wat is die jaarliks, gedurende februarie, kondig die minister … 2014 people's guide... ·...
TRANSCRIPT
National TreasuryDepartment:
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA
national treasury
AFR
IKA
AN
SISSUED BY:
National Treasury: Tel (012) 315 5757 SARS: Tel 0800 007 277
www.treasury.gov.za | www.sars.gov.za
Jaarliks, gedurende Februarie, kondig die Minister van Finansies die regering se spanderings-, belasting-, en leningsplanne vir die volgende drie jaar aan. Dit word die Nasionale Begroting genoem. Die Nasionale Begroting verdeel geld tussen nasionale departemente, provinsies en munisipaliteite.
WAT IS DIE BEGROTING
n Gesamentlike publikasie van die Nasionale Tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens
BEGROTING FOKUS OP EKONOMIESE GROEI
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids 1
50c per sms
1. Minister se boodskap
2. 20 Jaar van vryheid
3. Maatskaplike besteding
4. Maatskaplike toelaes
2 1. Primêre gesondheidssorg
2. Werkskeppingsinisiatiewe
3. Waar geld vandaan kom
4. Hoe sal dit bestee word
31. Belastingverligting
2. Kleinsake-ondernemings
3. Belastingtoegewings vir spaarplanne
4
INFRASTRUKTUURDie regering is daartoe verbind om in infrastruktuur te belê wat lewens-omstandighede verbeter. In 2014, byvoorbeeld, sal daar R11 miljard aan die Passasier Spooragentskap betaal word vir nuwe treine en die opgradering van sinjaalinfrastruktuur.
ONDERWYS EN OPLEIDINGBesteding op onderwys is hoër as enige ander kategorie. R78 miljard sal oor die volgende drie jaar aan universiteitsubsidies bestee word en R34.3 miljard vir die oprig van skole.
LANDBOU ONDERSTEUNINGDie Landboubeleidaksieplan sal die NOP se mikpunt van werkskepping in die landbou ondersteun. Die regering sal meer as R7 miljard tov toelaes aan provinsies bestee om ongeveer 435 000 bestaansboere en 54 500 kleinboere by te staan.
• NYWERHEIDSHULPR10.3 miljard sal bestee word aan vervaardigingontwikkelings-aansporings; R15.2 miljard vir die ekonomiese mededinging- en ondersteuningspakket vir besighede; R3.6 miljard vir werkskepping in spesiale ekonomiese sones.
• WERKSKEPPING Die regering streef daarna om in die volgende 5 jaar 6 miljoen werksgeleenthede deur die Uit-gebreide Openbare werkeprogram te skep, teenoor die 4 miljoen in die vorige 5 jaar.
BEKAMPING VAN KORRUPSIE Werk deur die Hoof Voorsienings-beampte om die voorsieningstelsel te hervorm en te verseker dat geld met omsigtigheid bestee word, het in alle erns begin. Hierdie pogings is daarop gemik om korrupsie te bekamp.
Die 2014 Begroting fokus op ingrypings wat daarop gemik is om die ekonomie
op ‘n nuwe groeibaan te plaas.Die Regering se hoofoogmerk,
soos in die Nasionale Ontwikkelingsplan uiteengesit, is om reële ekonomiese groei na tussen 5 en 6 persent per jaar te verhoog. Hierdie hoër vlak van ekonomiese groei sal inkomste ’n hupstoot gee en die regering in staat stel om die hoeveeheid geld te verhoog wat spandeer word om mense se lewens te verbeter, deur werkloosheid, armoede en ongelykheid aan te spreek.
Die ekonomie het teen ’n beraamde 1.8 persent in 2013 gegroei. Toestande in die land, tesame met die stadige herstel van die wêreldekonomie, het ’n verlangsaming in produksie en indiensnemingsgroei tot gevolg gehad. Die ekonomie sal na verwagting met 2.7 persent in 2014 groei en 3.5 persent in 2016 bereik.
Verskeie faktore sal hierdie verwagte verbetering ondersteun. Besteding deur die Staat op infrastruktuur - na verwagting R847.3 miljard oor die volgende drie jaar – behoort vertragings in die voorsiening van elektrisiteit en vervoer
te verminder en privaat beleggings aan te moedig, terwyl sterker indiensnemingsgroei huishoudelike besteding sal ondersteun. Suid-
Afrika behoort ook baat te vind by verbeterde uitvoergeleenthede wat deur beter globale vooruitsigte geskep word.
