aanbiddende hart: gebroke of stralend?terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige...
TRANSCRIPT
W a p a d r a n t
N o v e m b e r 2 0 1 9
�aa�d��ra�t
AANBIDDENDE HART: GEBROKE OF STRALEND?
“Yes, I’m telling you heart, you’d better believe me. Save yourself for somebody new. Don’t make such a fuss there’s no hope for us …. There’s no hope in acting this way” aldus Gene
Rockwell se hartseertreffer met geen
ewigheidswaardes nie.
Die jaar lê op sy rug. Die feestyd lê voor. Gesigte
van blydskap duik oral op. Die vraag is: Straal jou
gesig nog steeds aan die einde van ‘n jaar?
Laat God jou gesig deur jou aanbidding
verander; anders gestel: Die verandering is Sy
werk, nie ons s’n nie. Dit is nie toevallig dat daar
‘n verband is tussen ‘n mens se gesig en
aanbidding nie. Jou gesig is die mees openbare
deel van jou liggaam en ook die mees
herkenbare deel – die spieël wat jou innerlike
weerspieël. Paulus stel dit so mooi in 2 Kor 3:18:
“Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is”.
* Stefanus se gesig het soos dié van ‘n
engel geglinster nadat hy die hemel gesien het”
(Hand 6:15; 7:55-56).
* Mattheus skryf in Matt 17:2 “Jesus se
voorkoms het voor hulle oë verander, sy gesig
het begin straal soos die son”.
* “Moses se gesig het geblink nadat hy
met God gepraat het” (Eks 34:35).
Hoor hoe besing Dawid die evangeliese krag van
aanbidding: “Hy het my ‘n nuwe lied in die mond gelê, ‘n loflied vir ons God. Baie sal hiervan hoor en Hom die eer toebring ...” (Ps
40:4). Ek is seker jy het al agtergekom hoe
stralend jy verander as jy sekere liedere sing:
“Genade, Onbeskryflik Groot”; “Die Oorwinningslied”, “O Heer, my God” en daardie lied wat ‘n verhaal is: “Stille nag, Heilige nag”. Hierdie lied kondig ‘n Vreugdefees aan
wat oor die eeue heen stralende gesigte
veroorsaak het, en ook die besef dat – danksy
die Kripkind, ek en jy uitgesoekte
Koningskinders is.
Die vraag is: Wat lees die mense daarbuite
wanneer hulle na jou kyk? Een ding is seker: God
verander nie net gesigte nie; Hy verander
diegene wat sien hoe ons aanbid.
Aanbiddende hart: Gebroke of stralend. Mag dit
vir jou en my wees: “Here, skryf my gesig oor sodat mense net mooi dinge van U sal lees wanneer hulle na jou en my kyk”.
Mooiloop in Christus, Alwyn Röhrs
2
Sunrise Naskool-UitreikDie leerders van die Sunrise Naskool kon hul geluk nie
glo nie! Graad 10-leerders van Curro Hazeldean het
hul verras met vrolike samesyn en pret vir 4 dae! Dit
het deel gevorm van hul gemeenskapsdiensprojek.
Die graad 10-leerders het gehelp met huiswerk, die
kinders geleer tafeltennis speel en vriendskapsbande
gesmee.
Juan van der Merwe, Denato Kreibrich en Johann
Coetzee - julle is ons helde!
Kom gesels gerus met my oor hoe jy kan help om
positief in die naskoolkinders se lewens in te bou.
~ Daleen de Villiers
Jesus dien1
2
3
4
5
6
Lees Johannes 13:1-12. Lees dan die leidrade en vul die antwoord in die blokkies links in
Dwars2. Jesus het ______ in die skottel gegooi
4. Jesus het elke dissipel se ______ gewas
5. Hy wat klaar gebad het, is heeltemal _____
6. _______is julle as julle dit ook doen
Af1. Jesus het ‘n ___om sy lyf vasgemaak
3. Petrus vra dat Jesus ook sy hande en ____ was
4. Jesus stel vir ons ‘n ______
3
Mannebediening - Bybelstudie
Varslug-fliekaandDie gesinnebediending het n baie suksesvolle “Varslug-fliekaand” op 4 Oktober gehad. Die skerm was ‘n
massiewe 9m x 6.5m en soos meer as een keer gehoor is “dit is awesome, sal darem lekker rugby op die
skerm kan kyk”. Die fliekaand is voorafgegaan met boeresportaktiwiteite wat net so groot sukses onder
die kinders was. Dit was nogal iets om al
die kinders doodstil te sien sit vir die duur
van die fliek en daar was selfs van die ouer
garde wat die fliek net so geniet het.
Van die Gesinnebediening se kant (Pieter
van der walt en Mark Daniel) baie dankie
aan elke lidmaat wat bygewoon asook die
helpers wat die aand ‘n sukses gemaak het.
Daar kon na die tyd ‘n stewige bedrag aan
Sunrise geskenk word as die “wins “ vir die
aand.
Soos enige projek was daar n paar
tandekry-probleme en dit sal aangespreek
word volgende keer. Volgende jaar doen
ons dieselfde so hou asb 2 Okt 2020 oop!
~Pieter vd Walt
Dit is 5:30 op ‘n Woensdag-oggend en 6 tot 8 manne
groet mekaar by die kerk in toringkamer 25. Die voël-
sang het ons al buite begroet en die eerste lig van die
dag is ‘n sigbare bewys dat God se somer al met ons is.
Ja, dit is die mannebybelstudie wat elke Woensdag-
oggend by ons kerk plaasvind.
Ongeveer 2 jaar gelede is hierdie inisiatief begin. Ons
kom elke Woensdag-oggend van 5:30 tot 6:30 by die
kerk bymekaar rondom God se Woord, in Sy teen-
woodigheid maar ook in mekaar se teenwoordigheid.
Wat ‘n wonderlike voorreg en geleentheid om in die
middel van die week weer nuwe perspektief, geestelike
leiding en nuwe krag te ontvang. Ons maak nie gebruik
van ‘n Bybelstudiehandleiding, ‘n spesifieke tema of
onderwerp nie, maar bestudeer die Woord van die
Here. Ons het begin met die evangelie van Johannes en
daarna die briewe van Johannes. Toe was dit Jakobus en
nou is ons besig met die pastorale briewe van Paulus.
Ons begin ons bediening met ‘n kort gebed en daarna
kry elkeen die geleentheid om te vertel hoe dit met
hom en sy gesin gaan en ook waarin hy die Genade van
die Here in sy lewe ervaar. Daarna lees ons ‘n gedeelte
(paar verse) van die Bybelboek wat ons behandel en be-
spreek dan die inhoud met mekaar. Ons is ook dankbaar
dat Peet by ons is om ook op sy spesiale manier, skrif-
tuurlik en prakties leiding te gee. Gelukkig is daar ook
‘n paar “slim” ouderlinge! Ons sluit af met ‘n gebed en
groet mekaar om 6:30.
Wat ervaar en leer ons van die Here en hoe gebruik Hy
hierdie mannebediening?
Waar ons met mekaar rondom die Woord verkeer,
daar is die Here altyd teenwoordig.
Wanneer ons die Bybel so intens met mekaar deel,
kom ons al hoe meer tot die besef hoe groot en
magtig ons Here en Sy Woord is.
Die Here het ons ook vir mekaar gegee om mekaar
geestelik te lei, te bemoedig en terselftertyd ook te
ervaar wat broederliefde is.
Hy rus ons toe deur Sy Woord en ook deur me-
degelowiges, om ware ligdraers van Jesus Christus
te wees.
