agri sciences wetenskappe sciences · skappe, saam-gestel deur lize vorster, sal binnekort teen...

9
ISSUE/UITGAWE XX MONTH/MAAND 20XX INHOUDSOPGAWE z CONTENTS SCIENCES AGRI NEWSLETTER NUUSBRIEF 90 JUN 2018 WETENSKAPPE SCIENCES Kalender Calendar 1 Video clip drive launched on which actions can be showcased Read on.... FARMNET is out of the blocks and gathering momentum Read on.... Nuwe boeke Lees verder... 2 3 4 5 6 8 Boek oor wingerdwortels nou beskikbaar Lees verder.... Masjienleer-tegnieke gebruik om Chenin blanc-wyne beter te verstaan Lees verder... Die Departement Hortologie blom oor Paastyd! Lees verder.... Celebrating 25 years of international relations at SU Read on.... Cletos Mapiye bags prestigious prize Read on.... Eeufeesviering: Departement Grondkunde kyk terug Lees verder.... Click on links / Klik op skakels AgriWetenskappe vier ’n eeu van onderrig en navorsing Lees verder... Grondkunde-gedenklesing Grondkunde bied ‘sleutel tot landbou in die toekoms’ Lees verder... Coherence in South Africa food security policy… Read on... The ultimate online career portal for agriculture and agri-food Read on.... Animal Science students receive SASAS bursaries Read on.... 7 Agricultural Economics postgrads attend Agbiz congress in PE Read on.... Groot gesels oor wilde- beest- en impala-produksie op WRSA-konferensie Lees verder.... Genetika-gedenklesing Departement aan die voorpunt van akademiese evolusie Lees verder... Novel study looks at ecosystem services provided by Palmiet Wetlands Read on... SA Akademie- erepenning vir Lizette Joubert Lees verder.... First-year Achievement Awards Read on.... Insects as food discussed at IFW conference in China Read on.... Eeufeesviering: skilderye te koop Lees verder.... http://www.sun.ac.za/agric

Upload: others

Post on 12-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: AGRI SCIENCES WETENSKAPPE SCIENCES · skappe, saam-gestel deur Lize Vorster, sal binnekort teen R650 te koop wees. Nadere besonderhede: cbruce@sun.ac.za lip drive ed on | news FARMNET

ISSUE/UITGAWE XX MONTH/MAAND 20XX

INHOUDSOPGAWE CONTENTS

SCIENCESAGRI N E W S L E T T E R • N U U S B R I E F 9 0 J U N 2 0 1 8

WETENSKAPPE SCIENCES

KalenderCalendar1

Video clip drive launched on which

actions can be showcasedRead on....

FARMNET is out of the blocks and

gathering momentumRead on....

Nuwe boekeLees verder...2

3

4

5

6

8

Boek oor wingerdwortels nou

beskikbaarLees verder....

Masjienleer-tegnieke gebruik om Chenin blanc-wyne

beter te verstaanLees verder...

Die Departement Hortologie blom oor Paastyd!Lees verder....

Celebrating 25 years of international relations at SURead on....

Cletos Mapiye bags prestigious

prizeRead on....

Eeufeesviering: Departement Grondkunde

kyk terugLees verder....

Click on links / Klik op skakels

AgriWetenskappe vier ’n eeu van onderrig

en navorsingLees verder...

Grondkunde-gedenklesingGrondkunde bied ‘sleutel

tot landbou in die toekoms’Lees verder...

Coherence in South Africa food security policy…

Read on...

The ultimate online career portal for agriculture

and agri-foodRead on....

Animal Science students receive SASAS bursaries

Read on....

7Agricultural Econo mics

postgrads attend Agbiz congress in PE

Read on....

Groot gesels oor wilde-beest- en impala-produksie

op WRSA-konferensieLees verder....

Genetika-gedenklesingDepartement aan die voorpunt

van akademiese evolusieLees verder...

Novel study looks at ecosystem services provided

by Palmiet WetlandsRead on...

SA Akademie-erepenning virLizette JoubertLees verder....

First-year Achievement

AwardsRead on....

Insects as food discussed at IFW

conference in ChinaRead on....

Eeufeesviering: skilderye te

koopLees verder....

http://www.sun.ac.za/agric

Page 2: AGRI SCIENCES WETENSKAPPE SCIENCES · skappe, saam-gestel deur Lize Vorster, sal binnekort teen R650 te koop wees. Nadere besonderhede: cbruce@sun.ac.za lip drive ed on | news FARMNET

ISSUE/UITGAWE XX MONTH/MAAND 20XX1

100 100 100 100 100

100 100 100 100 100 100 100

SCIENCESAGRI

Junie24-27 AgriScience@Maties programJulie23 Klasse vir 2de semester beginAugustus06 Bekragtiging van Junie-eksamenuitslae

deur Viserektor (Leer & Onderrig)09 Nasionale Vrouedag13-17 TechnoX, Sasolburg15-16 Fresh Connections (PMA) 20 Alumni geleentheid in Johannesburg21 Maties on the Move – Johannesburg

(loopbaanuistalling vir voornemende studente – Graad 9’s en 11’s deur die dag & aandfunksie vir Graad 12 leerders wie reeds aanvaar is)

KALENDER 2018

WETENSKAPPEAgriWetenskappe vier ’n eeu van onderrig en navorsing

deur Amelia Genis (alumnus en Media24 joernalis)

Herdenkings bring herinneringe. Die Fakulteit AgriWetenskappe se eeufeesdinee by Spier

het ons gedagtes teruggeneem na middagpraktika op Welgevallen; of ver uit die dorp met ’n pikkie by ’n grondprofiel; of in ’n Landbou-ekonomieklas vol onsekerheid oor hoe prof Kassier ons nou weer gaan uitdaag...

Al die goed wat landboustudies so anders en opwindend maak, is nog daar, maar gelukkig is die aansporing groter om toepaslike navorsing te doen, en kan die Fakulteit sy plek in die wyer land bou wêreld volstaan.

Tussen gange van heerlike kos en geselskap, is boodskappe uit verskillende wêrelddele oor gedra. Dr Emiliano Raffrenato, dosent aan die Departe-ment Veekundige Wetenkappe, het vertel hoe Stellenbosch se “romantiese leefwyse” hóm ge kies het. Hy het Stellenbosch gekies omdat dit hom toegang tot die res van Afrika gee. Hy glo die Uni-versiteit Stellenbosch (US) het ’n verantwoorde-likheid en plig om die vasteland te verbeter.

Vanjaar is ook die 25ste herdenking van samewerking tussen die US en ander inter-

nasionale universiteite. Stellenbosch moet dit koester omdat internasionale studente nuwe idees bring.

Prof Kennedy Dzama, visedekaan belas met navorsing, innovasie en nagraadse studies, se boodskap van ander Afrika-universiteite was dat die Fakulteit hom by sy eweknieë aan uni-versiteite in Botswana, Zambië, Zimbabwe, Dar-es-Salaam, Nairobi, Ibadan en Lagos moet aansluit om Afrika se groot potensiaal te ontsluit. “Ons kan ’n formidabele vennootskap vorm.”