Die oprigting van nuwe en die opgradering van bestaande infrastruktuur - wat die uitbreiding van elektrisiteitsvoorsiening, belegging in geïntegreerde openbare vervoer netwerke en die rehabilitasie van die land se vyf groot wateroordragskemas insluit – is die middelpunt waarom die regering se beplanning draai.
Suid-Afrika sal ook voordeel trek uit die aktiewe uitbreiding van handel en beleggings in die Afrika-kontinent. Die verwagte sterk groei in sub-Sahara-Afrika sal help om Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte oor die volgende drie jaar te verbeter. Die regering sal dus toenemend sy beleid rig om ekonomiese integrasie met die Afrika-kontinent te ondersteun.
DIE VERWAGTE STERK GROEI IN SUB-SAHARA-AFRIKA SAL
HELP OM SUID-AFRIKA SE EKONOMIESE
VOORUITSIGTE OOR DIE VOLGENDE DRIE JAAR
TE VERBETER
WAT DIE BEGROTING VIR JOU BETEKEN
BUDGET 2014
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gidsDie publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids2
BUDGET 2014
Gedurende die afgelope 20 jaar het ons merkwaardige vordering gemaak. Ons
het staatsfinansies gestabiliseer en beleid geïmplementeer wat bygedra het tot die verbetering in die lewensomstandighede van baie. Hierdie beleid was bestand genoeg om skokke soos die globale ekonomiese en finansiële krisis wat gedurende 2008 en 2009 ondervind is, te weerstaan.
Sedert 1994 het ons ekonomie met meer as 80 persent uitgebrei, wat hulpbronne gegenereer het wat dit vir die regering moontlik gemaak het om die voorsiening van openbare dienste uit te brei. Die regering kon, onder andere, maatskaplike toelae betalings uitbrei na meer as 15 miljoen mede Suid-Afrikaners, waarvan die meerderheid kinders en senior burgers is. Die regering het ook meer as 2.7 miljoen huise gebou en het die aantal huishoudings wat toegang tot elektrisiteit, skoon water en beter sanitasie het, aansienlik verhoog. Die groter ekonomie het ook werksgeleenthede geskep, duidelik nie genoeg om die groeiende aantal nuwe werksoekers te akkommodeer nie.
Hierdie jaar se begroting voorsien steeds hulpbronne ter ondersteuning van maatskaplike besteding, werkskepping en infrastruktuur, wat die lewensomstandighede van ons mense sal verbeter. Belegging in infrastruktuur sal die koste verminder vir besighede om goedere binne Suid-Afrika en vir die uitvoermarkte te verskuif.
Ons voorsien meer fondse vir die bou van huise, opgradering van paaie en die verbetering van gesondheidssorg en die fasiliteite (klinieke en hospitale) waarin hierdie sorg voorsien word.
Die Suid-Afrikaanse ekonomie het oor die afgelope twee dekades
getransformeer. Ten spyte van betekenisvolle probleme wat ons in die gesig
staar, is Suid-Afrika vandag ʼn meer oorvloedige samelewing, met meer toegang
tot ekonomiese geleenthede en ʼn afname in die vlakke van armoede:
BOODSKAP
‘N TROTSE NASIE:
20 JAAR VAN VRYHEID
IMPAK VAN MAATSKAPLIKE BESTEDING
VAN DIEMINISTER
2013/14 2014/15STAATSOUDERDOMSPENSIOEN 1 265 1 350
STAATSOUDERDOMSPENSIOEN, OUER AS 75 1 285 1 370
TOELAE VIR OUDSTRYDERS 1 285 1 370
ONGESKIKTHEIDSTOELAE 1 265 1 350
PLEEGSORG TOELAE 800 830
SORGAFHANKLIKHEIDSTOELAE 1 265 1 350
KINDERONDERHOUDSTOELAE 295 315
MAATSKAP-LIKE TOELAES
SKOOL-VOEDINGSSKEMASedert die skoolvoedings-
program oorgeneem is deur
die Onderwys department in
2004, is dit uitgebrei en word
9.2 miljoen skoolkinders op ʼn
daaglikse basis gevoed.
GELETTERTHEIDIn 1996 het 19.1 persent van
alle volwassenes geen
skoolopleiding ontvang nie.
In 2011 het hierdie getal na 8.7
persent verminder.
SANITASIEDie aantal huishoudings met
toegang tot spoel- of chemiese
toilette het amper verdubbel
vanaf 4.6 miljoen in 1996 tot
oor die 9 miljoen in 2011.
TOEGANG TOT WATERDie aantal huishoudings met
toegang tot kraan water het
toegeneem van 9.1 miljoen in
1996 tot 13.2 miljoen in 2011.
