wolboer - nwga · april 2014) 2012/13 2013/14 c/kg skoon r116,09/kg r110,31/kg 1 16 32 veilings 800...

9
WOLBOER WOOL FARMER April 2014 NWKV Nuusbrief 15 / NWGA Newsletter 15 Inhoud / Content 1. Stewige styging in wolpryse 2. Skielike dood van geohidroloog skok 3. Interesting speakers for national congress 4. Wes-Kaap hou skeerkampioenskap 5. Dieselterugbetaling verhoog 6. World shearing championships 7. Nuwe predasiemoniteringsplaas in Oos-Kaap 8. Gerhard Verdoorn, onafhanklike, adviseur oor predasie 9. OJD getting more attention 10. Meer beginner-skeerders moet opgeneem word 11. Eastern Cape Congress 12. Kanseliersmedalje aan dr Faffa toegeken 13. PMF launches website April word gekenmerk deur ’n paar belangrike kongresse. Die grootste een is die internasionale Merinokonferensie wat volgende week op Stellenbosch gehou word, waartydens ’n hele aantal bekende plaaslike en oorsese kenners optree. Lees meer hieroor in die volgende uitgawe van Wolboer. Die groot geeste in die wolwêreld trek in dieselfde tyd in Kaapstad saam vir die Internasionale Woltekstielorganisasie (IWTO) se jaarlikse kongres. Die IWTO is ’n organisasie sonder winsbejag wat die hele internasionale wolketting verteenwoordig – van produsente en kopers tot spinners en wewers. Sy oogmerk is om wol as ’n volhoubare gehaltevesel te bevorder. Die organisasie is ook verantwoordelik vir die opstel en monitering van gehaltestandaarde vir wol. Ander interessante nuus in dié uitgawe is dat dr Gerhard Verdoorn as onafhanklike adviseur vir wolboere sal optree om raad te gee oor roofdiere. Laastens wil ons dr Faffa Malan gelukwens. Die Universiteit van Pretoria het pas die Kanseliersmedalje aan hom toegeken vir sy diens aan die skaapbedryf. Onthou om die NWKV se Facebook-blad vir allerlei interessante nuusbrokkies te besoek. Die skakel is https://www.facebook.com/pages/NWGA/679678912058277 Laat weet ons asseblief van gebeure wat in jou omgewing plaasvind of as jy van iemand weet wat ook die nuusbrief wil ontvang. Kontak Ona Viljoen by 073 500 7520 of stuur ’n e-pos aan [email protected] of [email protected]. VOORWOORD BKB is die hoofborg van hierdie nuusbrief.

Upload: others

Post on 04-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: WOLBOER - NWGA · April 2014) 2012/13 2013/14 C/kg skoon R116,09/kg R110,31/kg 1 16 32 Veilings 800 900 1000 1100 1200 1300 Grafiek2: Australiese aanwyser op 23 April 2014 2012/32

WOLBOER WOOL FARMER

April 2014

NWKV Nuusbrief 15 / NWGA Newsletter 15

Inhoud / Content

1. Stewige styging in wolpryse2. Skielike dood van geohidroloog skok 3. Interesting speakers for national congress4. Wes-Kaap hou skeerkampioenskap5. Dieselterugbetaling verhoog6. World shearing championships7. Nuwe predasiemoniteringsplaas in Oos-Kaap

8. Gerhard Verdoorn, onafhanklike, adviseur oor predasie

9. OJD getting more attention10. Meer beginner-skeerders moet opgeneem word11. Eastern Cape Congress 12. Kanseliersmedalje aan dr Faffa toegeken13. PMF launches website

April word gekenmerk deur ’n paar belangrike kongresse. Die grootste een is die internasionale Merinokonferensie wat volgende week op Stellenbosch

gehou word, waartydens ’n hele aantal bekende plaaslike en oorsese kenners optree. Lees meer hieroor in die volgende uitgawe van Wolboer.

Die groot geeste in die wolwêreld trek in dieselfde tyd in Kaapstad saam vir die Internasionale Woltekstielorganisasie (IWTO) se jaarlikse kongres.