Mnr Nicolas Dicey, voorsitter van Hortgro, het namens die bedryf die Fakulteit aangemoedig om tegnologie te omarm om aan die behoeftes van ’n groeiende verbruikerstal te voorsien in ’n wêreld van dalende hulpbronne en klimaats-verandering. Hy het die bedryf se toewyding tot sy vennootskap met die Fakulteit bevestig.

Prof Eugene Cloete, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studente, het erkenning gegee aan die bydrae van vorige dekane van AgriWetenskappe en gesê die Fakulteit begin nou ’n nuwe toekoms. Sy visie vir die Fakulteit en die land is dat Suid-Afrikaners saamwerk om welvarendheid vir almal te verseker deur werk-

loosheid, ongelykheid en armoede te ver -min der. Dit kan net bereik word as landbou se hulpbronne beskerm word.

Toe al die toesprake afgehandel is en die skaap-rib en groente op was, het Coenie de Villiers ge-sing oor die reuk van katbos en kambro as dit reën in die Klein Karoo, oor blommetyd wanneer Namakwaland se veld nuwejaar hou, in kort, enige landbouer se droom van reën op sy tyd en geil veld. Mag dit ’n voorspelling vir AgriWetenskappe se volgende honderd jaar wees.• Di Ackerman-Johnson het skilderye van die

Fakulteit se geboue geskilder wat tans te koop aangebied word. Kontak Carin Bruce by [email protected] om nadere besonderhede (kyk op p. 7 vir foto’s).

Foto’s: EJ Langner

ISSUE/UITGAWE 90 JUN 2018terug na inhoudsopgawe / back to contents

Page 3: AGRI SCIENCES WETENSKAPPE SCIENCES · skappe, saam-gestel deur Lize Vorster, sal binnekort teen R650 te koop wees. Nadere besonderhede: cbruce@sun.ac.za lip drive ed on | news FARMNET

ISSUE/UITGAWE XX MONTH/MAAND 20XX2

100 100 100 100

nuwe boeke nuwe boeke nuwe nuwe boeke nuwe boeke nuwe nuwe boeke nuwe bo

Video clip drive launched on which agric actions can be showcased

The Western Cape Department of Agriculture recently launched an exciting new video clip drive, called “Gooi-Agri” where agricultural

stakeholders (farmers, agricultural businesses, industry organisations, etc.) are able to showcase their ‘smart’ agricultural actions or projects.

A spokesperson for the Department said: “We know those involved with agriculture in the Western Cape are ‘smart’ and can compete with their smartest counterparts all over the world. Therefore we want to make sure they share their ideas and actions to showcase local innovation and tenacity, which could excite others and make agriculture even ‘smarter.’

“There will be various themes, relating to agriculture. A new theme will be announced every month, but because our first theme was so important and relevant, it ran until the end of last month. We would like to see what stakeholders are doing to combat the drought and save water – innovative methods that have been implemented to still farm productively with less water, how water saving measures are being introduced during the processing of raw products, etc.”

The spokesperson emphasised that participants do not have to be video experts. He added: “The idea behind the video-clip is much more important than the technical quality of it. We only ask that video clips are compelling and concise. Visit www.elsenburg.com/water to view the guidelines and get more information.

Participants can enter online at http://www.elsenburg.com/gooiagri/ or send their video clips via WhatsApp to 062 044 9061.

• The best video clips will be featured on our website and shared via various media platforms. Kindly contact Giselle Terblanche at [email protected] with any enquiries.

Insekteplae van Mielies in Suid-Afrika’n Boek, Insekteplae van Mielies in Suid-Afrika, het pas uit die pen van Thomas William Drinkwater (73), wat die graad PhD(Agric) op Maties verwerf het, ver-skyn. Hy het sy loop baan as entomoloog by die Departe-ment van Landbou in Pretoria be gin en is la ter op eie versoek na die Land bou-navorsings raad oorgeplaas waar hy in 2009 as Spesialis Navorser afgetree het. Hy het wyd in onder meer wetenskaplike tyd skrifte, populêre land boutydskrifte en blad skrifte en bulletins gepubliseer. Hy was in 1995 Nasio-nale Landboukundige van die Jaar en in 2006 Weten skaplike van die Jaar.

AgriWetenskappe se EeufeesboekDie Eeufeesboek van die Fakulteit AgriWeten-skappe, saam-gestel deur Lize Vorster, sal binnekort teen R650 te koop wees. Nadere besonderhede: [email protected]

lip drive ed on

nuus|newsFARMNET is out of the blocks and gathering momentum

The FARMNET research project, co-hosted by the Dean’s Office in the Faculty, is alive and well and making good progress. FARMNET focuses on smallholder

farms that are used for the production of fresh produce and livestock, enabling the owners to transition from a subsistence level to engaging with the market. The project involves the analysis of the various ways in which farmers cooperate through the formation of networks, groupings and associations, and assists in the formulation of proposals and assessments that can enhance farmer network structures to facilitate and improve access to markets.

To date FARMNET has achieved the convening of a diverse group of aca-demic and government stakeholders to guide the process of reviewing the existing farmer networks.

The main activities that resulted in gaining significant insight include:• A series of interviews which were recorded and analysed. • A stakeholder dialogue in which stakeholders reviewed the findings of the lit-

erature review and dialogue interviews, and considered the implications on en-hanced farmer network structures that can be adopted by smallholder farmers to facilitate market access.

• Two in-depth case studies of field research conducted with farmers being sup-ported by two non-profit famer support organisations operating in KwaZulu-Natal (Siyavuna and ACAT).

This has led to some key observations such as:• The cooperative model currently being promoted by government is an imposed

idea with high failure rate.• There are a dynamic set of informal emergent and facilitated networks through

which farmers cooperate. With the conclusion of the in-depth case studies, the FARMNET initiative will now move into the next phase of proposing and testing enhanced farmer network structures that can be adopted by smallholder farmers to potentially facilitate mar-ket access. This will see the team:•Constituting a new Advisory Group (AG) consisting of stakeholders that funda-

mentally understand, or are involved in this landscape•Moving forward by working with the current energy in KwaZulu-Natal and set-ting up a process of enabling a number of farmer-led dialogues that build on the learnings and enable the farmers to discover how to access the newly emerging markets.

Boek oor wingerdwortels nou beskikbaar“Suksesvolle wingerdverbouing behels ’n wetenskaplike boer-dery met wortels en sonlig”, was die inleidende woorde van oudprofessor Eben Archer van die Departement Wingerdkunde met die onlangse bekendstelling van die nuwe boek oor Wingerdwortels by die Opstal Wynlandgoed in Slanghoek, wat deur sowat 120 bekendes in die wynbedryf bygewoon is.

Archer het vervolg: “Die vestiging en ontwikkeling van ’n goeie wortelstelsel is ’n kritieke fondament vir suksesvolle wingerd verbouing. Dit is om dié rede dat die outeurs gevoel het dat om al die beskikbare inligting en navorsing rondom wingerdwortels saam te vat in ’n boek wat van groot waarde vir die bedryf sal wees.” Die boek is deur Archer en Dawid Zaayman geskryf.

