droom projek nuusbrief 8 - sadogood projek...child in the community. please contact tess on...

17
DROOM PROJEK NUUSBRIEF 8 Dankie aan Erina wat die Nuusbriewe deur die jaar saamstel, en Jadé vir die vertaling van Afrikaans na Engels. YOGA CLASSES (letter from Tess & Phil) We would like to offer yoga classes from Friday 21 st December , Monday 24 th , Wednesday 26 th on going until the 4 th January 2013. Classes will start at 5.45 am before it gets too hot. We will hold the classes at our place- PRASHANTI- which has the same entrance as Kom tot Rus on the Wesoewer road. Please bring a yoga mat or a towel as we have a limited supply. All welcome. Donations optional which will go towards supporting a child in the community. Please contact Tess on 0833250441 or Phil on 0833801071. Please use my g-mail e- mail [email protected] Thank you Kind regards Tess & Phil Britz Cell : 083 380 1071 Tel : 011 475 2900 Fax : 0866 147 739 Email: [email protected] FSP Number : 13904 STANDARD BANK CALITZDORP APPELKOOS NAWEEK : 1 DESEMBER 2012 a) Asdrom verf kompetisie Baie geluk aan al die spanne wat deelgeneem het. Die dromme lyk pragtig. Die pryse was soos volg: Eerste prys: Die groep wat gewen het se skoolgeld sal vir 2013 betaal word. Tweede prys: Elkeen in die groep sal R100 se skryfbehoeftes ontvang. Derde prys: Elkeen in die groep sal R50 se skryfbehoeftes ontvang.

Upload: others

Post on 24-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • DROOM PROJEK

    NUUSBRIEF 8

    Dankie aan Erina wat die Nuusbriewe deur die jaar saamstel, en Jadé vir die vertaling van Afrikaans na Engels.

    YOGA CLASSES (letter from Tess & Phil)

    We would like to offer yoga classes from Friday 21st December , Monday 24

    th , Wednesday 26

    th on going until

    the 4th

    January 2013. Classes will start at 5.45 am – before it gets too hot. We will hold the classes at our place-

    PRASHANTI- which has the same entrance as Kom tot Rus on the Wesoewer road. Please bring a yoga mat or

    a towel as we have a limited supply. All welcome. Donations optional which will go towards supporting a

    child in the community. Please contact Tess on 0833250441 or Phil on 0833801071. Please use my g-mail e-

    mail [email protected]

    Thank you

    Kind regards

    Tess & Phil Britz

    Cell : 083 380 1071 Tel : 011 475 2900 Fax : 0866 147 739 Email: [email protected] FSP Number : 13904

    STANDARD BANK CALITZDORP APPELKOOS NAWEEK:

    1 DESEMBER 2012

    a) Asdrom verf kompetisie

    Baie geluk aan al die spanne wat deelgeneem het. Die dromme lyk pragtig. Die pryse was soos volg:

    Eerste prys: Die groep wat gewen het se skoolgeld sal vir 2013 betaal word.

    Tweede prys: Elkeen in die groep sal R100 se skryfbehoeftes ontvang.

    Derde prys: Elkeen in die groep sal R50 se skryfbehoeftes ontvang.

    mailto:[email protected]

  • Hendieka, Abigail, Cesné (Lunwienda)

    (1ste Plek)

    Melinda en Dederé

    (2de Plek)

    Aneke (en Gerdolene)

    (3de Plek)

    Marné en Chesné

    Bob Reinecke, Bronwyn en Colin

    Lumb was in beheer van die verf

    kompetisie. Daar word nog baie

    asdromme benodig in die dorp en in

    Bergsig, dus sal daar nog 'n hele paar

    kompetisies plaasvind.

    Devene, Umari en Eleze

    b) Droom Projek Trompoppies

    Calitzdorp Droom Projek Trompoppies

  • Voor vlnr: Marné, Elize,Hendrieka, Umari, Devene

    Middel vlnr: Gerdolene, Anneke, Abigail, Chesné, Lunwienda

    Agter vlnr: Melinda, Dederé

    Na weeklikse oefening vir 'n geruime tyd, is die Trompoppies uiteindelik gereed vir hul eerste optrede.

    Jadé Williams (bo) en Lynette Faas

    (onder) sorg dat hul meisies pragtig

    lyk vir hul optrede

    Bo: Dis maar 'n stryd om sonder 'n

    spiëel grimering aan te sit!

