bb 29 nov 2015 - bergsigdv.co.za › wp-content › uploads › 2015 › 11 › bb... · 29/11/2015...

6
29 November 2015 Bergsig Boodskap 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz Deuroffer: RCA 19:30 KERSSANGDIENS 6 Desember 2015 NUUSFLITS: 29 Nov: Kategese-afsluiting 2 Des: Kix-afsluiting 3 Des: Gebedsvuur-afsluiting 3-5 Des: Vinkel-en- Koljander- mark 4-6 Des: Jeugadviesspan- kamp 6 Des: Kerssangdiens 9 Des: Skole sluit Die VGK Makhathini bestaan uit ongeveer 650 lidmate en 220 Sondagskoolleerlinge met 22 preekpunte waar elke Son- dag eredienste gehou word. 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Schalk van Wyk 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Johan Els Deuroffer: Makhatini Sending 19:00 Aanddiens Ouditorium Arno Mattheus 29 November 2015, Biddag in aansluiting by wêreld Vigsdag KERSSANGDIENS: 6 Desember om 19:30 kom ons bymekaar om Kers- liedere te sing en ons in die seisoen van omgee in te lei. Ons tref so ’n paar praktiese reëlings waarmee julle ons kan help : Trek dogtertjies soos engeltjies aan (wit klere & TINSELKRANS in hare en vlerkies) kaalvoet Seuns GEWONE KLERE & TINSEL KRANS, kaal- voet Persone laai met jou selfoon die volgende app (applikasie) af om te ge- bruik by die kerssang- diens: Virtual Candle HD (dit is verniet). Die wat nie kan nie, bring klein flitsie of lanterntjie saam Oefen solank jou stem- bande vir die lekker saamsing! Nooi ook jou vriende. DIE KRIP, DIE KRUIS, DIE KROON ... Kerkkantoor gesluit 22 Des tot 4 Jan ADVENT Vandag is die eerste Sondag van Advent. Dit vind vier Sondae voor Kersfees plaas. Ons leef met verwagting en dink in dié voorbereidingstyd aan Christus se eerste koms, maar ook wag ons geduldig op die Here se wederkoms. Maak saam met jou gesin ’n Adventskrans wat bestaan uit vier kleiner kerse en die vyf- de ’n spierwit Christus-kers. Steek elke Sondag ’n kers aan sodat al vier kerse tydens die vierde Sondag brand. Die groot wit Christus- kers in die middel word op Kersdag aangesteek. Dit her- inner ons aan Christus se koms. Laat die kinders d.m.v. ’n Adventskalender die dae af- tel na Kersfees. Dit bring iets tuis van afwagting en ’n geduldige wag. Die simbole help ons instem vir die Christusfees.

Upload: others

Post on 07-Jun-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: BB 29 Nov 2015 - bergsigdv.co.za › wp-content › uploads › 2015 › 11 › BB... · 29/11/2015  · Anne-lize de Wet 072 633 89 56 Poppepret Poppekas en Gesigverf by Kinderpartytjies

29 November 2015 Bergsig Boodskap

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz

10:00 Informele diens Oudi tor ium Ds. Philip Scholtz

Deuroffer: RCA

19:30 KERSSANGDIENS

6 Desember 2015

NUUSFLITS:

• 29 Nov: Kategese-afsluiting

• 2 Des: Kix-afsluiting

• 3 Des: Gebedsvuur-afsluiting

• 3-5 Des: Vinkel-en-Koljander- mark

• 4-6 Des: Jeugadviesspan-kamp

• 6 Des: Kerssangdiens

• 9 Des: Skole sluit

Die VGK Makhathini bestaan uit ongeveer 650 lidmate en 220 Sondagskoolleerlinge met 22 preekpunte waar elke Son-dag eredienste gehou word.

