proagri 128, september 2010

36
September 2010 Nr / No 128 ISSN 1042–1558 ProAgri ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer Rotrix Rainmaker Gee jou gesaaides die beste kans AgriTrader Kies die regte trekker só | Meganisasie | Gewasproduksie | Veeboerdery |

Upload: smart-publishing

Post on 16-Mar-2016

342 views

Category:

Documents


1 download

DESCRIPTION

ProAgri 128, September 2010

TRANSCRIPT

Page 1: ProAgri 128, September 2010

September 2010Nr / No 128

ISSN 1042–1558

ProAgriProAgritegnologie vir die boertechnology for the farmer

Rotrix RainmakerGee jou gesaaides die beste kans

AgriTrader

Kies die regte trekker só

| Meganisasie | Gewasproduksie | Veeboerdery |

Page 2: ProAgri 128, September 2010

Parruda 3027H-

selfaangedrewe spuit

Tatu-skeurploeg

Montana-sleepspuite

Noguiera Pecus II 9004-kuilvoerkerwer Colombo-

grondboonuithaler

056-817-7308 / www.valtrac.co.za

Valtra reeks

Jeantil EVR-misstrooier

Colombo Advance- grondboonstroper

Tatu-skotteldisse

Page 3: ProAgri 128, September 2010
Page 4: ProAgri 128, September 2010
Page 5: ProAgri 128, September 2010

ProAgri 128 - September 2010www.proagri.co.za 3

Meganisasie

5 Kies die regte trekker só9 Sorteer en behandel saad met GC Tillage11 Arch Chemicals maak jou water veilig13 Gee jou gesaaides die beste kans met Rotrix se

vernuftige kruipspuite

Gewasproduksie

15 OmniBioTM

Gesonde grondlewe lê die grondslag vir gesonde gewasse

Veeboerdery

19 Boer vooruit met Hugenote: Die goue ras met die skatkis vol winseienskappe

21 Wat eet skape in die winter?

In hierdie uitgawe

M A S S M E D I A S P E C I A L I S T SSMARTPUBLISHING

Tel/fax: 012-362-27321218 Arcadia st, Hatfield, Ptawww.smartpublishing.co.za

Business-to-Business magazine (April – June 2010) with a free circulation of 59 341 per month (Paid 12, Total 59 353)

Copyright © 2010. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent ofthe publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks andlogos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for anyerrors or for any actions in reliance thereon.

Die ProAgri-span

Redakteursbrief

Inhoudsopgawe / Contents

Megasukses

Dit was nogal lekker om ’n bietjie in die Kaap te kuieren Agri Megaweek in Bredasdorp te besoek.

Een van die uitstallers is André Theron, ’n boer van Merweville wat ’n toestel ontwikkel het om roofdiere af teskrik nadat hy self las van jakkalse tussen sy lammersgehad het. Die Jakkalsjaer word in die veld tussen ooiewat lam geplaas en verjaag rooijakkalse met flitsendeligte, ’n sirene en ’n onvoorspelbare geraas.

Die apparaat werk met ’n 12-volt battery wat met ’n sonpaneel gelaai word. Afhangende van die hoeveelheid son waar jy boer, word ditmet ’n groot of klein sonpaneel verskaf. André sê dat die toestel tydens bewolkteweer ’n paar dae lank sal werk.

Die alarm se reikwydte is ongeveer een kilometer, wat beteken dat drie alarms in’n kamp van 300 hektaar benodig word om doeltreffend te wees.

Jakkalse raak natuurlik mak, en die Jakkalsjaer sal sekerlik net ’n deel van boer seroofdierbeheerstrategie uitmaak. André kan by 083-338-2025 geskakel word.

’n Paar uitstallings verder word ek ’n koppie koffie aangebied. Nadia Vosloo enReina Cullinan praat met geesdrif oor hulle maatskappy. Hulle vertel dat Total Suid-Afrika reeds ’n verbintenis van 17 jaar met Agri Megaweek het en steeds ’n trotseborg van die geleentheid is.

Ons weet dat boere baie gesteld op die gehalte van brandstof en smeermiddels is,aangesien hulle die volle potensiaal van hulle masjinerie wil benut, vertel Nadia.“Total se produkreeks is van die beste in die wêreld, te danke aan deurlopende navorsing en daarom bied die maatskappy sy produkte met groot vertroue aanboere.”

Maar dit gaan vir Total nie net oor hulle produkte nie, voeg Reina by; dit gaan ookoor goeie verhoudings met ons landbou-kliënte. “Total is geheel en al verbind totdiens. Landbou is ’n baie belangrike deel van ons mark.”

Geluk aan die mense van Agri Mega met ’n goed gereelde en suksesvolle AgriMegaweek.

Stuur asseblief u mening na [email protected]

13

5

19

Lees die aanlyn byProAgriProAgriwww.proagri.co.za

Gee jou gesaaides diebeste kans met betroubare, doeltreffendebesproeiing soos net ’nRotrix Rainmaker-kruipspuit jou kan bied.Lees meer Rotrix sebekostigbare, aanpasbare besproeiingsopsie opbladsy 13.

RedakteurCoenraad Rall > [email protected]

AdvertensiebestuurderMabel Schmahl > [email protected]

Senior bemarkerStefan van Wyk > [email protected]

Klein advertensiesAnelda Strauss > [email protected]

VerkoopsbestuurderAnneke Claassen > [email protected]

Uitleg & grafika Esta van [email protected]

TaalversorgingMediadienste

Rekeninge & intekeningPaula MacMavis > [email protected]

Gedrukte media bestuurderSuzanne Grobler [email protected]

Sakebestuurder George Grobler [email protected]

Page 6: ProAgri 128, September 2010
Page 7: ProAgri 128, September 2010

ProAgri 128 - September 2010www.proagri.co.za 5

Meganisasie

Trou is nie perdekoop nie, sê diespreekwoord, maar vir die ernstige

boer is die keuse van ’n goeie trekkernet so belangrik as die keuse van ’ngoeie vrou.