    Onder: Kyk hoe goed lyk ons nou!

    c) Kansa Kersete vir gemeenskap

  • Juanita Pretorius het toegesien dat

    die byna 70 Kansa gaste elkeen

    versorg word tydens die ete. Kos is

    muldelik geskenk uit die

    gemeenskap. Die dag is afgeskop

    met 'n pret stap van 5km, en die ete

    is later die middag bedien. Dankie

    Juanita en Marthinus.

    d) Stalletjies

    Tannie Joey se pragtige krale

    het baie aandag getrek

    Daar was 'n hele paar stalletjies met baie

    verskeidenheid. Die Droom Projek het

    weer hul stiggies stalletjie gehad en die

    Toerisme kantoor het gesorg vir yskoue

    koelranke te koop.

    Marinda het almal se monde laat

    water met haar heerlike

    vetkoeke

    KERSBOOM GEHOU VIR SKOENDOOS PROJEK

    Om 18:00 het Father Noël-Jean Creil die kinders vermaak met 'n kort orrel uitvoering in die NG Kerk. Daarna

    het hul opgewonde op die kerksaal se stoep gewag vir die deure om oop te gaan. Terwyl hul wag, het hul

    plesierig Kersliedjies gesing.

  • 'n Volgepakte saal het met groot afwagting gesit en kyk na die deur waardeur Kersvader moes kom. Dit was 'n

    alternatiewe Kersvader. Hy het nie sy aankoms met 'n klok aangekondig nie, hy het dit met 'n vuvuzela gedoen.

    Soos wat hy deur die gange gestap het op pad na die saal het hy al harder geblaas. Toe hy die deur stadig

    oopmaak en vir oulaas 'n harde blaas gee, het die kinders begin handeklap en geskree van opgewondeheid. Die

    oomblik was groot!

    Dit was maar 'n groot versoeking om nie aan die pakkies te raak wat so helderkleurig op die tafel gelê en wag

    het nie. Omtrent 107 gevulde skoendose is uit die gemeenskap geskenk. Hierdie projek is voorwaar goed

    ondersteun. Die Droom Projek poog om die aantal skoendose volgende jaar te verdubbel. Ons wil ook graag

    volgende jaar 'n groter en beter program aanbied wat vir nog meer opwinding sal sorg vir die kinders. Groot

    dank gaan veral aan Boplaas, De Krans, Colin en Bronwyn Lumb, Calitzdorp Toerisme en tannie Dais Geyser

    wat groot hoeveelhede skoendose geskenk het. Die VLV en NG Kerk het ook die projek goed ondersteun.

    Dankie ook aan al die dromers, Toerisme lede en gemeenskapslede wat hul geld en tyd spandeer het en belê het

    in hierdie projek.

  • Ons wens ons kon al die kinders wat die Kersboom bygewoon het se foto's plaas, maar ongelukkig is dit nie

    moontlik nie. Indien enige iemand wat 'n skoendoos geskenk het wil sien wie dit ontvang het, kan hul gerus vir

    Erina of Jadé by die Toerisme kantoor besoek. Foto's is geneem van al die kinders wat skoendose ontvang het.

    Graag wil ons net die volgende persone bedank vir

    hul bydrae en ondersteuning in hierdie projek:

    Moira

    Erina en Danie

    Jadé

    Tannie Dias

    Tessa Horn

    Father Noël-Jean

    Tant Sophie Roman

    Tannie Sanna

    Oom Bob

    Penny Rudder

    Ds Gerhard en Joey van Tonder

    VLV dames

    Kobus Rheeder- Kersvader

    Annelie en Alwyn- Bedien en fotos

    Al die Ma's van kleuters wat bygewoon het

    Sandy

    Margaux

    Stephen Plaatjies

    Mirinda van Wyk

    Lynette Faas

    Kerk gemeentelede vir hul bydrae

    Almal wat bokse gevul het, en enige name uitgelaat

  • Nadat die geskenke uitgedeel is het almal by hul tafels gaan sit en die inhoud van hul skoendose bewonder.

  • Kersvader deel lekkergoed

    pakkies uit vir die kinders.

    Lyk hy nie "cool" met sy nuwe sonbrille nie?

    Die kêrel wys al te

    spoggerig sy nuwe trokkie.