Die IWTO is ’n organisasie sonder winsbejag wat die hele internasionale wolketting verteenwoordig – van produsente en kopers tot spinners en wewers. Sy oogmerk is om wol as ’n volhoubare gehaltevesel te bevorder.

Die organisasie is ook verantwoordelik vir die opstel en monitering van gehaltestandaarde vir wol.

Ander interessante nuus in dié uitgawe is dat dr Gerhard Verdoorn as onafhanklike adviseur vir wolboere sal optree om raad te gee oor roofdiere.

Laastens wil ons dr Faffa Malan gelukwens. Die Universiteit van Pretoria het pas die Kanseliersmedalje aan hom toegeken vir sy diens aan die skaapbedryf.

Onthou om die NWKV se Facebook-blad vir allerlei interessante nuusbrokkies te besoek. Die skakel is https://www.facebook.com/pages/NWGA/679678912058277

Laat weet ons asseblief van gebeure wat in jou omgewing plaasvind of as jy van iemand weet wat ook die nuusbrief wil ontvang.

Kontak Ona Viljoen by 073 500 7520 of stuur ’n e-pos aan [email protected] of [email protected].

Voorwoord

BKB is die hoofborg van hierdie nuusbrief.

Page 2: WOLBOER - NWGA · April 2014) 2012/13 2013/14 C/kg skoon R116,09/kg R110,31/kg 1 16 32 Veilings 800 900 1000 1100 1200 1300 Grafiek2: Australiese aanwyser op 23 April 2014 2012/32

Goeie vraag en ’n tekort aan veral langwol van gehalte het die mark op die veiling van 23 Maart ’n stewige hupstoot gegee en die Merino-aanwyser ondanks ’n sterker rand met 6,8% tot R116,09/kg (skoon) laat styg (kyk grafiek 1).

Aanduidings toon dat die vraag uit China besig is om te verbeter terwyl al minder wol op veilings beskikbaar kom namate die verkoopseisoen na sy einde beweeg. Die laaste veiling van die seisoen is vir 4 Junie geskeduleer.

Goeie vraag word ook uit Europa, veral Italië, ondervind.Die mark in Australië het eweneens begin verbeter en die aanwyser het vir die eerste keer in weke weer hoër

as verlede seisoen se vlakke begin beweeg (kyk grafiek 2). Die laer pryse wat sedert Januarie in Australië behaal is, kan in ’n groot mate toegeskryf word aan die redelike groot volumes wol uit droogtegeteisterde gebiede wat aangebied is. Dié wol was nie net van ’n swakker gehalte nie, maar ’n groot persentasie was tenger wol.

Ontleders verwag dat die mark tot die einde van die seisoen stewig sal vertoon.

[1] Stewige styging in wolpryse

Die wêreldbekende navorser en geohidroloog van Bloemfontein, prof Gerrit van Tonder, het vroeër dié week aan ‘n hartaanval beswyk. Hy was 61 jaar oud.

Prof van Tonder, wat gereeld oor die risiko’s van hidrobreking in die Karoo gewaarsku het, was een van die gassprekers tydens die NWKV se kongres in die Oos-Kaap in Maart vanjaar waar hy juis oor die impak van hidrobreking op die Karoo gesels het.

Hy was ook bekend vir sy liefde vir donkies en rose wat hy organies gekweek het.

[2] Skielike dood van geohidroloog skok

A number of interesting guest speakers have been lined up to speak at the national NWGA congress in Port Elizabeth on 28 and 29 May.

They are Dr Herman Mashaba, one of South Africa’s most celebrated black entrepreneurs, owner of Black like Me hair-care range and chairperson of the Free Market Foundation, Prof Mohammad Karaan, dean of the faculty of Agricultural Science at the University of Stellenbosch and member of the National Planning Committee, Dr Piet Croucamp, academic, political commentator and lecturer in politics at the University of Johannesburg, and Mr Aldo Agnello, sales director of the House of Monatic.

Draft resolutions to be discussed include issues such as ovine Johne’s disease and the vendor declaration, animal welfare, a promotional levy and sheep shearing.

