in ’n rolstoel was, met krukke geloop het, gesiggestremd was, sou jy gemaklik kon parkeer, die kerk kon binnekom en die kleedkamer kon gebruik? Nog belangriker: sou jy met warmte in die kerk verwelkom word en sou gemeentelede jou in die oë kyk en jou as mens raaksien? Lees gerus onderaan meer oor die pamflette wat CLF oor die saak beskikbaar het.

2. Shepherd’s Square NuusbriefWanneer daar allerlei ingewikkelde kwessies die pad van die gemeente kruis, word daar dikwels na die profetiese rol van die predikant verwys, om leiding en antwoorde te bied. In sy jongste nuusbrief verwys Gerhard Botha van Shepherd na Coenie Burger se opmerkings oor die amp van profeet. Die nuusbrief is hier beskikbaar vir diegene wat meer wil lees.

FUNKSIES EN FEESTELIKHEDE1. Alta du Toit Nasorg: BasaarOp 29 November hou Alta du Toit Nasorg Sentrum weer basaar. Allerlei stalletjies om by te koop, heerlike pannekoek, worsrolletjies, poedingtafels en lekker musiek deur Oriana van der Westhuizen. Daar is ook middagete kaartjies wat vooraf bespreek kan word @ R40 per ete: gemarineerde beessosatie, wors van Joey’s met noedelslaai en ’n lekker braaibroodjie. Klaar verpak! Middagete besprekings by Marina 021 913 2106/[email protected]. Enkele stalletjies is steeds beskikbaar – kontak Lelani by [email protected].

2. NG Gemeente Brackenfell-Proteahoogte: KersmarkBrackenfell-Proteahoogte (Heuwelstraat, Proteahoogte) se jaarlikse Kersmark vind vanaf 2 tot 6 Desember plaas, Die mark fokus op ’n verskeidenheid unieke Kersgeskenke en besoekers kan ook rustig sit en koffie drink en ietsie lig eet, of ’n gekookte aandete vir die gesin huis toe neem. Hierdie mark duur net vyf dae, maar alles wat by die groter markte beskikbaar is, kan hier gevind word! Di – Vr 10:00-21:00, Sa 10:00-15:00. Kontak Elfreda by 082 240 4279 en sien die volkleur pamflet hier.

3. NG Gemeente Vasco: FliekaandDie NG Gemeente Vasco, Goodwood, bied op Vrydagaand 28 November om 19:00 ’n fliekaand in die saal aan. “Irreplaceable” word vertoon, verversings te koop; ingang is gratis. Vir enige navrae, kontak die kerkkantoor by 021 591 8811. Meer oor die fliek (ouderdomsbeperking 15) is by http://www.irreplaceablethemovie.com/.

4. NG Gemeente Tamboerskloof: Kerssangdiens

Page 6: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

Op Sondagaand 30 November lei Tamboerskloof Advent in met ’n sangdiens gemik op die Kerstyd. Die tema is Engele rondom ons en albei kore van LS Jan van Riebeeck tree op, asool ’n verskeidenheid soliste soos Zanne Stapelberg, Raimondo van Staden en die violis Maretha Uys. Gemeentesang sal die soliste afwissel. Die diens begin stiptelik om 19:00, maar belangstellendes moet asb reeds om 18:45 sit. Navrae: 021 424 5804.

5. NG Gemeente Calvinia-Hantam se Klipwerf-kuier is hier!’n Herinnering: die Klipwerf Boereorkes speel na al die jare weer hierdie naweek (28-30 Nov) op Klipwerf! Calvinia-Hantam-gemeente en die Klipwerf Orkes beloof 'n heerlike kuier-naweek vir oud en jonk op Klipwerf! Gaan wees deel van die geskiedenis en woon ook sommer die spesiale Klipwerf-Feesdiens Sondagoggend 09:00, waargeneem deur ds Edward Archer, by. Lees aangeheg meer oor die groot planne vir die naweek.

VAKATURESVakatures op Kerkbode se webbladHeelwat vakante poste oor die land heen is tans beskikbaar. Die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante is by www.kerkbode.co.za. Klik by Amptelik – Vakatures.

Wortelgat Kampbediening: Algemene BestuurderDie Wortelgat Outreach Trust verskaf top-verblyfgeriewe en programme met ’n duidelike Christelike dimensie. Die kampgeriewe is in ’n privaat-natuurreservaat aan die Hermanus-strandmeer. Prof Jurgens Hendriks, direksielid en verbonde aan die US Fakulteit Teologie, laat weet dat die trust op soek is na ’n algemene bestuurder. Aansoeke sluit op 31 Desember 2014. Klik hier vir die volledige advertensie of skakel 082 783 9737 vir meer inligting.

Ten LaasteUit die Pen van ...Hier kry ’n verskeidenheid stemme die kans om hulle gedagtes in woorde om te sit. Van ’n pastorale stem, ’n teologiese opmerking tot ’n ligte oomblik om met ander te deel. Gasskrywers neem op uitnodiging aan hierdie rubriek deel.

Dis Helené Fouché (NG Kuilsrivier) se beurt vir ’n paar woorde. Belangstellendes kan haar kontak by [email protected].