    Toe die ergste opgewondenheid verby is, het almal gesellig gekuier terwyl hul gesmul het aan ietsie. 'n Paar

    eetgoedjies en koffie, tee en koeldrank was beskikbaar vir al die gaste.

    Heerlike eet- en drinkgoed is agterna vir almal

    voorsien.

    Geskenk deur Erina en Danie

    Gevulde koeldrank glase staan in rye uitgepak vir die

    kinders om te kom haal. Dit was 'n warm aand.

    Suzan geniet 'n paar muffins en 'n koppie tee terwyl sy

    kyk na haar kinders.

    Ann Upman en Tessa Horan probeer die kinders

    organiseer om opeenhoping te vermy.

    Dankie aan Penny en die span vrywilligers wat gehelp

    het.

  • 'N TERUGBLIK OP 2012

    Op 5 Junie 2012 is die eerste Droom Projek vergadering in Calitzdorp gehou en is ondersteun deur Theuns

    Coetzee, stigter van Droom SA. Die fondasie van die Droom Projek vir Calitzdorp is hierdie aand gelê.

    Die fokus van die Droom Projek is om die gemeenskap te bou deur inspirasie en motivering en om doelgedrewe

    te wees deur 'n verskil te maak. Die primêre fokus van die droom is opgradering en verfraaiing van die dorp en

    die resultaat daarvan is egter dat sekondêre probleme automaties aangespreek word. Die Droom Projek is dus

    taak georiënteerd en vermy ook politiek.

    Moira Strauss

    Calitzdorp Toerisme

    Voorsitter

    Retief van der Walt

    Calitzdorp Toerisme

    Onder-Voorsitter

    STIGTERS VAN CALITZDORP DROOM PROJEK

  • Namens al die Dromers wil ons graag vir Moira Strauss en Retief van der Walt bedank vir hul harde werk deur

    die jaar. Sonder julle sou daar nie 'n Droom Projek vir Calitzdorp bestaan het nie. Julle entusiasme en vermoë

    om ander mense te motiveer het die gevolg van ongelooflike produktiewe resultate meegebring. Ons waardeer

    jul pogings en die bystand wat jul gebied het aan al die Dromers. Julle het nie net die respek van die

    gemeenskap hierdeur gewen nie, maar ook die respek van ons gemeenskap leiers.

    Deur die jaar het daar 'n sterk band gevorm tussen die Dromers. Almal het saam gestaan en is vol idees vir die

    nuwe jaar. Ons sien baie uit om te sien wat 2013 vir Calitzdorp inhou en hoe die gemeenskap tot 'n nog meer

    hegter familie gaan groei. Nogmaals dankie vir al die tyd en uitstaande werk met hierdie projek.

    Projekte geïdentifiseer vir 2012:

    PROJEK EN VORDERING FOTO'S BESIGHEDE:

    Rooi Koffiepot: Tuin voor gebou – Ockie en Hennie.

    Voltooid.

    Karlientjies: Tuin buite gebou – Heinrich en Liezl.

    Voltooid.

    Die Dorpshuis: Touch farm en Jungle Gym kinder

    projek – Marinda van Wyk en André. Voltooid.

    Seeff: Tuin aanplant in binnebande – Linda Colyn. In

    proses.

    Elnatan padstal: Speelpark vir kinders - Klaus

    Triebe. In proses.

    Die Handelshuis: Opgradeer van gebou. Tracy en

    Peter. Voltooid.

    Gallery Route 62: Opgradeer van gebou. Penny

    Rudder. Voltooid.

    Anna Sophias: Verfraai hul tuin en hul buitemuur in

    Voortrekkerstraat. In proses.

    Zamani: Knap die gebou aan buitekant op. Voltooid.

    Lorenzo's on Route 62: Maak vate en sypaadjie

    skoon in Voortrekkerstraat voor winkel. Voltooid.

    Queens Off Sales: Sloot skoongemaak langs

    begraafplaas. Stel winkel se toilette aan die publiek

    beskikbaar teen betaling. Paul. Voltooid.

    Die Handelshuis

    Anna Sophia's

    Die Dorpshuis:

    Jungle gym

    Gemeenskapslede maak

    vate skoon voor Lorenzo's

    Gallery Route 62:

    Bo: voor en Onder: na

    Karlientjies

    Gemeenskapslid maak

    sloot skoon langs

    begraafplaas

  • Seeff tuin verfraai

    ORGANISASIES:

    Calitzdorp Toerisme: Stigter en drywer van

    Calitzdorp Droom Projek.