[3] Interesting speakers for national congress

8000  

9000  

10000  

11000  

12000  

13000  

Grafiek  1:  Merino-­‐aanwyser  (op  23  April  2014)    

2012/13  

2013/14  

C/kg  skoon  R116,09/kg  

R110,31/kg  

1   32  16  

Veilings  

800  

900  

1000  

1100  

1200  

1300  

Grafiek2:  Australiese  aanwyser  op  23  April  2014  

2012/32  

2013/14  

Ac/kg  skoon  

1006c/kg  

1045/kg  

961/kg  

1007/kg  

Veilings  

Page 3: WOLBOER - NWGA · April 2014) 2012/13 2013/14 C/kg skoon R116,09/kg R110,31/kg 1 16 32 Veilings 800 900 1000 1100 1200 1300 Grafiek2: Australiese aanwyser op 23 April 2014 2012/32

Die skaapskeerders en wolhanteerders van die Wes-Kaap het verlede maand vir die provinsiale titel as die beste skaapskeerder en beste wolhanteerder meegeding tydens die provinsiale skeerkam-pioenskap op Riviersonderend.

Die beste skeerders en wolhanteerders van elke provinsie kry die geleentheid om dan aan die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms deel te neem op 26 April op die skougronde in Bloemfontein.

Die belangstelling in die kampioenskap het alle verwagtinge oortref en het tot strawwe kompe-tisie gelei.

Altesame 19 wolhanteerders het deelgeneem waaronder drie studente van die Landboukollege Elsenburg. Geen inskrywings is vir die afdeling handskeer ontvang nie, maar 68 masjienskeerders het deelgeneem waarvan ses juniors was. Die ander 62 het in die intermediêre en ope afdelings meegeding.

Die ope afdeling is deur Themba Khosa van die NWKV gewen wat 10 skape in 21 minute en 52 sekondes geskeer het. Hy is deel van die span wat einde Mei aan die wêreldkampioenskap in Ierland gaan deelneem.

Die byeenkoms is deur die Suid-Afrikaanse Skaapskeerfederasie in samewerking met CMW, BKB en die NWKV-kantoor op Caledon aangebied. ’n Spesiale woord van dank gaan dank aan Frans Hugo (CMW), Cecil Vollgraaff (BKB) en Schalk Viljoen van Verdwaalskloof wat sy skeerskuur en sy skape beskikbaar gestel het.

[4] wes-Kaap hou skeerkampioenskap

1. Skeerders en beoordelaars volstoom aan die gang.2. Die wenner in die wolhanteerafdeling was Freddie Bartman (tweede van

links). By hom op die foto is van links Jan-Louis Venter (NWKV, Zamile Mqhamkana (tweede), Ngaka Mayeza (derde) en Tsepo Titani (vierde).

3. In die masjienskeerafdeling vir juniors het James Ndumele (tweede van links) met die louere weggestap. Ook op die foto is van links Cecil Vollgraaff (BKB), Alfred Somosobu (tweede), Nkhetheleng Mohale (derde en beste gehalte) en Mareka Nkani (vierde).

4. Satu Lingela (tweede van links) was die wenner in die intermediêre afdeling vir masjienskeer. Saam met hom op die foto is van links Graham Frost (CMW), Simpiwe Mqwebedu (tweede), Sibusiso Galawe (derde) en Nkosiphindile (vierde en beste gehalte).

5. Die ope afdeling vir masjienskeer is gewen deur Themba Khoza (tweede van links). Langs hom is Schalk Viljoen van Verdwaalkloof, Philip Kwinana (tweede), Petros Ncime (derde), Ananeas Lengela (vierde) en Andries Nkahle (beste gehalte).

1

3

5

2

4

Page 4: WOLBOER - NWGA · April 2014) 2012/13 2013/14 C/kg skoon R116,09/kg R110,31/kg 1 16 32 Veilings 800 900 1000 1100 1200 1300 Grafiek2: Australiese aanwyser op 23 April 2014 2012/32

Die dieselterugbetaling wat boere ontvang, is van 2 April 2014 van 1,75 c/liter na 1,878 c/liter verhoog op 80% van die toegelate dieselverbruik. Dié verhoging spruit uit minister Pravin Gordhan se aankondiging in Februarie dat die heffing van die padongelukkefonds met 8 c/liter en die algemene brandstofheffing met 12 c/liter verhoog.