Die projekbestuurder van die IGWS, Lucinda Heyns, meen een van die hoof-fokusareas van die IGWS is kennisoordrag. Sy het vervolg: “Uit verskeie interaksies met die bedryf, het dit duidelik geblyk dat die bestuur van wingerdwortels ’n kennisoordrag-prioriteit is. Hierdie boek, wat geskryf is deur twee kenners in die veld, is ’n waardevolle bron van inligting oor die onderwerp vir enigiemand wat werk met wingerde, asook vir studente. Villa-Monash Academy fokus sterk op opleiding en dit is voorwaar ’n voorreg dat dié instansie as borge deel van hierdie projek was.”

By dieselfde geleentheid het André Schreuder van Villa-Monash Academy benadruk hoe belangrik dit is om bronne beskikbaar te stel wat kan bydra tot opleiding van wingerdkundiges. Hy het gesê: “Dit is ook wonderlik om te sien hoe Eben en Dawid, wat soveel jare se ervaring het, tyd bestee het daaraan om ’n boek soos hierdie te skryf en op daardie wyse weer iets besonders teruggegee het aan die bedryf.”

Samevattend kan gesê word Wingerdwortels is ’n uitvloeisel van geïdentifiseerde bedryfsprioriteite, nagevors en geskryf deur twee veteraan tegniese rolspelers. Spesiale aandag word verleen aan die klassieke historiese bydraes van hoogsaangeskrewe buitelandse werkers, wat nie geredelik vir alle belangstellendes toeganklik is nie. Dit handel oor alle aspekte van wingerdwortels, soos die groei, morfologie, anatomie, fisiologie en funksies daarvan. Voorts gee dit ook ’n oorsig van metodes van wortelondersoeke, asook van die faktore wat die groei en verspreiding van wingerdwortels beïnvloed, gevolg deur ’n bespreking van tegnieke gerig op die onderhoud van wingerdwortels ten einde wyndruifverbouiing in Suid-Afrika haalbaar en volhoubaar te maak.

Indien jy belangstel om ’n eksemplaar van dié boek te bekom, kontak Brigitte Cyster by Winetech by e-pos [email protected] of tel.: 021 276 0496.

Dawid Saayman en Eben Archer, outeurs van die boek Wingerdwortels. (foto: Glennis Kriel).

ISSUE/UITGAWE 90 JUN 2018terug na inhoudsopgawe / back to contents

Page 4: AGRI SCIENCES WETENSKAPPE SCIENCES · skappe, saam-gestel deur Lize Vorster, sal binnekort teen R650 te koop wees. Nadere besonderhede: cbruce@sun.ac.za lip drive ed on | news FARMNET

ISSUE/UITGAWE XX MONTH/MAAND 20XX3

100 100 100 100 100

Coherence in South Africa food security policy

“Grondkunde bied ’n belangrike sleutel tot landbou in die toekoms.” Só sê prof Leopoldt van Huyssteen (foto), emeritus-professor in the Departement Grondkunde, wat op 4 Mei ’n gedenklesing as deel van die Fakulteit se Eeufeesvierings op die hoofkampus gelewer het.

Van Huyssteen meen grond kun-diges word toenemend gevra vir hul le insette om probleme te takel en om die wetenskap hiervoor in te span. Hy het vervolg: “Ten einde hier die komplekse uitdagings die hoof te bied, moet grondkundiges ’n meer holistiese benadering volg. Terwyl hulle saamwerk met antro-poloë, so sio loë, ekonome, insekte-kundiges, plantpatoloë, bewaringskun-diges, kun diges oor onkruid en ander land bou kenners, moet hulle ook spreek woordelik hulle voete in die veld hou.”

Hy het daarop gewys dat grond

om verskeie redes belangrik is. Hy het dit so gestel: “Dit is ’n noodsaaklike natuurlike hulpbron. Grond filtreer water en afvalprodukte, produseer en absorbeer gasse en bied ’n tuiste vir organismes. Dit is ’n medium vir gewasproduksie en wortelgroei, help om afvalstowwe af te breek en dien as materiaal in die boubedryf, die kunste en in medisyne. Grond is ook die voetspoor van ons geo logiese, biologiese, menslike en klimaat-geskiedenis.”

Van Huyssteen beskou grond-kunde as ’n “onontbeerlike studie-veld” vir toekomstige volhoubare kos produksie. Talle aspekte van weten skap en sosiologie is van kern-belang wat betref die toepaslik heid van grondkunde, asook die waarde daarvan, het hy gesê.

Navorsing in grondkunde het talle gebruike, onder meer gebruik in forensiese ondersoeke en om sosio-

ekonomiese voordele te ontsluit. Hy sê: “Grondkundiges moet daarvan kennis neem dat hulle werk deesdae meer verband hou met sosio-ekonomiese faktore as voorheen. Toekomstige graantekorte moet byvoorbeeld getakel word met ver-beterde grondbestuurstelsels, asook tegnologie wat grondbesparing mee-bring deur intense landbou in Suider-Afrika en elders moontlik te maak.”

Van Huyssteen vervolg ”Dit sal in die toekoms nie moontlik wees om die wêreld se groeiende be-volking van kos te voorsien indien grondbestuur nie verbeter nie. Die feit dat 850-miljoen mense reeds in 2006 sonder kossekerheid was en dat miljarde mense verskuilde hongertoestande beleef, laat geen ruimte vir gerustheid nie. Ek glo dat grondkunde voortaan meer kompleks en ’n interaktiewe weten skap sal wees as wat tans die geval is. ’n Multi-

dissiplinêre benadering tot tra di-sionele aspekte is nodig wat meer innovasie insluit – in grond-ekologie, grond-ekonomie, ensovoorts”.

Hy het afgesluit: “Ons as grond-kundiges moet ’n sleutelrol vertolk om die uitdagings van die 21ste eeu die hoof te bied. Ons toekomstige sukses hou moontlik eerder verband met ’n verskuiwing in sommige van ons basiese konsepte en paradigmas as bloot tegniese vooruitgang. Dit is belangrik dat grondkundiges weg-beweeg van reduksionisme en ’n geïsoleerde benadering volg wat hoofsaaklik fokus op landbou en bosbou.”

Grondkunde-gedenklesing

Grondkunde bied ‘sleutel tot landbou in die toekoms’’

navorsing|research

The Southern Africa Food Lab, in partnership with The Presidency, recently hosted a dialogue

to foster coherence in South Africa food security policy. The dialogue was attended by some 30 government officials and academics including representatives from DPME, DAFF, DCE, GDE, DBE, DEA, the Department of Women, and the Gauteng Office of the Premier.

In Food Lab dialogues and research conducted over the last decade, diverse stakeholders have identified the importance of coherence in the design and implementation of government policy as an enabling factor for attaining food security in South Africa. Recent research conducted in partnership with WWF South Africa, Stellenbosch University, the Centre of Excellence in Food Security and the City University of London, showed that despite a richness of frameworks and approaches, there are opportunities for greater coherence and co-ordination between departments, levels and spheres of government.

The workshop was thus developed to adopt a dialogue approach to provide an overview of 30 years of policies on food security in South Africa, including pertinent experience and research on the need and opportunities for more coherent government policy and action, focused on food security, and identify tangible and specific opportunities to develop such coherence.