    Druk van Calitzdorp poskaarte vir bemarking van

    dorp. In beplanning.

    Samel skenkings in van komberse vir die kinders by

    die tip gedurende die koue wintermaande. Erina

    Kliniek tuin: Verfraai en groentetuine aangeplant om

    te voorsien in voedingsprojek vir kinders – Suster

    Potgieter. Voltooid.

    Nood dienste tuin: In proses.

    Vygieshof: Tuintjie voor winkel verfraai – Dais

    Geyser. Voltooid.

    Hope Options Centre: Wil asdrom voor Hope

    Options verf en saad saai op die randte van Bergsig by

    ingang van dorp – Chantelle Sneygans. In proses.

    Munisipaliteit: Skenk van swartsakke vir Rommel

    optel. Laai vol sakke op. Finansiële bydrae vir eerste

    asdrom verf kompetisie. Jessica Fuller Voltooid.

    Nood dienste tuin

    Munisipaliteit laai

    swartsakke op met

    lootsing van pjojek

    Vygieshof winkel tuin

    Kliniek tuin

    Kliniek groentetuin

    Komberse vir kinders by

    tip geskenk vir koue

    winter

    KERKE:

    Lutherse kerk tuin: Kevin, Rozelle, Zelma en Esbé.

    Tuin is skoongemaak en het nuwe plantjies gekry.

    Fondse is aangevra vir nuwe heinings. In proses.

    NG Kerk: Blombokse lang NG Kerk oorkant Die

    Dorpshuis. Sal beplant word - Marinda van Wyk en

    Marinda Pretorius. In proses.

    Ou Apostoliese kerk: Tuin is verfraai – Hester. In

    proses.

    AGS Bergsig: Stiggies maak en buitebande beplant.

    Lizelia by ACVV. In proses.

    AGS Voortrekkerstraat: Gebou word herstel en

    geverf. Oom Manie. In proses.

    AGS Voortrekkerstraat

    Herstelwerk

    Evangelies Lutherse Kerk

    ondersteun die projek

    SKOLE:

    Calitzdorp Hoërskool, Gamka-Oos en Excelsior -

    Stiggie projek: Calitzdorp skoliere het meer as 1000

    stiggies in houertjies geplant om dorp te verfraai.

    Retief, Cheryl en Moira het die skole toegespreek en

    aangemoedig. Voltooid.

    Excelsior skool: Groentetuin aangeplant onder

    leiding van Mnr Sam Duiker. Voltooid.

    Excelsior tuine

    Laerskool wenners van

    stiggie projek:

  • Gamka-Oos Primêr Klubs gestig: Eko-, drama-,

    film-, koerant-, kuns-, koor-, Christelike- en

    groentetuin klubs is gestig onder leiding van Neels

    Fourie. In proses.

    Bergsig kleuterskool: Verfraai tuine, aanplant van

    groentetuin. Voltooid.

    Excelsior tuine

    Graad 3 (207 stiggies

    ingesamel)

    Hoërskool wenners van

    stiggie projek:

    Graad 11b (231 stiggies)

    HELP AND ADVICE FOR PLANTING INDIGENOUS PLANTS (letter by Mr Alex Fick)

    Some of the stuff done by the Dream Project is impressive. I would however beg that you request people who

    are doing gardens for the planting use indigenous plants and not exotics. Some of the exotics can become

    invasive. If I can I will help with advice.

    Keep it up

    Alex Fick

    WYNKELDERS:

    Calitzdorp Wynkelders: Hulle sal sorg dat die straat

    vanaf die swembad in Andries Pretorius straat tot by

    die Gamka uitkykpunt skoon en netjies is. Sal ook

    bome versorg

    De Krans: Gamka Wes pad van net na die draai by

    die stasie se ingang tot voor die brug – De Krans sal in

    stand hou. De Krans werknemers wat by ou vliegveld

    bly se gronde sal ook skoon gehou word.

    Boplaas: Verandering in tuin en parkie. Aanplant

    van rose, aanbring van asdrom en skoonmaak in

    Saaymanstraat. Skoonmaak van Koninginstraat van

    die stasie tot by die stop voor SAP.