Hy maak ons dankbaar vir nog ‘n geleentheid om
waarlik liggaam van Christus te wees.
As jy deel wil wees van hierdie wonderlike reis, kontak
gerus die kerkkantoor vir meer inligting.
JY IS BAIE WELKOM!
~ Mannebediening – Saam op God se pad
4
Bediening: BarmhartigheidBarmhartigheid is een van die bedieninge in Wapadrant-gemeente en is deel van die groter Diakonie. Ons
werk nou saam met die Uitreikbediening, maar ook met ander bedieninge soos die Herderlike Versorging.
Die Diakonie moet getrou aan sy missie, onderlinge liefdesbetoon en eenheidsbelewenis in die gemeente
bevorder. Hy moet lidmate aanspoor en toerus om daadwerklike liefde teenoor medegelowiges en alle mense
te bewys.
Uitreik is ‘n bediening wat ten doel het om ons gemeente te begelei en toe te rus sodat ons roeping om die
Evangelie deur woord en daad uit te dra in ons plaaslike omgewing en na alle volke en nasies verwesenlik word.
Barmhartigheid is ‘n bediening wat hoofsaaklik omsien na die materiële versorging van behoeftige mense en
gesinne binne die gemeente, en om ‘n bydrae te maak tot verdienstelike sake buite die gemeente, bv.
kinderhuise.
Hoe werk Barmhartigheid in Wapadrant-Gemeente:
Rol:
Barmhartigheid het te doen met jou liefde vir ander mense omdat jy vir God liefhet.
Barmhartigheid is ’n uitreikwoord, ’n kontakwoord, ’n omgeewoord. In Lukas 6:36 lees
ons: “Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is”.
Terselfdertyd is dit dié liefde wat van jou ’n gelukkige mens kan maak. Belangriker nog: Dit is
die liefde wat God van jou as sy kind verwag.
In God se koninkryk moet jy jou hart vir mense oopmaak.
Doelwitte:
Ons wil seker maak ons weet van alle lidmate wat in nood verkeer, deur noue samewerking
met ander bedieninge en groepe.
Materiële versorging van behoeftige mense en gesinne binne die gemeente.
Ons wil ‘n bydrae maak tot verdienstelike sake buite die gemeente, bv. Kinderhuise.
Ons wil soveel middele as moontlik versamel om dan uit te deel aan behoeftiges, bv. kos en
klere in die Pakhuis.
Die Barmhartigheidsbediening in Wapadrant-Gemeente het ‘n inkomstebegroting van R1,070m en ‘n
uitgawebegroting van R1,350m.
Daar is soveel verdienstelike gevalle en ons hoop om die gemeente baie meer te betrek by van die
verdienstelike sake, veral waar ons nie genoegsame fondse het nie.
Vir enige navrae kontak gerus die Kerkkantoor of Marthinus Wissing by 0834450001
5
TOPIA - Opleidingsbesoek by Covenant College Julie en Augustus 2019.
Ons eerste twee dae in Zambië is gebruik om 'n tydelike werkspermit te verkry. Nadat 'n baie vriendelike immigrasie-
beampte ons gehelp het, kon ons na Covenant College in die Petauke-omgewing vertrek waar ons vir sewe weke gebly het.
Ons het die sitkamer in die huis waar ons gebly het in 'n klaskamer verander. Daar het Lizanne en die kinders lekker skool
gehou. Vanaf 15:00 is dit egter speeltyd. Dan word daar met maatjies gespeel, modderkoekies gebak en met grond, sade
en blare handel gedryf. Dit is ook vir ons kinders 'n wonderlike ervaring om die plaas en al die plaasdiere te beleef.
Covenant is 'n leersentrum van Mukhanyo en ons het in ses weke 5 diplomamodules gedoen, naamlik Evangelisasie 1 en 2
en Prediking 1, 2 en 3. Ek en die studente moes maar bontstaan om in die kort tydjie soveel kursusse te voltooi. Ons het
ook studente of oud-studente se kerke op Sondae besoek en Sondagaande heerlik saam met die kollegepersoneel geëet en
gekuier.
Op pad terug het ons so paar dae by Thys en Dorette op Motopi gekuier. Dit is tans baie droog in Botswana en hulle voer
'n klompie seekoeie. Ons kon ook die benoude voerdery meemaak. Ons is die Here dankbaar dat ons weer by die huis is
en dat ons veilig gereis het. Veral dat Hy ons tydens die onluste-insident in Malawi bewaar het. Baie dankie aan al die TO-
PIA-kerke en ons TOPIA-vriende wat dit vir ons moontlik maak om kerkleiers in Afrika te dien en saam in sy koninkryk te
werk.
TOPIA het 'n FB-blad waar foto's geplaas word. Gaan kyk gerus daar indien jy meer oor TOPIA wil sien en hoor. Ons het
ook 'n Whatsapp-groep waardeur jy beriggies en gebedsversoeke kan ontvang. Ons gebruik Whatsapp veral wanneer ons
weg van die huis is. Indien jy deur Whatsapp nuus wil ontvang, laat weet asseblief vir Lizanne by 084 555 1890.
TOPIA-MEDEWERKER: Asseblief bid, help met opleiding of maak 'n koninkryksbelegging deur Zapper, Snapscan of die TO-
PIA FNB TJEKREKENING: 62769393712 Takkode: 250655.
Na ons vaste maandelike inkomste benodig TOPIA R16 000 per maand. Ons vra dus mooi of jy nie biddend sal oorweeg om
op 'n vaste maandelikse basis 'n koninkryksbelegging by TOPIA te maak nie.
AAN GOD AL DIE EER - IN HOM, DEUR HOM EN VIR HOM!