’n Ma vertel my onlangs dat hulle gesin kerk toe gaan omdat haar (9-jarige) seun graag wou kerk toe gaan. ’n Matriek-leerling vertel dat haar ouers kerk toe kom, omdat sy vir haar ouers gesê het sy wil graag belydenis van geloof aflê.

Ontvang ons die koninkryk soos kindertjies? Lei ons mense na God soos kinders mense na God kan lei? Leef ons werklik in die

Page 7: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

koninkryk? Of moet ons eerder na kinders kyk om te weet hoe ons dit moet doen?

“Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” (Markus10:14-15).

- Helené Fouché

Vrolike naweek vir jou – en onthou asb dat die laaste VrydagNuus van 2014 volgende week verskyn.

Marieta Visagie

NG Wes-en-Suid-Kaapland Kommunikasie Privaatsak X8, Bellville, 7535 Tel: 021 957 7195 Faks: 086 582 9487 [email protected]

-------------------------------------------------------------

SENTRUM VIR PUBLIEKE GETUIENISVERKLARING 16 DAE VAN PROTES TEEN GEWELD TEEN VROUE

EN KINDERS

Graag wil ons ons volle ondersteuning gee aan die veldtog vir 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.

Geweld teen vroue (insluitend seksuele geweld) het onaanvaarbare vlakke in die samelewing bereik. Dit is vir ons ’n saak van groot kommer dat daar nie ’n nasionale strategiese plan is om hierdie epidemie hok te slaan nie.

Ons verstaan dat die geweld ’n gevolg is van talle sistemiese oorsake, insluitend armoede, werkloosheid, alkohol- en dwelmmisbruik, ’n gebrek aan opvoeding en respek, minderwaardigheid asook verwronge persepsies van manlikheid.

Ons aanvaar dat die kerk ’n enorme rol te speel het om die psigologiese letsels wat daar tans onder ons mense bestaan, te heel. Die herstel van gesonde familieverhoudinge en -bande behoort ook vir ons as hoogste prioriteit te dien.

In hierdie dae gaan ons harte regtig uit na alle lydendes. Ons veroordeel alle vorme van geweld – ook emosionele mishandeling – ten sterkste en doen ’n beroep op almal om saam te werk en saam te bid teen hierdie boosheid wat so ’n konkrete gestalte in ons samelewing aangeneem het.

Page 8: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

Braam Hanekom namens die Sentrum vir Publieke Getuienis

CENTRE FOR PUBLIC WITNESSCAMPAIGN OF 16 DAYS OF ACTIVISM AGAINST VIOLENCE AGAINST WOMEN

AND CHILDREN

We would like to give our full support to the campaign of 16 days of activism against violence against women and children.

Violence against women (including sexual violence) has reached unacceptable levels in our society. It is extremely worrisome that no national strategic plans exist to curb this epidemic.

We understand that the violence is as a result of a number of systemic causes, including poverty, unemployment, alcohol and drug abuse, a lack of education and respect, feelings of inferiority as well as warped perceptions of manliness.

We accept that the church has a large role to play in healing existing psychological scars amongst our people. The restoration of healthy family relationships and ties should serve as a highest priority for us.

In these days our hearts go out to all those who suffer. We condemn all forms of violence – including emotional abuse – in the strongest terms and we appeal to all to work and pray against this evil which has taken shape in such a concrete way in our society.

Braam Hanekom on behalf of the Centre for Public Witness

27 November 2014

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------

BADISA HELP OM GESLAGSGEWELD TE STUITMEDIAVERKLARING

Die jaarlikse 16 Dae van Aktivisme teen geweld teen vroue en kinders het op 25 November afgeskop. Die inisiatief gee die regering, nie-regeringsorganisasies, gemeenskapsorganisasies en ander rolspelers ’n geleentheid om aan projekte deel te neem en programme te ondersteun wat bewustheid sal verhoog, gedrag sal beïnvloed en hoë-vlak politieke verbintenis sal verseker om dié soort geweld te bekamp en stuit.

Page 9: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

Die jaarlikse veldtog word tussen 25 November en 10 Desember gehou en sluit ook Internasionale Dag van Geen Geweld teen Vroue op 25 November in, sowel as Wêreldvigsdag op 1 Desember, Internasionale Dag vir Gestremdes op 3 Desember en Menseregtedag op 10 Desember.

Die statistiek oor geweld teen vroue en ander weerlose mense in Suid-Afrika is skokkend hoog. Een uit elke 833 vroue of kinders in Suid-Afrika word verkrag, ’n getal wat baie meer is as die globale gemiddeld van een uit 10,000. Terwyl die polisie en regering sukkel om hierdie groeiende uitdagings die hoof te bied, speel organisasies soos Badisa ’n deurslaggewende rol om te help om die vlaag van geweld en mishandeling in plaaslike gemeenskappe te stuit. Badisa het tydens die afgelope paar jaar jaarliks sowat 5000 mishandelde vroue en mishandelde, seksueel gemolesteerde en verwaarloosde kinders en slagoffers van gesinsgeweld in die Wes-Kaap gehelp.