    De Krans Wynkelder

    moedig die publiek aan

    om nie rommel te strooi

    nie

    Boplaas borg druiwesap

    vir die stappers wat

    Rommel optel tydens die

    lootsing van die projek

    SPESIALE DROOM PROJEK DAE:

    Lootsing van Droom Projek: 1 September 2012:

    Doel: om projek aan gemeenskap bekend te stel.

    Rommel optel tydens optog.

    Veteraan motors ry agter optog.

    Banniere met slagspreuke vertoon.

    Groot bannier in hoofstraat.

    Rieldansers.

    Asdrom verf kuns projek 1 (te min asdromme in dorp en in Bergsig): Ann Upman, Cheryl de

    Villiers, Penny Rudder. Skenking van dromme

    deur PETROSA en Rawson Properties. 10

    Asdromme voltooid.

    Worsbroodjie stalletjie vir fondsinsameling.

    60's dans by Ou Stasie. Fondse gebruik vir aankoop van bannier.

    Hoërskool reunie: 29 September 2012:

    Droom Projek het stiggies van kinders verkoop vir aankoop van groot bome vir dorp. R1 700

    Droom Projek: Stiggie

    verkope by skool reunie

    Droom Projek: Stiggie

    verkope by Ou Stasie

    1ste verf kompetisie:

  • wins is gemaak.

    Kannaland besoeke: 25 Oktober 2012:

    Besoek Kannaland dorpe om Droom Projek uit te brei en om gemeenskap gesamentlik te bou.

    Kansa Stap en Ou Stasie Mark: 10 November

    2012:

    Optel van rommel tydens stap.

    Aanplant van bome by Gamka uitkykpunt.

    Droom Projek het stiggies van skoolkinders verkoop om fondse in te samel vir groot bome

    vir die dorp. Sowat 30 bome is alreeds

    aangekoop.

    Fancy Dress kompetisie met herwinningsprodukte.

    Dans by Ou Stasie. Fondse sal gebruik word vir aankoop van groot bome vir die dorp.

    Glenwood Karoo Challenge: 14 November 2012:

    Privaat skool in George besoek Calitzdorp met hul

    jaarlikse fietstoer. Ter ondersteuning van ons Droom

    Projek skenk hul 'n geverfde asdrom om die ander

    kinders te motiveer om nie te mors nie.

    Standard Bank Calitzdorp Appelkoos naweek: 1

    Desember 2012:

    Asdrom verf kuns projek 2 (te min asdromme in dorp en in Bergsig): Colin and Bronwyn

    Lumb and Bob Reinecke. Skenking van

    dromme deur PETROSA en Rawson

    Properties. 5 Asdromme voltooid.

    Kansa stap – stappers tel rommel op terwyl hul stap.

    Droom Projek stalletjies: verkoop stiggies wat Toerisme komitee gemaak het om groot bome

    vir dorp aan te koop.

    Trompoppies is opgelei deur Droom Projek vir dorp. Dit sal hul eerste optrede wees.

    Stalletjie by Ou Stasie Mark: 8 Desember 2012:

    Stiggies van kinders is verkoop by die mark om groot bome vir dorp aan te koop. Toerisme

    Skoendoos Projek: Kersboom 16 Desember 2012:

    Kersboom gehou by NG Kersaal op Sondagaan 16

    Desember 2012, meer as 100 kinders is bederf. Dankie

    aan Erina, Danie en Jadé vir reel daarvan.

    Gamka Uitkykpunt:

    Bo: Voor en Onder: Na

    Rommel optel tydens die

    lootsing van die projek

    Deelnemers en wen drom

    Glenwood skool

    oorhandig asdrom as

    skunking aan Hoërskool

    Calitzdorp

    Gemeenskap het banniere

    geverf vir lootsing

    Brass band tydens

    lootsing in Bergsig

    "Fancy Dress" kompetisie

    met herwinbare material.

    Dankie Sandy

    PROJEKTE SONDER EIENAARS:

    Ons benodig asb eienaars vir die volgende projekte:

    Kompos maak met tuinvullis

    Herwinningsprojek

    Straatnaamborde vervang / aanbring (munisipaliteit)

    Verwyder ou kunstekronkel borde in dorp

    BEGRAAFPLAAS PROJEK: Fondsinsameling vir

    instandhouding sal gedoen word, opname van grafte

    sal gemaak word, perseel sal skoongemaak word.