Agri SA het die belangrikheid van die hou van logboeke beklemtoon. Ingevolge ’n kennisgewing wat in Desember 2013 deur SARS gepubliseer is, sal eisers wat vir die periode 1 November 2009 tot 1 April 2013 nie logboeke bygehou het nie, se aankope met 20% verminder word om voorsiening te maak vir potensiële nietoelaatbare verbruik.

Vanaf 1 April 2013 dien logboeke as enigste bewysmiddel. Die logboeke soos voorheen deur SARS gepubliseer, kan as riglyn dien. Dit is bloot ’n opsomming.

Let daarop dat alle stawende dokumentasie bygehou moet word om ’n dieselterugbetalingseis te ondersteun. Kennisgewing 197 wat op 28 Maart 2014 in die Staatskoerant (37462) gepubliseer is, is op Agri SA se webtuiste http://www.agrisa.co.za/committees/commercial beskikbaar.

South African world-title holder in the blade-shearing event, 50-year-old Zweliwile Hans, will defend his title at the 16th Golden Shears Sheep Shearing and Wool Handling Championships from 23 to 25 May in Gorey, Ireland. This is the very same place where he won the title for the first time in 1998.

More than 30 teams from countries around the world will take part, including shea-ring teams from China and Russia.

Over 40 000 people are expected to attend the championships, which will be one of Ire-land’s largest outdoor agri-food events of 2014. This is only the second time that Golden Shears will been staged in Ireland, having previously also been held in Gorey in 1998.

The shearing finals will take place on Sunday, 25 May.

[5] dieselterugbetaling verhoog

[6] world shearing championships

Page 5: WOLBOER - NWGA · April 2014) 2012/13 2013/14 C/kg skoon R116,09/kg R110,31/kg 1 16 32 Veilings 800 900 1000 1100 1200 1300 Grafiek2: Australiese aanwyser op 23 April 2014 2012/32

Die Predasiebestuursforum het besluit om dr Gerhard Verdoorn as onafhanklike kundige in te span om boere raad te gee oor hoe om predasie-bestuurspraktyke verantwoordelik toe te pas.

Hy is hoof van die Griffon Gifinligtingsentrum en is bekend vir sy toewyding om verantwoor-delike bestuur van alle landbou- en huistuinplae aan te moedig.

Hy is ook die stigter van die Gifstofwerkgroep wat vir bykans 15 jaar reeds as teenfoeter dien vir die misbruik van plaagdoders omdat dit so ’n negatiewe uitwerking op aasvoëls, roofvoëls en

onskadelike diere het. Die Gifstofwerkgroep het ook streng riglyne vir wol-, vleis- en wild-boere opgestel om roofdiere op ’n verantwoor-delike en sosiaal aanvaarbare wyse te bestuur.

Produsente is welkom om dr Verdoorn te skakel om predasieprobleme te diagnoseer en raad te gee oor die bestuur daarvan. Ska-kel hom by 082 446 8946 of e-pos [email protected]. Dit help om foto’s van dooie diere, bytplekke, vreetplekke en habitatte te neem – hierdie “bewysstukke” sal bydra om die roofdiere te identifiseer en toepaslike be-stuurstegnieke aan te beveel.

[8] Gerhard Verdoorn, onafhanklike, adviseur oor predasie

Die sewende predasiemoniteringsplaas onder leiding van roofdierkenner Niel Viljoen is pas in die Oos-Kaap op Smoorfontein, die plaas van Andries van Heerden in die Dordrecht-distrik begin.

Andries boer met Merino’s, Angus-beeste en Angoras. Hy is goed op die hoogte van die roof-diere op sy plaas en sal van nou af noukeurig re-kord hou van hulle aktiwiteite op sy plaas.

Die roofdierbestuursprogram wat Niel ont-wikkel het, het oor die afgelope vyf jaar bewys dat dit verliese as gevolg van roofdiere tot die minimum kan beperk wanneer dit nougeset toe-gepas word.