Badisa is ’n sosiale welsynsorganisasie wat professionele en inklusiewe maatskaplike welsynsdienste aan ALLE behoeftiges verskaf, ongeag hul ouderdom, geslag, nasionaliteit of geloof. Badisa is ’n geregistreerde nie-winsorganisasie (NPO 011-891 no) en openbare weldaadsorganisasie (PBO 930 006 348) wat verbind is tot sosiale ontwikkeling deur 153 gemeenskapsgebaseerde programme in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap.

Suid-Afrika het een van die mees progressiewe grondwette in die wêreld oor geslagsgelykheid, maar ons verkragtingstatistiek is ver bo die internasionale gemiddeld. In ’n skokkende aanduiding van die omvang van die geslagsgeweld probleem waarmee SA te doen het, beraam die Mediese Navorsingsraad dat net een uit elke nege verkragtings by die polisie aangemeld word.

“Die Mediese Navorsingsraad se syfers beteken dat die werklike aantal verkragtings in SA veel meer is as die syfers wat deur die polisie aangeteken word. Talle voorvalle word nie rapporteer nie: slagoffers is dikwels nie bemagtig nie en te geïntimideerd of bang om dalk nog verder deur die regstelsel getraumatiseer te word om voorvalle aan te meld. Die meeste vroue wat aan geweld onderwerp word, is slagoffers in hul eie huise en die oortreders is hul mans of lewensmaats. Waar vroue nie beskerm is nie, is die kinders ook in gevaar: daar is dikwels ’n direkte verband tussen kindermishandeling en gesinsgeweld, ”sê Annemarie Bezuidenhout, segspersoon vir Badisa.

“Badisa is uiters waardevol vir die proses in gevalle waar plaaslike owerhede nie die opleiding of hulpbronne het om sulke situasies te hanteer nie. Voorkoming is altyd beter as genesing en ons maatskaplike werkers werk binne die gemeenskappe met verskillende programme en inisiatiewe om vroue en kinders op te voed oor hul regte en oor voorkomende maatreëls. Ons behoort almal by ons plaaslike Gemeenskapspolisieforums betrokke te raak om die polisie te help om in die regte rigting te beweeg, een van ’n veilige, ondersteunende en zero-toleransie samelewing wat vroue en hul regte respekteer,” sê Bezuidenhout.

November 2014

Page 10: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------

VBO-PROGRAM 2015Die volledige VBO-boekie en program word hier beskikbaar gestel. Laai dit gerus af, kyk na die verskeidenheid van kursusse en dagboek dit waarin jy belangstel om by te woon.

Verskeie kursusse word volgende jaar in Engels aangebied saam met Ekklesia, en word so aangedui op die program. Ons werk graag in sekere van ons kursusse met ʼn meer gemengde groep leraars omdat ons ervaar dat dit die leerervaring soveel verhoog.

Die inhoud van die 2015 VBO-boekie is weer lekker kompak gehou, maar ter wille van persone wat navraag gedoen het oor die agtergrond en doel van VBO, is daar ʼn inligtingsblad daaroor ingevoeg.

Die VBO-program vir 2015 sluit in:• ʼn Paar groot konferensies wat in samewerking met Ekklesia aangebied word, soos die Missionale Konferensie getiteld The Future of Missional Theology and Missional Churches; ʼn konferensie oor Erediens en Aanbidding: God bless Africa: Worship for a Time Like This (saam met die Calvin Institute of Christian Worship) en die jaarlikse Winterskool met die tema: Changing the World? An invitation to faithful discipleship and responsible citizenship.• Die internasionale Fresh Expressions Konferensie wat aanvanklik vir later in 2015 beplan is, vind nou in Februarie 2016 plaas.• Die Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing word baie sterk aanbeveel - lees ook die getuienisse van persone wat reeds met die program besig is.• ’n Hele klomp interessante een- twee en driedagkursusse – o.a. ʼn Emeriti-kursus, een oor Gemeente-finansies en administrasie, oor Preek-maak, die Happiness-teorie, die Doop en nog baie meer ...

Kry die VBO-boekie (1 MB) by http://communitas.co.za/wp-content/uploads/2014/11/VBO-boekie-2015.pdf

Navrae: Wilma le RouxTel 021 808 [email protected]

Terug na Hoofblad.

Page 11: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

--------------------------------------------------------

KERSVAKANSIETYEArgiefDie Argief op Stellenbosch sluit op 19 Desember om 09:00 vir beroking en heropen op 12 Januarie 2015 om 07:30.

Badisa BestuursprogramBadisa Bestuursprogram in Bellville sluit op 24 Desember om 12:00 en heropen op 5 Januarie 2015.Die kontakpersoon vir dringende navrae tydens die sluitingstyd is Annemarie Bezuidenhout by [email protected] of 083 708 2049.

Bediening vir Armoede en SorgDie kantoor sluit op 19 Desember om 12:00 en heropen op 12 Januarie 2015 om 07:45.

Communitas, StellenboschCommunitas sluit op 24 Desember om 12:00 en heropen op 5 Januarie 2015 om 08:00.Frederick Marais is die kontakpersoon in geval van nood: 083 380 1657.

Goeie Hoop Behuisingsmaatskappy (GHBM)GHBM sluit op 12 Desember en heropen op 15 Januarie 2015.