~ Johannes Aucamp
TOPIA
Sunday, November 10th at 10am
Sunrise Road 3, Olympus
Pretoria
6
SAMEROEPER: Véra Tollig 012 997 2678 of 082 6446 741 of [email protected]
PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300
4-10 NOVEMBER 2019Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;
Willem de Ronde (Di): 082 923 4698/ 012 998 5070;
Lizzy Nel (Wo): 079 405 1266
11-17 NOVEMBER 2019Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498;
Henriëtte Coetzer: 076 309 5855 / 012 997 5036;
18-24 NOVEMBER 2019Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;
Willem de Ronde (Di): 082 923 4698/ 012 998 5070;
Lizzy Nel (Wo): 079 405 1266
25 NOVEMBER – 1 DESEMBER 2019Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498;
Henriëtte Coetzer: 076 309 5855 / 012 997 5036;
LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600 Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S); Henrikus Verhoef: 082 558 4450 / 012 993 0919
KLOOF HOSPITAAL: TEL: 012 367 400Erica Hogendoorn: 083 408 7894
WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100
4-10 NOVEMBER 2019Braam Gous: 361 7632 / 082 468 3808 (Wo);
Anmarie Steyn: 082 562 2839;
11-17 NOVEMBER 2019Nancy Snyman (Wo): 803 1561 / 074 588 3374; Cora
Vorster: 012 361 6727; Aly van Hoven: 012 807 1856
/ 072 275 9134; Sonia Röhrs (Do): 082 807 1698;
Anmarie Steyn: 082 562 2839;
18-24 NOVEMBER 2019Cor Meindertsma (S) (Di): 082 551 6183 / 012 991
2719; Suzette Schoeman (Wo & Do): 076 452 3371;
Truus Meindertsma (Vry): 082 551 6183 / 991 2719;
Anmarie Steyn: 082 562 2839;
25 NOVEMBER – 1 DESEMBER 2019Braam Gous: 361 7632 / 082 468 3808 (Wo);
Anmarie Steyn: 082 562 2839;
ANDER HOSPITALE:Peet en Lacia Vermeulen: 082 336 8465 (Oos van N1);
Rassie Smit 082 877 1482 (Wes van N1)
EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUIS PASTEUR, MEDFORUM, ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAALRassie Smit: 082 877 1482; Ben Nel: 335-2411 (W) /
083 466 1264 & Miemie Mennen;
MUELMED, HART & ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAAL, JAKARANDA, UROLOGIERassie Smit: 082 877 1482; André Sandilands: 081 205
8669 / 071 302 4593;
KINDERBEDIENING: Rita Schoen: 012 809-1459 / 082 662 3964
ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL):Vorster Combrink: 082 872 9725
SENIORS - TUISBESOEK:Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498;
Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091;
KANKERPASIËNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKEAnet Hofmeyer: 072 5312 378
BRONBERG AFTREE-OORD - 086 136 4616:Jan de Beer: 083 286 3960
Onthou om asb. die Kerkkantoor in kennis te stel
indien jy hospitaal toe gaan vir enige operasie of
mediese prosedure by [email protected]
of (012) 991 5623
Chrisante Hospitaalbediening
7
Sekuriteitshekke, palissade, diefwering
en enige staalwerke, motorhuisdeure,
toegangsbeheer, elektriese heinings,
motorafdakke, enige herstelwerk of
bouwerk
Moreleta Plaza
Rekenaarherstelwerk Virusverwydering
Rekenaarverkope Rugsteunoplossing
UitroepdiensteNetwerke
8
Almal se mandjie
Vir verstelwerk van klere, kontak vir Christa
Pretorius by: 066 337 7981
Vir herstelwerk aan juweliersware en herstring van
pêrels, kontak Willem by 0767611610
Veilige akkommodasie vir Selfversorgende Bejaardes – Pretoria166 Woonstelle in Arcadia,
Groenkloof en Danville.
Geen mediese versorging of
etes.
Vervoer teen minimale koste na hospitale, klinieke,
winkels.
Enkelwoonstel: R2 530,00 per maand
1 Slaapkamer: R3 550,00 per maand
2 Slaapkamer: R3 820,00 per maand
Warm en koue water ingesluit.
Kontak: Cornel by 012 343 2650
www.flowerfoundationpretoria.co.za
Babatoerusting te koop:
* Craco-stootwaentjie en -karstoeltjie
*Bababed wat in slaapkamerstel omskep kan word
* Practica Opvoedkundige Stel
Pryse onderhandelbaar.
Kontak Zondix by 072 249 5439
STUDENTE-AKKOMMODASIE IN FAERIE GLEN
Buitekamer met stort, toilet en wasbak. Parkering,
water en ligte ingesluit. Die kamer is ideaal vir 'n
manstudent wat graag op sy eie wil bly, stilte en
sekuriteit soek. Ingang heeltemal privaat.
Okkupasie 1 November 2019. Huur R2000 pm.
Deposito 'n vereiste - gelykstaande aan een maand
se huurgeld. Geen diere.
Kontak Estelle 072 785 3935
* Beroepe ontvang
Ds MH le Roux (Marco) van GK Newcastle na GK Reitz/Lindley-kombinasie
Ds GP Meijer (Gerben) van GK Vryburg/Bloemburg na GK Waterkloofrand
Ds HL Stavast (Henk) van GK Totiusdal na GK Nylstroom
Ds RA Bain (Ronald) van GK Potchefstroom na GK Oranjerivier
Ds RA Bain (Ronald) van GK Potchefstroom na GK Pretoria
* Beroepe aanvaarDs LJE Venter (Lourens) van GK Kimberley na GK Centurion as medeleraar
Ds TV Moruri (Victor) van GK Jouberton na GK Sebokeng, Sharpeville, Zamdela, Boibatong-kombinasie
* Beroepe bedankDs GM Boersema (Marnix) van GK Graaff Reinet na GK Reitz/Lindley kombinasie
Ds GM Boersema (Marnix) van GK Graaff Reinet na GK Rietvallei as medeleraar
Ds JC van Dyk (Jannes) van GK Ventersdorp na GK Rietvallei as medeleraar
Beroepenuus
WOONHUIS MET KANTORE TE HUUR IN PRETORIA-
OOS Woonhuis met 3 slaap-
kamers (115m2), 2 badkamers,
2 onderdak parkeer-areas,
plus 3 parkeer-areas langs die
huis, kantore gekoppel aan
huis, met huiskantoor-regte
(SOHO) 159 m2, 3 toesluitkan-
tore, ontvangsarea, en groot
konferensie area. Sommige
kantoormeubels asook rakke
ingesluit. Optiese vesel en Wifi beskikbaar. R16 500
per maand, W&L uitgesluit, erfbelasting en tuin-
werker ingesluit. Kontak André Hattingh by
[email protected] of 0833778581.
9
10
(Voorheen die Koningskinderskamp)
Aan alle kleingroepe, besigheidseienaars en
maatskappye:
Wapadrant-Gemeente is die afgelope vyf jaar be-
trokke by die Sunrise Naskoolsentrum wat tans suk-
sesvol bedryf word - ‘n liefdesdaad waarby
Wapadrant-Gemeente betrokke is om te help met
die versorging van minderbevoorregte kinders. ‘n
Jaarlikse Sonskynkinderkamp spesifiek vir hierdie
Sunrise-kinders word aangebied vanaf 2-4 Desember
2019 te Joy Unspeakable (naby Roodeplaatdam).
Om hierdie Sonskynkinderkamp aan te bied vir 35
Sunrisekinders beloop R41 275. Ons het werklik julle
hulp dringend nodig. Wil julle nie goedgunstig oor-
weeg om hierdie projek te ondersteun deur ‘n kind
ten volle of gedeeltelik te borg of ‘n donasie aan die
projek te maak nie? Omdat Sunrise ‘n nie-winsge-
wende organisasie is, is alle donasies dus aftrekbaar
van belasting. Julle kan help deur ‘n kind te borg ten
bedrae van R 500-00.
Jesus leer ons bid: “Gee ons vandag ons daaglikse
brood …” Jou bietjie gee kan ‘n wonderlike verskil
maak aan hierdie Sonskynkinders. Kan ek jou herin-
ner aan Jesus se woorde: “Om te gee … maak ‘n mens
gelukkiger” (Hand. 20:35).
Om te gee is een van die maniere hoe ons vir Hom
dankie kan sê. Julle kan ‘n verskil maak. Kom ons
help en borg hierdie kinders … Gee met liefde.
Enige volwassene wat meer inligting wil bekom, kan
Errol kontak. Jou hulp word waardeer.
Wapadrant-Gemeente se SunRise Road NPO is
geregistreer onder Artikel 18A vir die uitreik van
belastingsertifikate vir enige donasies.
Die bankbesonderhede is as volg:
SunRise Road NPC
Rekeningnommer:
408 027 6489
ABSA
Tjekrekening
Woodlands Boulevard
Takkode: 632005
Verwysing:
Voorletters, Van en SSK
Kontak Errol by 012 991 6429 of
Sonskynkinderkamp 2019
11
12
Wapadrant Finansiële Sake
Bedryfsurplus tot op datum in 2019: R 614 665
Opsomming:
Die totale inkomste vir die maand beloop R811k teenoor 'n begrote R885k. Alhoewel ons dit regkry om
die bedryfsurplus vir die jaar op ‘n positiewe bedrag te hou, is daar tog bekommernis vir die toekoms.