As kragbron vir talle take op dieplaas, speel jou trekker immers ’ndeurslaggewende rol in die sukses vanjou boerdery en jy gaan maklik vir tien,twintig of selfs dertig jaar aan diegevolge van jou trekkerkeuse bloot-gestel wees – langer as wat heelwat huwelike hou.

Die eerste ding wat die boer behoortte doen wanneer hy ’n trekker wil koop,is om te besin presies wat hy nou en indie toekoms daarmee wil doen. Vra jouself vrae soos:

Hoeveel kilowatt gaan ek nodig kry?Die soort take wat jy die trekker wil laatdoen gaan bepaal hoeveel kilowatt jygaan nodig hê. Maak seker dat die kragaftakkerkilowatt ook aan jouvereistes voldoen – by sommigetrekkers is dit heelwat minder as die enjinkilowatt.

Moenie ’n trekker koop wat te swak is

om die werk te doen nie, maar ook nieeen wat te sterk is nie. Kilowatts kosgeld, maar ’n te groot trekker is ookminder maneuvreerbaar, vereis groterwerkruimte en beskadig die grondoppervlakte meer.

Het die trekker alles wat ek nodighet?Vra jouself die volgende vrae:• Watter soort werktuie gaan jy gebruik

en watter monteerpunte, krag-aftakkerspesifikasies en hidroulieseaftappunte sal jy daarvoor nodig hê?

• Op watter soort oppervlakte gaan jydie trekker gebruik? Sand, modder,gruis, aangeplante weiding?

• Is daar enige beperking op die grootteof gewig van die trekker wat jy nodighet, soos nou hekke, take in skure,tonnels of kweekhuise, nou paadjies,smal brûe?

• Watter trekkereienskappe gaan vir jousoort boerdery belangrik wees?

Vierwieltrek, tweewieltrek of rusperbande?Vierwieltrek-trekkers is heelwat duurder,

Kies die regte trekker sómaar dit is noodsaaklik as jy ’n laaigraafvoor aan jou trekker wil monteer, hulle kragoordrag na die grondis baie beter en hulle het ’n hoërherverkoopwaarde.

Maar wanneer jy langafstand-sleep-werk teen ’n hoë spoed wil onderneem,is tweewieltrek ’n beter opsie.

Rusperbandtrekkers wen vinnig veldvir bewerking van groot oppervlaktes.Die groot spoor verminder grondkom-paksie en oormatige wielglip wat onnodig diesel vermors.

Kajuit of nie?Trekkers met kajuite word al hoe gewilder. Dit verseker beter operateurs-gerief, wat langer werksure met hoërproduktiwiteit in alle weersomstandig-hede moontlik maak. ’n Kajuit is ook uit’n gesondheidsoogpunt noodsaaklikwanneer gifbespuitings gedoen word.

Hoë spesifikasies of werkesel?Talle wyse boere gebruik hoëspesifi-kasietrekkers met satellietposisioneringvir aanvoorwerk en gespesialiseerde

vervolg op bl 7

Page 8: ProAgri 128, September 2010
Page 9: ProAgri 128, September 2010

ProAgri 128 - September 2010www.proagri.co.za 7

As jy ’n oop trekker koop, is dit belangrik om te verseker dat dit ’n stewige rolstaafhet om die veiligheid van die operateur te verseker, soos hierdie Schlüter uit 1940.As jy beplan om die trekker op openbare paaie te gebruik, moet dit ook ordentlikeligte en rigtingwysers hê.

Trekkerkoop is nie perdekoop nie, want jy sal maklik tien, twintig, dertig jaar oflanger met jou besluit moet saamleef. Hierdie bulperd, ’n Deutz MTZ 220, seeerste eienaar het hom in die twintigerjare van die vorige eeu aangeskaf.

take, maar hou ook laespesifikasie-trekkers aan vir donkiewerk. Besluitmooi wat jy nodig het.

Kragoordragstelsel?Trekkers wat die kluts kwytraak word alhoe gewilder – dis nou trekkers methidrostatiese aandrywing wat dienodigheid uitskakel om knaend koppelaar te trap. Hidrostatiese aandry-wing is duurder en vreet ’n bietjie enjinkrag, maar die feit dat dit presiesdie regte krag vir die taak lewer, opera-teursuitputting verminder en ’n eindeaan ’n gesukkel met gedaan koppelaar-plate maak, maak dit die moeite enkoste werd.

Wat van veiligheid?Veiligheid op die plaas is baie belangrik.Oop trekkers moet verkieslik metstewige rolstawe toegerus wees.

’n Ander belangrike veiligheidsken-merk is ’n skakelaar wat die trekker seenjin afskakel as daar niemand op diesitplek sit nie.

As jy van plan is om die trekker opopenbare paaie te gebruik, moet dit ordentlike ligte en rigtingaanwysers hê.

Kies jou handelaar baie fynBaie boere sê vandag dat diens vir hulleveel belangriker is as die soort trekkerwat hulle koop. Die beste, wonderlikstetrekker met die mooiste kleur en die indrukwekkendste naam beteken vir dieboer niks as hy staan omdat daar niediens of onderdele beskikbaar is nie.

Gesels met die handelaar. Bepaal ofhy bloot ’n trekker aan jou wil verkoopen of hy werklik begrip vir jou behoefteen werksaamhede het. Jy gaan ’n langtyd met hierdie mense moet saamloop.

’n Handelaar wat eers navraag oor jouboerdery doen en probeer vasstel watjou behoeftes is voordat hy oor syreekse begin uitwei, is altyd ’n beterkeuse.