Kommissie vir Getuienisaksie (KGA)Hierdie kantoor sluit op 19 Desember om 12:00 en heropen op 12 Januarie 2015 om 07:45.Kobus Odendaal is deurlopend beskikbaar by 082 732 4752.

NGK Kantoor van die Saakgelastigde/Ondersteuningsdienste(Pensioene, Medies, Salarisse, Reiskoste, Rekeninge, Sinodale Aandeel, Kommunikasie)Die kantoor sluit op 19 Desember om 12:00 en heropen op 12 Januarie 2015 om 07:30.Dringende navrae kan gedurende die vakansie gerig word aan:Bossie Minnaar (083 270 5211 of 021 981 2684)Kenny Raats (082 886 5643)

Sentrum vir Publieke GetuienisDie kantoor sluit op 12 Desember om 12:00 en heropen op 12 Januarie 2015.

VGK BelharDie VGK se sinodale kantoor in Belhar sluit op 12 Desember en heropen op 5 Januarie 2015.

Page 12: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

NG GEMEENTE MERWEVILLE110 JAAR OUD

Op 29 November 2014 is dit presies 110 jaar sedert “die ringskommissie bestaande uit di P van der Merwe, RJ van Niekerk en SP Helm op 29 November 1904 op Van der Bylskraal byeen gekom het om die nuwe gemeente te stig. Om tienuur die oggend het baie belanghebbendes in die kerkgebou byeengekom om die stigting van die nuwe gemeente by te woon en die grenslyne te bepaal.” (direk oorgeneem uit Die Koup Jubel deur Theresa van Vuuren 2004).

Aanvanklik was die gemeente van Merweville deel van die gemeente van Beaufort-Wes, maar ook gedeeltelik van Prins Albert en Laingsburg. Die behoefte aan ’n kerk in die Koup was groot en op 5 Julie 1987 is daar reeds besluit om ’n kerkie hier te bou, maar toe nog net as ’n buitewyk van Beaufort-Wes. Die plaas Van der Bylskraal het aan Jacobus Johannes le Sueur van der Byl behoort en hy het die eerste kerkie wat waarskynlik laat 1898 of vroeg in 1899 voltooi is, met die grond waarop dit gebou is, aan die gemeente geskenk. Die kerkie het ongeveer 300 tot 400 sitplekke gehad en kon ook as skool gebruik word.

Alhoewel daar reeds op ’n kerkraadsvergadering gehou op 8 Oktober 1900 ’n versoek gerig is dat dit ’n selfstandige gemeente moet word, het hierdie gedagtes eers in 1904 ’n werklikheid geword. Die heer Van der Byl is op 1 Januarie 1904 oorlede en die plaas is uit ’n boedelvendusie vir 4,500 pond deur die koopkommissie aangekoop.

Die naam van die gemeente sou Merweville wees ter ere van ds P van der Merwe van Beaufort-Wes, wat as die eintlik stigter van die gemeente gesien word. Die destydse plaasopstal wat ook ’n winkel en die poskantoor gehuisves het, behoort vandag nog aan en word daagliks bewoon deur mnr Frikkie Bothma en sy vrou Corrie. Met die stigting van die gemeente het daar noodwendig ook ’n dorp ontstaan en die kerkraad het besluit om die dorpsbestuur op homself te neem. Dit het behels dat huur van die erfbewoners ingevorder moes word, drink- en waswater moes voorsien word en vele ander probleme met ’n dorp gepaard gaan, moes hanteer word. Vandag se kerkrade sal seker nie daarmee gediend wees nie!

Die eerste leraar, proponent SW Pienaar, is in 1905 hier bevestig. In 1906 is begin met die bou van die pastorie wat steeds gebruik word. In 1906 was die sieletal van die gemeente 817 en die lidmate 434.

Page 13: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

Op 14 Januarie 1911 word die eerste vergaderings gehou om ’n nuwe, groter kerk te bou. Die wens word uitgespreek dat die kerk ten minste 1100 sitplekke moes hê. Uit die aard was die verwagting van groei in die gemeente baie groot. Uiteindelik was daar 750 sitplekke op die vloer en 384 op die gallery. Op 24 Januarie 1914 is die hoeksteen gelê en op 28 April 1916 (slegs twee jaar later) is die kerkgebou ingewy.

Deur die jare was daar baie wel en wee en by tye uiterste armoede en die gemeente gevolglik ook diep in die skuld, maar elke keer kon hulle nog weer opstaan en deurdruk. Die NG Kerk was die middelpunt van Merweville en alles het om die kerk gedraai. In 1954 word die baie doelmatige kerksaal voltooi en is steeds in gebruik, veral wanneer dit Dankfeestyd word, is dit ’n miernes van bedrywigheid.

In 1909 word besluit dat “het jaarlikse dankfeest in die maand Mei gehouden zal worden.” En so is dit nog steeds. Vandag met net 133 lidmate oor, hou die gemeente nog steeds elke jaar, einde April, begin Mei afhangende van hoe die datums val, ’n Dankfees om fondse in te samel vir die voortbestaan van die gemeente. As dit nie was vir die finansiële ondersteuning wat ons van vriende en familie oral in die land kry vir die Dankfees nie, sou ons paar lidmate nie in staat gewees om hierdie pragtige ou klipkerk wat in 1991 as ’n nasionale monument verklaar is, te onderhou nie. En op 1-3 Mei 2015 hou ons weer Dankfees – probeer ons met die hulp van die Here weer voorsien in nog ’n jaar se onderhoud en voortbestaan van die gemeente.