Die inkomste in vergelyking met dieselfde tydperk in 2018 is steeds R 449k minder. Totale uitgawes vir
die maand beloop R822k wat R10k hoër is as begroot. Dit laat 'n netto tekort vir die maand van R11k.
Uitgawes is egter baie minder as in 2018, hoofsaaklik agv 2 redes: daar is een predikant minder waarvoor
daar ‘n salaris betaal word, en die nuwe ramingsuitbetalingsmodel (betaalbaar aan die kerkverband) wat
die kerkraad einde 2018 aanvaar het, om ook so die kostes daarvoor in te perk.
Tot en met einde September 2019
Dankoffer-inligting
MaandAantal
potensiële *bydraepunte
Aantal punte met geen
beloofde bydrae
Aantal punte wat beloof het maar
geen bydrae maak nie
Aantal puntewat
agterstallig is
Getroue bydraers
Mei 2019*(1 111)
**(1 657)
357
32,13%
92
8,28%
122
10,98%
540
48,61%
Jun 2019*(1 106)
**(1 662)
355
32,10%
85
7,69%
142
12,83%
524
47,38%
Jul 2019*(1 112)
**(1 670)
356
32,01%
82
7,37%
137
12,32%
537
48,30%
Aug 2019*(1 108)
**(1 666)
356
32,13%
80
7,22%
148
13,36%
524
47,29%
Sept 2019*(1 115 )**(1 670)
35932,20%
776,91%
15113,54%
52847,35%
13
* Bydraepunt : Getroude man en vrou = 1 bydraepunt
Belydende lidmaat in dieselfde gesin = bydraepunt
Enkellopende belydende lidmaat = bydraepunt
** Belydende lidmate
Hou asseblief in gedagte dat, vir die gemeente om effektief te kan funksioneer, daar finansiële verpligtinge
is wat nagekom moet word. Dit beteken dat finansiële bydraes vanaf die lidmate ontvang moet word
waaruit die bedryfsuitgawes gedek kan word. ‘n Deel van die bedryfsuitgawes is o.a. ook ‘n persentasie van
die gemeente se totale inkomstestaat wat aan die Administratiewe Buro te Potchefstroom oorbetaal moet
word. Meer volledige inligting oor hierdie ramings kan gesien word by
http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html.
Daarom maak ons staat op elke lidmaat se dankofferbydraes.
Indien lidmate nie oorbetalings aan die gemeente doen nie, beteken dit die ander lidmate in die gemeente
wat wel bydraes maak, “borg” die nie-bydraende lidmate, vir die genoemde uitgawes wat aangegaan moet
word.
Moet asseblief nie die genoemde finansiële bydraes (wat in kerkterme ook ‘n dankoffer genoem word), in die
liefdegawesakkie plaas nie, want die liefdegawes gaan nie vir dieselfde doel nie. (Maak asb gebruik van die
dankoffervorm.)
Maniere van afdra van Dankoffer
Direkte inbetaling op kerk se bankrekening/per internetbank of per aftrekorder by jou eie bank.
Bankbesonderhede: Gereformeerde Kerk Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode 632 005. BAIE
BELANGRIK: Naam, van en doel as verwysing. (Behalwe in die geval van ‘n anonieme inbetaling.)
Indien jy anonieme bydraes wil maak, plaas kontant/tjek in `n koevert en sit in liefdegawesakkie of doen ‘n
elektroniese oorbetaling in kerk se bankrekening.
Debietorder: Reël met kerkkantoor by [email protected] of volg hierdie skakel vir vorm
http://www.wapadrant.co.za/finansieumllesake.html
Nog ‘n manier om jou dankoffer/liefdegawe oor te betaal:
Snapscan – Vir gerieflike en vinnige betaling
Gaan na http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html vir instruksies
Kersboom vir BarmhartigheidNicola (*skuilnaam) is ‘n blondekop jong dame. Sy woon tans in ‘n Wendyhuis agter in iemand se erf in Danville. Nicola
is besig om as onderwyseres te kwalifiseer. Haar ‘kamer’ is karig gemeubileer - ‘n bed, kassie en tafel. Saans maak sy
gebruik van ‘n olielamp om te studeer, want daar is nie krag in die kamer nie. Die
tannie in die huis sê sy kan ‘n verlengingskoord aanlê wanneer sy ‘n yskas het. Glo dit
as jy wil, maar Nicola het beter vooruitsigte as baie ander meisies van 19 jaar. Sy
meen dit is te danke aan die Bybelklub wat haar bekendgestel het aan haar Verlos-
ser, en die tannie wat elke middag vir haar en ‘n klomp ander kinders kos gegee het.
Hoe sou sy anders oorleef het? Nicola wil graag ‘n onderwyseres word sodat sy an-
der kinders wat in dieselfde omstandighede as sy moet grootword, kan help.
Aan hierdie kant van die Apiesrivier is dit maklik om verstrik te raak in ons eie nood:
die brandstofprys maak die vakansie baie duur; die kinders het weer Levi’s nodig; kyk net wat kos parfuum
nou! Nicola (en ander jong mense soos sy) het veral swaar gekry gedurende skoolvakansies wanneer die
skool se voedingsprogram nie in werking was nie. Wapadrant wil graag hier ‘n verskil maak. Hoe kan jy
help? Kry vir jou ‘n kaartjie of koevert aan die Kersboom in die portaal. Bring dan jou bydrae teen 24 No-
vember kerk toe. Koeverte kan in die liefdegawesakkies en kospakkies onder die boom geplaas word. Elke
kospakkie bestaan uit 2.5kg suiker, 2.5 kg meel, 2.5kg mieliemeel, 2kg rys en 2 blikkies groente.
Kontant en kospakkies word vir die Danville-kosprojek asook Huis Ebenhaeser in Daspoort geoormerk.
14
Verhouding met KlassisVERHOUDING GK-WAPADRANT EN KLASSIS OOSTELIKE PRETORIA
Probleemstelling:
Tydens die vergadering van Werkgroep Kerkverband
(WGKV) het die behoefte ontstaan om GK Wapadrant
(WPR) se kerkbegrip opnuut duidelik uit te klaar, te
verstaan, te omlyn en toe te pas, sodat ons nie by me-
kaar verby praat nie. Ons formuleer ons standpunt aan
die hand van ‘n paar eenvoudige vrae.
1. Hoe selfstandig en volledig is ‘n plaaslike kerk (bv WPR)?
Christus het, in die goedheid van die Vader, deur sy Gees
en Woord, elke kerk, op watter aardse plek ookal,
toegerus om volkome kerk van Christus, en daarom Sy
funksionele en kragdadige liggaam op daardie beson-
dere plek te wees (bv Ef 1:23; Jak 1:4). In die sin is elke
plaaslike kerk totaal selfstandig en volkome liggaam van
Christus. Streng gesproke het plaaslike kerke niks meer
nodig as die Vader, Christus, die Woord en die Gees nie
(1 Tess 1:8-10). So het baie kerke op aarde bestaan, en
leef steeds so selfstandig en dien die koninkryk van God.
Die plaaslike kerk is die kern van Christus se regering,
diens en krag in die wêreld. (Natuurlik is daar ook ander
koninkryksgestaltes, soos Christelike skole, universiteite,
besighede, ens, maar die kerk is uniek, bruid van Chris-
tus, spesiaal toegerus vir besondere bedieninge en
werkinge (1 Kor: 12-14)
2. Is daar ‘n band met ander kerke van Christus in die omgewing, lands- of wêreldwyd?
Ja, alle kerke is deel van die een liggaam van ons Here
Jesus Christus, en tog het elke kerk sy eie plek, roeping,
konteks, spiritualiteit en gawes ontvang om sy spesifieke
omgewing te dien en aan die koninkryk van God op talle
terreine gestalte te gee (vgl Efese, Galate, Romeine ens).