’n Blote waarborgsertifikaat betekenniks as die handelaar nie die middele enmannekrag het om sy beloftes tydig gestand te doen nie. Maak dus sekervan die volgende:

• Dat die handelaar genoeg sleutelon-derdele in voorraad het sodat jouboerdery nooit op onderdele hoef testaan en wag nie.

• Dat hy genoeg ordentlik opgeleide enervare tegnici in diens het om enigemoontlike probleme gou en doeltref-fend op te los.

• Dat hy jou trekker op die plaas kanherstel of versien indien dit nodig is.

• Dat hy reaksietye waarborg. Dit helpnie hy maak die trekker wat jou spuitmoet sleep reg nadat die stamboorders jou mielies opgevreet hetnie.

• Dat hy in ’n krisisgeval ’n leentrekkerbeskikbaar sal stel en jou trekker opdie plaas sal kom haal as groot herstelwerk nodig is.

vervolg op bl 9

Page 10: ProAgri 128, September 2010

Vervaardiger van die spilpunt

Tel: 018-469-1331e-pos: [email protected]

www.senter360.co.za

Page 11: ProAgri 128, September 2010

ProAgri 128 - September 2010www.proagri.co.za 9

Hierdie artikel is aan u gebring deurValtrac, die verskaffers van voortref-like trekkers en landbouwerktuie.Skakel Hennie du Toit van Valtrac by(056) 817-7308 of besoek www.valtrac.co.za.

• Dat die soort trekkerin die land is om tebly en dat die ver-vaardiger die hande-laar al die nodigesteun gee om die boerbevredigende diens tebied.

Gaan besoek die hande-laar. Kyk self of jy dinkhy het genoeg onderdele in voorraaden of sy werkwinkelgoed beman en bestuurword. Maak seker dat jymet die mense oor dieweg sal kom, want jy salvorentoe baie met hullete doen kry. Gesels methulle en besluit of hulledie boer en boerderygoed genoeg verstaanom te besef dat niks op’n plaas kan wag nie.

Moenie probeersnaaks wees nieAs die meeste boere injou gebied ’n sekeresoort trekker gebruik, isdaar waarskynlik ’n redevoor en die rede iswaarskynlik dat die betrokke handelaar

bevredigende diens bied. Dit behoortveilig te wees om ook so ’n trekker aante skaf.

Moenie jou bure probeer beïndrukdeur die snaaksste trekker wat jy kankry te koop nie. Jy gaan waarskynliksukkel om onderdele en diens te kry endis nie snaaks nie.

PrysOnthou dat ’n trekker ’n langtermynbe-legging is. Moenie ’n paar rand op prys bespaar om agterna twintig of dertigjaar te sit met ’n trekker waarmee jynie werklik tevrede is nie. Bring ook dieherverkoopwaarde van die soort trekkerwat jy koop in berekening.

Vra rond oor die koste van befond-sing. Miskien kan die handelaar dit virjou reël of dalk kan jy goedkoper finansiering elders kry.

Praat met jou medeboereDie boer weet die beste. Praat metmedeboere oor hulle ervarings mettrekkers en handelaars. Dis waardevolleinligting.

GRATIS WATER

met behulp van die son

Pompe suksesvol deur

Siemens getoets by die

Universiteit van Neubiberg,

München, Duitsland. Uiters

gewild in Australië, Afrika,

Meksiko en die VSA.

Meer as 12 000 pompe in gebruik in Suid-Afrika.

“TECHNOLOGY

TOP 100”

-toekenning ontvang

in 1998

Wêreldwyd op die voorpunt

met sonkrag-dompelpompe!

Posbus 263, Port Elizabeth, 6000

Tel: 041 451 3936, Faks: 041 453 2659

E-pos: [email protected]

www.watermax.co.za

Page 12: ProAgri 128, September 2010

ProAgri 128 - September 2010 www.proagri.co.za10

Page 13: ProAgri 128, September 2010

ProAgri 128 - September 2010www.proagri.co.za 11

Arch maak jou water veilig

Meganisasie

Besoek www.hthscientific.co.za vir volledige inligting oorwaterontsmetting, of praat met Rulani Janse van Rensburgby 011-393-9128 of [email protected]. Arch Chemicals het tegniese konsultante regoor dieland om jou die beste raad en diens te bied.

Water speel ’n sleutelrol in landbou; nie net vir besproei-ing nie, maar ook vir diere en mense se drinkdoelein-

des en vir skoonmaaktake.Ongelukkig is alle water nie meer sonder meer suiwer en

bruikbaar nie en daarom bied Arch Chemicals, wat al meeras tien jaar ’n wêreldleier in waterontsmetting is, skitterendeplaaslik vervaardigde produkte om water skoon en veilig virmenslike gebruik te maak.Dit geld vir drinkwater, rioolwater,afvalwater, water vir voedselverwerking, nywerheids -verkoelings water en swembadwater.

Benewens HTH® Scientific, bied Arch Chemicals ook dienuwe Frexus®-produkreeks. Dit is spesiaal ontwerp as ’nveilige en doeltreffende ontsmettingsmiddel in die landbou-en voedselbedryf en het ’n SABS 1835-goedkeuring virregstreekse voedselkontak. Dit is ’n doeltreffende swam- enbakteriedoder vir drink- en besproeiingswaterontsmetting,was en ontsmetting van geoeste en verwerkte vrugte engroente en ontsmetting van eiers en karkasse. Dit beheerook alge in suipkrippe.

Arch se wye reeks toediening- en beheertoestelle sorg datdie boer suiwer water met die minste moeite kry. Diegewilde Mini Reservoir Floater ontsmet drinkwater in tenksvan 1 000 tot 30 000 liter. Die Inline Feeder en Chip Doserontsmet boorgatwater en Pulsar Dosers dien chloor in besmette water toe om dit veilig te maak vir gebruik deurmens en dier.