Deur die genade van die Here het ons ’n voltydse predikantspaar, ds Herman en Priscilla Burger en kon ons nog elke jaar ons verpligtinge nakom. Maklik? Definitief nie, maar met die genade van Bo en baie harde werk en toewyding van die lidmate, kan ons glimlag oor 110 jaar se lief en leed in die NG Gemeente van Merweville.

Esther FourieSkriba-kassierNG Gemeente Merweville023 501 4061

(Met erkenning aan Die Courier, Beaufort-Wes se plaaslike koerant).

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

VBO-KURSUS IN GEESTELIKE BEGELEIDINGDie kursus beoog om die kursusgangers bloot te stel aan en toe te rus vir die praktyk van Geestelike Begeleiding. Die kursus sal in 10 blokke oor ’n tydperk

Page 14: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

van twee jaar aangebied word. Die bywoning van elke blok is verpligtend en kandidate moet seker maak dat hulle die volledige tyd daar kan wees. Selfs in geval van begrafnisse (vir predikante en pastore), moet daar reëlings getref word dat `n kollega eerder die begrafnis waarneem.

Die kursus is nie bloot toerusting vir geestelike begeleiding nie, maar is ook gerig op die kursusganger se eie geestelike reis en geloofslewe.

Persoonlike Geestelike Begeleiding.Daar sal ook van elke kursusganger verwag word om ’n geestelike begeleier te vind na wie hy of sy ten minste maandeliks kan gaan vir geestelike begeleiding. Hier moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke en Anglikaanse Kerke). Ek sal hiermee help.

Na afloop van die eerste jaar, sal daar verwag word dat elkeen self begin om vir ander as geestelike begeleier op te tree. Terugvoer hieroor moet aan die kursusleier gedoen word.

Dit sal ook verwag word van elke kursusganger om met ʼn groepie van ongeveer 5 – 8 mense die dissipelskap program, “Die Wese van Dissipelskap” se eerste twee modules deur te werk. Die rede daarvoor is omdat die beginsels daarvan ook geskoei is op die beginsels van geestelike begeleiding. Dit sal dan aan die kursusganger die geleentheid gee om hierdie beginsels deurlopend te oefen en in ʼn kleingroep toe te pas.

Begeleide Retraite.Daar sal ook van elke kursusganger verwag word om ’n begeleide retraite vir 7dae lank by te woon.

Plek.Al die modules sal by Shama Retraite sentrum, 32 km van Steytlerville af, aangebied word. 33 31’59.22 S en 24 28’30.40 E.

Aantal kursusgangers.Daar is plek vir 15 kursusgangers. Aansoek moet voor 31 Des 2014 gedoen word. Onderhoude sal met aansoekers gedoen word. Enigiemand kan aansoek doen, maar voorkeur sal gegee word aan leraars.

Datums.Die kursus sal tydens die volgende datums aangebied word.

2015:Blok 1:2 - 4 Maart. Inleiding en bekendstelling.

Blok 2: 20 - 22 April.Inleiding tot Geestelike begeleiding en praktiese oefening.

Page 15: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

Leeswerk: Simple Changes – Robert J Wicks.

Blok 3: 8 - 12 Junie (Die Enneagram). Die Enneagram is ’n baie ou instrument om mense se basiese gedragstyle, voor- en afkeure en ook boesemsondes te belig. Dit is vir jare lank in die kloosters gebruik as hulpmiddel in geestelike begeleiding. Leeswerk: When the soul listens. Jan Johnson. (Loot.co.za).

Blok 4: 3 - 5 Augustus. Geestelike Begeleiding volgens Guenther en praktiese oefening. Leeswerk: Holy Listening. – Margaret Guenther. (Loot.co.za)Wees gereed om met die groep te deel: Belangrikste beginsels van Geestelike begeleiding wat jy by Guenther geleer het.Who moved my cheese? Spencer Johnson. (Loot.co.za)

Begeleide retraite (Opsie 1). Elkeen moet een van twee datums kies (of in 2015 of in 2016). 3 – 10 Julie.

Blok 5: 19 - 22 Oktober. Retraite oor persoonlike geestelike gesondheid.Emotional Healthy Spirituality - Peter Scazzero.

2016:Blok 6: 7 – 9 Maart.Willem Nicol en Geestelike Begeleiding en Praktiese sessies. Leeswerk: Ingestel op die Fluistering van God – Willem Nicol.Living simply in an Anxious world – Robert J Wicks. (Loot.co.za)

Blok 7: 23 - 25 Mei.Susan Phillips en Geestelike begeleiding en praktiese sessies.Leeswerk: Candlelight – Susan S Phillips. The way of Prayerful Living – Robert Stewart. (notas).

Blok 8: 20 - 23 Junie. Intensiewe Joernaal van Dr Ira ProgoffLeeswerk: Leisure – A Spiritual Need. Leonard Doohan. (Amazon.com).