BABASTERFTESDie tempo waarteen kinders
jonger as 1 jaar sterf, het
afgeneem vanaf 45 per 1000
lewende geboortes in 1994
tot 33 in 2012.
BEHUISINGTussen 1994 en 2013 het die regering
meer as 2.7 miljoen huise gebou.
KINDERSTERFTESDie tempo waarteen kinders jonger
as 5 sterf, het gedaal vanaf 68 per
1000 geboortes in 2004 tot 41 in 2012.
HIV/VIGSSuid-Afrika bestuur die wêreld se
grootste antiretrovirale program
met jaarliks meer as 500 000 nuwe
pasiënte wat ARVs gebruik.
Die maatskaplike bystandsprogram is die regering se mees regstreekse manier om armoede te verlig. Oor die afgelope dekade het die aantal begunstigdes
wat maatskaplike toelaes ontvang vanaf 7.7 miljoen in 2003/04 na 15.8 miljoen in 2013/14 verdubbel. Maatskaplike toelaes sal as volg verhoog word:
Maatskaplike besteding beskerm lae inkomste huishoudings en is ʼn instrument om armoede te verlig.
SKOLEDie regering sal 433 skole oor die volgende 3 jaar herbou. 60 persent van skole hef nie skoolgelde nie en in 2014 sal 8.8 miljoen leerders toegang tot vry onderrig hê.
BEHUISING6 metros is geïdentifiseer om te deel in ʼn nuwe toekenning van R300 miljoen per jaar, om hul beplannings-kapasiteit vir geïntegreerde behuising, te verbeter. Die regering het R899.2 miljoen in 2014/15 aan provinsies beskikbaar gestel om sanitasie- infrastruktuur op te gradeer.
HOSPITALEDie fondse wat aan klinieke, hospitale en gemeenskapsfasiliteite bestee word sal tot R94 miljard in die 2016/17 finansiële jaar toeneem, vanaf R9 miljard in 2012/13. Voorkeur sal aan die opknapping van klinieke en hospitale gegee word.
VERBETERINGS TOV SANITASIEOor die volgende 2 jaar sal R1.9 miljard bestee word aan die totale uitfasering van die emmerstelsel en R15.4 miljard oor 3 jaar aan grootmaat infrastruktuur op streeksvlak.
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gidsDie publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids 3
BUDGET 2014
Suid-Afrika verkry inkomste deur belastings te hef. As die inkomste wat gevorder word
minder is as die beplande uitgawes, leen die regering die verskil.
Vir die 2014/15 jaar, het die regering geraam dat belastinginvorderings R1.099 triljoen sal beloop terwyl uitgawes op R1.25 triljoen geraam is. Die regering sal dus R153.1 miljard van plaaslike en oorsese beleggers moet leen deur skuldbriewe uit te reik. As gevolg van die verswakking in belastinginkomste het die regering se skuld van 5.26 miljard in 2008/09 na R1.6 triljoen teen die einde van 2014/15 toegeneem.
Staatskuldkoste het aansienlik toegeneem vanaf R54.4 miljard in 2008/09 en sal R139.2 miljard teen 2016/17 bereik. Hierdie toename in die skuldlas beteken dat meer geld gespandeer word om skuld te diens, in plaas daarvan om prioriteitsprojekte soos infrastuktuur, onderwys, gesondheid en werkskeppingsinistiatiewe te finansier.
Die regering is deeglik bewus van die risikos wat verband hou met hoë skuld en wil hê dat departmente meer doeltreffend met openbare fondse moet werk en vermorsing moet verminder.
BELASTINGINKOMSTE 2013/14 %PERSOONLIKE INKOMSTEBELASTING 335,9 MJD 33,8KORPORATIEWE INKOMSTEBELASTING 198,9 MJD 20,0BTW 267,2 MJD 26,9DOEANEBELASTING 81,4 MJD 8,2BRANDSTOFHEFFINGS 47,5 MJD 4,8ANDER 62,7 MJD 6,3TOTAAL 993,7 MJD 100,0
ʼn Verdere R1 miljard toewys aan die HIV/VIGS voorwaardelike toekenning in 2016/17 om met die implementering van antiretrovirale behandeling voort te gaan. ʼn Totaal van 2.5 miljoen mense is tans onder behandeling, en 500 000 nuwe pasiënte sal na verwagting elke jaar by die program bygevoeg word.
Infrastruktuur aan die loodsdistrikte wat die Nasionale Gesondheidsorgversekering implementeer versnel, sowel as die kontrakte van algemene praktisyns. R19.3 miljard sal bewillig word vir die opknap van klinieke en hospitale en R1.2 miljard vir die kontrakte van algemene praktisyns.