Skoon saad is ’n voorvereiste vir ’n suk-sesvolle oes. Dit weet elke boer, maar

om daardie saad skoon en sekuur gesor-teer te kry, kan nogal ’n probleem wees.

’n Mens kanjou saad instuurom gesuiwer engesorteer teword, vertelMorné Com-brink, soja-,mielie- ensorghumboervan die plaas,Ruigtekuilen, opdie Hoëveld,maar dan is jynooit seker datdit jou eie saadis wat jyterugkry nie endikwels is ditook nie so heel-temal skoon nie,sodat jy haas-bekrye plant.

Dis hoekomMorné sy eieGrazmec CS 3000-saad-

sorteerder by GC Tillage gekoop het. Hierdie vernuftige masjien haal eers aldie stof met ’n sikloon uit en blaas ditvir jou in ’n sak. Daarna haal dit alle

doppe, gesplete sade, onkruid soosmorning glory en groter vuilgoed soosstingels uit en sorteer dan die skoonsaad in twee pitgroottes.

Dis maklik om met hom te werk, hyloop stil, maak geen stof nie en kanenige saad, soos soja, mielies, tef,nierbone, koring en sonneblomhanteer. En hy werk vinnig: Morné hetin twee weke 60 ton sojasaad perfekskoongemaak en gesorteer. Sowat 10ton afval is van die saad geskei.

Die resultaat, sê Morné, is dat dieboer met vertroue kan plant en kanweet dat hy die regte plantestand vanskoon, suiwer saad gaan behaal.

Morné het al heelwat ander werktuieby GC Tillage gekoop en hy is ingenome met die produkte, maar ookmet GC Tillage se flink diens aan dieboer.

GC Tillage se Grazmec CS 3000-saadsorteerder:

Maak self jou saad skoon vir ’n wenopbrengs

Skoon, suiwer saad is ’n voorvereiste vir ’n lonende oes en hierdie elektries-aangedrewe Grazmec CS 3000-saadskoonmakeren -sorteerder is net die masjien om sulke skoon saad teverseker. Maré Potgieter van GC Tillage wat die masjien verskafen die boer, Morné Combrink, is ewe trots op die CS 3000 sedoeltreffendheid. In die agtergrond is 60 ton skoon sojasaad,gereed vir die plantseisoen.

As jy op die Hoëveld boer, is MaréPotgieter 082-959-0044 die man omvir meer inligting te skakel. Boereelders in die land kan met LaneReynolds by 017-702-3028 of 082-652-2501 of [email protected] skakel.

Page 14: ProAgri 128, September 2010

ProAgri 128 - September 2010 www.proagri.co.za12

Page 15: ProAgri 128, September 2010

ProAgri 128 - September 2010www.proagri.co.za 13

Meganisasie

Die vaste sekerheid dat jy ’n hoë opbrengs gaan behaal – dit is wat

die Rotrix Rainmaker-kruipspuit jou gee.As gekwalifiseerde meganiese ingenieuren besproeiingstegnikus was Mike Hewitt se doel toe hy die Rotrix Rain-maker in die vroeë 1980’s ontwerp hetjuis om die boer betroubare en probleemvry besproeiing te gee met ’ngeharde kruipspuit.

Die kruipspuite wat destyds beskik-baar was, het almal probleme gehad,soos ’n buitensporige drukbehoefte,karige spoedbeheer en sukkelrige watertoediening met gevolglike grondverdigting en gewasskade.

Die Rainmaker het al hierdie problemeuitmuntend te bowe gekom en word oordie afgelope dertig jaar nog deurgaansverbeter om akkurate, betroubare be-sproeiing van byna elke soort gewas virboere in Suid-Afrika, Zambië, Zimbabwe, Namibië, Botswana enMalawi te verseker.

Die Rainmaker is ’n veelsydige besproeiier vir gewasse soos koring enander kleingraansoorte, lusern, weiding,mielies, groente, tabak, suikerriet enselfs wingerde.

Dit is in wese ’n oorhoofse besproei-ingstelsel wat, in stede daarvan om ineen posisie te staan, oor die land heenbeweeg en selfs tussen verskillendelande verskuif kan word. Die Rainmakerkan vir gewasse van enige hoogte gebruik word deur die sproeiers tot 4 meter hoog te lig.

Hooftoevoer

1ste baan

2de baan

3de baa

n

waterpunt

waterpunt

waterpunt

toevoerpyp

Só werk die Rotrix Rainmaker

As jy jou gewasse die beste kans wilgee, praat vandag nog met JasperHewitt van Rotrix by 082-773-7544 of [email protected]. Besoek ook www.rotrixirrigator.co.za.

Gee jou gesaaides die beste kans met Rotrix se vernuftige kruipspuit

Met die Rotrix Rainmaker-kruipspuit gee jy jou gewasse die allerbeste kans om geil en gesond te groei – dit alles vir die minstemoeite en koste.

Dit verg min onderhoud en is baiekostedoeltreffend met ’n lae arbeidsbe-hoefte.

Hoe werk hy?

Die Rainmaker werk maklik en logies.Hy is ontwerp om blokke van 200 meterlank te besproei. Dit werk so: Jy maakdie Rainmaker staan aan die een kantvan die land, rol sy staalkabel uit enmaak dit aan ’n anker aan die oorkantvan die land vas. Daarna koppel jy synuwe, duursame Oroflex-watertoe-voer-pyp aan die toevoerpunt halfpad in dieland in en draai die watertoevoer-kraanoop.

Dadelik begin die twee verstelbareNaan 255-spuite ’n strook van 50 meterwyd besproei met ’n druppelgrootte watjy na jou keuse kan aanpas met drieverskillende sproeierstelle en drukver-stellings na jou smaak. (Jy maak joubane 36 meter uitmekaar om behoorlikeoorvleueling te verseker.)