Net soos ons eie liggaam uit verskillende ledemate
bestaan, elk met ‘n eie taak en plek, is dit ook gesteld
met die universele kerk van Christus. Elke kerk ontvang
eie besondere gawes, toerusting, geleenthede, style, om
die koninkryk van God ter plaatse te dien. Plaaslike kerke
is nie kloninge van God nie, maar weerspieël die ryke
genade, krag, werkinge van God (vgl veral 1 Tessalo-
nisense; Opening 2 en 3)!
3. Waarom is daar kerkverband(e)?
Aangesien alle kerke een in Christus is, en saam die
universele liggaam van Christus vorm, erken en aanvaar
hulle mekaar as mede-kerke (liggaamsdele) in die lig-
gaam van Christus.
Alle “ware” kerke van Christus behoort mekaar so wyd
en ver as moontlik te erken, te aanvaar, lief te hê, sodat
die wêreld kan glo dat die Vader, Seun en Gees, ook een
is
(Joh 17:1ev).
Selfstandige kerke behoort verder ook mekaar te help,
te bou en te versorg waar nodig (vgl Hand 15:1ev; 2 Kor
9:1ev). Maar kerkverbande (kerke wat mekaar in Chris-
tus erken en aanvaar op grond van hul gemeenskaplike
Belydenisskrifte) mag nie saamgestelde en opgerigte
vaste strukture word wat as permanente instellings met
reëls en reglemente, plaaslike kerke in dieselfde
boksie/vorm wil dwing nie.
Daar bestaan byvoorbeeld nie iets soos DIE klassis,of DIE
GKSA, as struktuur iewers daar buite nie. Die enigste
permanente werklikheid van die liggaam van Christus is
die plaaslike kerk. ‘n Klassis bestaan net vir die vergade-
ringtyd wanneer kerke saamgeroep word (deur Christus
en die Gees) vir ‘n bepaalde saak(e), (bv Hand 15:1 ev;
Sinode van Dordt 1618/9). So bestaan daar ook nie so-
iets soos DIE Algemene of Streeksinode nie, maar alleen
byeenkomste vir die tyd wanneer hulle saamgeroep
word en vergader.
Ons moet ernstig waak teen strukture en reglemente
wat mense skep “van buite of bo” en op plaaslike kerke
afdwing. Dit vernietig ons vryheid in Christus, strem ons
roeping, versmoor ons indentiteit, dreineer ons lewe in-
en vir die koninkryk van God (vgl B Spoelstra, verskeie
artt).
Meerdere vergaderinge behoort so min as moontlik
opgeroep te word om slegs uiters noodsaaklike besluite
in en vir Christus en sy koninkryk te neem (vgl Hand
15:1ev se drie besluite; Art 30 KO). Meerdere verga-
deringe ontaard soms in ‘n mag- en heersspel tussen
plaaslike kerke. Pasop vir die strukture en menslike reg-
lemente.
4. Strek ons eenheid as kerke in Christus verder as Klassis Oostelike Pretoria (KOP) en die GKSA?
Ja, ons moet alle ware kerke in Christus erken en aanvaar
as mede “liggaamsdele” (Ef 2: 11-22). Ons behoort met
hierdie kerke, veral in ons omgewing, waar nodig, bande
te smee en kragte saam te snoer in die koms van die
koninkryk van God. Maar ook dit moet op ‘n heel natuur-
lik-organiese wyse gebeur en nie bloot as pligpleging nie.
Dit werk nie.
~ Dr NP Heystek
15
Gemeentekamp“Die naweek van 11 Oktober het 54 lidmate ontspan by Thaba-Morula. Party het vroeg
Vrydgoggend gearriveer ander weer laat.... Jaco en Donette se “pastorie” is opgeslaan met
Saterdagaand heerlik saamgebraai (kyk die swartpot wat vol pap was). Peet het Saterdag kom
inloer of die “doppers” nie handuit ruk nie. Sondagoggend het Jaco ons laat stilword onder die
“As nuwelinge was ons aanvanklik skepties om die gemeentekamp by te woon. Met wie sou ons gesels? Waar sou
ons inpas? Met ons aankoms het ons uitgepak en nes geskrop en ongelukkig die kenmekaargeleentheid gemis. Die
volgende oggend het ons met ons bure begin kuier en gou was ons vreemdheid iets van die verlede!
Ons het meer mense deur die dag ontmoet en teen die aand met die braai het ons al ‘n oorvloed gasvryheid ervaar.
Die Else het baie nuwe mense leer ken – om kos te deel bring mos ‘n ander tipe nabyheid wat moeilik is om in
woorde om te sit. Na die kerkdiens die Sondagoggend het ons geweet dat ons in Wapadrant Gemeente ‘n holte vir
ons voete gevind het, asook ‘n veilige hawe waar ons, ons-self kan wees. Ons is dankbaar dat ons deel kon gehad
het in hierdie kamp en ons sien uit om te bou op nuwe vriendskappe en geestelike groei as gesin.” ~ die Else
VAKATURES VAN KINDERVERSORGERS BESKIKBAAR BY DIE PRESIDENT KRUGERKINDERHUIS PRETORIA
VEREISTES: * Inwoning is verpligtend
* Afrikaanssprekend
* Geen rokers, sober gewoontes
* Bestuurderslisensie verpligtend. Die bekom van ‘n
PDP-permit tydens indiensneming ‘n vereiste.
* Alomvattende versorging van 12-14 seuns/dogters
vanaf die ouderdom 4-18 jaar.
* Christelike waardes en norme.
* Liefde en geduld vir kinders.
Aansoeke geskied by wyse van die inhandiging van ‘n CV
en stawende dokumente by epos-adresse:
[email protected] / [email protected] of per
hand by die kantoor.
16
Verslag aan die gemeenteGereformeerde Kerk Wapadrant (GKWPR): Verhouding
met die kerkverband.
AGTERGROND Dit is algemeen bekend dat die Gereformeerde Kerk
Wapadrant (GKWPR), sedert ons in 2006 besluit het om
vroue-ouderlinge te beroep, verskil van die Gereformeerde
Kerke Suid-Afrika (GKSA) se amptelike standpunt daaroor.
Die Algemene Sinode en GKWPR, sowel as verskeie ander
plaaslike kerke, motiveer almal hul onderskeie standpunte
oor vroue in kerklike ampte, uit die Skrif.
Na indringende eksegese deur aangewese deputate, het
die 2008 Sinode interessant genoeg, self ooreengekom dat
daar twee geldige interpretasies van die Skrif oor die saak
is. Op grond van meerderheidbesluit deur stemming, het
die beslissing egter geval op die interpretasie waarvolgens
vroue nie in die ouderlingamp bevestig mag word nie,
teenoorgesteld dus van die ewe geldige interpretasie,
waarvolgens vroue wel as ouderling in die kerk mag dien.
Die onmiddellike implikasie hiervan was dat vroue-
ouderlinge van GKWPR nie, soos die manlike ouderlinge,
by meerdere vergaderings (Klassis, Streek en Algemene
Sinode) as afgevaardigdes ontvang mag word nie. Ons het
dit vir `n paar jaar teësinnig verdra omdat ons met elke
opvolgende Algemene Sinode geglo het dat die saak
reggestel sal word. Na die mees onlangse Algemene Sinode
se besluit (2018) waar daar weereens besluit is om nie
vroue tot die amp van ouderling toe te laat nie, het ons
egter besef dat ons nie so durf aangaan nie, omdat ons
daardeur die beginsel van gelykheid van almal voor God, in
gedrang bring en die roeping van ons vroue-ouderlinge
misken.