WERKSKEPPINGS-INISIATIEWE
UITGEBREIDE OPENBARE WERKE PROGRAM Sedert sy bekendstelling in 2004, het hierdie program meer as 5 miljoen, hoofsaaklik korttermyn en deeltydse werksgeleenthede geskep. Die volgende fase behoort 6 miljoen werksgeleenthede te skep.
GEMEENSKAPSWERK PROGRAMHierdie program verseker dat deelnemers twee dae per week kan werk, of agt dae per maand, met die hooffokus om plaaslike ekonomiese aktiwiteit te genereer.
DIE REGERING ONDERSTEUN WERKSKEPPING DEUR VERSKEIE INISIATIEWE:
VERBETERING VAN DIE GEHALTE VAN PRIMÊRE GESONDHEIDSORG
VerdedigingR48MJDAnder
R118MJD
GesondheidR146MJD
Ekonomiese infrastruktuurR93 MJD
Onderwys R254MJD
Algemene openbare diensteR65MJD
Behuising en gemeenskapsont-wikkeling gerieweR143MJD
Wetenskap, tegnologie en omgewingssakeR19 MJD
Openbare orde en
veiligheid R116MJD
Ekonomiese dienste
R50 MJD
Maatskaplike beveiligingR144MJD
Werkskepping en maatskap-like bestaans-beveiligingR57 MJD
WAAR DIE GELD VANDAAN KOM
HOEVEEL ONS LEEN/ TERUG BETAAL
HOE SAL DIT BESTEE WORD
1
2
3
4
5
Die regering voorsien primêre gesondheidsorg kosteloos en ander
gesondheidsdienste teen gesubsidieerde tariewe aan arm Suid-Afrikaners. Oor die volgende drie jaar sal die regering:
R77 miljard spandeer aan primêre gesondheidsorg en R240 miljard aan staatshospitale.
Die Kantoor vir die Nakoming van Gesondheidstandaarde in 2014/15 bekendstel as ʼn onafhanklike openbare entiteit verantwoordelik om gesondheidsfasiliteite te inspekteer.
ʼn Verdere R600 miljoen toeken vir die bekendstelling van die nuwe Menslike Papilloomvirus entstof, wat kanker van die serviks voorkom.
INDIENSNEMING BELASTINGVOORDEELBekendgestel in Januarie 2014. Die aansporing subsidieer die salarisse van nuutgewerfde werkers tussen 18 en 29 jaar.
NASIONALE JEUGDIENSPROGRAMDie program lei die jeug op om vakmanne te wees in die infrastruktuur- omgewing.
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gidsBUDGET 2014
Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids | Die publiek se gids4
TOENAMES IN BRANDSTOF-HEFFINGS
Die korting (die vermindering in die belasting wat jy moet betaal) vir individuele belastingbetalers is ook soos volg verhoog:
Die algemene brandstofheffing en die Padongelukkefondsheffing sal met 12c per liter en 8c per liter onderskeidelik vanaf 2 April 2014 verhoog. Dit sal die algemene brandstofheffing op brandstof opstoot na R2.25 per liter vir brandstof en R2.10 per liter vir diesel.
BELASTINGDREMPELS BELASTINGJAAR:2013/14
BELASTINGJAAR:2014/15
Onder die ouderdom van 65 R67 111 R70 700
Ouderdom 65 en ouer R104 611 R110 200
Ouderdom 75 en ouer R117 111 R123 350
BELASTINGKORTINGS BELASTINGJAAR:2013/14
BELASTINGJAAR:2014/15
Primêr (vir alle individue) R12 080 R12 726
Sekondêr (ouderdom 65 en ouer) R6 750 R7 110
Tersiêr (ouderdom 75 en ouer) R2 250 R2 367
BELASTINGVER-LIGTING VIR INDIVIDUELE BELASTINGBETALERS
Die begroting maak voorsiening vir persoonlike inkomstebelastingverligting
van R9.25 miljard vir individuele belastingbetalers. Persoonlike inkomste belastingkerwe en –kortings is aangepas om verligting te gee vir die effek van inflasie. Belastingverligting is so gestruktureer dat belastingbetalers wat minder as R350 000 per jaar verdien die grootste voordeel sal ontvang.
Hierdie groep belastingbetalers sal voordeel trek uit 56 persent van die belastingverlingting, terwyl belastingbetalers wat tussen R350 000 en R750 000 verdien, 30 persent van die belastingverligting ontvang.