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Schalk van Wyk

10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Johan Els

Deuroffer: Makhatini Sending

19:00 Aanddiens Ouditorium Arno Mattheus

29 November 2015, Biddag in aansluiting by wêreld Vigsdag

KERSSANGDIENS:

6 Desember om 19:30 kom ons bymekaar om Kers-liedere te sing en ons in die seisoen van omgee in te lei. Ons tref so ’n paar praktiese reëlings waarmee julle ons kan help :

• Trek dogtertjies soos engeltjies aan (wit klere & TINSELKRANS in hare en vlerkies) kaalvoet

• Seuns GEWONE KLERE & TINSEL KRANS, kaal-voet

• Persone laai met jou selfoon die volgende app (applikasie) af om te ge-

bruik by die kerssang-diens: Virtual Candle HD (dit is verniet). Die wat nie kan nie, bring klein flitsie of lanterntjie saam

• Oefen solank jou stem-bande vir die lekker saamsing!

Nooi ook jou vriende.

DIE KRIP, DIE KRUIS, DIE KROON ...

Kerkkantoor

gesluit

22 Des tot 4 Ja

n

ADVENT Vandag is die eerste Sondag van Advent. Dit vind vier Sondae voor Kersfees plaas.

Ons leef met verwagting en dink in dié voorbereidingstyd aan Christus se eerste koms, maar ook wag ons geduldig op die Here se wederkoms.

Maak saam met jou gesin ’n Adventskrans wat bestaan uit vier kleiner kerse en die vyf-de ’n spierwit Christus-kers. Steek elke Sondag ’n kers aan sodat al vier kerse tydens die vierde Sondag brand. Die groot wit Christus-kers in die middel word op Kersdag aangesteek. Dit her-inner ons aan Christus se koms.

Laat die kinders d.m.v. ’n Adventskalender die dae af-tel na Kersfees. Dit bring iets tuis van afwagting en ’n geduldige wag.

Die simbole help ons instem vir die Christusfees.

Page 2: BB 29 Nov 2015 - bergsigdv.co.za › wp-content › uploads › 2015 › 11 › BB... · 29/11/2015  · Anne-lize de Wet 072 633 89 56 Poppepret Poppekas en Gesigverf by Kinderpartytjies

Vanuit die Uitreikkantoor ...

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na

[email protected]

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Bergsig-Uitreikhulp

Bergsigprojekte op ons voorstoep

Moslembediening: Hierby is die datums vir die jaar se Moslemuitreike: Des: 5

Bel vir Andre van der Westhuizen om meer hieroor te hoor by 074 330 4431.

Straatuitreik:

Vrydagaand, 27 November was die laaste straat-uitreik vir die jaar gehou in die vorm van ’n vorm van ’n Kersuitreik.

Baie dankie vir almal wat bydraes en skenkings gemaak het. Indien jy nog wil bydra betaal asb. in by die kerk en merk dit “lidmaatuitreike”.

Kos-vir-Kersfeesprojek Ons neem by die Kerssangdiens ’n offer op vir die projek. Baie dankie vir die wat alreeds bydraes gegee het.

Einde van die jaar uitreik

• Lesotho: week van 19 tot 27 Desember. Hulp verleen aan Ilze Boersma. Indien jy dalk wil saamgaan na Leso-tho maak asb. spoedig met Oswald kontak om deel te word van die span. Daar is beperkte plek. ’n Gesin uit Namibië en nog ’n gesin uit Bergsig gaan reeds saam.

Niks is vir ons meer belangrik as voorbidding vir die geleent-heid nie. Bid asb. dat ons sensitief sal wees vir God se stem en vir gehoorsaamheid, die nodige voorsiening asook veilige reis. Met die besoek aan Lesotho is daar ook ander behoeftes maar sal dit deurgee nader aan die tyd.

Indien jy meer hieroor te wete wil kom, kontak asb vir Os-wald by 079 108 9697. Indien jy die projek finansieel wil seën, betaal in by kerk se rekening met verwysing “The Veil-Lesotho”.

Daar is ’n dogtertjie wat 14 jaar oud is en na Durbanville Hoërskool toe gaan volgende jaar. Hulle kan nie skool-klere bekostig nie.

Is daar iemand wat hul tweedehandse skool-klere wat miskien te klein is vir haar kan gee. Sy is lank en maer.

BENODIG U HUISHULP/TUINMAN Ons doen “screening” in samewerking met MES by die sopkombuis. Ons volg die verwysings op en maak seker daar is geen oortredings.