Dr Tsakani Ngomane of the Presidency and Dr Scott Drimie of the Food Lab opened pro-ceedings by acknowledging the challenges with-in current food security policies and noting that a careful alignment at different spheres of government (provincial and municipal levels) with commitment, has the potential to impact stunting and other nutrition indicators.

These issues were explored through presen-tations by Ngomane on the institutional arrangements for the National Food and Nutrition

Security Plan (NFNSP) for South Africa for 2017-2022; Dr Laura Pereria of the City University of London on policies relating to healthy and sustainable food systems in South Africa; and Dr Moraka Makhura of Pretoria University on multi-stakeholder partnerships to finance and improve food and nutrition security in the framework of the 2030 agenda. After each presentation there was a comprehensive question and response session.

Through the process of open dialogue with many questions by participants, the following actions were suggested by the Presidency as a means to increase alignment and cohesion in food security policy:

• Communication of the NFNSP to senior-level members within and across departments;

• Create accountability mechanisms to im-prove implementation at local levels;

• Seek willingness and goodwill to move to-wards multi-stakeholder and multi-sectoral approaches to food policy, and aim to include more voices representing civil so-ciety, particularly from the stakeholders who are impacted by the NFNS Plan. This would need to include an allocation within the budget to hear the voices of those outside the food system.

• Due to the long political and administrative process required to establish the proposed multi-sectoral Food and Nutrition Security Council, together with an election year next year, it is unlikely that this process would be established until 2020, three years into the Plan. It was therefore recommended that an interim advisory council be established.

• Secure commitment and competencies from all the sectors who are involved in

the implementation of the NFNS Plan. The Gauteng Phakisa becomes key in the process, which would also provide a starting point for this programme.

A number of other food security initiatives were also explored:

• COE-COP: Establishment of a Community of Practice on Food Policy in the Western Cape in addition to the current plans to establish one in Gauteng. This COP would involve stakeholders from academia, civil society and different levels of government and aim to connect the formal and informal food sectors.

• Use of an existing programme as a space to promote FNS education, such as the 15-year agreement by the Department of Basic Education and WestBank to build local partnerships in three districts.

The Presidency and participants emphasised the importance of the Food Lab hosting multi-stakeholder dialogues around challenges in the food system, and cited the need for further dialogues to be convened where there could be an opportunity to share:

• More examples of international practice of multi-stakeholder partnership (MSP) approaches in food security co-ordination strategies;

• Involve private-sector stakeholders in the conversation;

• Update participants on the progress of existing initiatives, such as reducing food waste.

Participants expressed the notion that issues surrounding the right to food is everyone’s business and lived experience.

ISSUE/UITGAWE 90 JUN 2018terug na inhoudsopgawe / back to contents

Page 5: AGRI SCIENCES WETENSKAPPE SCIENCES · skappe, saam-gestel deur Lize Vorster, sal binnekort teen R650 te koop wees. Nadere besonderhede: cbruce@sun.ac.za lip drive ed on | news FARMNET

ISSUE/UITGAWE XX MONTH/MAAND 20XX4

100 100 100 100 100 navorsing|research

Navorsers verbonde aan die Fakul-teit van AgriWetenskappe help

baan die weg vir genetiese na vorsing en die toekomstige toe passings daar-van, plaaslik én internasionaal.

Dit is die siening van Willem Botes (foto) wat op 4 Mei ’n gedenklesing getiteld Die temming van oorerflik heid: ’n verhaal van akademiese evo lusie, as deel van die fakulteit se eeufees-vierings op kampus hier gelewer het.

Botes het bestek geneem van ’n honderd jaar van genetiese navorsing aan die Universiteit Stellenbosch (US). Hy is die navorsingsleier van die US se Planteteelt-laboratorium in die Departement Genetika.

Die Departement is ’n eeu ge-lede gevestig in 1918 as deel van die destydse Stellenbosse Landbou-kol lege aan die buitewyke van die dorp. Destyds, onder leierskap van prof JH Neething, was die fokus op planteteelt om landbou in die streek te bevorder. Sedertdien het talle wetenskaplikes gehelp om die US te vestig as ’n sentrum van uitnemend-

heid vir teling en genetiese navorsing. “Daar was ’n evolusie in die US

se genetiese navorsingfokus, uit-sette en opleiding, asook ’n ont-plof fing wat betref wetenskaplike ken nis en die toepassing daarvan die afgelope eeu,” het Botes gesê. “Voorts het die Departement se werksaamhede die afgelope eeu ontwikkel vanaf hoofsaaklik plant- en diereteling tot ’n stewige fokus op molekulêre genetika, genomika en plantbiotegnologie.”

Menslike genetika is in 1989 by die leerplan gevoeg en dit word be-skou as een van die vernaamste ver anderings wat die navorsings- en onderrigfokus in die Departement die afgelope eeu beïnvloed het. Die Departement fokus tans op plant-, dier- en mensgenetika. Dit sluit in navorsing in kwantitatiewe genetika (teling en biometrie), asook molekulêre en bevolkingsgenetika.

“In menslike genetika word ’n verhaal van groei, samewerking en ’n Afrika-fokus bespeur,” het Botes

gesê. Deesdae fokus navorsing op die identifisering en molekulêre same stelling van gene betrokke in psigiatriese toestande, asook onder meer die farmakologiese toepassings daarvan.”

In diergenetika word navorsing gedoen op onder meer mariene hulp-bronne en lewende hawe. Dit sluit in studies om die genetiese diversi teit en bevolkingsdinamika van spesies beter te begryp. Die de parte mentele navorsingsgroep gemoeid met mole-kulêre en bevolkingsdinamika fokus ook op molekulêre bevolkingsgeneti-ka en kwantitatiewe genetika. Dit het onder meer toepassings in die bewa-ring van biodiversiteit, visserybestuur, die bestuur van insekte en plae, dier- en planteteling, akwakultuuur en fo-rensiese navorsing, het hy gesê.

Navorsing is onderweg in plant-genetika en biotegnologie om onder meer virusweerstandigheid te ont-wikkel, om koringteelprogramme uit te bou, asook die interaksie tussen plante en insekte beter te verstaan.

Die Departement se navorsers is ook steeds aan die voorpunt van kultivar-ontwikkeling vir die toekoms, onder meer met behulp van sy graan- en rogteelprogramme. Biotegnologie, genomika en genetiese verbeterings word onder meer reeds gebruik om kosgewasse te verbeter.

“Die Departement se evolusie is ook ’n verhaal van groei, same-werking en die strewe na akademiese voortreflikheid,” het hy gesê. “Gene-tiese studies help ontsluit die snel groeiende wêreld van wetenskaplike geleenthede en toepassings in ons alledaagse lewe. Sedert die beginjare is die Departement aan die voorpunt van navorsing en onderrig.

“Dit is ’n trotse nalatenskap waar-op ons kan voortbou.”

Genetika-gedenklesing

Departement aan die voorpunt van akademiese evolusie

An investment in palmiet wet-lands is an investment in the

benefits society derives from these unique ‘ecosystem engineers.’ This is according to new research.

Dr Alanna Rebelo (picture)re ceived a joint PhD degree in March from Stellenbosch Uni-versity (SU) and the University of

Antwerp in Belgium on this topic. Her thesis, titled Ecosystem Services of Palmiet Wetlands: The Role of Ecosystem Composition and Function, considered the benefits palmiet wetlands hold for ecosystems and people in South Africa. She is currently busy with post-doctoral studies in the Faculty.