    Banke, bome, asblikke en 'n drinkfontein sal

    aangebring word. Marlene Robson en Malan Roux

    doen navorsing oor stories van mense wie daar

  • begrawe is. 'n "Spookroete om middernag" word

    beplan waarin die inligting gedeel sal word. Water

    word benodig om nuwe bome nat te maak. Ockie

    Calitz en span. In proses.

    Dankie aan Irma, Kim Blackie, ens vir hul konstante

    pogings om die begrafplaas skoon te hou.

    Begraafplaas in

    Voortrekkerstraat

    Begraafplaas span –

    gereed vir aksie

    HOMESTEAD: Koninginstraat 12 op historiese

    erfenis roete – Neels Fourie. In proses.

    Homestead: Voor

    Homestead: In proses

    PLANT VAN 100 KLAPPERBOSSE: By skool se

    eeufees – Ann Upman. In beplanning.

    DONKIEKAR PROJEK: Toeriste roetes deur

    Calitzdorp deur Charlton Ewerts, bygestaan deur

    Calitzdorp Toerisme. Donkiekar geskenk deur Erika

    Calitz van The Donkey Trail. Donkiekar reeds

    ontvang, maar Charlton moet nog opleiding by De

    Rust kry vir donkie hantering. Wag nog vir donasie

    van 2 donkies van Erika Calitz. In proses.

    André by Dorpshuis het aangebied om 'n afdak/ seil te

    span oor die donkiekar.

    Donkiekar geborg deur

    The Donkey Trail

    DONASIES: Christene van der Merwe sal donasies

    invorder vir prysgeld van stiggie kompetisie by skole.

    In beplanning.

    PUBLIEKE TOILETTE: Aanplant van tuin voor

    ingang van toilette – Penny Rudder en besighede langs

    publieke toilette. In proses.

    Publieke toilette

    INGANGE NA DORP OP R62:

    Zelma en groep, Toerisme (nog 'n info kiosk), Liefling

    Cottages, Munisipaliteit (ou borde verwyder). In

    proses.

    VAKANSIE PROJEK: Herwinning – Kinders en

    dromers het meer as 200 swartsakke Rommel opgetel

    teen die Bergsig walle by die ingang van die dorp.

    Suzette Pokpas. Voltooid.

    PUBLIEKE TUINE IN BERGSIG: Deon Samson

    van Welgevonden Gasteplaas. In proses.

    VROUEDAG PROJEK: 9 Augustus 2012: ACVV,

    Kliniek, Toerisme en Elnatan. Omskep geboue in

  • tuiste vir kinders wat daar woon. Voltooid.

    'n Deur ingesit by die tip

    geboue vir inwoners

    KIND OP STRAAT PROJEK: Vrywilligers van

    ACVV ondersoek huislike omstandighede van kinders

    op straat. ACVV, SASSA, SAP en skole sal aksie

    neem waar nodig om kinders van straat af te hou. In

    proses. Publiek word aangemoedig om net geld te gee

    aan bedelaars nie. Besighede en gastehuise word

    versoek om kennisgewings op te sit.

    STRATE SKOONMAAK TYDENS "ALL PAY":

    Projek deur Ockie, Esbê en Moira. In beplanning.

    PARKEERAREA SKEP AGTER OU

    POSKANTOOR: Marlene Robson en Johan Fourie.

    In beplanning.

    VERFRAAI BOOMSTOMPE OORKANT

    KARDOES: Marlene Robson. In beplanning.

    PRIVAAT HUISE:

    Baie dankie aan al die privaat huis bewoners wat

    deelgeneem het hierdie jaar in die projek. Baie tuine

    is verfraai. Mnr Alex Fick het aangebied om raad te

    gee oor die aanplant van inheemse plante. (Sien sy

    brief bo)

    Esbé spog met haar stoep

    Privaat huis

    SPOED BEPERKING IN

    VOORTREKKERSTRAAT: Vra verkeer skriftelik

    om motors dop te hou wat te vinnig ry in

    Voortrekkerstraat. Calitzdorp Toerisme

    WYNVAT KOMPETISIE: in Voortrekkerstraat.

    Spesifieke persone is aangewys om na vate om te sien.

    Die persoon wat se vate die beste lyk, sal selfoon wen.