Ons kan u van hulp wees teen ’n mininale donasie. Mense met ander werke kan my ook kontak. Vir meer inligting bel Niel Kotze by 076 400 8392 of e-pos: [email protected]

Die laaste kwartaal is in volle swang met Kersfees en die jaareinde om die draai.

Vir almal wat gedurende 2015 bygedra het tot die Attie van Wyk skoolprojek, wil ons ons opregte dank uitspreek. God het ons geseën met julle gehoor-saamheid en sonder dit kon ons nie die liefde van God op meer as een wyse aan hierdie kinders oordra en bewys nie. Baie dankie!

Ons het ’n laaste paar ver-soeke voor ons 2015 se gordyne toetrek:

Ons wil ook graag vir die kinders springkastele huur vir die jaarafsluiting en laaste Verjaarsdagpartytjie wat die 2de Desember sal plaasvind en is op soek na iemand wat vir ons 3 spring-kastele kan borg.

Ons nooi almal uit om die die Jaarafsluiting op Woensdag, 2 Desember 2015 vanaf 9:00 mee te maak.

Kontak asb. vir Nelda by 083 235 1400 of [email protected] vir ver-dere inligting.

Attie van Wyk

Huishoudelike toerusting benodig

Indien jy onlangs nuwe huisraad aangeskaf het en nie weet wat om met jou gebruikte huisraad in goeie werkende toe-stand te doen nie stuur dit asb. vir Liezl by die kerkkantoor.

Ons het drie gesinne met behoeftes bv. yskaste, ketels, beddens, matrasse, mikrogolwe, losstaande kaste, matte, gordyne, stoele, tafels, braaipan, eetgerei, TV ens.

Ons wil graag voor die feestyd vir hulle probeer help. Bel Liezl 0219764106 (x106) / [email protected]

Frontida in Thailand Voorbidding word benodig t.o.v. die volgende

* die betrokkenheid van Frontida by ‘n 3de skool * die onderwysers en kinders wat reeds bedien word * die ouers van die kinders wat bedien word * Gewillige hande wat kan help met die bediening en werk onder die kinders Dringende finansiële behoeftes op hierdie stadium: * ±R20 000 vir die retoervlugte vroeg in 2016 * Addisionele kostes van die bedieningshuis Ban Frontida. * Opknapping t.o.v. die bedieningshuis * Bydraes vir die kersfees verrassingspakkies vir die kinders en hul ouers by Frontida, Thailand.

Lees die Frontida Blog Gemeentelede is welkom om Frontida Outreach se blog te gaan lees op die internet. Julle kan meer hoor van hul heel nuutste projek en wonderwerke wat Vader voor hulle deur kom sit het!

So bly almal lekker op hoogte van ons sendelinge in Thai-land se doen en late. Doen ook gereeld voorbidding vir hulle asb.

Page 3: BB 29 Nov 2015 - bergsigdv.co.za › wp-content › uploads › 2015 › 11 › BB... · 29/11/2015  · Anne-lize de Wet 072 633 89 56 Poppepret Poppekas en Gesigverf by Kinderpartytjies

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap B ladsy 3 Bergs ig Boodskap

Voorbidding

Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te

word of e-pos na: [email protected]

KNIELTYD: 29 November

Biddag: Wêreldvigsdag 1 Desember

Die Taakspan vir die Seisoen van Menswaar-digheid en die Sinode se Vigstaakgroep herinner gemeentes graag daaraan dat dit binnekort Wêreldvigsdag is. Waar dit enigsins moontlik is, word gemeentes ernstig versoek om ernstig voor-bidding te doen vir die wat hierdeur direk of indirek geraak word.

NAAM ADRES REDE BID VIR

Annette Prins Schoongezichtstraat 3, 021 976 2506 Operasie Volkome herstel

Mara van Zyl Fairtrees 72, 021 976 2921 Hospitalisasie Dank vir beterskap

Carola de Wet Rocktree Crecent 2, 021 975 9934 Operasie Genesing en geduld

Francois van Wyngaardt Andre (pa) 082 465 4957 Goeie nuus is dat Francois sy polse kan beweeg. Baie dankbaar.