Begeleide retraite (Opsie 2). Elkeen moet een van twee datums kies (of in 2015 of in 2016). 8 - 15 Julie.

Blok 9: 18 – 20 Aug.Leeswerk: Geestelike Begeleiding vlg Merton, Peterson en Nouwen en praktiese sessies.Spiritual Direction and Meditation – Thomas Merton. (Loot.co.za). Working the Angles – Eugene Peterson. (Loot.co.za).

Page 16: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

Spiritual Direction, wisdom for the long walk of faith – Henry Nouwen. (Loot.co.za).

The friend of the bridegroom – Thomas H Green. (Loot.co.za).

Blok 10: 31 Okt – 2 Nov. ʼn Lewe in Diepte. Leeswerk: Healing the purpose of your life – Dennis Linn ea. (Loot.co.za).Die Wese van Dissipelskap, Module 7: Die Wil van 'n Dissipel; D. Loots.

Kostes: Elke blok se kostes sal afsonderlik uitgewerk word. Dit sal wissel afhangende of ons vir 3 of 4 dae bymekaar kom. Dit behoort tussen R700 en R900 te wissel.

Die begeleide retraite, sluit ook ʼn honorarium van R600 vir die aanbieder in. So dit behoort so ongeveer R1500 te wees vir die 7 dae. Dit is ʼn stil retraite (behalwe vir ʼn daaglikse gesprek met die begeleier) en duur van Sondagaand tot Sondagoggend.

Boeke vir aanbevole leeswerk moet vroegtydig aangekoop word. Meeste daarvan behoort by Loot, Kalahari of Amazon verkrygbaar te wees. Stel asseblief vroegtydig vas wat bekombaar is. Pryse het redelik opgegaan met die swak rand. Indien dit onbekostigbaar is, kan ons praat oor hoe jy andersins geholpe kan raak.

Die wat Kindles het, behoort heelwat te kan spaar.

Getuienisse van vorige kursusgangers:

Annatjie Roberts.Ek het in 2013 begin met die GB kursus onder leiding van Deon en het nie heeltemal geweet wat om te verwag nie. Ek het gedink dat ek dit sal doen as aanvulling vir my beradings werk. Min het ek geweet dag God verseker ’n plan met my het, maar dat dit bietjie anders lyk as wat ek gedink het oorspronklik. Die inhoud van die kursus het so direk tot my elke dag lewe gespreek en ek kon soveel hiervan daagliks toepas en so het God die snoei proses begin. Hoe beter ek myself leer ken het hoe beter het ek God leer ken. Soms was die proses pynlik, maar altyd was dit oorweldigend genesend en kon ek groei om meer en meer soos Hy te word. Ek het gevoel dat God my nooi na hierdie nuwe pad saam met Hom waarop ons hand aan hand gaan loop. In die proses kan ek ook mense bedien, sien hoe hulle lewens verander, hulle gesond word en hoe hulle groei. Ek het reeds begin om op te tree as ’n Geestelike Begeleier en geniet dit vreeslik om deel te wees van dit wat God in ander se lewe doen. Al sou ek nie die kursus gebruik het om ’n Geestelike Begeleier te wees nie sal ek dit nog steeds aanbeveel, want dit was seker een van die mees deurslaggewendste dinge wat ek ooit gedoen het om my in ’n soveel ryker en dieper verhouding met God in te trek. Nie net het ek weer geleer, en het God dit ook diep in my vasgemaak, dat ek sy kind is nie, maar ook dat ek sy geliefde kind is. Dat Hy my nie net gemaak

Page 17: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

het nie maar dat Hy my goed gemaak het – baie goed. Dat sy liefde gekom het en al my aardse vrese kom uitdryf en dit vervang met die standvastigheid van sy ewige liefde en vrede. As ek kon kies sou ek almal wat ek ken aanbeveel om hierdie kursus te doen. Dit is lewensveranderend! Ook het ons groep wat die kursus saam gedoen het so diep in verhouding met mekaar betrokke geraak. Ons het letterlik lief en leed gedeel en is vir altyd nou deel van mekaar se lewe.

Christo van Heerden.As ek hierdie reis van geestelike begeleiding die afgelope 18 maande moet opsom, sal dit wees met die woorde “genade”, “geduld”, “luister” in ʼn veilige ruimte waar die Heilige Gees sy genesings- en herstelwerk kon uitvoer. Die ervaring van God se genade wat geduldig in elkeen werk wat bereid is om werklik te luister was onverwags en verrassend. Shama het ʼn veilige ruimte tydens die blokke geskep sodat God kreatief, diepgaande werk kon doen. Die balans tussen stil en ontvanklik wees vir die werk van die Gees en momentum wat deurentyd behou is, sodat vordering gemaak kon word was baie goed. Elkeen het die heeltyd gedink ons kon eintlik nog meer tyd aan die verskillende fasette spandeer het, maar hierdie is ʼn proses wat nooit ophou nie. Ons almal weet dat daar nog heelwat areas van groei is en ons kan luisterend en geduldig op die genade van die Here vertrou vir verdere vordering.