[7] Nuwe predasiemoniteringsplaas in oos-Kaap

Andries van Heerden (links) saam met Niel Viljoen op sy plaas Smoorfontein in die Dordrecht-distrik.

Dr Gerhard Verdoorn.

Page 6: WOLBOER - NWGA · April 2014) 2012/13 2013/14 C/kg skoon R116,09/kg R110,31/kg 1 16 32 Veilings 800 900 1000 1100 1200 1300 Grafiek2: Australiese aanwyser op 23 April 2014 2012/32

By working with the National Animal Health Forum, Ovine Johne’s Disease (OJD) control meas-ures were now getting some attention, Prof Gareth Bath said in a report to the Small Stock Health Advisory Body (SSHAB). He is the convener of the SSHAB.

It was unfortunate that the Department of Agriculture, Forestry and Fisheries had still not ap-pointed a national co-coordinator or dedicated staff to oversee the matter.

Prof Bath also drew attention to the following points:• The Vendor Declaration, which was drawn up and submitted four years ago, has been accepted as

an important component of OJD control to help buyers assess the risks associated with buying live sheep.

• Obtaining access to the vaccine must be made easier and simpler for farmers who already have the disease in their flocks, or suspect it and are willing to have their sheep regarded as OJD infected.

• A verified test for detecting OJD in flocks, based on pooled faecal samples (PFS) is required by in-vestigators to conduct a targeted detection survey for OJD. Cape Wools and the Red Meat Produc-ers’ Organisation have indicated their willingness to help fund such a project, subject to approval by their technical committees. This survey can only follow once the PFS test has been validated.

Tydens ’n onlangse vergadering van die NWKV se advieskomitee oor skeer en wolhantering is ’n beroep op produsente gedoen om begrip te hê vir die feit dat meer beginnerskeerders uit Suid-Afrika in die bedryf opgeneem moet word om die volhoubaarheid en beskikbaarheid van skeerders te verseker.

Dit volg op druk van die regering dat meer Suid-Afrikaanse burgers as skeerders ingefaseer moet word. Die grootste persentasie opgeleide skeerders is tans Lesotho-burgers.

Die vergadering het besluit dat Lesotho-skeerders stelselmatig verminder moet word, maar dat hulle steeds opleiding moet ontvang.

Die skeerderopleidingsprogram sal soos in die verlede voortgaan, maar spesiale aandag moet aan veral beginner-masjienskeerders gegee word.

Daar is voorts besluit om produsente aan te moedig om kleiner skeerspanne te gebruik sodat skeerders, veral masjienskeerders, bedags langer ure kan skeer. Twee masjienskeerders kan nage-noeg 400 skape per dag skeer wat vir produsent én skeerder meer lonend en produktief kan wees.

Kennis is ook geneem van die nuwe reëls vir deelname aan die nasionale kampioenskap wat be-paal dat deelnemers ’n nominale inskryffooi moet betaal en self vir verblyf en spyseniering verant-woordelik is.

[9] oJd getting more attention

[10] Meer beginner-skeerders moet opgeneem word

Page 7: WOLBOER - NWGA · April 2014) 2012/13 2013/14 C/kg skoon R116,09/kg R110,31/kg 1 16 32 Veilings 800 900 1000 1100 1200 1300 Grafiek2: Australiese aanwyser op 23 April 2014 2012/32

[11] Eastern Cape Congress

Almost 120 delegates and guests attended the Eastern Cape NWGA congress in Cradock recently.

Guest speakers were Prof Piet Croucamp, outspoken academic and lecturer at the University of Johannesburg and Prof Gerrit van Tonder from the Free State University’s Institute for Groundwater Studies (IGS) who discussed the environmental impact of hydraulic fracking in the Karoo. Dalena White from Cape Wools spoke about SA Merino in retail.

A new executive committee was elected. Casper Labuschagne from Jamestown was elected chairman in the place of Billy van Zyl, who was not available for re-election, while HB van der Walt from Burgersdorp was elected vice-chairman for the commercial areas. Andile Ndzendze was unanimously re-elected as vice-chairman responsible for the communal areas.

Matters discussed included the shortage of state veterinarians, which was referred to the Animal Health Forum.