Rebelo says: “Many people have heard of palmiet, but do not know what a valuable wetland plant it is and what ecosystem services it supplies to society. These ‘services’ are defined as the benefits that humans derive from nature and include water purification, among others.

Palmiet is a peat-forming plant with unique pro perties enabling it to survive in high-stress valley-bottom environments throughout the Cape Floristic Region.

Rebelo explains: “Palmiet wetlands are valuable natural assets due to several factors. These wet-lands are subject to extreme water stress caused by soil saturation, water table fluctuations, floods as well as droughts and fires. The proposed ability to transform this stressful environment into a habitat beneficial to itself and other species is why palmiet is thought to be an ecosystem engineer.”

Rebelo’s study involved a systematic literature review, fieldwork, mapping and remote-sensing techniques (using satellites). She selected palmiet wetlands in three different catchments for fieldwork: the Theewaterskloof and Goukou wetlands (Western Cape) and the Kromme wetland (Eastern Cape). Despite being situated as much as 470 km apart, these wetlands are remarkably similar in

vegetation com position.Some of her main findings could be

summarised as follows:• Palmiet wetlands have decreased by

31% since the 1940s.• Severe channel erosion in palmiet

wetlands has changed water and soil quality, and caused a shift in plant communities.

• Functional groups and even species in palmiet wetlands appear to be spectrally distinct, and

• Palmiet wetlands provide valuable ecosystem services to society, par-ticularly the sequestration of car-bon, water purification and flood attenuation.Rebelo’s novel study methods en-

abled her to spectrally discriminate between palmiet wetland species and functional groups and relate this to the functional traits of the wetlands that were studied.

She adds: “I was surprised to find such strong correlations between palmiet wetland species and their functional traits like leaf area and nitrogen content. This has useful applications, including to quantify ecosystem services.”

The study showed that pristine wetlands pro-vide more ecosystem services than those that are degraded. Specifically, pristine wetlands scored higher for water-related ecosystem service pro-vision, as well as carbon storage, compared with degraded wetlands.

Rebelo points out: “The value of palmiet wetlands in terms of water purification (among other ecosystem services) has been overlooked in favour of their potential for fertile soil for food provision. Their position in strategic water-providing catchments in South Africa, combined with their ability to accumulate peat, results in

the provision of important ecosystem services to society. Water leaving healthy palmiet wetlands is also of high quality. And as peat forms, carbon is trapped from the atmosphere and stored in these wetlands. Palmiet wetlands perform functions that human-made infrastructure would find very hard to replicate. Pristine wetlands provide about 16 times higher flood attenuation compared with de graded ones, according to estimates. These and other findings highlight the value of palmiet wetlands, making a case for their conservation and restoration.”

Rebelo stresses the fact that municipalities could save millions of rands spent on water purification each year if the upstream wetlands were not being damaged.

She concludes: “Prevention is always better than cure, and in the case of damage to palmiet wetlands, the cure – ecological restoration – is extremely expensive.”

Novel study looks at ecosystem services provided by palmiet wetlands

Goukou palmiet wetlands.

Kromme palmiet wetlands.

Theewaterskloof palmiet wetlands

ISSUE/UITGAWE 90 JUN 2018terug na inhoudsopgawe / back to contents

Page 6: AGRI SCIENCES WETENSKAPPE SCIENCES · skappe, saam-gestel deur Lize Vorster, sal binnekort teen R650 te koop wees. Nadere besonderhede: cbruce@sun.ac.za lip drive ed on | news FARMNET

ISSUE/UITGAWE XX MONTH/MAAND 20XX5

100 l100 l100 l100 l100 nuus | news

Die kollig val op Suid-Afrikaanse Chenin blanc-wyne in ’n nuwe studie waarin die sensoriese

ruimte van wyn met datamyn- en masjienleer-tegnieke uitgebeeld word.

In dié studie span navorsers tegnieke in wat normaalweg gebruik word om “groot data” te ont-leed en onder meer kubermisdadigers vas te trek.

Die navorsers het beskrywings van 7 000 stuks plaaslike wyne gebruik om die sensoriese ruimte van Chenin blanc-wyne te visualiseer. Die resultate van hierdie studie getiteld, Modelling the sensory space of varietal wines: Mining of large, unstructured text data and visualisation of style patterns, is onlangs in Nature Scientific Reports gepubliseer.

Navorsers van die Universiteit Stellen-bosch se Instituut vir Wynbiotegnologie (IWBT), die Fakulteit AgriWetenskappe en die Departement van Inligtingswetenskap, het hieraan meegewerk.

Die navorsingspan het ongestruktureerde teksdata, wat sensoriese wynbeskrywings bevat, ontleed. Die span het bestaan uit Carlo Valente (meestersgraad-student aan die IWBT), sy studieleiers, prof Florian Bauer en dr Hélène Nieuwoudt, albei van die Departement Wingerd- en Wynkunde, asook medewerker Fritz Venter (’n doktorale student in die Departement Inligtingswetenskap) en dié se studieleier, prof Bruce Watson.

In hulle navorsing bekyk hulle een van die

omvattendste databronne oor Suid-Afrikaanse wyne wat vir die algemene publiek beskikbaar is, naamlik die John Platter Wyngids van Suid-Afrikaanse Wyne wat jaarliks gepubliseer word.

Die navorsers het onder meer ’n tegniek wat bekend staan as “formal concept lattices,” asook tradisionele statistiese metodes, ingespan om die sensoriese kenmerke van Chenin blanc- en Sauvignon

blanc-wyne te bepaal. Die studie is so ver bekend die eerste in sy soort om wynstyle met behulp van hierdie metodes te bepaal, sê Nieuwoudt.

Die Platter-wyngids se paneellede het 38 403 woorde gebruik om 2 746 Chenin blanch-wyne te beskryf wat in hierdie studie ingesluit is, asook 71 892 woorde wat Sauvignon blanc-wyne beskryf.

“Kompleksiteit is ’n belangrike dryfveer van Suid-Afrikaanse Chenin blanc-wyne wat deur uiteenlopende style gekenmerk word,” verduidelik Nieuwoudt. “Hoewel sommige Chenin blanc-wyne soortgelyke sensoriese beskrywings met Sauvignon blanc-wyne deel, toon ons studie twee kenmerkende wynstyle kan onderskei word wanneer hier die data gevisualiseer word. Dit ver-teenwoordig hulle sensoriese ruimte.”

Die bevindings hou belangrike gevolge in wat betref die etikettering van Suid-Afrikaanse Chenin blanc-wynstyle. “Die vernaamste sensoriese dimensie van ons Chenin blanc-wyne hou verband met kom pleksiteit en sluit ’n spektrum in wat wissel van vars en ligte wynstyle tot meer komplekse wyne met ’n kenmerkende hout agtige karakter,” sê Nieuwoudt.

Die sensoriese aanwysings is ook gebruik om ’n kleurgekodeerde aromawiel en unieke leksikon te ontwikkel waarmee Suid-Afrika se uiteenlopende Chenin blanc-wyne beskryf kan word.