    In proses. Gedryf deur Briëtte Barry

    CALITZDORP DROOM PROJEK OP

    FACEBOOK: 'n Facebook bladsy vir die Droom

    Projek is geopen om al die nuus te deel – Retief van

    der Walt. Voltooid, word gereeld gebruik, en

    opdateer.

    Retief van der Walt

    HANDSAK PROJEK: vir Trauma kamer.

    Tweedehandse handsakke word gevul met

  • benodigdhede vir slagoffers. Mev Conradie. In

    proses.

    GRATIS ARBEID BESKIKBAAR:

    Gemeenskapsdiens werkers kan gebruik word vir

    arbeid – Desmond Strydom. In proses.

    GUMBOOT DANSERS, RIEL DANSERS EN

    TROMPOPPIES: Riel dansers reeds opgelei (tannie

    Meisie), Trompoppies reeds opgelei (Lynette Faas en

    Jadê Williams). Gumboot dansers sal 2013 opgelei

    word.

    Tannie Meisie se Riel

    dansers

    Calitzdorp Droom Projek

    Trompoppies

    VATE VERFRAAI - h/v Voortrekker en Calitz:

    Tuintjie ook rondom vate aangebring. Irma. Voltoid.

    Vate en tuin deur Irma

    Fourie verfraai

    SAP, GPF EN TRAUMAKAMER: Beplan

    buiteband groentetuin by polisiestasie. Sophie

    Roman. In proses.

    SAP tuine, in proses.

    T-HEMDE BORG VIR BRASS BAND: DA.

    Voltooid.

    DA het T-hemde geborg

    vir Droom Projek

    SKOENDOOS PROJEK: Kersboom vir

    minderbevoorregte kinders. 107 skoendose uit

    gemeenskap ontvang. Wil 2013 dit verdubbel en

    Kersboom program uitbrei en verbeter.

    Omtrent 107 gevulde

    skoendose is ontvang uit

    die gemeenskap om

    hierdie Kersfees kinders

  • Kersboom

    se harte bly te maak

    SPELETJIES AANDE: Gesonde tydverdryf vir

    jeug. Ou Biblioteek in Bergsig weekliks.

    Bordspeletjies word benodig. Sandy Alpert. In

    proses.

    HOEK VAN ST HELENA EN VOORTREKKER:

    Verfraai, aanplant van tuin. Retief van der Walt en

    Briëtte Barry. Voltooid.

    H/v St Helena en

    Voortrekkerweg verfraai

    BERGSIG SPORTGRONDE: Aansoek vir fondse is

    gedoen om sportgronde op te gradeer. Word daagliks

    gebruik, maar toestand is swak. Calitzdorp Toerisme.

    In proses.

    Dankie aan Judy Ritchie by die Calitzdorp Fokus wat ons toe gelaat het om haar koerant te gebruik om verslag

    te doen van die vordering van die Droom Projek en Calitzdorp Toerisme deur die jaar – ons waardeur die

    bloodstelling.

    Dankie aan Sean Nagel van Blue Door vir die neem van foto's en die hulp om donasies vanaf George te kry.

    Van versameling van stiggies tot inspan van helpers, julle is 'n ongelooflike Droom Span! Die ongetelde ure

    wat jul spandeer het om te help om hierdie projek te organiseer en dryf was 'n wonderlike geskenk aan ons dorp

    en sy inwoners. Die positiewe terugvoer wat ons ontvang het was fantasties. Almal het 'n heerlike tyd gehad

    hierdie jaar en ons het die meeste van ons doelwitte bereik vir 2012. Die groot sukses van hierdie projek is

    grotendeels te danke aan julle en wat jul verrig het. Namens Moira, Retief, Colin, Bob, Ockie, Penny, Marinda,

    Stephen, Suzette, Margaux, Louis en Calitzdorp Toerisme kantoor, dankie dat julle jul energie, talente en tyd

    gedeel het.

    GELEENTHEDE VIR 2013

    Of ons hulle wil hê of nie, die Nuwe Jaar sal nuwe uitdagings bring; of ons dit gryp of nie, die Nuwe jaar sal

    ook nuwe geleenthede bring. Benader die Nuwe Jaar met voorneme om die geleenthede wat skuil in elke nuwe

    dag te ontdek.

    Voorspoedige Nuwe Jaar!