Die hoogste toekenning van die Universiteit van Pretoria, die kanseliersmedalje, is tydens die uni-versiteit se gradeplegtigheid vroeër vandeesmaand aan dr Faffa Malan toegeken vir voortreflike diens aan die skaapbedryf, met spesifieke verwysing na die navorsing en die werk wat hy gedoen het in verband met helmintologie.

Hy is ook ’n vorige Landboukundige van die Jaar van Landbouskrywers SA en is goed be-kend onder boere in Suid-Afrika en die buur-lande en word beskryf as Suid-Afrika se eer-ste virtuele veearts.

Hy het veral bekendheid verwerf met die Famacha-stelsel, ’n eenvoudige kleurkaart-toets, wat hy saam met dr Jan van Wyk and prof Gareth Bath ontwikkel het. Dié stelsel verskaf ’n kleurkaart aan boere om skape op ’n praktiese manier te selekteer vir aanpas-baarheid teen wurms, veral haarwurms, op grond van die kleur van die slymvlies van die dier se oog.

Dit is in 2001 internasionaal bekend gestel en het die voorkeurkeuse in baie lande ge-word, wat almal die sukses van die toets be-vestig het.

Hy was ook by verskeie ander wetenskap-like ontdekkings betrokke.

[12] Kanseliersmedalje aan dr Faffa toegeken

Pictured from left are Casper Labuschagne, newly elected chairman, Billy van Zyl, the outgoing chairman, and HB van der Walt, vice-chairman.

100% targeted communication to ALL wool producers and stakeholders!

Wool producers must make money. With this in mind Wolboer/Wool Farmer print and digital magazine is the only dedicated and 100% targeted publication for the South African Wool Industry and is the official voice of the NWGA.

Advertising your products, services and auctions will give you maximum exposure and targeted media coverage. Your message is sent to thousands of farmers, wool producers, and industry stakeholders. We make it simple to get your message out quickly and effectively.

Contact Lizandre van Rooyen and her team to discuss targeted advertising solutions to suit you. 012 843 5709 / 072 601 7155

Maximise return on your investment.

Targ

eted

au

die

nce

s /

Targ

eted

con

ten

t /

Targ

eted

sol

uti

ons

Page 8: WOLBOER - NWGA · April 2014) 2012/13 2013/14 C/kg skoon R116,09/kg R110,31/kg 1 16 32 Veilings 800 900 1000 1100 1200 1300 Grafiek2: Australiese aanwyser op 23 April 2014 2012/32

The Predation Management Forum is launching a predation website on 21 May. It has been de-signed to provide a wide spectrum of information relating to predators that cause damage to livestock farmers.

It will also give the producer information on correct predation management practices.

Legislative issues will occupy a prominent place, while producers are afforded the opportunity to ask predator expert, Dr Gerhard Verdoorn, questions relating to predation.

The address will be made available at the launch of the site.

[13] PMF launches website

Page 9: WOLBOER - NWGA · April 2014) 2012/13 2013/14 C/kg skoon R116,09/kg R110,31/kg 1 16 32 Veilings 800 900 1000 1100 1200 1300 Grafiek2: Australiese aanwyser op 23 April 2014 2012/32

ww

w.si

mon

says

.co.

za |

5586

BKB, the market leader, continuously strive to leave the widest and the deepest small stock footprint in the country. The welfare of fibre growers is our prime objective, and therefore, we aim to provide an effective service through highly skilled and knowledgeable technical and shearing advisors. Our focus is on sustainable small stock farming. It is no secret that BKB put a great deal of effort into strengthening a mutually beneficial

alliance with you on a daily basis.

Receive unlimited benefit through this and BKB’s full range of agri-products and services. Contact BKB AgriFin for your tailor made financing solutions.

Speak to us today.

Home of Agriculture

Tel:

041

503

3111

ww

w.b

kb.c

o.za

BKB

Lim

ited

- Reg

iste

red

Cre

dit P

rovi

der

- NC

RCP2

545

wool & mohair | grain | livestock | properties | trading | financial services

Q-5586 - BKB Wolboer Backpage Ad.indd 1 2013/02/05 9:09 AM