Dankie vir al die gebede

Albertus Gildenhuys Eikelaan 12, 021 976 4185 Ligte beroerte Herstel en bemoediging

Alida Nel La Gratitude 25, 082 554 9904 Voortdurende pyn. Verligting van pyn

Tania de Villiers (Amerika) Dogter van Doreen de Villiers Kanker Herstel en bemoediging

Jacques Boonzaaier Klipheuwel Kry tans chemo Volkome herstel

Maan Lötter Joosfontein Plaas, 083 658 7956 Kry tans bestraling Herstel en bemoediging

Rhalene Uys Murraystraat 62, 021 979 2415 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Hennie en Cora Kotze Terrace Du Ville 14, 021 976 0562 Gesondheidsprobleme Herstel en bemoediging

Koba Pieterse Lisbonstraat 1, 082 371 2542 Kanker Herstel en bemoediging

Dirk Castens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging

Etienne Warricker Vierlandenstraat 18, 021 976 0282 Mediese behandeling Volkome herstel

Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging

Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging

Hester Hayes 082 528 8599 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Bid vir die 2015 VN Klimaatsverandering Konferensie COP 21 (“Conference of the Parties”) wat plaasvind in Parys,

Frankryk vanaf 30 November tot 11 Desember. Die doel van COP 21 is om ‘n wetlik bindende en universele

ooreenkoms oor klimaat van al die nasies van die wêreld te verkry om aardverwarming onder 2oC te hou.

BID VIR DIE PLAASLIKE SAPD VIR KALMTE EN BEMOEDIGING (Hulle is onder geweldige druk a.g.v. toenemende misdaad.)

Bid vir Bergsig kinders wat antwoorde soek op geestelike en emosionele gebiede.

Persone met verslawingsprobleme. Ons bid vir bevryding, wysheid en insig.

Persone in gemeente met huislike probleme. Ons bid vir versoening en geluk.

Persone met finansiële probleme en moeilike omstandighede - Ons bid vir oplossing, wysheid en insig.

Bid vir die Regering en leiers van ons land.

Bid vir bekering van misdadigers en geweldenaars in ons omgewing en land.

Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106

Bartlett en Susan Raath Zandkloofweg 36, 021 976 9792 Aangerand en beroof Bemoediging

Pierre Cloete Crownsingel 2, 021 976 0055 Negatiewe diagnose Herstel en bemoediging

Page 4: BB 29 Nov 2015 - bergsigdv.co.za › wp-content › uploads › 2015 › 11 › BB... · 29/11/2015  · Anne-lize de Wet 072 633 89 56 Poppepret Poppekas en Gesigverf by Kinderpartytjies

Huis Oppas GAAN U MET VAKANSIE OF VIR ‘N WEGBREEK-NAWEEK

EN IS BEKOMMERD OOR U HUIS WAT HEELTYD

TOESTAAN?

EK HET DIE ANTWOORD:

EK PAS HUISE OP ENIGE TYD VAN DIE JAAR

TEEN ’N BILLIKE TARIEF - MY DIENS PER NAG SLUIT IN:

SLAAP, VERSORG DIERE EN SWEMBAD

VERKIESLIK SLEGS DURBANVILLE OMGEWING

VIR ENIGE NAVRAE OF BESPREKING KAN U MY KONTAK

NIEL KOTZE SEL: 076 400 8392 OF [email protected]

ALLE URE

VERWYSINGS OP NAVRAAG BESKIKBAAR

Bladsy 4 Bergs ig Boodskap

Program vir die week:

Moenie onkant gevang word met ou gordyne

en meubels voor Kersfees nie.

Kontak Alba vir enige binnenshuise ver-

sieringsdiens, konsultasies oor gordyne, verf,

stoffering ens.