Terselfdertyd dryf ’n 4 mm-sproeier ’nbakkieskyf aan, wat deur ’n ratkas entandrat- en kettingstelsel die staalkabelinkatrol om die hele Rainmaker teen ’nspoed van jou keuse na die oorkant vandie land te sleep terwyl hy al die padegalig natmaak.

Wanneer hy aan die einde van dieland kom, gaan staan hy vanself sodatjy darem nooit nodig sal hê om hom opjou buurman se grond te loop soek nie.Jy rol jou waterpyp in, verskuif jou Rain-maker na die volgende baan, rol joukabel uit, koppel jou waterpyp, draai dietoevoer oop en gaan voort met enigeander werk terwyl die Rainmaker syneop sy eie en met die grootste verant-woordelikheidsbesef doen.

Die Rainmaker vra net 3 bar druk en’n maksimum watervloei van 35 kubiekemeter per uur, maar druk van tot 6 barsal hom geen skade doen nie.

Jy kan sy spoed stel om sy baan van200 meter tussen 6 en 11 uur te voltooien om van 12 mm tot 50 mm reën perlopie toe te dien. Ratstelle is ook beskik-baar om hom sy 200 meter binne 4 uurte laat afdraf op lande waar jong plantjies besig is om te ontkiem.

Die Rainmaker maak druppels watgroot genoeg is om hulle nie deur windvan stryk te laat bring nie, maar fyn genoeg om nie die grond vas te slaannie. Al die buste is roesvry en dieraamwerk is gegalvaniseer om jarese onderhoudvrye diens te verseker.

Page 16: ProAgri 128, September 2010

Montana bied ’n spuit vir elke behoefte. Volledige reeks, vanaf driepuntgemonteerde spuite en sleep-

spuite tot reuse selfloopspuite vir groot take. Montana se

sukses spruit uit gevorderde tegnologie en streng gehaltebeheer

om betroubare doeltreffendheid te verseker.

BOXER 2021M Hooftenkinhoud 2 000 ℓ

Selfstabiliserende spuitbalk van 21 mGrondvryhoogte 1 200 mmTweewielaandrywing (4 x 2)

TLP 400/600/800LDriepuntgemonteerde spuite met 10 of 12 m spuitbalke en toegerus met MPP22- pompe wat 80 ℓ/min lewer

ECORANGER 2000

Hooftenk 2 000 ℓ

Selfstabiliserende spuitbalk

Hidrouliese roerder, Montana MPP22-pomp

met lewering van 80 ℓ/min

PARRUDA MA 2627M

Hooftenkinhoud 2 600 ℓ

Grondvryhoogte 1 540 mm

Selfstabiliserende spuitbalk van 27 m

Tweewielaandrywing (4 x 2)

PARRUDA MA 3027HHooftenkinhoud 3 000 ℓ

Grondvryhoogte 1 540 mmSelfstabiliserende spuitbalk van 27 m

Vierwielaandrywing (4 x 4)

056-817-7308 | www.valtrac.co.za

Page 17: ProAgri 128, September 2010

ProAgri 128 - September 2010www.proagri.co.za 15

Gewasproduksie

Met noukeurige navorsing het Omniavasgestel dat elke gewas sy eiegrondlewesamestelling vereis. Eenjarigeplante vereis ’n gelyke hoeveelheid bak-terieë en swamme, maar meerjarigeplante, veral vrugtebome, presteer beterwanneer daar meer swamme in die grondteenwoordig is.

Bestuur grondbiologie met OmniBio™Op grond van ’n OmniBio™-ontledingkan ’n voorstel vir die besondereomgewing en gewas gemaak word. Asdaar ’n wanbalans tussen bakterieë enswamme is, kan dit met een van die volgende twee produkte reggestel word:

• ORGANOBOOST™, wat voedsel virbakterieë is

• FUNGIMAX™, wat voedsel virswamme is

Proewe wat reeds gedoen is, dui daaropdat die vestiging van die gewenste balans tussen swamme en bakterieë ’ngunstige uitwerking op gehalte en opbrengs kan hê. Die verbetering isnatuurlik afhanklik van hoe ongunstigdie toestand voorheen was, sowel as diehoeveelheid ORGANOBOOST™ en

OmniBio™-ontleding sal wys of jougrond gesond is of nie.

Elkeen van hierdie grondorganismes,en die verhouding waarin hulle teenoormekaar voorkom, gee ’n goeie aandui-ding van die grond se biologiese vrug-baarheid, wat ’n voorvereiste is vir suk-sesvolle en volgehoue gewasproduksie.Die teenwoordigheid van bakterieë enswamme help plante om die voeding-stowwe in die grond beter te benut.

2006

10

20

30

40

50

60

70

80

02007

Opbr

engs

verb

eter

ing

(t/ha

)

Kont

role

FUNG

IMAX

TM Gr

ond

FUNG

IMAX

TM Gr

ond

FUNG

IMAX

TM Gr

ond

Kont

role

Kont

role

Kont

role

FUNG

IMAX

TM Gr

ond

FUNG

IMAX

TM Gr

ond

FUNG

IMAX

TM Gr

ond

Kont

role

Kont

role

2008

2006

Vrug

deur

snitv

erbe

terin

g (m

m)

72

75

78

81

2007 2008

10%

6% 13%

3%3%

2%

Verskil2,69 mm1,19 mm1,53 mm

FUNGIMAX™ vrugdeursnit (mm)78,8076,9779,26

Kontrole vrugdeursnit (mm)76,1175,7877,73

’nOnmisbare vereiste vir volhoubareboerdery is gesonde, gebalanseerde

organiese lewe in die grond. Grondleweis ’n aanduiding van vrugbaarheid enhoe groter die diversiteit van grond-organismes, hoe moeiliker kry siektesvastrapplek.

Maar hoe verseker die boer dat dielewe in sy grond op die standaard is watbevorderlik is vir volhoubare gunstigeopbrengste en gehalte?