SdvCbdwht

iAvCkwkh

geSw

The ultimate online career portal for agriculture and agri-food

The ultimate online career portal for jobs, internships, bursaries and stu-dent holiday work in agriculture, agri-business and agri-food in Southern

Africa, is about to be launched. Recruitment in agriculture is complicated by the lack of qualified and experienced candidates with specialised skills. Contradictory to this, many agricultural graduates and postgraduates are struggling to find employment or an opportunity for an internship.

THE JOB PORTAL WILL:

• Enable companies to advertise available jobs, internships and holiday work in agriculture and agri-food.

• Allow job seekers to register online and view vacancies, a career directory, information on specialised skills courses and life skills

• Improve companies’ competitiveness by accelerated absorption of graduates to practical work and internships, or employment of candidates with high levels of skills.

The Faculty of AgriSciences at Stellenbosch University is providing seed funding to initiate the project; additional funding will be required for further development.

So whether you are an employer, industry organisation in Agriculture, or tertiary training institution, let’s talk. Become a partner and solve your recruitment problems. The opportunity is here for the agricultural industry to work together to showcase the vibrant world of careers in agriculture, using a practical digital tool for the respective groups to connect with each other. Contact Marianne van der Laarse on 082 3881000 or [email protected] for more information or to make use of Agrijob’s existing recruitment services.

Masjienleer-tegnieke gebruik om Chenin blanc-wyne beter te verstaan

Die Departement Hortologie blom oor Paastyd!

Om te verseker dat jou blomme vir Valentyns- of Moedersdag nie teleurstel nie en lank vars vertoon, verg goeie na-oes bestuur, vanaf

die blomplaas, deur die winkelfase, tot by die verbruiker.’n Span onder leiding van dr Lynn Hoffman in die Departement Hor-

tologie is aktief besig met na-oes navorsing rondom die ontwikkeling van tegnologie wat blomvaaslewe verleng en wat bydra dat die klein handelaar, Woolworths, met vertroue ’n waarborg op hulle blomme kan plaas.

Fokus val veral op rose wat ’n groot deel van blomverkope uitmaak, maar ook op ons eie inheemse proteas waarvan die gewildheid onder Suid-Afrikaners in die afgelope dekade geweldig toegeneem het. Roosproewe is onlangs oor die somerreses en ook in die Paaslangnaweek met behulp van voorgraadse studente as deel van ’n internskap in samewerking met Woolworths gedoen. Om 4 000 rose van tien verskillende roos kultivars oor ’n tydperk twee weke te evalueer, kan seker as “mooi” navorsing bestempel word!

ISSUE/UITGAWE 90 JUN 2018terug na inhoudsopgawe / back to contents

Page 7: AGRI SCIENCES WETENSKAPPE SCIENCES · skappe, saam-gestel deur Lize Vorster, sal binnekort teen R650 te koop wees. Nadere besonderhede: cbruce@sun.ac.za lip drive ed on | news FARMNET

ISSUE/UITGAWE XX MONTH/MAAND 20XX6

100 100 100 100 100

Prof Danie Brink, Dean of the Faculty (centre), has been recognised by “Stellenbosch University International” as part of its 25 year celebration of international relations at SU. Brink received the recognition for his support of the RUFORUM and ARUA initiatives at SU, for his inclusion of students in internationalisation activities and for his role in building the Stellenbosch-KU Leuven collaboration through the complementary Master’s programme in Aquaculture. He is pictured here with Prof Hester Klopper, Deputy Vice-Chancellor: Strategy and Internationalisation, and Prof Wim de Villiers, Rector and Vice-Chancellor.

SA Akademie-erepenning vir Lizette Joubert

Dit is met trots dat die Depar-tement Voedsel weten skap be-

kend maak dat die Erepenning van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie pas aan prof Lizette Joubert toegeken is. Joubert is ’n buitengewone professor aan dié Departement en ook hoofnanavorser aan die Landbounavorsingsraad se Infruitec-Nietvoorbij navorsingsinstituut buite Stellenbosch.

Die toekenning sal tydens die Akademie se bekronings plegtigheid op 21 September in Stellenbosch aan Joubert oorhandig word. Die Erepenning word toegeken vir prestasies en bydraes ten opsigte van die bevordering en ontwikkeling van ’n besondere vakgebied in die natuurwetenskappe.

Lizette Joubert is die afgelope 35 jaar betrokke by innoverende, vol-houbare en toegepaste produkgebaseerde navorsing op Rooibos en Heuningbos. Haar navorsing het gelei tot die ontwikkeling van verskeie prosesse wat deur die rooibos- en heuningbosnywerheid geïmplementeer word. Sy het haar navorsing uitgebrei na die anti-oksidanteienskappe van rooibospolifenole as alternatief tot sintetiese voedsel anti-oksidante. Haar kennis van die fenoliese komponente van dié tee het gelei tot internasionale erkenning as navorser.

awards|toekennings

Dr Cletos Mapiye, a senior lecturer in the Department of Animal Science, was recently awarded The World

Academy of Sciences Regional Office for sub-Saharan Africa (TWAS-ROSSA) Regional Young Scientist Prize (Agriculture and Food Security for 2017).

This prestigious award comprises an award certificate with a citation on the winner’s scientific achievement, as well as a cash prize of 2000 US dollars. It is awarded to an outstanding young scientist who has made significant contributions to research, development and capacity building to improve sustainability of food and agricultural systems, food security and poverty reduction in the developing world.

The prize is also awarded in fulfilment of the TWAS

objective of recognising, supporting and promoting scientific capacity and excellence in the developing world. The theme of the prize is aligned to the United Nation’s Sustainable Development Goal #2: end hunger, achieve food security and improved nutrition, and promote sustainable agriculture. It is linked with the Science, Technology and Innovation Strategy for Africa (STISA) 2024 priority area 1, which is eradication of hunger and achieving food security.

The Prize was formally announced and awarded at the Food Security and Policy Workshop held in Johannesburg earlier this year. The workshop was organised by the South African Young Academy of Science of which Mapiye is a panellist, facilitator and organising committee member.

Cletos Mapiye bags prestigious prize

Animal Science students receive SASAS bursaries

Carmen Malan and Zuniga van der West-huizen, who completed their BScAgric

(Animal Science) degrees in 2017, are the recipients of two meritorious awards of the South African Society for Animal Sciences (SASAS).

Carmen, currently enrolled for an MSc-Agric in the Department of Animal Sciences, was awarded a postgraduate bur sary from the SASAS. The bursary is an annual national merit award to students continuing with postgraduate studies in the field of Animal Science.

Carmen’s project is on the meat yield of springbok from different regions in Southern Africa, under the supervision of Prof Louw Hoffman. Carmen’s passion for agriculture stems from her childhood on a farm, which cultivated a passion for agriculture, and this in turn led to the pursuit of a degree in Animal Science.

Carmen explained: “This award will allow me to further my education and to pursue my passion for agriculture.”

Zuniga received a SASAS Merit Award for the achievement of being the top final year Animal Science student in 2017. She decided to pursue a professional career after completion of her undergraduate studies. .