18 Jaar ondervinding

Alba van der Merwe

083 462 0718 * 021 - 976 6440

Tannie Middel C Musiekskool

Musiekonderrig vir kinders vergesel deur Ma / Ouma / Au pair (Groeponderrig)

2-4 en 4-7 jaar (Leer klavier speel)

1x per week 30/45 min

Ek Leer en Speel

Vergesel deur Ma/Pa/Ouma/Au Pair

Groot motories, Kuns, Musiek, Poppekas en vele meer 1-2 en 2-4 jaar (90 min) Anne-lize de Wet 072 633 89 56

Poppepret

Poppekas en Gesigverf by Kinderpartytjies Elsje 072 633 8956

AQUATOTS

Swemprogram, swemvaardighede, en waterveiligheid

10 halfuurlesse 6mnde - 4 jaar

Anne-lize de Wet 072 633 89 56

KERKRAADSLEDE HERKIES

Tydens ’n kerkraadsvergadering op 16 November 2015 is die vol-gende persone as kerkraadslede verkies. Hulle name word aan die gemeente voorgehou vir approbasie (stilswyende goedkeuring) en vir voorbidding. Indien ‘n lidmaat beswaar wil aanteken teen enige van die verkose lidmate moet hy/sy dit by die Steun-diensbestuurder doen nie later nie as 6 Desember 2015:

Johann van Tonder, Heidi Botes, Jacorine v.d. Westhuizen, Evert Loubser, Christelle Bouwer.

VAKATURE: SAAKGELASTIGDE NG KERK KRAAIFONTEIN (Half-dag pos)

Die Gemeenteraad nooi belangstellende NG Kerk-lidmate uit om hulle self vir die bogenoemde pos beskikbaar te stel. Belangstellendes moet oor basiese administratiewe voordighede beskik en die boekhouding van die Gemeente kan behartig. Ondervinding in Pastell is ‘n vereiste en kennis van Sars en Winkerk ‘n aanbeveling.

‘n CV van maksimum 3 bladsye moet die aansoek vergesel. Kandidate moet vir ‘n onderhoud beskikbaar wees. Aansoeke sluit: 15 Des. 2015 om 12h00. Diensaanvaarding: 1 Febr. 2016 Stuur CV na : [email protected] Navrae: Oupa Matthee (082 845 3058)

Die Gemeenteraad behou hom die reg voor om nie noodwendig ‘n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ontvang is nie.

Die Vinkel & Koljander Mark vind die week plaas op 3,4 & 5 Desember te Bergsig Kerk.

Ons benodig asb. nog ge-meentelede se hulp vir skofte by die kassierpunte en ook pakkers, asook op die vloer in die vorm van sekuriteit. Die lyste is beskikbaar in die binnehof, gaan besigtig dit daar asb. en vul jou naam in waar dit vir jou moontlik sal wees om te help.

Skakel asb. Edna van Ton-der by 083 302 4838 of by

[email protected] om jou naam op te sit. Ons waardeer elkeen se hulp, want sonder julle sal daar nie ’n mark kan wees nie.

Die Vinkel-en-Koljander Mark

A-Koord se bediening in die binnehof begin weer Januarie 2016. Ons het wel tydens die

mark ekstra hulp nodig.

A-Koord bedien die kos en het heelwat hande nodig. Bel Oswald 079 108 9697.

Page 5: BB 29 Nov 2015 - bergsigdv.co.za › wp-content › uploads › 2015 › 11 › BB... · 29/11/2015  · Anne-lize de Wet 072 633 89 56 Poppepret Poppekas en Gesigverf by Kinderpartytjies

COP21 begin op 30 Novem-ber 2015 in Parys, Frankryk. Hierdie is die grootste en belangrikste byeenkoms waar sakeleiers en politieke leiers van die meeste lande in die wêreld vergader om na oplossings te soek om veral ons koolstof voetspoor te verminder en sodoende klimaatsverandering teë te werk. KOM ONS BID VIR DIE SUKSES DAARVAN. As dissipels van Jesus moet ons baie besorg wees oor wat besig is om met Sy Skepping te gebeur. Ons kan dit nie langer toelaat nie! Raak betrokke, maak impak, maak ’n verskil! Kyk gerus na die amptelike video https://youtu.be/cQ4EYieWsTU asook COP21 se webwerf: www.cop21paris.org