Maklik – hy praat met Omnia seslimkoppe wat met graagte vir hom ’nOmniBio™-ontleding sal doen. Dit is ’ngrondbiologie-ontleding deur Omnia segevorderde laboratorium in Sasolburg,Chemtech, wat die aantal bakteriëe,swamme en nematodes (nadelige para-sitiese nematodes en voordeligevrylewendes) in die grond bepaal. ’n

OmniBioTM se invloed op sitrus op-brengs en kwaliteit in die Hector-spruit- en Komatipoort-areas.

OmniBio™:Gesonde grondlewe lê die grondslag vir gesonde gewasse

*

*

*

*

*

* Statisties betekenisvol

Seisoen2005/062006/072007/08

FUNGIMAX™ wat toegedien word.In ’n wetenskaplike proef met

Sundowner-appels in die Vrystaat is 20 ℓ/ha ORGANOBOOST™ en 10 ℓ/haFUNGIMAX™ op grond van grondlewe-ontledings toegedien. In 2009 was daar’n opbrengsverbetering van 26% bo diekontrole, maar in 2010 was die produk-sie dieselfde as die kontrole. Nogtans is’n 13%-opbrengsverhoging oor tweeseisoene seker nie te versmaai nie.

Met appelproewe in die Kaap het OmniBio™-behandeling ’n opbrengsver-betering van 4,061 ton/ha, ’n vrug-grootteverbetering van 2,9 mm, ’nvruggewigverbetering van 16,3 g en ’nbykomende wins van R11 281 per hektaar vir die boer meegebring.

’n Aartappelplaasproef het,afhangende van die aantal behande-lings, opbrengsverbeterings van tot 13en 14% vir verskillende variëteitemeegebring en klasverbeterings van tot27 en 59%.

Nog proewe op meer gewasse worddeurlopend gedoen, maar in hierdie stadium is dit reeds duidelik: As ’nongunstige grondlewebalans reggestelword, kan dit tot ’n verbetering ingehalte en opbrengs lei, maar as daarniks aan ’n ongunstige grondlewebalansgedoen word nie, is ’n verbetering ingehalte en opbrengs baie onwaarskyn-lik.

So kan OmniBio™ bydra om gesondegrondlewe te bewerkstellig, watbevorderlik kan wees vir hoër opbreng-ste, beter gehalte, beter weerstand teensiektes en spanningsfaktore, en uiteindelik gelukkiger boere.

OmniBio™ is ’n waardevolle deel vanOmnia se Nutrilogie™-konsep, wat ookinsluit grondontledings om die chemiesesamestelling van grond te bepaal,sapontledings (OmniSap®) om optimalevoeding vir elke groeistadium van plantete bepaal, en besproeiingswaterontle-dings. Alle ontledings word in Omnia selaboratorium, Chemtech Agri, gedoen.Die laboratorium kan meer as 2 000monsters per dag hanteer en gebruikdie mees gevorderde instrumente enmetodes om akkuraatheid en tydigheidte verseker.

5 ℓ/ha FUNGIMAXTM/maand (Oktober tot Januarie)

Jy kan ook deel in die voordele van Omnia seNutrilogie™-konsep.Praat vandag metSuzette Smalberger by079-500-7669 of ssmalberger @omnia.co.za om te hoor waarjou naaste Omnia-verteenwoordiger is.

***

Page 18: ProAgri 128, September 2010

ProAgri 128 - September 2010 www.proagri.co.za16

Bewegingsensor

Nagvisiekamera

Infrarooi sensors

MotionViewer stuur ’n 10

sekonde video-uittreksel van

inbraak aan Sentrale Stasie

Selfoon-transmissie

Beskikbaar by:

Sentrale Stasie

operateur sien die video-

uittreksel van die inbraak en

gebruik 2-rigting

Simkaart

binne paneel

- Video

- 2-rigting

Residensiële en Klein

Kommersiële

Koordloos/draadloos

Onmiddellike installasie

Afstandbeheerde

ProxCard aktivering

4-jaar batterylewe

Prioriteitsreaksie

Polisie reageer vinniger

Video-geverifieerde alarm

10 Sekonde video-uittreksel van

inbraak

Effektiewe Beheerstasie

Spilpunt

Vee

Trekkers

BEVEILIG JOU:

Sizwe Group012-657-5300

e-pos: [email protected]: www.sizwegroup.co.za

Boere kan self inspring met ’n Videofied-kamerastelsel.

Page 19: ProAgri 128, September 2010

ProAgri 128 - September 2010www.proagri.co.za 17

Page 20: ProAgri 128, September 2010

ProAgri 128 - September 2010 www.proagri.co.za18

Gehalte, Dienste, BESTE prysBENIETHA bied ’n wye reeks grondstowwe vir die meng van

veevoere, teen die meeskompeterende pryse moontlik

A lle oliekoek • A lle graan • Chop • Semels • VismeelOns verskaf:

BENIETHA VEEVOERETel: 031-765-4220 • Sel: 083-274-6949 • Faks: 031-765-4087 • E-pos: [email protected]

LET WEL: Navraag na enige ander soortgelyke produkte sal nagevors word en, indien moontlik, aangebied word. Produkte is onderhewig aan beskikbaarheid. Vervoer en versakking kan ook gerëel word.

Ons strewe om voortdurend te verbeter op ons hoë standaarde en diens aanons waardevolste bate - ONS KLIËNTE

Page 21: ProAgri 128, September 2010

ProAgri 128 - September 2010www.proagri.co.za 19

Veeboerdery

Lekker enlonend –

dis wat bees-boerdery virdie Hugenoot-boer is. Enook geenwonder nie,want dié goue

ras bevat die uitsonderlike wen-eien-skappe van die Afrikaner en die Charo-lais om vir die boer enige plek inSuid-Afrika ’n bees te besorg wat uit-muntend presteer.