Die bedrag wat ’n persoon moet verdien voordat van hulle verwag word om belasting te betaal, is vir die belastingjaar wat van 1 Maart 2014 to 28 Februarie 2015 strek, soos volg verhoog:
WAT DIE NUWE BELASTINGTARIEWE VIR JOU SAK SAL BETEKEN
Belasting betaalbaar vir die belastingjaar wat 28 Februarie 2015 eindig
BELASBARE INKOMSTE VAN INDIVIDUE (R) BELASTING BETAALBAAR (R)
0 tot 174 550 18% van belasbare inkomste
174 551 tot 272 700 31 419 + 25% van belasbare inkomste bo 174 550
272 701 tot 377 450 55 957 + 30% van belasbare inkomste bo 272 700
377 451 tot 528 000 87 382 + 35% van belasbare inkomste bo 377 450
528 001 tot 673 100 140 047 + 38% van belasbare inkomste bo 528 000
673 101 en meer 195 212 + 40% van belasbare inkomste bo 673 100
Trusts, uitgesluit spesiale trusts Belastingskaal van: 40%
Kleinsake-ondernemings word op progressiewe belastingkoerse belas.
Hierdie verligting spreek nie belastingnakomingskoste aan nie en bevoordeel slegs winsgewende ondernemings.
Die Davis Belasting Komitee beveel aan dat die bestaande progressiewe belastingkoers struktuur vervang word met ‘n belastingnakomingskorting vir klein en medium ondernemings wat getrou belasting betaal.
‘n Verdere aanbeveling van die komitee is om die omsetbelasting vir mikro-ondernemings te behou. Dit beveel egter aan dat die vlak van belasbare omset teen ‘n nul belastingkoers verhoog word en dat die maksimum belastingkoers van 6 tot 5 persent verminder word. Openbare oorlegpleging oor hierdie aanbevelings sal binnekort begin.
Aksynsbelasting op alkoholiese drank (spesifiek die van bier, vonkelwyn en sterk drank) sal met tussen 6.2 en 12 persent verhoog. Daar is geen verhoging in die aksynsbelasting op tradisionele Afrika-bier en bierpoeier nie. Die stygings in aksynsbelasting is as volg:
50c per sms.
HETJYHIERDIEPUBLIKASIENUTTIG GEVINDSMS JAOF NEE NA
BELASTINGTOEGEWINGS VIR SPAARPLANNE
Om individue aan te moedig
om deur belastingvoorkeur
spaarrekeninge te spaar, sal
belastingvrystellings tov rente, dividende
en kapitaalwins vir beleggings van
minder as R30 000 per jaar per individu,
toegestaan word.
Beleggings in bankdeposito’s,
kollektiewe beleggingskemas, beurshandel
fondse en kleinhandel spaareffekte sal
voortaan deur banke, batebestuurders,
lewensversekeraars en makelaars op hierdie
spaarrekenings aangebied mag word.
Verdere besonderhede sal in die loop van die
volgende 12 maande beskikbaargestel word.
Enkelbedragbetalings deur
aftreefondse word belas deur die gebruik
van ander belastingskale as dié wat op
normale belasbare inkomste van toepassing
is. Die tariewe vir hierdie enkelbedrae sal
aangepas word om gevalle te beperk waar
daar van laer inkomste belastingbetalers
verwag word om belasting op
enkelbedrae te betaal. Dit geld vir
gevalle waar sulke belasting betalers
nie bevoordeel is deur ‘n aftrekking vir
bydraes tot die aftreefonds nie, omrede
hul belasbare inkomste onder die
belastingvrye drumpel geval het.
Hierdie aanpassings sal tot gevolg
hê dat ‘n enkelbedrag betaalbaar by
aftrede belastingvry sal wees indien die
bedrag R500 000 of minder is.
NEEM TOE MET:
Moutbier 9c per 340ml blikkie
Ongefortifiseerde wyn 13c per 750ml bottel
Geforitfiseerde wyn 27c per 750 ml bottel
Vonkelwyn 62c per 750 ml bottel
Appelwyn en alkoholiese vrugte drankies
9c per 330ml
bottel
Sterk drank R4.76 per 750 ml bottel
Sigarette 68c per pakkie van 20
Sigarettabak 87cper 50g
Pyptabak 9cper 25g
Sigare R5.11per 23g
TABAK, ALKOHOL AKSYNS-BELASTING STYG
KLEINSAKE-ONDERNE-MINGS KRY ’N HUPSTOOT
DAVIS BELASTING KOMITEE:
2014
BELASTING
VOORSTELL
E