The Food Science Department had a top student at the First-year Achievement Awards 2018. Anja Laubscher was one of 32 top-achieving first-year students at the University. She nominated her lecturer, Dr Diane Rip, for her role played in acquiring this achievement. Anja (second from right) is pictured here with (from left) Prof Arnold Schoonwinkel (Vice-Rector, Learning and Teaching), Dr Diane Rip and Prof Pieter Gouws (Vice Dean, Teaching and Learning and also a senior lecturer in the Department of Food Science).

Carmen Malan (right) receives a certificate and bursary from Dr Helet Lambrechts, vice-chairperson of the Western Cape branch, on behalf of SASAS.

ISSUE/UITGAWE 90 JUN 2018terug na inhoudsopgawe / back to contents

Page 8: AGRI SCIENCES WETENSKAPPE SCIENCES · skappe, saam-gestel deur Lize Vorster, sal binnekort teen R650 te koop wees. Nadere besonderhede: cbruce@sun.ac.za lip drive ed on | news FARMNET

ISSUE/UITGAWE XX MONTH/MAAND 20XX7

100 100 100 100 100 Groot gesels oor wildebees- en impala-produksie op WRSA-konferensie

Die sowat 300 afgevaardigdes, waaronder uitstallers en wildvoorsieners, wat vanjaar se konferensie van Wildlife Ranching South Africa in Limpopo

bygewoon het, het met intense belangstelling geluister na die aanbiedings oor wildebees- en impalavleis.

Alretha van Heerden en Retha Engels, twee Meesterstudente, het saam met prof Louw Hoffman (SA Leerstoel in Vleiskunde aan US), die konferensie, wat by die skilderagtige Protea Hotel Polokwane Ranch Resort gehou is, bygewoon.

Alretha het oor die vleisproduksie-potensiaal van blou wildebees (diere is deur Barry York geborg) verslag gedoen en Retha het die vleisproduksie-potensiaal van impala (diere geborg deur Castle de Wildt) toegelig.

Ander aanbieders het verslag gedoen oor die huidige status van die wildbedryf-nywerheid, bewaring en eko-toerisme.

Die konferensie was vir almal wat dit kon bywoon ’n uiters waardevolle en insiggewende netwerk-ondervinding.

Three students of the Department of Agricultural Economics, Casper Nell, Theunis Oberholster and Siphe Zantsi, represented Stellenbosch

University at the recent 2018 Agbiz Congress held at the Boardwalk Inter-national Convention Centre in Port Elizabeth.

This esteemed congress is one of the major events on the food, fibre and beverage sectors’ agenda of South Africa. It affords students the opportunity to meet and network with business leaders and policy makers that shape the future of the broader South African agro-food industry. The students

also participated in a case study competition which brought together senior students from around South Africa to demonstrate their problem-solving skills in providing solutions to practical issues related to the agro-food industry.

Casper and Theunis are both Masters students with Casper focusing on the economics of different crop rotation systems relating to conservation agriculture and Theunis focusing on industry level competitiveness analysis. Siphe is a PhD student focusing on structural change in agriculture relating to small scale farmers.

Alretha van Heerden, Retha Engels en prof Louw Hoffman het die konferensie van

Wildlife Ranching South Africa in Polokwane, Limpopo, bygewoon.

SA-konferensie

kongresse

Dr Elsje Pieterse of the De partment of Animal Sciences and two PhD students, Liesel van Emmenes and Michael Woods, recently attended the

International Confe rence on Insect to feed the World in Wuhan, China. This was the second conference with the same theme and the development of this fast growing industry was clear from the themes presented.

Two oral contributions were pre sented by Pieterse, Van Emmenis and Woods – one addressed the fractioning of whole insects in order to render a pure protein, fat and chitin, while the second presentation reported research on the presence of antimicrobial peptides in the insects which act

as natural antibiotics. The value of insects for balancing the food and feed requirement of the

growing global population was highlighted while the high nutritive value of the insects were frequent discussion points.

The next conference will be held in 2020 and Stellenbosch University is in the final bid for the presentation thereof.

Pieterse said it was enlightening to note that the work currently being done in the Faculty surpasses that of other role players and that “we are still leading the pack.”

Insects as food discussed at IFW conference in China

Van die skilderye deur Di Ackerman-Johnson van die Fakulteit se geboue wat tans te koop aangebied word. Nadere inligting: [email protected]

Agricultural Economics postgrads attend Agbiz congress in PE

ISSUE/UITGAWE 90 JUN 2018terug na inhoudsopgawe / back to contents

Page 9: AGRI SCIENCES WETENSKAPPE SCIENCES · skappe, saam-gestel deur Lize Vorster, sal binnekort teen R650 te koop wees. Nadere besonderhede: cbruce@sun.ac.za lip drive ed on | news FARMNET

ISSUE/UITGAWE XX MONTH/MAAND 20XX8

Die Departement Grondkunde kyk met trots terug op honderd jaar se bestaan en die

vordering wat in dié tydperk gemaak is. Vrugbare grond is gevorm waaruit die studentetal en navorsing besig is om sterk te groei.

Landbouchemie (die naam het later na Grond-kunde verander) was een van die departemente van die Fakulteit Landbou toe die Universiteit van Stellenbosch in 1918 gestig is. Prof JP du Buisson was die eerste professor van die Departement Landbouchemie en een van net drie professore in die Fakulteit Landbou in 1918. Du Buisson is ongelukkig na net ses maande in sy pos oorlede en is toe opgevolg deur die bekende prof IdeV Malherbe. Malherbe het groot bydraes oor grond-vrug baarheid gelewer en was ook die skrywer van ’n boek oor grondvrugbaarheid wat as handboek aan universiteite dwarsdeur Suid-Afrika gebruik is. Hy het later ook Dekaan van die Fakulteit Landbou geword. Een van Malherbe se studente, prof R du Toit Burger het later die stigter en hoof van die Departement Grondkunde aan die Vrystaatse Universiteit geword.

Malherbe is deur prof JL Steenkamp en later deur prof AA (Attie) Theron opgevolg. Die volgende hoof van die Departement Grondkunde was prof JH (Hulme) Moolman, ook ’n produk van die Departement Grondkunde. Na Moolman se dood in 1998, het prof Leopoldt van Huyssteen hoof van Grondkunde geword. Hy is egter spoedig tot Dekaan van die Fakulteit Landbou bevorder en in 2000 het prof MV (Martin) Fey sy plek as hoof van Grondkunde ingeneem. Sedert 2009 is dr JE (Eduard) Hoffman voorsitter van die Departement Grondkunde.

In die beginjare is klasse in lokale wat ver-spreid oor die universiteitskampus was, aange bied. Grondkunde is sedert 1925 in die JH Neethling-gebou gehuisves, maar in 2008 het die Department na die Lombardi-gebou ver skuif. Hierdie ver-skuiwing het baie gehelp om nagraadse studente te akkommodeer, meer laboratoriumruimte be-skikbaar te hê en om werkvloei te verbeter sodat daar plek was vir studente-praktikums én vir navorsing.