Kyk net: Waar kry jy beter as dieAfrikaner se natuurlike gehardheid, sygoeie loopvermoë, sy gladde vel ennatuurlike bosluisbestandheid, sy maklike kalwing, sy goeie moederseien-skappe en sy langlewendheid wat deurnoukeurige teling in die Hugenoot vasgelê is?

En waar kry jy beter as die Charolaisse flukse vleisproduksie, stewige konstruksie, goeie bespiering, gunstigevoeromsetvermoë, vrugbaarheid, libidoen kalm geaardheid wat kenmerkendvan die Hugenoot is?

Die Hugenoot is ’n kombinasie van diebeste eienskappe van twee wenrasse endis hoekom die ras so aanskoulikpresteer en so ’n plesier is om mee teboer.

Die Hugenoot kan vleis dra, maarsteeds bergklim agter kos aan. Hy kanenige plek in Suid-Afrika baie goed virhomself op die veld sorg en selfs in ekstensiewe toestande presteer, maarvoer hom en jy staan verstom oor syvolgehoue groeitempo.

Voerkrale aanvaar Hugenoot-kalwersen Hugenoot-kruiskalwers gretig, wanthulle behou hulle Graad A3-klassifikasieterwyl hulle ekonomies groei.

Die Hugenoot is ’n ekonomiese, funksionele, doeltreffende dier, wat die maksimum eetbare rooivleis produseer.Eetbare, bemarkbare rooivleis – nie ’nhoop vet of ’n bondel bene nie.

Hugenote is gemaak om te groei. InFase C-toetse blink Hugenote uit methulle gunstige voeromsetverhouding enindrukwekkende gemiddelde daagliksetoename.

Hugenoot-beeste kombineer die weneienskappe van die geharde Afrikaner metdié van die hoogs produserende Charolais om die beesboer die beste van beidewêrelde te bied. Die goue beeste is nie net winsgewend om mee te boer nie,maar mooi om na te kyk en lekker om mee te werk.

Hugenote presteer oral in Suid-Afrika, vanafdie Vrystaat, deur die koue Hoëveld en die

steil berge van die Waterberg tot in die warmdele van die Bos- en Laeveld.

Die goud lê in die groeiAanskoulike resultate het aan die lig gekom tydens ’n groeitoetsdeur Hoërskool Ermelo te Nooitgedacht-proefplaas:

’n Groep van 157 suiwer en kruiskalwers van verskeie rasse is ingeskryf. ’nGroepie van 6 Hugenoot-kruiskalwers, waarvan die aanvangsgewig 3% laer wasas die groepgemiddeld, het besonder goed presteer. Hulle gemiddelde daagliksetoename was 1 570 gram teenoor die groepgemiddeld van 1 154 gram.

Net een groep het hulle naelskraap met GDT geklop. Hierdie wengroep se aanvangsgewig was 17,4% hoër as die groepgemiddeld en hulle voerinname teoreties dus hoër. Indien voeromsetverhouding ook gemeet kon word, sou dieHugenoot-groep beslis die ekonomiese wenners gewees het.

Boer vooruit met Hugenoot:Die goue ras met die skatkis vol winseienskappe

Vir meer inligting oor die goue ras metsy uitsonderlike aanpasbaarheid in alleomstandighede, sy vrugbaarheid, syvinnige groeitempo en sy gehardheid,praat met Franci-Mari van Heerden by014-721-0919 of 083-449-3227 [email protected]. Besoekook www.hugenootsa.co.za.

Hugenoot presteer oral in Suid-Afrika, vanaf die Vrystaat, deur die koue Hoëveld endie steil berge van die Waterberg tot in die warm dele van die Bos- en Laeveld.

Dis winsgewend om vleis te produseermet Hugenote, maar hulle presteer ookbaie goed in kruisteeltprogramme as jy’n ontploffing van basterkrag wil ontketen.

Page 22: ProAgri 128, September 2010

ProAgri 128 - September 2010 www.proagri.co.za20

Page 23: ProAgri 128, September 2010

ProAgri 128 - September 2010www.proagri.co.za 21

Korreltjie2 is 'n Bapedi-lammetjie wat verlede jaar op Landboukorrels Boeredag gebore is. In 2008 is Korreltjie1 op dieBoeredag gebore!

Wat eet skape in die winter?

Die Hoëveld is op sy beste maar redelik vaal en droog in die winter, so wat is die beste voeding wat ek vir my skape kan

gee om my boerdery steeds ekonomies te maak? Dit is die soort vrae wat ons hoop om te beantwoord op die

tiende Landboukorrels Boeredag wat gesamentlik deur Radio Pretoria en TLU SA op die Cullinan Boere-unieterrein aangebiedword. Op Vrydag 29 Oktober word daar ’n volledige kleinvee-kursus aangebied waar onderwerpe soos gesondheid, voeding, diekeuse van ’n skaapras, melkbok- en boerbokboerdery toegeliggaan word. Daar sal ook 'n praktiese demonstrasie oor die hante-ring van skape wees met genoeg oefentyd. Dit is moontlik omselfs daardie reuse Ile de France-ram te vang en te doseer sondertrauma vir skaap of boer!

Die koste van die kursus is R100 per persoon en dit sluitkoffie/tee en 'n middagete in. Inskrywings sluit op 22 Oktober.

Op Saterdag 30 Oktober is daar 'n heerlike pretdag met land-boudemonstrasies, vermaak, stalletjies, ossewaritte en boere-sport. 'n Veiling van hoofsaaklik kommersiële vee word ook deurBKB aangebied. Boere wat diere het om aan te bied, moet asse-blief voor die einde van September met Henri Combrink skakel by 082-552-9428.