Geblikte leeujag is ’n euwel wat veral sy kop uitgesteek het in Suid-Afrika. Meer as 6000 leeus word vanaf ge-boorte landwyd in 200 kampe aangehou om uitein-delik doodgeskiet te word tydens sogenaamde “leeu

jagtogte”. Elke jaar word meer as 1000 leeus doodgeskiet deur welaf jagters, baie uit die buiteland en wat tot $30 000,00 betaal vir ‘n leeutrofee. Hierdie getal styg voortdurend soos wat meer en meer mense graag ‘n leeutrofee wil bekom. Verskeie bona fide jagters verenigings in die land het hulle in die openbaar sterk uitgespreek teenoor hierdie vorm van jag, ook omdat dit die jagprofessie se beeld skaad. Geblikte jag behels die “opstel” van die leeu op so ‘n wyse dat enige per-soon die leeu kan skiet sonder gevaar en op so ‘n wyse dat die arme leeu geen kans het om weg te kom nie. Dit is meer ‘n vorm van teregstelling as jag! Ondersteun asseblief vir “Four Paws”, ‘n bewar-ingsorganisasie wat hulle ten doel stel om geblikte leeujag in SA as onwettig verklaar te kry. Gaan na www.cannedhunting.org DIE AFRIKA LEEU HET JOU NOU NODIG!

Bladsy 5 Bergs ig Boodskap B ladsy 5 Bergs ig Boodskap

Ons het al R339 624-00 in-gesamel. Help ons asb. om die mikpunt te bereik.

Durbanville-Bergsig eer God vir sy voorsiening en as die Een wat alles onderhou in die Skepping.

Koeverte en ander inbetalings is steeds welkom tot Febr. 2016 vir die Koninkrykbe-stuursveldtog.

Gebruik ook Zapper of Snapscan vir jou

bydrae.

Elk

e 1

00

ve

rtee

nw

oo

rdig

R1

00

00

0

Koninkrykbestuursveldtog

Baie na aan die hart

LiG se Kersfees-uitgawe is propvol idees om die Christusfees sinvol te vier. Ons help jou om minder bó meer te kies hierdie Fees-seisoen, en gee raad aan saamgestelde gesinne om die vakansietyd te geniet. Lindie Strydom vertel hoe sy haar lewe Vereen-voudig, en Portchie verf ‘n spesiale skildery wat ‘n gelukkige leser kan wen.

LiG – vir jou en jou mense

Hulpverlening aan behoeftiges op ons voorstoep vanaf die derde kwartaal tot nou.

• 4 hawelose mans is gestuur vir alkohol- en of dwelm- afhanklikheidsrehabilitasie.

• 3 hawelose mans stort gereeld by die kerk en kry soms kos- en klerehulp.

• 1 hawelose seun is weer in kontak gebring met die maatskaplike werker wat vertroud is met sy saak.

• 12 enkellopendes, gesinne en of bejaarde egpare is gehelp met maandelikse of eenmalige koshulp.

• Kosaankope vir 1 gesin in Kraaifontein in samewerking met Kraaifontein polisie.

• 1 persoon is finansieel bygestaan met agterstallige huur.

• 1 persoon is finansieel bygestaan met betaling vir bejaarde versorging in samewerking met Badisa Kraaifontein.

• In samewerking met ʼn welsynsorganisasie, kerk en TGIF manne word aandag gegee aan ʼn hawelose gesin in die Vredenburg omgewing.

• 1 persoon het in samewerking met TGIF manne en Jakob se Put bediening werk gekry.

• 4 persone is verwys na professionele persone wie betrokke is by die Geestelikeversorgingsbediening se professionele netwerk.

• In samewerking met die jeugbediening en skole word daar ook emosionele ondersteuning aan 3 jeugdiges gegee.

HULPVERLENING OORSIG

Hierdie foto is geneem in Alicante waar ons ’n pakkie aan ’n Moslem

man uitgedeel het. Hy was baie verbaas en het gevra: A Gift for me?

Why? Where are you from? You came from S.A. toe give me a Bible?

Two ladies? Ons het geantwoord: “ Because we love Jesus so much, we

want you to love Him too! Hierdie vrae is baie keer aan ons gestel.