Ons het toe die Klassis gevra om, op grond van die beginsel
van onderlinge verdraagsaamheid oor `n saak wat nie teen
die Skrif is nie, wel vroue-ouderlinge as volle
afgevaardigdes van plaaslike kerke te aanvaar. Die Klassis
het deputate aangestel om hul oor die saak te adviseer. Na
wye konsultasie het die deputate by die klassis aanbeveel
dat GKWPR se versoek nie toegestaan word nie.
Ons is teleurgesteld met die besluit. Dit het ons toe verplig
om weer in diepte te besin oor die aard en wese van die
verhouding tussen `n plaaslike Gereformeerde Kerk soos
Wapadrant en die wyer Kerkverband.
Hierdie verslag gaan dus oor die uitkoms van ons besinning en is deur die Kerkraad goedgekeur vir
verspreiding aan lidmate
1. OOR GEREFORMEERDE KERKVERBANDDie Gereformeerde Kerke het met hul stigting in 1859
besluit om `n Presbiteriale kerkregeringstelsel
(onafhanklike selfstandige kerke met eie
gedesentraliseerde Skrifgehoorsaming en besluitneming )
te volg. Dit impliseer dat GKWPR, soos al die ander
plaaslike Gereformeerde Kerke in SA, ook een van die lede
van die Gereformeerde Kerke-denominasie is. In
teenstelling hiermee is daar ook `n kollegiale
regeringstelsel (gesentraliseerde Skrifgehoorsaming en
besluitneming) van byvoorbeeld die Nederduitse
Gereformeerde Kerk. Dit lyk soms asof die Gereformeerde
Kerke in Suid-Afrika in die praktyk al hoe meer neig na `n
gesentraliseerde kollegiale besluitnemingstelsel. Dit is
nodig dat ons weer die waarde van die Presbiteriale
kerkregeringstelsel sal afstof en waardeer want dit is die
meer Skrifgetroue model. Dit stel ons in staat om ware
Eenheid in Christus te midde van die groot verskeidenheid
van tale en volke in Suid-Afrika en ook regoor die wêreld,
te kan beoefen.
`n Presbiteriale regeringstelsel beteken dat elke plaaslike
Gereformeerde Kerk (gemeente in algemene omgang), `n
onafhanklike selfstandige kerk is, met Christus as haar
enigste Hoof. Predikante en ouderlinge is dus direk aan
Christus verantwoordelik vir die geloofslewe en
geloofsgroei van lidmate wat aan die kerk toevertrou is,
asook die bestuur en Skrifgetrouheid van die kerk. Geen
meerdere vergadering (meer kerke saam in getal, nie
vergaderings hoër in rangorde), het enige
bestuursbevoegdheid oor `n plaaslike kerk nie en mag ook
nie die gewete van plaaslike kerke deur meerderheidstem
bind nie.
Ons beskou dus die Sinode se besluit om deur
meerderheidstem GKWPR te verplig om `n sekere
Skrifuitleg te aanvaar, terwyl ons `n ander ewe
Skrifgetroue en geldige interpretasie uit die Skrif huldig, as
ongelukkig en nie-bindend op plaaslike kerke nie. Die
Algemene Sinode het oor die jare op die wyse
besluitnemingsbevoegdheid aan homself toegeëien
waaroor dit nie beskik nie. Ons moet onthou dat dit in
alles gaan oor hoe ons elkeen as gelowige voor God staan
en nie in die eerste plek voor ‘n meerdere vergadering soos
die Klassis, Streeksinode of Algemene Sinode nie.
Die vraag het nou ontstaan of GKWPR nog steeds in die
Gereformeerde Kerkeverband moet bly as ons so direk oor
`n saak verskil. Om die saak beter te verstaan is dit nodig
om in gedagte te hou dat daar hoofsaaklik drie eienskappe
van `n plaaslike kerk is wat kerkverband rig.
* In die eerste plek is daar die leerstellige identiteit,
wat hoofsaaklik deur die belydenisskrifte verwoord word.
* in die tweede plek staan die kerkregeringstelsel
(Presbiteriaal), wat die onafhanklikheid van ‘n plaaslike
kerk binne `n breër kerkverband erken.
* In die derde plek is daar die funksionele identiteit,
wat verwys na die manier hoe `n plaaslike kerk haar eie
sake binne haar verstaan van die Skrif, reël. Hier word
verwys na aspekte soos die liturgie van `n erediens, wat
gepreek word, watter liedere gesing word, hoe katkisasie
aangebied word, wie tot die nagmaal toegelaat word, tug
17
en verskeie ander sake met `n plaaslike gerigtheid. Geen
van sulke sake val onder die jurisdiksie van `n meerdere
vergadering nie.
Die GKWPR se leerstellige identiteit is deel van ons
Reformatoriese geskiedenis en dieselfde as die van die
ander Gereformeerde Kerke. Ons wil dus in die
Gereformeerde kerkverband bly want ons deel dieselfde
leerstellige identiteit. Vanuit hierdie perspektief is ons
integraal deel van die Gereformeerde Kerkverband.
Boonop aanvaar GKWPR die beginsels van die Presbiteriale
kerkregeringstelsel, wat die onafhanklikheid van die
plaaslike kerk, maar ook die onderlinge verbondenheid
tussen plaaslike kerke, erken. Ons funksionele identiteit, is
per definisie `n saak waaroor ons volgens die Presbiteriale
regeringstelsel, self seggenskap het en solank as wat ons
Skrifgetrou ons eie sake reël, val dit buite die jurisdiksie
van enige meerdere vergadering. (Kyk die berig op bl. 14:
Verhouding Gereformeerde Kerk Wapadrant en die Klassis
Oostelike Pretoria wat dr Klasie Heystek opgestel het)
GKWPR het dus geen rede om ons van die Gereformeerde
kerkverband af te skei nie. Boonop moet ons onthou dat
die spesifieke saak waaroor ons verskil, die vrou as
ouderling, al hoe meer deur ander Gereformeerde
gemeentes in die GKSA aanvaar word asook deur twee
buitelandse kerke met wie ons bande van Ekumeniese
eenheid beleef, nl.die Nederlandse Gereformeerde Kerken
en die Gereformeerde Kerken Vrijgemaakt. Ons tree nie in
isolasie op nie. Dit is dus net `n kwessie van tyd voordat `n
Algemene Sinode na verwagting sal besluit dat dit `n saak
is wat op die funksionele identiteit van gemeentes inspeel
en daarom deur elke gemeente self bepaal moet word.
Ons geskil met die Sinode en ons reaksie daarop is dus
tydelik van aard.
Ons bly dus `n plaaslike kerk binne die Gereformeerde
Kerkverband.