Vir die eerste keer word daar ook 'n huisvlytwedstryd in same-werking met die Vroue Landbou-unie aangebied. Van die kategorieë waarin meegeding kan word, is gebak, gebottelde produkte, naaldwerk en hekelwerk. Vir inskrywingsvorms metvolledige besonderhede kan Lynette by TLU SA, 012-804-8031,geskakel word.

Die Landboukorrels Boeredag is ook die amptelike afskop vandie jaarlikse Goliat van Gat Pampoenkweekwedstryd. Alles watnodig is om daardie bielie van alle bielies te kweek, sal daar wees!

Moenie vanjaar se Landboukorrels Boeredag misloop nie. Dit isuit die gemeenskap vir die gemeenskap. Onthou Vrydag 29 en Saterdag 30 Oktober by die Cullinan Landbou-unieterrein (3,5km oos van die Cullinan-vierstop op die Bronkhorstspruitpad).

Nare waarheid

Vrou: “Is daar enigemodes in daardie koerant?”Haar man: “Ja, maardis ouderwets – dit isgister se koerant.”

Hennie: “Hoeveel kosjou herstelwerk noudat jy met ’n motorfiets ry?”Hennie: “Hoe bedoel jy? Herstelwerk aan my of aan my motorfiets?”

Flinkdink

Vryer: “Oom, ek kom jou dogter se hand vra.”Pa: “Goed, neem die een wat so knaend in my beursie is.”

Miljoenêr: “Ek kan my dogter R500 000 as bruidskat gee.Wat kan jy in ruil daarvoor gee?”Vryer: “’n Kwitansie?”

Pure twak

Die praatjies dat e-pos so vinnig werk is nie waar nie. Ek hetses maande ’n e-pos aan my ryk oom gestuur om R1 000 tevra en ek het vandag nog niks van hom gehoor nie.

Oppie plaas

Dorpsjapie: “Hoekom het hierdie bees nie horings nie?”Geduldige boer: “Daar is verskillende redes waarom sommige beeste nie horings het nie. Horings kan chemiesverwyder of gebrand word terwyl die bees nog jonk is, ofafgesaag of afgeknip word as hy groter is, terwyl sommigebeesrasse glad nie horings het nie. Maar hierdie spesifiekebees het nie horings nie omdat dit ’n perd is.”

Landboustudent: “Jou boerderymetodes is heeltemal outydsen verkeerd. Dit sal my verbaas as jy meer as ’n halfton koring op hierdie land oes.”Boer: “Dit sal my ook verbaas. Dis ’n mielieland hierdie.”

Vooruitgang

Die veearts loop ’n ou boer in die koöperasie raak en hullebegin oor beeste gesels. Die veearts vertel die oom vankunsmatige inseminasie en gee hom sy telefoonnommer. Dieou boer is skepties oor die nuwe ding, maar ’n paar daelater bel hy en sê die veearts moet dadelik een van sy koeiekom insemineer. Dis ’n ding wat hy darem wil sien.

“Goed Oom, ek is nou-nou daar,” sê die veearts. “Jaagsolank die koei in die drukgang, was haar agterkant mooiskoon en sorg dat daar seep en ’n emmer warm water byderhand is.”

Toe die veearts op die plaas kom, vra hy: “Het Oom allesgereed gekry soos ekgevra het?”

“Ja,” antwoord dieoom. “Ek het tot ’nspyker in die muurgeslaan waaraan jyjou broek kanophang.”

Agrilag

Vir enige navrae skakel Lynette by 012-804-8031 of Annemarieby 012-543-0120

Veeboerdery Humor

deur Annemarie Joubert

deur Dom Boer

Page 24: ProAgri 128, September 2010

AgriGids

22 ProAgri 128 - September 2010 www.proagri.co.za

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landbou toerus�ng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, probeer dit gerus.

Vir die mees bekos�gbaarste advertensie-tariewe in Suid-Afrika, skakel:

Stefan van Wyk (Bloemfontein) 082-381-7563 | 051-446-0789 [email protected] Strauss (Pretoria) 083-748-3413 | 012-362-6390 [email protected]

AgriTrader Advertensiediens vir die boerAdvertising service for the farmer

60 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd

Page 25: ProAgri 128, September 2010

AgriG

ids

ProAgri 128 - September 2010www.proagri.co.za 23

Page 26: ProAgri 128, September 2010

AgriGids

24 ProAgri 128 - September 2010 www.proagri.co.za

Page 27: ProAgri 128, September 2010

AgriG

ids

ProAgri 128 - September 2010www.proagri.co.za 25

Page 28: ProAgri 128, September 2010

AgriGids

26 ProAgri 128 - September 2010 www.proagri.co.za

e

Page 29: ProAgri 128, September 2010

AgriG

ids

Gen

eGids

ProAgri 128 - September 2010www.proagri.co.za 27

21 September 2010 - William Biggs,

082-415-3751

6 Oktober 2010 - Dave Cawthorn,

084-363-5392 & Arthur Schulze,

083-441-5781

20 Oktober 2010 - Alwyn Marx,

051-653-1410, 083-448-7870

21 Oktober 2010 - Russell Clark

045-943-3011, 082-925-5860

Ed Clarke - 082-573-0223

Produksie-

veilings vir

2010

Tuli Genootskap

Page 30: ProAgri 128, September 2010

Gen

eGids

ProAgri 128 - September 2010 www.proagri.co.za28

Page 31: ProAgri 128, September 2010

Veilin

gs

ProAgri 128 - September 2010www.proagri.co.za 29

Page 32: ProAgri 128, September 2010

Veilin

gs

ProAgri 128 - September 2010 www.proagri.co.za30

Page 33: ProAgri 128, September 2010

Veilin

gs

ProAgri 128 - September 2010www.proagri.co.za 31

Page 34: ProAgri 128, September 2010

Veilin

gs

ProAgri 128 - September 2010 www.proagri.co.za32

Page 35: ProAgri 128, September 2010
Page 36: ProAgri 128, September 2010