Spanje uitreik terugvoering Alle eer aan die HERE vir die voorreg om vir 7 weke voltyds

in Sy diens te kon staan as Sy ligdraers met ’n geseënde

suksesvolle uitreik.

Ons doelwit was om pakkies aan die Noord-Afrikane te ver-

sprei in Spanje by die Tarifa hawe aan die Suid-punt. Dit is

slegs 14,7 km van Noord-Afrika. By die hawe se poort word

700 motors op ’n slag met die ferrie vervoer. ’n Belangrike

in-en-uitgang vir duisende Moslems.

Die pakkie het bestaan uit’n Bybel, Christelike leesstof, kin-

derboeke en ’n Jesusfilm-DVD.

Page 6: BB 29 Nov 2015 - bergsigdv.co.za › wp-content › uploads › 2015 › 11 › BB... · 29/11/2015  · Anne-lize de Wet 072 633 89 56 Poppepret Poppekas en Gesigverf by Kinderpartytjies

NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure

H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106

Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606

S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]

[email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za

Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers

Die koekies vir Kersfees-koffer raak bietjie voller

Ons wil graag die rekord slaan en die meeste koekies ooit insamel, maar ons koekiekoffer is nog bietjie leeg.

Die smullekker koekies gaan ’n klomp harte warm laat

klop. Help ons om ander met die koekies te seën hierdie Kersfees.

Die plekke sluit in verskeie ouetehuise, die Nagskuiling, New Beginnings, Badisa kantore, Magdalenahuis,

Thembiso Babahuis, Die Betesda perdepretprojek (kinderhuiskinders) en Durbanville MediClinic se kinderafdeling.

Ons het altesaam 900 men-

se vir wie ons koekies wil

gee.

Maak dit ’n gesinsprojek en

ondersteun ons om ander

te kan ondersteun!

Bring saam voor of by 6

Des. se Kerssangdiens.

JUNIORJEUG

KATEGESE

2016

Registreer jou kind vooraf via die web-blad van Bergsig.

Vermy die begin-van- die-jaar-stormloop.

Vind die vorm by Algemeen/Kategese

Nuusflits! BERGSIG BENODIG

GROEPLEIERS VIR 2016.

Juniorjeug: 24 Groepleiers

Bel Bea 082 924 1151

Seniorjeug: 10 Groepleiers

Bel Arno 072 955 0670

Kleingroepe:

Bel Juanita 082 963 3333

DURBANVILLE PLAASFEES:

Ons het ’n nuwe stalletjie vir wit olifant, vintage en ou goe-ters .

Bring enigiets van jou kan-delare, kersblakers, lang-speelplate, tuimeldroërs, pruike, handskoene, hoede, aandklere, blompotte,

kussings, ouma se teekop-pies, koekpanne, lere, grawe, emmers, ‘tools’, ver-lengkoorde, oorbelle, prente, skilderye ens. enige tyd vanaf nou tot 10 Maart.

As ons moet kom haal laat weet die kerkkantoor. Bel Ds. Mizelle by die kerk-kantoor.

Die plaasfees komitee is al hard besig met die 2016 se plaasfees organisering en ons het skoon leë inmaakbot-tels en veral vol bottels inge-maakte vrugte of konfyte (of enige iets wat mens kan in-maak wat natuurlik net beter raak met tyd), nodig.

As die Here dit op jou hart lê

om sulke sken-ings vir die fees voor te berei sal ons dit baie waardeer indien julle dit by die kerkantoor kan aflaai tot 21 Des en dan weer na 4 Jan.

Help ons

koekies bak

vir die projek!

Bring asb. ook oorskietlappe vir die Plaasfees sodat ons dit oor die hooibale kan gooi.

Dr. Kobus de Jager is beroep as seniorlidmaat leraar vanaf 1 Febr. 2016. Hy is tans leraar in NG Gemeente Montagu.

Ons vra voorbidding in afwagting van sy besluit.

Ons vra vir ou Lig Tydskrifte. Iemand wil dit graag vir haar vriendin se uitreikprojek op ‘n plattelandse

dorpie stuur.