Omdat ʼn mens hierdie proses self beleef het, maak geestelike begeleiding soveel sin. Dit gaan oor die veilige ruimte waarbinne ander luisterend en waarderend die genadige, transformerende geduld van die Here kan beleef. Die resultaat van hierdie proses moet beleef word voordat jy werklik sal glo hoe kragtig en diepgaande dit is. Hierdie is ʼn groot belegging in jou eie verhouding met die Here wat jou in ʼn nuwe, hoopvolle verhoudinge met ander plaas. Daar is geen groter geskenk vir jouself en die ander met wie jy te doen het as hierdie nie.

Indien jy belang stel, kontak Deon by [email protected] om te vra vir ʼn inskrywingsvorm. Inskrywings moet voor einde Desember 2014 in wees.

Kursusleier: Deon Loots.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

GERRIT KRITZINGER GROET NA BYKANS 25 JAAR BY BYBELGENOOTSKAP VAN SA

Ek tree op 30 November na bykans 25 jaar by die Bybelgenootskap van Suid-Afrika af waarvan 17 jaar as Uitvoerende Hoof. Sondagoggend 30 November ontvang ek ook Demissie by Emeritaat in Panorama-gemeente.

Page 18: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

Ons gaan nie verhuis nie, maar aanbly in Panorama.

Kyk ons terug, sien ons net ons Heer se groot genade in ons lewe. Ons was in twee gemeentes (Algoapark en Cradock-Oos) waar ons baie gelukkig was. En om later by die Bybelgenootskap betrokke te kon wees, was uiters vervullend en een lang hoogtepunt. Dit was ’n uitnemende voorreg om die Koninkryk strategies te kon dien deur die Bybel in al ons tale vertaal te kon sien en te kon versprei in druk-, oudio- en digitale formate.

Na aftrede sou ek baie graag steeds met iets sinvol besig wou wees. Ek sal nie niks kan doen nie, maar ek sou graag iets wou terugploeg uit die plaaslike en internasionale ervaring wat ek opgedoen by die Bybelgenootskap as 'n organisasie sonder winsoogmerk.

Ek wil graag fokus op nie-regerings en nie winsgewende organisasies in Wes-Kaap wat 'n behoefte het aan begeleiding of opleiding t.o.v. leierskap, bestuur, strategiese beplanning, bestuur deur waardes ensovoorts, en daarmee help om 'n verskil te maak. Die gedagte is om baie prakties te help om die baie basiese bloublokke in plek te sit en te help om vaardighede aan te leer om nie-winsgewende organisasies te help lei om hulle visie en missie suksesvol te vervul. Vir hierdie doel het ek ’n konsep program voorberei, maar sal ook wil luister waar ek moontlik andersins van hulp kan wees. Ek sou dus graag steeds hierdeur met iets betekenisvol besig wou wees en die Koninkryk hierdeur dien.

Ek kan verder ook moontlik betrokke wees by gemeentes in die Kaapstad-omgewing wat moontlik van my dienste op die een of ander wyse gebruik wil maak.

Alhoewel nog niks gefinaliseer is nie, vertrou ek dat die Here gaan 'n deur(e) oopmaak om steeds by iets positiefs vir die Koninkryk betrokke te kan wees.

Na 15 jaar in die gemeentelike bediening en 25 jaar by die Bybelgenootskap, sien ek uit na ’n derde bedieningsfase wat na aftrede voorlê.

Gerrit Kritzinger

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

NG GEMEENTE ROBERTSON GROET PIETER STEYNIn Robertson het Pieter Steyn ook die besondere vooruitsig om op 30 November ’n rustiger seisoen te betree wanneer hy sy afskeidspreek lewer en demissie ontvang.

Page 19: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

Pieter was voorheen verbonde aan die NG Gemeente Namakwaland en NG Gemeente Bellville-Vallei. Hy was sedert 30 Oktober 1987 in Robertson.

Enkele hoogtepunte vir hom is die feesviering rondom die 150-jarige bestaan van NG Robertson, die 100-jarige bestaan van die kerkgebou, wonderlike lidmate wat toegewyd leef en kollegas in die Ring van Swellendam wat vir mekaar omgee. Die predikantebyeenkoms van al die NGK-leraars in Bloemfontein was 'n besondere belewenis.

Pieter en Anna verhuis vroeg in Desember 2014 na Voëlklip, Hermanus. Nadat hulle hulle tuisgemaak het en rondgery het na oa die kinders en kleinkinders, sal Pieter weer beskikbaar wees om te help waar nodig.

Ook op Sondag 30 November se program – na afloop van Pieter se afskeidspreek – is ’n afskeidsbyeenkoms in die kerksaal en 'n ete saam met die kerkraad.

Vrede en vreugde in oorvloed julle toegewens – red.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

NOVEMBER: MAAND VIR REGTE VAN MENSE MET GESTREMDHEDE

Hoe is gemeentes hierby betrokke?

Terwyl die grondwet van Suid-Afrika aan ons almal dieselfde menseregte toeken, word mense met gestremdhede nog baie maal oor die hoof gesien – selfs in ons kerke!

Kyk komende Sondag bietjie deur die oë van ’n gestremde na jou gemeente. As jy in ’n rolstoel was, met krukke geloop het, gesiggestremd was, ens sou jy gemaklik kon parkeer, die kerk kon binnekom met ’n oprit en die kleedkamer kon gebruik? Maar nog belangriker – sou jy met warmte in die kerk verwelkom word en sou gemeentelede jou in die oë kyk en jou as mens raaksien ?