2. OOR SKRIFGEBONDENHEIDDie GKWPR stel Skrifgebondenheid as voorvereiste vir hoe
ons ons verhouding met ander gelowiges en kerke bepaal
en ook hoe ons ons eie sake bedryf. Ervaring oor eeue
heen het gewys dat daar soms verskille ontstaan oor die
interpretasie van Skriftekste/gedeeltes. In ons soeke na
die sinvolste manier om die Bybel te lees, het prof Amie
van Wyk `n goue riglyn opgestel. (Kyk die berig bl. 20:
Gedagtes oor `n Christoskopiese lees van die Bybel)
Hiervolgens behoort ons die Bybel Christoskopies te lees
en verstaan. Dit geld ook vir die lees van ons
belydenisskrifte en kerkorde. Die gebruik van hierdie
kragtige riglyn sal baie daartoe bydra dat ons nie in
argumente oor Bybeltekste wat uit konteks gebruik word,
verstrengel raak nie. Sodanige Skrifbeskouing sou in die
verlede heelwat argumente oor hoede, kelkies, liedere wat
gesing mag word, ensovoorts kon voorkom het. Vroue in
die amp van ouderling is volgens Christoskopiese lees van
die Bybel, `n saak wat ooglopend Skriftuurlik korrek is.
3. IMPLIKASIES VIR AFVAARDIGING NA MEERDERE VERGADERINGS: * Soos uit voorgaande afgelei kan word, gaan ons voort
met die beroeping van vroue-ouderlinge in ons
gemeente.
* Ons bly in die Gereformeerde Kerkverband.
* Omdat ons nie toegelaat word om vroue-ouderlinge na
meerdere vergaderings af te vaardig nie, het die
Kerkraad besluit dat ons ook nie manlike ouderlinge
gaan afvaardig nie, om so, na die voorbeeld van
Christus, nie diskriminerend teenoor vroue-ouderlinge
te handel nie. In praktyk beteken dit dat WPR dus slegs
predikante na meerdere vergaderings sal afvaardig.
Afhangende van die agenda mag ons selfs by
geleentheid een of meer van ons lidmate met die nodige
kennis oor `n betrokke saak op die agenda, saam met
die predikante afvaardig.
* Ons sal ook voor elke Klassis die betrokke agenda
nagaan vir sake wat die aandag van meerdere kerke
vereis. Dit wat op die vlak van `n plaaslike kerk
afgehandel kan word, hoort nie op die tafel van die
Klassis nie.
* Ons neem wel deel aan ander Klassisaktiwiteite, soos die
viering van Hervormingsdag, onderlinge visitasie,
aanwys van konsulente en ander sake waar daar nie
teen vroulike lidmate se deelname gediskrimineer word
nie.
* Hierdie reëlings bly staan tot tyd en wyl ons vroue-
ouderlinge op meerdere vergaderings net so welkom sal
wees as manlike ouderlinge.
* Intussen sal GKWPR direk met die ander plaaslike
Gereformeerde kerke in die Klassis skakel wanneer ons
mekaar se hulp benodig om ons roeping as Kerk van
Christus na te kom.
4. TOEKOMSDie GKWPR het na baie gesprekke met, en voorleggings
aan meerdere vergaderings, tot die gevolgtrekking gekom
dat ons ons energie en hulpbronne eerder moet herfokus
op ons eie roeping as Kerk van Christus in die ooste van
Pretoria. Ons glo en vertrou dat die Algemene Sinode die
openlike diskriminasie teen vroulike lidmate sal ophef en
dat ons hele kerkverband met gefokusde ywer ons roeping
as kinders van God-drie-enig sal nastreef. Ons glo en bid
dat die meerdere vergaderings wat betrokke is by verdere
hantering van die saak van die vrou in die ampte, tot insig
sal kom en sal doen wat ons glo, Christus van hulle verwag.
Indien daar enige van ons lidmate is wat verdere toeligting
oor die sake wat in hierdie verslag genoem word, sou
verlang, of `n bydrae wil maak, kontak asb die kerkkantoor
en `n spesiale gespreksgeleentheid sal dan gereël word.
Mooi loop in Christus.
Werkgroep Kerkverband-aangeleenthede
18 Oktober 2019
18
Attestate / Bewys van Lidmaatskap ontvang van:Attestate / Bewys van Lidmaatskap ontvang van:Attestate / Bewys van Lidmaatskap ontvang van:Attestate / Bewys van Lidmaatskap ontvang van:Ronald en Stephne Christine van Lochem (Viljoen) en dooplidmate Leané, Lerissa en Samea RoshelleVan NG Valleisig: Liezl RossouwVan NG Hulp en Hoop Gemeenskapskerk: Erla Terblanche
Attestate / Bewys van Lidmaatskap aangevra van:Attestate / Bewys van Lidmaatskap aangevra van:Attestate / Bewys van Lidmaatskap aangevra van:Attestate / Bewys van Lidmaatskap aangevra van:Delmarie JonkerNicolaas Jacobus VenterDewald Renier en Lenique Hutten (Lombard) en dooplidmate Dewan Casper, Miané en JohaniqueNa GK Laeveld: George Booyens (snr)Na NG Oosterlig: Renske SlotNa GK Brooklyn: Johann Jacobus en Karin Huysamen (Buys) en dooplidmaat Gian
Attestate
“Dra mekaar se laste . . . moenie moeg word nie . . Solank ons die geleentheid het, moet ons
goed doen...” - uit Gal.6:6 - 10
In 1937 het ‘n ma, wie seun oorlede is, en haar vriende besluit om “goed te doen” aan kinders met epilepsie. So het Jan
Krielskool ontstaan. Hierdie inisiatief het so vinnig gegroei dat daar finansiële nood onstaan het.
jaar is aan Jan Kriel se kinders aandag gegee. Die liefdegawes of deurkollektes van die dag is aan Jan Kriel gestuur. En vandag, na byna 80 jaar, het gemeentes nog nie moeg geraak nie!
Dit is onberekenbaar hoeveel kinders met ‘n verskeidenheid leerhindernisse en gestremdhede ‘n kans op die lewe gegee is. Jan
Krielskool het ongeveer 580 kinders van Graad R tot Matriek – met ‘n gereelde slaagsyfer van 95% en meer.
Kontak ons indien jy ‘n bydrae wil maak.
Mag die Here jul elke dag gebruik in Sy diens!
Seën wense
Anetha Hattingh
Kerklike koördineerder
19
Brief van KuratoreINSAKE TSP EN VERWANTE SAKE
Die Kuratore Dagbestuur wil graag die volgende inligting
aan u deurgee.
1. Verhouding GKSA en NWU insake predikantsopleiding Die huidige ooreenkoms wat die GKSA met die NWU het,
is steeds onder bespreking aangesien die NWU versoek
het dat die ooreenkoms gewysig moet word. Die Kuratore
poog om hierdie ooreenkoms op die bes moontlike manier
te gebruik om steeds die bes moontlike opleiding vir ons
predikante aan die NWU te verseker. Die Kuratore
onderneem om kerke op hoogte te hou met die vordering
van die gesprek sodra daar meer duidelikheid kom oor die
uitkoms van die gesprek.
Die sinode het ook opdrag gegee dat alternatiewe
moontlikhede van opleiding ondersoek word en die
Kuratore is ernstig besig om uitvoering aan hierdie opdrag
te gee en sal by die Sinode daaroor rapporteer.
Die senaat van die TSP wil dit graag baie duidelik stel dat
die inhoud van ons onderrig uitsluitlik deur onsself bepaal
word en dat daar geen druk op ons is om dit te verander
nie. Ons kan dus die opleiding van die studente
ongenuanseerd volgens die Woord van God en die
belydenis doen.
2. Finansies van die TSP Die Kuratore Dagbestuur het op sy laaste vergadering aan
die hand van die finansiële verslag kennis geneem van die
uiters kommerwekkende tendens dat al hoe meer
gemeentes nie meer hulle ramingsverpligtinge nakom nie.
Tot op hede het slegs sowat 67% van die TSP se
ramingsinkomste gerealiseer.