Die Departement Grondkunde toon sedert 2000 gesonde groei. Vir baie jare het min studente met Grondkunde as hoofvak afgestudeer. Trouens, tot 1999 het die aantal finalejaars wat graad behaal het, gewissel van een tot ’n maksimum van drie per jaar. Hierdie prentjie het om en by 2000 drasties verander. In die 18 jaar sedert 2000 het gemiddeld agt studente per jaar gegradueer en die aantal nagraadse studente wat hulle grade voltooi het, het van een (voor 2000) tot gemiddeld vier per jaar (ná 2000) toegeneem.

Dié groei het verder toegeneem en in die afgelope vyf jaar sedert 2013, het gemiddeld 12 studente per jaar hulle grade met Grondkunde as hoofvak voltooi en daarbenewens het ook nog vyf Magister- en een doktorsgraad-student per jaar afgestudeer. In 2018 is daar ’n rekordgetal 33 finalejaars, 11 Magister en 10 doktorale studente

in die Departement Grondkunde.Baie verblydend is dat Grondkunde lank nie

meer as net ’n vak gesien word wat deur mans bestudeer word nie. Vroue en swart studente is deesdae ’n algemene gesig in voorgraadse sowel as nagraadse studie. Van die 11 studente wat vir ’n M-graad in Grondkunde geregistreer is, is vyf swart en vyf vroue. Drie vroue maak ook deel uit van die tien doktorale studente wat op die oomblik geregistreer is.

Hierdie mooi groei in die studentetal kan onder meer aan werksgeleenthede toegeskryf word. Grondkundiges is in ’n groot aantal beroepe tuis. Hulle werk in navorsingsinstansies, kon-sultasiefirmas, bemestingsmaatskappye, besproei-ingsondernemings, ontledings laboratoriums en land boumaatskappye. Die oorgrote meerderheid nagraadse studente ontvang werksaanbiedinge voordat hulle nog hul grade verwerf en tot dusver is alle gegradueerdes met Grondkunde as hoofvak in diens geneem.

Alumni van die Departement Grondkunde het oor die jare uitstekende bydraes op vakkundige gebied gelewer. Hoewel die lys waarskynlik nie volledig is nie, het verskeie grondkundiges hulle ook onderskei in die bestuur van navorsing en tegnologie-oordrag, asook op ander terreine. Doktore Jakob Deist, Jons Terblanche, Pieter van Rooyen, Johan van Zyl en Leopoldt van Huyssteen was almal direkteure van navorsingsinstitute van die Landbounavorsingsraad, en mnr Jan Volschenk was direkteur van die Vrystaatstreek sowel as direkteur: Inter-owerheidsaangeleenthede. Even-tueel het dr Jons Terblanche president van die Landbounavorsingsraad geword, dr Pieter van Rooyen hoof van die Wes-Kaapse Departement van Landbou en mnr Jan Volschenk, hoof van die Department van Landbou van Mpumalanga. Prof Leopoldt van Huyssteen het by die Universiteit van Stellenbosch aangesluit waar hy opeenvolgens hoof van Grondkunde, Dekaan van AgriWetenskappe, Uitvoerende Direkteur: Bedryf en Finansies en ook Uitvoerende Bedryfshoof was.

’n Gewese personeellid van die Departement Grondkunde, wat spesiale vemelding verdien, is mnr JJ (Jan) Lambrechts wat voor sy afsterwe die langsdienende akademiese lid van die Departement was. Hy het Grondkunde van 1964 tot sy aftrede in 2000 doseer. Daarna was hy as buitengewone professor steeds by Grondkunde betrokke tot sy dood in 2015. Dit is voorwaar ’n merkwaardige loopbaan wat hom ’n legende onder sy kollegas, studente en die boerderygemeenskap gemaak het.

Die Departement Grondkunde het ’n sterk fokus in verskeie navorsingsareas ontwikkel. Dit sluit in grondbewerking, grondwaterbalanse, besproeiing, grondgenese, grondvrugbaarheid en “biochar.” Navorsingsukses het Grondkunde in staat gestel om goeie samewerking met landboubedrywe en verwante organisasies op te bou. Sedert die jare 80 is verskeie groot befondste projekte vir die Waternavorsingskommissie uitgevoer en oor die afgelope 20 jaar is baie projekte gedoen vir die sagtevrugte- en wynbedrywe. Verskeie projekte oor grondbestuur is ook in samewerking met die Wes-Kaapse Departement van Landbou uitge-voer. Projekte is vir die mynbedryf gedoen om grondrehabilitasieprobleme op te los. Hierdie projekte word deur die onderskeie nywerhede befonds. Puik samewerking is ook met talle aka-demiese instansies soos bv internasionale uni-versiteite, instansies in Afrika en ook met de par-temente binne die Universiteit van Stellen bosch self, bewerkstellig.

Die toekoms van Grondkunde as vakgebied lyk rooskleurig. Grond en water is twee natuurlike hulpbronne wat al hoe skaarser word en waarvan die beskikbaarheid en gehalte bedreig word deur klimaatsverandering, verstedeliking en talle ander faktore.

Volhoubare landbou sonder hierdie hulpbronne is onmoontlik en daarom is oplosssings vir die beskerming en beter benutting van grond en water so belangrik. Hierdie aspekte lê binne die kern van Grondkundige opleiding en navorsing. Ongetwyfeld word die behoefte aan grondkundiges al hoe groter om hierdie uitdagings die hoof te bied, en ook om tred te hou met tegnologiese ontwikkelinge soos presisie-landbou.

Ons visie vir die toekoms is dan ook om die voorkeurinstansie vir grondkunde in Afrika te wees. Dat ons goed na hierdie visie onderweg is, blyk uit die groot aantal navrae van voornemende nagraadse studente uit Afrika om by Grondkunde te kom studier, sowel as uit die erkenning wat die Departement ontvang van organisasies soos die Wêreldbank. Drie personeellede van die Departe-ment is byvoorbeeld onlangs deur die Wêreldbank na Moskou genooi om oor grondkunde-opleiding en navorsing in Suid-Afrika by die Internasionale Grondkunde Dag in Moskou die woord te voer.

Honderd jaar na sy stigting, is die Departement Grondkunde meer lewenskragtig as in enige stadium van sy bestaan.

Huidige personeel en navorsingsvelde van die Departement GrondkundeDr Eduard Hoffman (Voorsitter/Senior Lektor): Grondfisika; Grond-waterbestuurDr Andrei Rozanov (Senior Lektor): Grond-prosesse; GrondkwaliteitDr Ailsa Hardie (Senior Lektor): Grondchemie; GrondvrugbaarheidDr Cathy Clarke (Senior Lektor): Pedologie; OmgewingschemieMnr Vink Lategan (Navorser/Lektor): Grond-fisika; Besproeiing Dr Anthony Mills, Grond-koolstofsekwestrasie; Grondekologie; (Buitengewone medeprofessor)Dr Johan Van Zyl, Besproeiing; Grond-plant waterbalanse; (Buitengewone medeprofessor) Me Annatjie French, Senior SekretaresseMe Tatiana Tarasova,Tegniese Beampte

Eeufeesviering – Departement Grondkunde kyk terug

Department Grondkunde

Dr Eduard Hoffman, huidige hoof van die Departement Grondkunde.

Grondkunde se personeel en nagraadse studente in 2017

ISSUE/UITGAWE 90 JUN 2018terug na inhoudsopgawe / back to contents