Indien jy met eerlikheid op al bogenoemde vrae JA kon antwoord – 10 uit 10 vir jul gemeente wat werklik mense met gestremdhede met liefde omarm. Indien dit nie die geval is nie en jy ’n roering in jou hart voel om jou gemeente se uitkyk te verander, kan jy gerus met CLF kontak maak om die twee pamflette rakende gestremd wees, te bestel.

Page 20: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

CLF se nuwe pamflet “Gestremd maar nie nutteloos nie” kyk na vyf gestremdes se verhale, wat sê die Bybel oor gestremdheid, gestremdheid en woede, hoe God mense in lewenskrisisse bystaan en hoe om oorwinnend te lewe.

’n Tweede pamflet wat hierdie onderwerp aanspreek, “Gestremdheid en die kerk” gee 10 wenke oor hoe om ’n gestremd-vriendelike kerk te wees, die rol van die kerk in die gestremde gemeenskap en gee inligting oor RampUp, wat die kerk en gestremdes in verhoudingsbou help.

Om gestremd te wees kan baie mense moedeloos en magteloos laat voel, veral as dit gebeur het in ’n situasie waar hul lewens in ’n oogwink verander het. Jy as Christen kan vir hulle hoop bring en hulle medereisiger wees op die pad om weer hul menswaardigheid te herwin en ’n toekomsvisie te ontdek.

Bestel gerus van hierdie gratis pamflette by 021 873 6964 of besoek www.clf.co.za.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

KLIPWERF OP KLIPWERFDie gewag is amper verby!

Ons tel nou al paar weke die aanloop tot Klipwerf week vir week af, nou is daar letterlik ’n paar slapies oor tot die afskop van hierdie spesiale geskiedkundige naweek.

Hierdie is ’n geleentheid wat jy nie wil misloop nie, kom wees deel van die GESKIEDENIS! Klipwerf-Orkes speel weer op Klipwerf na al die jare!

Bring jou tent, kampstoel en son-sambreel en kom kuier saam.

Of jy net vir die Saterdag uitry Klipwerf toe, of sommer 'n hele naweek daarvan maak, Klipwerf skud sy vere reg vir ieder en elk.

Daar is genoeg kampplek met heerlike skaduwee, so gaan stof daardie kampgoedjies af en kom kamp saam, of as jy nie 'n tent het nie, gooi sommer 'n matras agter in jou bakkie. Nooi jou vriende en familie, en kom sluit 2014 op ’n Klipwerf-Noot af!

Fietsryers, "Trail-Runners" en perdryers kan net die verskillende organiseerders voor die tyd kontak en laat weet dat jy gaan deelneem, as jy nog nie seker is nie, het jy nog tyd om jou dinge te reël en te kom deel in die lekkerte en mooi natuurskoon van Klipwerf!

Page 21: moet veral moeite gedoen word om iemand te vind wat bekend is met die praktyk van geestelike begeleiding (gewoonlik makliker bekombaar in die Rooms Katolieke ... · Web view · 2016-8-26

Die res van die aktiwiteite - boeresport, sterkman-kompetisie, Rally's, Jukskei kan jy sommer daar inskryf en kom deel in die pret en plesier; jy hoef nie vooraf in te skryf nie.

DJ - Gerrit Burger gaan sorg vir die dag se heerlike musiek, so niks keer niemand om sommer van vroegdag af die dansbaan uit te toets en op te warm vir die aand se GROOT DANS saam met die Klipwerf-Orkes nie.

Die reëlingskomitee beplan ook ’n veiling vir die aand, so tussen die Orkes se speelbeurte. Daar is geen banke naby Klipwerf nie, so maak maar seker u bring genoeg kontant saam vir die dag se ete en te drinke. Pannekoek, Roosterbrood, Braaivleis, Potjiekos, Basaar-Poeding, ’n Heerlike Teetuin en Kontrei-tafel is net ’n paar van die lekkernye op die spyskaart.

Daar sal aanwysings op die pad wees vir die van julle wat nie seker is waar Klipwerf is nie. 15km op die Williston-teerpad, kry jy links ’n afdraai Klipwerf 45km grondpad, daar behoort jy sommer van ver die Feesterrein (Klipwerf-Saaltjie) te sien. Alle kampeerders kom meld eers aan by die "Feeskantoor". Die pad is wel geskik vir motor-voertuie ook, maar moet asseblief stadig en versigtig benader word.Klipwerf op Klipwerf word afgesluit deur 'n heerlike Klipwerf-Feesdiens Sondagoggend 09:00 waargeneem deur ds Edward Archer.

Daar sal nie ’n Hantam Erediens op die dorp wees Sondagoggend nie, slegs op Klipwerf! Dit sal so spesiaal en wonderlik wees as jy die lekker saamkuier naweek op hierdie spesiale manier kom afsluit.

Vir enige verdere navrae of onduidelikheid oor die naweek. Kontak gerus vir Frances Hoon de Kock of Klaas Louw of die kerkkantoor by 027 341 1301.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------