Die Kommissie vir Finansiële Ondersteuning van ons
tweedehandse skootrekenaars vir ons studente. Indien u
gemeente op enige manier kan help, kontak asb. vir sr Ami
du Toit by die TSP.
Ons afstandstudente het ook ‘n groot tekort aan
studiemateriaal en naslaanboeke. In die lig hiervan
versoek ons ons predikante om te oorweeg of u dalk
Engelse boeke (vakboeke, kommentare, woordeboeke,
ens.) vir hierdie studente beskikbaar kan stel wat u dalk
nou elektronies gebruik. Kontak ook vir sr Ami in die
verband.
Die Kuratore vertrou dat kerkrade en lidmate begrip sal hê
vir die geweldige moeilike tyd en omstandighede
waarbinne die TSP sy rol moet vervul en roep almal op om
voorbidding te doen dat die Here vir ons in hierdie
veranderende tye sal lei en ook wat die toekoms van die
TSP betref, op die regte pad sal stuur.
Groete in die Here
Ds Piet Venter Prof G Breed
Namens die Kuratore Dagbestuur Namens die Senaat TSP
(Bodenoemde is slegs ‘n uittreksel. Die volledige verslag is
by die kerkkantoor beskikbaar)
Versoek van CachetTe wyte aan die feit dat die NWU in 2017 die verhuringstarief van R15 000 na R48 000 per jaar verhoog het, was
Cachet-gemeente genoodsaak om ‘n gedeelte van hul gemeentesentrum te vergroot sodat ongeveer 250 mense
gemaklik daarin kon pas. In 2018 is ‘n derde van die nodige
fondse ingesamel en die noodsaaklste veranderinge m.b.t.
badkamers, stoep en kombuis aangebring. Hulle het tans
‘n werkbare spasie, maar die ruimte is beperk. Teen die
einde van 2019 wil hulle graag die vertrek waarin eredien-
ste plaasvind, vergroot. Hiervoor word sowat R400 000
benodig. Fonsinsamelingsprojekte soos brownie-, boek- en
klereverkope, biltongprojek, jagpakette en ontbyte is
reeds geloods. Wil jy help? Bydraes kan gemaak word aan:
Gereformeerde Kerk Cachet, ABSA-rekening 0670340023,
takkode 335 138, Verwysing “Bou” Voorletters en Van. ‘n
Bevestigings-epos kan aan Jan-Hendrik van Wyk gerig word by [email protected].
~ Kontak ds CB Robinson by 079 494 7360 vir inligting.
20
Christoskopiese lees van die Bybel GEDAGTES OOR ‘N CHRISTOSKOPIESE LEES VAN DIE BYBEL
In die reformatoriese tradisie word die Bybel aanvaar as die betroubare Woord van God, maar verder ook dat
hierdie Woord onder leiding van die Heilige Gees reg gelees, reg verstaan en reg toegepas moet word. ‘n Blote
aanhaling van ‘n bepaalde teks, buite konteks van die tyd waarin dit geskryf is en ook die tyd waarin dit gelees en
toegepas moet word, is onvoldoende en kan tot ‘n totale misverstaan van daardie teks lei.
Wat verder baie belangrik is wanneer ons die Bybel lees, is om dit Christoskopies te lees, maw dat Christus die bril
is waardeur ons die Bybel lees en verstaan. Dit geld natuurlik in die eerste plek vir die Ou Testament maar ook vir
die Nuwe Testament. Ons vind hierdie gedagte veral duidelik uitgedruk in Hebreërs 1:1-2 waarin meegedeel word
dat God in die verlede met die voorvaders deur die profete gepraat het, maar in hierdie laaste dae deur die Seun.
Dit is ook baie duidelik te sien in Christus se ontmoeting met die die Emmausgangers toe Hy van Moses af die
Skrifuitsprake wat op Hom betrekking het, uitgelê het (Luk 24:27). Hierna het Hy ook aan sy dissipels verduidelik
dat alles vervul moes word wat in die wet van Moses en in die profete en die psalms van Hom geskrywe is (Luk
24:44). Hierdie gedagte word op talle ander plekke in die Nuwe Testament verwoord (kyk 1 Pet 1:10-12).
‘n Baie duidelike voorbeeld vind ons ook by die Etiopiër wat in Jesaja 53:7-8 lees van die skaap wat geslag gaan
word en ‘n lam wat stil is, terwyl hy nie begryp wat hy lees nie. Hy het nie verstaan nie totdat Filippus by hom op
die wa klim en vir hom duidelik maak dat hierdie gedeelte oor die “evangelie van Jesus” handel.
Christus het die wet van Moses op ‘n nuwe manier gelees en verstaan – die wet is in Hom vervul (Matt 5:17) - wat
Hom die gramskap van die Skrifgeleerdes en Fariseërs op die hals gehaal het. Hy het dit “evangelies” gelees waarin
die genade van God vir sondige mense sentraal gestaan het. Hy het dit as versoeningsboodskap verstaan en nie as
wet om gered te word nie (so ook Paulus: Rom; Gal). Ons sou kon sê: Hy het dit Christoskopies gelees.
As dit waar is, sou ‘n mens die vraag kon vra waarom Hy byvoorbeeld nie ‘n euwel soos slawerny afgeskaf het nie –
of vroue in die amp (VIDA) toegelaat het. Dis moeilike vrae om te antwoord, maar indien ons bogenoemde
vetrekpunt van ‘n Christoskopiese lees van die Bybel aanvaar, kan ons sê dat die konsekwensie van die lewe en
werk van Christus nie anders verstaan kan word as dat slawerny uiteindelik afgeskaf sou móés word nie. Dit bots
eenvoudig met die intensie van die evangeliese boodskap as boodskap van bevryding en herstel van die mens as
beeld van God. Ons sien ook dat Paulus al hierdie konsekwensie trek ( 1Kor 7:23; Filem v 16).
Wanneer die vraag of vroue tot die ampte toegelaat mag word, Christoskopies benader word, val daar nuwe lig op
hierdie vraagstelling. Dan moet verreken word dat Christus tydens sy aardse omwandeling steeds vergesel was van
‘n breër vrouekring wat in ‘n bepaalde sin deel gevorm het van sy dissipelkring. Dan was daar ook ‘n kleiner kring
van vroue wat Hom bykans altyd gevolg het en nou is die opvallende dat Christus na sy opstanding nie eerste aan
sy dissipels verskyn nie maar juis aan hierdie enger kring van vroue. So word vroue die eerste getuies en
verkondigers van die opgestane Christus – ‘n ongehoorde daad vir daardie tyd, aangesien vroue destyds nie
toegelaat is om in ‘n hof te getuig en hulle getuienis as waardeloos geag is.
WPR-gemeente aanvaar dat sy deur die Heilige Gees gelei is om die konsekwensie te trek - dat vroue in die ampte
mag dien - vanuit ‘n Christoskopiese lees van die werk van Jesus Christus (Joh 16:13). In ons nuwe kultuurkonteks
waar geen ‘swyggebod’ vir vroue in die samelewing geld nie, waar talle toegeruste vroue betrokke is by
sendingwerk, huisbesoeke en kategetiese onderrig, werk waartydens die evangelie uitgedra en oorgedra word, sien
ons geen probleem dat vroue ook tot die ampte in die kerk toegelaat mag word nie. In gemeentes waar dit al wél
plaasgevind het, doen hulle werk van onskatbare waarde.
Hierdie voorstel is veral ook belangrik vir die sogenaamde ‘jonger’ kerke, waar daar ‘n groot tekort aan manlike
ampsdraers is.
~ Amie van Wyk